Gr 12-Landboubestuurspraktyke-Fasiliteerdersgids

Page 1


Landboubestuurspraktyke

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Landboubestuurspraktyke

Fasiliteerdersgids

Graad 12

Aangepas vir KABV
JC Zandberg
Í2,È-A-AMP-FG01BÎ

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE:

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei

DEFINIEER:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK:

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis

WENKE:

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

G12 ~ Landboubestuurspraktyke

AKTIWITEIT:

Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets

OEFENING:

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering

KERNINHOUD:

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word

STUDEER / HERSIENING:

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen

Hierdie ikone fasiliteer jou bemeestering van die kennis ter voorbereiding

VOORWOORD

ALGEMENE DOELSTELLINGS VAN DIE VAK

Landboubestuurspraktyke is die studie en toepassing van produksie ekonomiese en bestuursbeginsels wat in die verbouing, transformasie en bemarking van voedsel en ander landbouprodukte gebruik word. Hierdie beginsels word gebruik om waarde tot landbouprodukte van hoë gehalte te voeg sodat hierdie produkte ekonomiese, estetiese, sosiale en kulturele waarde het.

Landboubestuurspraktyke verkry kennis en vaardighede van dissiplines soos gewaswetenskappe, veekunde, ekonomiese en bestuurswetenskappe, ingenieurswese en inligtings- en kommunikasietegnologie.

Landboubestuurspraktyke moet benader word met die oog op die volgende vier doelwitte:

Kennis en begrip van die interverwantskap tussen Landboubestuurspraktyke, die gemeenskap en die omgewing

Die fokus is op ’n begrip van die ontwikkelings in herskeppende (transformerende) wetgewing, armoede en die globale omgewing. Hierdie uitkoms wys kandidate hoe om hierdie begrip te gebruik om die lewensgehalte van individue en gemeenskappe te verbeter.

Bestuurspraktykproses

Ondersoek en bestudeer die bestuursprosesse en vaardighede deur Landboubestuurspraktyke.

Kennis en begrip van bestuurspraktyke in landbou

Help met die inwin van kennis, ’n breër begrip van hoe Landboubestuurspraktyke met die daaglikse lewe in verband gebring word en om ingeligte besluite te neem om alle toepaslike praktyke, stelsels en tegnologieë te inkorporeer, om uiteindelik ’n volhoubare landbouomgewing te bestuur.

Toepassing van kennis en vermoëns in landbou

Die ondersoek van die verskillende vaardighede wat nodig is om inligting in te win, te verwerk en te gebruik, om uiteindelik die uitdagings van Landboubestuurspraktyke die hoof te bied. Dit behels ook die kennis en vaardighede om basiese en toepaslike landbou masjinerie en toerusting te hanteer om landbouverwante probleme op te los.

BESONDERE DOELWIT

Landboubestuurspraktyke is ontwikkel om leerders te voorsien van goeie prakties georiënteerde basis wat die teoretiese en praktiese vaardighede in so ’n manier integreer dat dit leerders met spesiale onderwysbehoeftes ook inkorporeer.

G12 ~ Landboubestuurspraktyke

BRIEF AAN FASILITEERDER

BEKENDSTELLING TOT LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE

Geagte fasiliteerder,

Om die gr.12-kandidate sinvol te fasiliteer, is dit belangrik om die gebruik van die verskillende gidse goed te verstaan.

Die fasiliteerdersgids en die handleiding loop hand aan hand: Jy moet albei boeke gebruik om die vak sinvol te kan bestudeer.

In die fasiliteerdersgids is daar antwoorde op al die vrae van die verskillende opdragte. Dit is egter nie wys om die antwoorde net so te gaan oorskryf nie Gebruik die handleiding en die fasiliteerdersgids reg en dit kan vir jou twee baie sinvolle en nuttige dokumente word in jou poging om Landboubestuurspraktyke onder die knie te kry.

Landboubestuurspraktyke integreer uiteraard kennis, waardes en gesindhede met die vaardighede wat kandidate ontwikkel. Leer word op werklike lewensituasies toegepas en dit dra by om van kandidate bekwame, tegnologies geletterde boere te maak.

Buiten die handleiding en die fasiliteerdergids is daar ook ’n portefeuljeboek. Ons beveel aan dat jy die boeke saam gebruik in die beplanning van die kandidate se werk. Die portefeuljeboek bevat al die portefeuljeopdragte wat die kandidate moet indien vir hulle jaarpunt.

Sample

HOE WORD KANDIDATE GEASSESSEER?

Assessering behels ’n deurlopende, beplande proses van identifisering, versameling en maatstawwe. Dit sluit vier stappe in:

• Versameling van bewyse van prestasie

• Evaluering oor die prestasie

• Aanteken van die bevindings

• Deur die inligting te gebruik om die kandidate by te staan in hulle ontwikkeling en daardeur die proses van leer en onderrig te bevorder.

PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT)

1. Die doel van die Praktiese Assesseringstaak vir Landboubestuurspraktyke is om die bestuur-, entrepreneurs-, navorsing-, bemarking-, operasionele en tegniese vaardighede van die kandidate in die produksievertakkings waarin hulle blootgestel is, te assesseer. Die konteks waarin die vak aangebied word, sluit in ’n wye reeks verskillende produksiestelsels, vertakkings, bestuursbenaderings en ekologiese verskille tussen die verskillende streke van ons land.

2. Die PAT moet voorsiening maak vir ’n wye reeks benaderings en toepassings. PAT-riglyne moet verskaf word.

GR. 12-ASSESSERING:

Die nasien van take en vraestelle word deur Impaq self gedoen. Géén taak word deur die ouer/fasiliteerder nagesien nie.

Dit word aanbeveel dat die gr.12-kandidate die fasiliteerdersgids gebruik om self hul werkopdragte na te sien. Op dié manier leer die kandidate, hulle sien hul foute en korrigeer dit self.

Die kandidate moet poog om streng te bly by die voorgeskrewe werk wat daar per week uitgesit word om sodoende betyds klaar te kry met die werk wat gevra word tydens die toetsreeks en die eksamens.

STUDIEWENKE EN -METODES

Landboubestuurspraktyke het ’n deel teorie en ’n deel prakties. Die kandidate wat hierdie vak neem, moet weet daar is praktiese komponente wat gedoen moet word.

WENKE:

• Moenie dat jou werk te veel raak nie. Studeer op ’n daaglikse basis

• Wanneer jy ’n hoofstuk afhandel, doen moeite om die feite onder die knie te kry

• Gebruik diagramme, teken jou sketse self oor, onderstreep die belangrike feite.

• Maak vir jou kolomme van die moeilike name – maak seker dat jy weet wat elkeen van daardie name beteken

• Gebruik jou werkopdragte as toetse. Wanneer jy ’n werkopdrag moet voltooi, leer eers die werk en beantwoord dan die opdrag asof dit ’n toets is – op dié manier sal jy gou vasstel watter van die werk het jy nog nie onder die knie nie

• Om voor te berei vir die finale eksamen is dit nodig om ou vraestelle uit te werk –verwys na die portefeuljeboek oor waar om vorige vraestelle te kry.

WERKSKEMA/TYD

Die tydstoekenning vir Landboubestuurspraktyke in matriek is vier ure per week.

Maak dus tyd om minstens een uur per dag te werk. Kies self jou vier dae wat jy aan Landboubestuurspraktyke gaan bestee. Onthou dat Landboubestuurspraktyke ook ’n Praktiese Assesseringstaak het wat deur die jaar afgehandel moet word. Hou ook in gedagte dat jy prakties moet doen. Begroot minstens een uur per week vir prakties. Dit sluit ook jou PAT-prakties in.

Vereistes vir Landboubestuurspraktyke as vak:

• Jy moet beslis jou handleiding by jou hê.

• Hou altyd ingedagte dat jy ook take en ’n PAT het by Landboubestuurspraktyke en daarvoor moet jy ook genoeg tyd inruim

• Hersien elke dag die vorige dag se werk

• Maak gebruik van die werkopdragte in jou handleiding. Voltooi jou werkopdrag –dit help jou met die voorbereiding vir jou eksamens.

• Werkopdragte in jou handleiding vorm nié deel van jou portefeuljewerk nie.

• Jou portefeuljewerk word afsonderlik in die vorm van ’n portefeuljeboek uitgehandig.

• Géén portefeulje: Géén uitslag Dit is baie belangrik om jou portefeulje op datum te hou en in te handig.

2018 jaarplan

Graad 12 is ’n baie kort jaar. Hoewel die KABV voorsiening maak vir 10 weke per kwartaal, laat die Departement van Basiese Onderwys se skoolkalender vir 2017 nie noodwendig hierdie indeling nie.

Kandidate word aangeraai om:

1. Dadelik met die volgende kwartaal se werk te begin sodra ’n kwartaal se werk afgehandel is. Sodoende sal daar genoeg tyd vir deeglike studie en hersiening wees.

2. Baie seker te maak van die vakinhoud wat per kwartaal afgehandel moet word ter voorbereiding vir die kwartaaltoetse en eksamens.

EENHEID

1. Plaasbeplanning

2. Produksiebestuur

Sample

KWARTAAL 1

1. Plaasbeplanning – Grond, kampe en kontoere

2. Plaasbeplanning – Hulpbronbenutting.

3. Plaasbeplanning – Presisieboerdery en meganisering

4. Plaasbeplanning – Ekonomie

5. Plaasbeplanning – Ekonomie

6. Plaasbeplanning – Arbeid.

7. Plaasbeplanning – Implemente

8. Rekords

9. Rekordmetodes.

10. Opneem van data

11. Oes van produkte en gehaltebeheer

12. Bemarking.

KWARTAAL 2

13. Rol van produkorganisasies

14. Waardetoevoeging

15. Verwerking.

16. Verpakking en verspreiding

17. Bemarking en beheer

3. Besigheidsbeplanning

18. Agri-toerisme.

19. Sakebeplanning.

20. Sakebeplanning

EENHEID

KWARTAAL 3

21. Entrepreneurskap

22. Entrepreneurskap.

23. Plaasevaluasie

24. Bestuur

LES 1: PLAASBEPLANNING – GROND, KAMPE EN KONTOERE

AKTIWITEIT 1.1: MEMORANDUM

1. Bepaal die drakrag van die grond. √

Moontlike opbrengs vir gewasproduksie. √

Baie growwe sand

Growwe sand

Medium sand

Fyn sand

Baie fyn sand

Slik

Klei

3

EENHEID 1: Plaasbeplanning Sample

Kleiner as 0,002

Eienskappe van sandgrond:

Die grond is gewoonlik goed deurlug √

Hierdie grond het nie die vermoë om water vas te hou nie. √

Die makroporieë kan nie die water vashou nie √

Kapillêre waterbewegings kan nie plaasvind nie. √

4. By pH = 0 is die medium op sy suurste. √√

By pH = 7 is die medium neutraal. √√

By pH = 14 is die medium uiters alkalies. √√

5. Kleur van die grond √

Helling √

Soortlike warmte van gronde √

Verdamping √

Lengte van die dag √

Plantbedekking √Gronddiepte √

6. Wisselweiding kan toegepas word. √

Spaarkampe is beskikbaar vir tye van nood. √

Minder arbeid is nodig, want vee bly in kampe. √

Minder erosie kom voor, want die vee trap nie voetpaadjies uit nie. √

Diere is in ’n beter kondisie, want hul wei rustig. √

Beweiding word beter beheer, agteruitgang van kampe word gou vasgestel.√ (6)

7. Wisselweiding word gedoen om die beweiding van kampe, √ die getal vee √ en die besettingstyd te beheer. √ (3)

Weiveldrotasie word bepaal deur die soort diere, √ die reënval √ en geaardheid van die veld. √ (3)

8. Veld moet weer kan herstel. √

Om veld gesond te hou. √

Om smaaklike grasse te behou. √

Om skadelike onkruide te voorkom. √

Om toename van swak grasse en struike te voorkom. √

Om genoeg voedsel te verseker. √ (6)

9. Die maak van kontoere op bewerkte grond verhoog produksie deur vogindringing te verbeter. √

Daarom is dit ook voordelig om aangeplante weidings in rye volgens die kontoer te plant.√

Indien die weidings gereeld losgemaak word om gaswisseling (deurlugting) √ en vogindringing te verhoog, √ vorm elke ry inderwaarheid ’n kontoerwalletjie. √ Erosie word sodoende tot die minimum beperk, √ terwyl die vog die grond beter indring, met gevolglike optimale produksie. √ (7)

AKTIWITEIT 1.2: MEMORANDUM

1. Landboukapasiteit van die grond.

Gevoeligheid van grond tot verandering of totale vernietiging. Klimaat.

2. Grond stel plantvoedingstowwe beskikbaar

Grond stoor en stel water vry aan plante

Grond laat lugbeweging toe.

Grond laat waterfiltrasie toe.

TOTAAL: 50

Korrekte bestuurspraktyke (4)

Grond dien as die medium waarin plante groei. (5) Sample

LES 2: PLAASBEPLANNING – HULPBRONBENUTTING

3. Grondvrugbaarheid

Infiltrasietempo

Waterhouvermoë

Versadigde hidrouliese geleivermoë

Interne dreineringsklas

Fisiese aktiwiteite

4. Tempo van verdamping

Verspreiding

Betroubaarheid

Grondtoestand en topografie

5. Lig

Temperatuur

6. Inventarisse van bates

Skedules van lenings

Rekords van debiteure

Krediteure

Rekords van ontvangstes

Uitbetalings

Oordragkoste

Kasboek

Inkomstestaat

AKTIWITEIT 1.3: MEMORANDUM

1.1 Presisieboerdery.

1.2 Verlaag koste om ’n produk te produseer √

Risiko’s word verminder (onoordeelkundige toediening van chemikalieë) √√ Meer akkurate gewasopbrengsskattings. √

Versamelde inligting gee aanleiding tot: plantdigtheid √ kunsmis insette √ ander insette word meer akkuraat bepaal. √

1.3 GPS

GIS

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.