Lewensoriëntering

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensoriëntering
Handleiding
Graad 11
Handleiding G11 ~ Lewensoriëntering
LES 5.2.1: Waarom skryf ons eksamens?
LES 5.2.2: Hoe om verskillende eksamenvrae te beantwoord .........................................
Aktiwiteit 27: Gevallestudie: Weeskinders en kwesbare kinders .......................
LES 5.3: Tydsbestuurvaardighede en ’n jaarlikse studieplan
LES 5.3.1: Hoe om studie minder stresvol te maak met maksimum motivering
LES 5.3.2: Tydsbestuursvaardighede
Aktiwiteit 28: Hoe spandeer jy jou tyd?..............................................................126
29: Persoonlike studiebeplanner ........................................................
LES 5.3.3: Die gevare van uitstellery ..............................................................................
Eenheid 6: Administratiewe, organisasie- en leierskapvaardighede
LES 6.1: Leierskap
LES 6.1.1: Die eienskappe en vaardighede van ’n goeie leier ........................................
LES 6.1.2: Die drie basiese leierskapbenaderings .........................................................
Aktiwiteit 30: Leierskapstyl-vraelys
LES 6.1.3: Afrigting – wees ’n leier
Organisasievaardighede
31: assessering van my eie organisasievaardighede
6.3: Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan
LES 7.2: Hantering van omgewingsfaktore wat swak gesondheid veroorsaak 163
LES 7.2.1: Die uitwerking van besoedeling op mense 164
Sample
LES 7.2.2: Hoe om omgewingsfaktore te hanteer wat swak gesondheid in ons persoonlike ruimte en onmiddellike omgewing veroorsaak .......................... 166
LES 7.2.3: Veiligheids- en noodhulpvaardighede – hantering van rampe 167
Aktiwiteit 34: Stel ’n gesinsnoodplan op 169
LES 7.2.4: Klimaatsverandering 169
LES 7.3: Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan en uitvoering van bewegings in programme vir fisieke gesondheid ................................................................... 174
LES 7.3.1: Hersiening van leierskapvaardighede – Deelname aan programme wat skeidsregterswerk bevorder 175
Aktiwiteit 35: Evalueer jou eie vaardighede 177
LES 7.3.2: Binnenshuise speletjies wat spanwerk en fisiese aktiwiteit bevorder 178
LES 7.3.3: Inheemse speletjies ....................................................................................... 181
Aktiwiteit 36: Inheemse Speletjiesfees .............................................................. 183
Eenheid 8: Projek: Deelname aan ’n gemeenskapsdiensprojek ............................... 185
9: Gesonde en gebalanseerde leefstylkeuses
LES 9.1: Vereistes vir ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl .........................................
LES 9.1.1: Sielkundige/geesteswelstand
LES
39: Vraelys oor emosionele welstand .................................................
en situasies
10.3: Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan ontspanningsaktiwiteite wat leierskapvaardighede bevorder
45: Hoe
LES 10.5:
rol van voeding in gesondheid en fisiese aktiwiteite
LES 11.1: Hoe om aansoek om ’n betrekking te doen
LES 11.1.1: Hoe om ’n CV saam te stel ..........................................................................
LES 11.1.2: Hoe om ’n aansoek-/dekbrief te skryf ..........................................................
Aktiwiteit 50: Aansoek vir ’n deeltydse werk
LES 11.1.3: Hoe om ’n werksaansoekvorm in te vul
11.2: Onderhoudvaardighede
LES 11.2.1: Voorbereiding vir ’n onderhoud ....................................................................
LES 11.2.2: Tipiese vrae in ’n onderhoud ........................................................................
LES 11.2.3: Etiese gedrag ...............................................................................................
51: Wat sal jy doen?
LES 11.2.4: Persoonlike verwagtinge met betrekking tot werk en loopbane
52: Pas verwagtinge by die realiteit....................................................255
LES 11.3: Liggaamlike Opvoeding: Rekreasie- en ontspanningsaktiwiteite ....................
LES 11.3.1: Oefeninge vir diep asemhaling ....................................................................
Toepassing
54: Progressiewe spierontspanningsaktiwiteit....................................259
LES 12.3: Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan programme wat eie skeidsregter-, administratiewe en leierskapvaardighede bevorder
LES 12.3.1: Beplanning en organisering van speletjies
LES 12.3.2: Beoefening van administratiewe en organisasievaardighede
LESELEMENTE
Elke eenheid (voorgestelde tyd: 3 weke per eenheid) bestaan uit die volgende leeraktiwiteite:
• ’n Uitdaging
• Lewensoriëntering-inhoud
• Liggaamlike Opvoeding
• Los die uitdaging op
• Refleksie en toepassing
Asook:
• Leeruitkomste
• Bykomende aktiwiteite
• Definieer
• Verrykende aktiwiteite (vir die nuuskieriges)
• Opsommings
• Aktiwiteite vir selfassessering
Daar word drie weke per eenheid toegeken.
IKONE











BAIE BELANGRIK
Deur die bostaande leerorde te volg, impliseer dat leerders betrokke moet raak by die aktiwiteite en die oplossing van aksies, om die inhoud en insig te versamel, asook die vermoë om probleme op te los ten einde suksesvol te wees in hierdie vak.
INLEIDING
Lewensoriëntering is die studie van die self in verhouding tot ander en die samelewing. Dit spreek vaardighede, kennis en waardes rakende die self aan, asook die omgewing, verantwoordelike burgerskap, ’n gesonde en produktiewe lewe, sosiale betrokkenheid, ontspanning en fisiese aktiwiteit, loopbane en loopbaankeuses.
Dit sluit die geleentheid in om ’n verskeidenheid lewensvaardighede te ontwikkel en toe te pas om sodoende probleme op te los, ingeligte besluite te neem, en gepaste aksies te neem om ’n betekenisvolle en suksesvolle lewe te lei in ’n samelewing wat vinnig verander. Lewensoriëntering fokus dus nie slegs op kennis nie, maar benadruk ook die belangrikheid van die praktiese toepassing van vaardighede en waardes in ons daaglikse lewens, asook in deelname aan fisiese aktiwiteite, gemeenskapsorganisasies en -inisiatiewe.
Lewensoriëntering in die VOO-fase is daarop gemik om:
1. jou te lei en voor te berei om gepas te reageer op die verantwoordelikhede en geleenthede van die lewe;
2. jou toe te rus om optimaal te kommunikeer op ’n persoonlike, sielkundige, kognitiewe, motoriese, fisiese, morele, geestelike, kulturele en sosio-ekonomiese vlak;
3. jou te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite te neem rakende jou eie gesondheid en welstand, asook die gesondheid en welstand van ander;
4. jou bloot te stel aan jou grondwetlike regte en verantwoordelikhede, die regte van ander, en kwessies van diversiteit;
5. jou toe te rus met kennis, vaardighede en waardes om ingeligte besluite te neem oor vakkeuses, loopbane, bykomende en naskoolse studiegeleenthede en die arbeidsmark;
6. jou bloot te stel aan verskillende studiemetodes en -vaardighede met betrekking tot assesseringsprosesse; en
7. jou bloot te stel aan die waardes van gereelde deelname aan fisiese aktiwiteite.
Lewensoriëntering in graad 10 tot 12 fokus op die volgende onderwerpe:
• Selfontwikkeling in die samelewing
• Verantwoordelikheid teenoor die samelewing en die omgewing
• Demokrasie en menseregte
Sample
• Loopbane en loopbaankeuses
• Studievaardighede
• Liggaamlike Opvoeding
Die vakmateriaal en verwante assesseringselemente is gebaseer op die temas soos in die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) uiteengesit.
BYKOMENDE LEESWERK

Sean Covey, The 7 Habits of Highly Effective Teens (Bron: goo.gl/Ty1C9d)
HULPBRONVEREISTES
Die volgende hulpbronne word vereis om die vak suksesvol te voltooi:
• Impaq Lewensoriëntering-handleiding
• Impaq Lewensoriëntering-fasiliteerdersgids (word net deur die fasiliteerder gebruik)
• Impaq Lewensoriëntering-portefeuljetake
• Toepaslike klere, skoene en toerusting wat nodig is vir liggaamlike oefeninge.
• ’n Notaboek om die aktiwiteite in te doen.
TYDSTOEDELING
Graad 11 is ’n baie kort jaar. Alhoewel die KABV voorsiening maak vir 10 weke per kwartaal, stem die Departement van Basiese Onderwys se skoolkalender nie altyd hiermee ooreen nie. Dit word beveel dat jy dadelik met die volgende kwartaal se werk begin sodra jy ’n kwartaal se werk voltooi het. Dit sal genoeg tyd verseker vir deeglike studie en hersiening.
WERKROOSTER EN TYDSBESTUUR
Die onderstaande diagram is ’n voorgestelde raamwerk om die inhoud te dek. Let daarop dat Liggaamlike Opvoeding deur die kwartaal gedoen word en die intensiteit vermeer om persoonlike fiksheid te verbeter.

STUDIEWENKE EN -METODES
Onthou dat leerwerk nie tot die aand voor ’n toets of eksamen uitgestel moet word nie. Dit is nooit te vroeg om goeie studiegewoontes te kweek nie. Almal is verskillend en vir sommige leerders kom leer en motivering vanself. Maar net soos ’n atleet of sokkerspeler moet oefen om sy/haar vaardighede te ontwikkel, moet doeltreffende studievaardighede ingeoefen word as jy goed wil presteer. Hoe gouer jy goeie studiegewoontes verstaan en begin toepas, hoe makliker gaan toetse en eksamens wees en hoe beter sal jou kanse wees om goeie punte te behaal.
Sample
Hier is ’n paar wenke om jou te help om die meeste van jou Lewensoriënteringstudies te maak:
• Alhoewel jy op enige plek kan leer, moet die plek waar jy leer geen moontlike afleidings hê nie.
• Tyd is jou kosbaarste hulpbron. As jy sukkel om tyd te vind om te leer, moet jy begin prioritiseer en ’n rooster opstel.
• Wanneer jy vir toetse en eksamens voorberei, moet jy tyd daaraan spandeer om die werk te hersien. Begin deur die werk te hersien terwyl dit nog vars in jou geheue is. As jy te lank wag, mag die leermateriaal dalk nie meer sin maak nie.
• Maak seker jy verstaan al die materiaal. Moenie feite probeer memoriseer as jy dit nie verstaan nie.
• Toets jouself deur die selfassesseringsvrae en -aktiwiteite te doen. Gebruik die leeruitkomste as riglyn.
• Dit is belangrik om gereelde breke te neem – as jy te hard werk, kan dit jou prestasie verminder.
• Bly gemotiveerd. Versier jou leerarea met inspirerende aanhalings of foto’s van die mense wat jy trots wil maak deur goeie punte te behaal.
• Beloon jouself.
• Sien eenheid 5 vir meer inligting.
VAKINHOUD EN BEPLANNING
Les Inhoud
Kwartaal 1
Eenheid 1: Persoonlike lewensdoelwitte
1.1 Beplan en bereik lewensdoelwitte
1
2
3
1.1.1 Beplan en stel SMART-doelwitte
1.1.2 Aksieplan
1.2 Prioritiseer doelwitte om probleme op te los
1.2.1 ’n Sewefase-model vir probleemoplossing en besluitneming
1.2.2 Die verband tussen persoonlike waardes, keuses en doelwitstelling
1.3 Liggaamlike Opvoeding
1.3.1 Veiligheidsmaatreëls vir deelname aan fisieke fiksheidsaktiwiteite
1.3.2 Verbeter jou fisieke fiksheid en gesondheid
4 Refleksie en toepassing
1
2
3
Teikendatum*
Eenheid 2: Verhoudings en die invloed daarvan op eie welsyn
2.1 Hoe verhoudings jou welsyn beïnvloed
2.1.1 Eienskappe van gesonde en ongesonde verhoudings
2.2 Hoe sosiale en kulturele standpunte verhoudings beïnvloed
2.3 Die impak van die media op waardes en oortuigings van verhoudings
2.3.1 Die uitwerking van sosiale media
4 Refleksie en toepassing
Eenheid 3: Loopbane en loopbaankeuses
3.1 Invloede op jou loopbaanbesluit
3.1.1 Die nuutste tendense in die arbeidsmark
1
2
3
3.1.2 Verstaan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kwalifikasieraamwerk (SANKR)
3.2 Tegniese en Beroepsonderwys en -opleiding (TBOO)
3.2.1 Soorte TBOO-kursusse
3.2.2 Toelatingspunttelling (TPT) en Nasionale Maatstaftoetse (NMT)
3.3 Opsies vir finansiële hulp
3.3.1 Verpligtinge vir finansiële reëlings
3.4 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan programme wat persoonlike vlakke van fisieke fiksheid en gesondheid verbeter
3.4.1 Aërobiese oefenprogram
3.4.2 Deelname aan speletjies vir fisieke fiksheid
4 Refleksie en toepassing
1
2
3
4
Eenheid 4: Demokrasie en menseregte
4.1 Beginsels, prosesse en prosedures vir demokratiese deelname
4.1.1 Hoe neem jy deel aan die parlement?
4.1.2 Openbare deelname en die petisieproses
4.1.3 Regeringsbestuur
4.1.4 Hoe wette gemaak word
4.2 Demokratiese strukture
4.2.1 Nasionale regering
4.2.2 Provinsiale regering
4.2.3 Plaaslike regering
4.2.4 Plaaslike samelewingstrukture
4.3 Die rol van sport in nasiebou
4.3.1 Deelnemer- en toeskouergedrag in sport
4.3.2 Nasiebou deur sport
4.4 Liggaamlike Opvoeding: Verbetering van persoonlike vlak van fisieke fiksheid en gesondheid
4.4.1 Die krag van stap
4.4.2 Weerstandsopleiding
5 Refleksie en toepassing
1
2
3
Kwartaal 2
Eenheid 5: Studievaardighede en -strategieë
5.1 Die toepassing van studievaardighede, -style en -strategieë
5.1.1 Leerstyle
5.1.2 Strategieë wat by jou leerstyl pas
5.1.3 Die SQ3R-studiemetode
5.2 Eksamenskryfvaardighede
5.2.1 Waarom skryf ons eksamens?
5.2.2 Hoe om verskillende eksamenvrae te beantwoord
5.3 Tydsbestuurvaardighede en ’n jaarlikse studieplan
5.3.1 Hoe om studie minder stresvol te maak met maksimum motivering
5.3.2 Tydsbestuurvaardighede
5.3.3 Die gevare van uitstellery
4 Refleksie en toepassing
Eenheid 6: Administratiewe, organisasie- en leierskapvaardighede
6.1 Leierskap
6.1.1 Die eienskappe en vaardighede van ’n goeie leier
1
2
6.1.2 Die drie basiese leierskapbenaderings
6.1.3 Afrigting – wees ’n leier deur jou maats te leer
6.1.4 Organisasievaardighede
6.2 Veiligheidskwessies met betrekking tot deelname aan fisiese aktiwiteite
6.2.1 Basiese noodhulp
3
6.3 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan gemeenskapen speelterreinspeletjies
6.3.1 Verskillende speletjies
6.3.2 Hoe om ’n nuwe speletjie te ontwerp
4 Refleksie en toepassing
Eenheid 7: Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid
7.1 Die gebruik van skadelike stowwe in voedselproduksie
1
2
3
7.1.1 Tendense van groen tegnologie in voedselproduksie
7.1.2 Die agteruitgang van die omgewing
7.1.3 Die impak van uitgedunde hulpbronne
7.2 Hantering van omgewingsfaktore wat swak gesondheid veroorsaak
7.2.1 Die uitwerking van besoedeling op mense
7.2.2 Hoe om omgewingsfaktore te hanteer wat swak gesondheid in ons persoonlike ruimte en onmiddellike omgewing veroorsaak
7.2.3 Veiligheids- en noodhulpvaardighede – hantering van rampe
7.2.4 Klimaatsverandering
7.3 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan en uitvoering van bewegings in programme vir fisieke gesondheid
7.3.1 Hersiening van leierskapvaardighede – Deelname aan programme wat skeidsregterswerk bevorder
7.3.2 Binnenshuise speletjies wat spanwerk en fisiese aktiwiteit bevorder
7.3.3 Inheemse speletjies
4 Refleksie en toepassing
Eenheid 8: Projek – Deelname aan ’n gemeenskapsdiensprojek Kwartaal 3
Eenheid 9: Gesonde en gebalanseerde leefstylkeuses
9.1 Vereistes vir ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl
1
2
3
9.1.1 Sielkundige/geesteswelstand
9.1.2 Sosiale welstand
9.1.3 Emosionele welstand
9.1.4 Omgewingswelstand
9.1.5 Spirituele welstand
9.2 Riskante gedrag en situasies wat leefstylkeuses negatief beïnvloed
9.2.1 Hoe riskante gedrag jou lewe kan beïnvloed
9.2.2 Die impak van riskante gedrag op jou ontwikkeling
9.2.3 Struikelblokke wat jou verhoed om raad, steun en hulp te vra
4 Refleksie en toepassing
1
2
3
Eenheid 10: Die sosio-ekonomiese omgewing
10.1 Die impak van armoede
10.1.1 Die impak van armoede op die samelewing
10.1.2 Die impak van armoede op onderrig
10.1.3 Die impak van armoede op sosiale gedrag
10.1.4 Die impak van armoede op gesondheid
10.1.5 Geweld en misdaad as ’n gevolg van armoede
10.2 Faktore wat leefstylkeuses positief beïnvloed
10.2.1 Die belangrikheid van rolmodelle
10.2.2 Positiewe rolmodelle
10.2.3 Individuele verantwoordelikheid om ingeligte besluite en keuses te maak
10.3 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan ontspanningsaktiwiteite wat leierskapvaardighede bevorder
10.3.1 Spanleierskap
10.3.2 Spanpersoonlikhede
10.3.3 Definiëring van rolle en verantwoordelikhede
10.4 Liggaamlike Opvoeding: Ontwikkel ’n fisiese opleidingsprogram ter voorbereiding van ’n staptoer
10.5 Die rol van voeding in gesondheid en fisiese aktiwiteite
10.5.1 Gesonde voeding
4 Refleksie en toepassing
Eenheid 11: Loopbane en loopbaankeuses
11.1 Hoe om aansoek om ’n betrekking te doen
11.1.1 Hoe om ’n CV saam te stel
1
2
3
11.1.2 Hoe om ’n aansoek-/dekbrief te skryf
11.1.3 Hoe om ’n werksaansoekvorm in te vul
11.2 Onderhoudvaardighede
11.2.1 Voorbereiding vir ’n onderhoud
11.2.2 Tipiese vrae in ’n onderhoud
11.2.3 Etiese gedrag
11.2.4 Persoonlike verwagtinge met betrekking tot werk en loopbane
11.3 Liggaamlike Opvoeding: Rekreasie- en ontspanningsaktiwiteite
11.3.1 Oefeninge vir diep asemhaling
11.3.2 Ontspanningsaktiwiteite
4 Refleksie en toepassing
1
2
3
Kwartaal 4
Eenheid 12: Gesonde en gebalanseerde leefstylkeuses
12.1 Verstaan die rol van mag in verhoudings
12.1.1 Soorte mag in verhoudings
12.1.2 Tekens dat jy dalk in ’n beherende en manipulerende verhouding is
12.1.3 Geslagsrolle en die invloed daarvan op gesondheid en welstand
12.2 Ongelyke magsverhoudings
12.2.1 Die misbruik van mag
12.2.2 Die impak van kulturele oortuigings en mag op mans en vroue
12.3 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan programme wat eie skeidsregter-, administratiewe en leierskapvaardighede bevorder
12.3.1 Beplanning en organisering van speletjies
12.3.2 Beoefening van administratiewe en organisasievaardighede
4 Refleksie en toepassing
Eenheid 13: Demokrasie en menseregte
113.1 Suid-Afrika se diverse religieë en religiestelsels
2
3
13.2 Morele en geestelike kwessies en dilemmas
13.2.1 Aborsie
13.2.2 Genadedood
13.3 Kulturele praktyke en tradisies
13.3.1 Ekonomiese kwessies
13.3.2 Omgewingskwessies
13.4 Hersiening van Liggaamlike Opvoeding Hersiening en eksaminering
*Vul jou teikendatum vir voltooiing van elke les volgens jou jaarplan vir Lewensoriëntering in. Let op dat daar streng by die inhandigingsdatums vir die formele assesserings gehou moet word.
Hierdie eenheid fokus op die self in die samelewing, insluitend hoe jy jouself in verhoudinge en in die wêreld beheer. Om gebalanseerd en gesond te wees, stel ons in staat om doeltreffend te wees en gemotiveerd te voel om ons doelwitte te bereik.
As ’n individu is dit belangrik om te weet wat jou lewensdoelwitte is. Formulering van doelwitte en dade is een van die belangrikste vaardighede vir enige persoon wat hulle teikens wil bereik, by sperdatums wil hou en projekte wil voltooi. In hierdie eenheid ontleed ons hoe om ons doelwitte en verwagtinge te balanseer deur alle faktore te assesseer wat ’n impak op ons lewens het, soos familie, vriende en die gemeenskap. Prioritisering van doelwitte en aktiwiteite is een van die moeilikste dinge om te doen, want dit beteken dat ons sekere doelwitte en aktiwiteite bo ander te kies – en hoe weet ons ons het die regte besluit geneem? Om die regte besluite te neem, is dit noodsaaklik dat ons introspeksie moet doen om te besluit watter waardes vir ons die belangrikste is.
Liggaamlike Opvoeding is dwarsdeur die jaar ’n deurlopende aspek van Lewensoriëntering. Persoonlike fiksheid word dikwels geïgnoreer. ’n Gebrek aan oefening kan tot gesondheidskwessies en ’n algemene gevoel van moedeloosheid lei. Om doelwitte vir jou eie gesondheid te stel, verseker dat jy ook beplanning doen en tyd inruim om aan aktiwiteite deel te neem wat tot voordeel van jou gesondheid sal wees.
UITDAGING VIR HIERDIE EENHEID
Hoe kan ek daarin slaag om vir myself realistiese en bereikbare doelwitte te stel om ’n hoë vlak van motivering en sukses te verseker?

LEERDOELWITTE
Nadat jy hierdie lesse voltooi het, moet jy in staat wees om:
• jou lewensdoelwitte te identifiseer
• korttermyn-, mediumtermyn- en langtermyndoelwitte te stel
Sample
• aspekte van jou lewe te prioritiseer
DEFINIEER

Aksieplan: ’n Dokument wat die stappe lys wat gedoen moet word om ’n spesifieke doelwit te bereik. Dit bevat ’n tydlyn en teikendatums vir die voltooiing van spesifieke take.
Besluitneming: Om ’n alternatiewe plan van aksie te kies wat ’n probleem sal oplos.
Buigbaarheid: ’n Karaktertrek wat jou in staat stel om doeltreffend by verandering aan te pas.
Doelwitstelling: Om te besluit wat jy in die lewe wil bereik en ’n plan te skep om die gewenste resultate te behaal.
Korttermyndoelwit: Die planne wat jy maak en die doelwitte wat jy in die nabye toekoms wil bereik, tipies minder as ’n jaar (’n week, ’n maand, ’n paar maande), soos om nuwe vaardighede aan te leer.
Langtermyndoelwit:Die planne wat jy maak en die doelwitte wat jy oor meer as ’n jaar wil bereik, soos die loopbaan en leefstyl wat jy in die toekoms wil hê.
Mediumtermyndoelwit: Die planne wat jy maak en die doelwitte wat jy oor ses maande tot ’n jaar wil bereik, soos om ’n projek te voltooi, ’n korttermynwerk te verrig of graad 12 te slaag.
Prioritisering: Om die “eerste dinge eerste” te doen: evalueer ’n lys pligte en verpligtinge, en rangskik dit volgens belangrikheid of dringendheid.
Probleem: ’n Probleem ontstaan wanneer jy ’n verskil waarneem tussen wat werklik gebeur het en wat jy wil hê moet gebeur.
Probleemoplossing: Die proses om korrektiewe stappe te neem wat probleme sal oplos en verseker dat jy steeds jou doelwit bereik.
Waardes: Jou mening van wat belangrik is in die lewe (standaarde, gedragskode, etiek).
LES 1.1: Beplan en bereik lewensdoelwitte

(Bron: goo.gl/MJt3dX)
Sample
Waarom is dit belangrik om doelwitte te stel? Topatlete, -studente en -presteerders in alle velde stel doelwitte vir hulself.
Om doelwitte te stel is deel daarvan om gemotiveerd te wees. Dit help jou om te fokus en jou tyd en hulpmiddels te organiseer sodat jy die meeste van die lewe kan maak.
Ons gaan kyk hoe om doeltreffend te beplan en doelwitte te bereik. Ons gaan die verskillende soorte doelwitte verduidelik, met spesifieke aandag aan hoe om hierdie doelwitte te prioritiseer en hoe om doelwitte te verander en aan te pas, indien nodig.
Voltooi aktiwiteit 1, wat jou sal help om areas in jou lewe te identifiseer wat jy dalk gewoonlik afskeep (bv. om tyd met jou gesin deur te bring). Ons kyk ook na metodes wat ons kan help om realistiese en bereikbare doelwitte te stel.
Om die uitdaging in eenheid 1 op te los, moet jy die volgende vrae beantwoord:
• Wat is die verskil tussen lang-, medium- en korttermyndoelwitte?
• Hoe los ek probleme doeltreffend op?
• Is ’n aksieplan nodig om teikens en doelwitte te bereik?
Soorte doelwitte
Doelwitte kan as lang termyn, medium termyn of kort termyn gekategoriseer word.

Verskillende soorte doelwitte
Langtermyndoelwitte bestaan uit die planne wat jy vir jou toekoms maak, byvoorbeeld om ’n verpleër te word nadat jy jou graad behaal het of om later die jaar aan ’n marathon deel te neem, wat 12 tot 18 maande se oefen verg. Ons langtermyndoelwitte behels en sluit gewoonlik ons beste vriende, familie of ander belangrike mense in ons lewens in. Langtermyndoelwitte word oor ’n langer tydperk bereik soos ons die verskillende fases in ons lewens voltooi.
Mediumtermyndoelwitte is die doelwitte wat jy oor ses maande tot ’n jaar wil bereik –iewers tussen jou korttermyndoelwitte en langtermyndoelwitte. Dit kan dikwels direk tot ons langtermyndoelwitte bydra omdat dit ’n lang tyd kan neem om te bereik. Mediumtermyndoelwitte help ons om gemotiveerd te bly terwyl ons aan ons korttermyndoelwitte werk.
Korttermyndoelwitte is doelwitte wat jy oor ’n korter tydperk soos ’n week, ’n maand of ’n paar maande kan bereik. Korttermyndoelwitte is dikwels, maar nie altyd nie, middels om langtermyndoelwitte te bereik.
Sample
Lewensdoelwitte is die groot doelwitte wat jy in jou lewe wil bereik. Jy wil dit gewoonlik in tien of meer jare bereik. Lewensdoelwitte kan loopbaandoelwitte, opvoedkundige doelwitte, gesinsdoelwitte, finansiële doelwitte of selfs net doelwitte vir plesier insluit. ’n Lewensdoelwit kan byvoorbeeld wees om ’n meestersgraad te behaal, vier kinders te hê, geld vir aftrede te spaar of om die wêreld plat te reis. Dit is belangrik om te onthou dat doelwitte met verloop van tyd kan verander of meer gedefinieerd kan raak soos jy ouer word.
Doelwitstelling is ’n kragtige proses om oor jou ideale toekoms na te dink en jouself te motiveer om jou visie vir jou toekoms in ’n werklikheid te verander. Dit is soms moeilik om bepaal hoe om persoonlike doelwitte te stel om te verseker dat ons die dinge bereik wat ons in die lewe wil hê. Ons is dikwels geneig om op een spesifieke area te fokus (om gewig te verloor, ’n toets te slaag, ens.), maar ons vergeet dat daar ander – soms belangriker –doelwitte is wat ook aandag verg. Jou welstand hang af van hoe gebalanseerd jy as ’n mens is.
Ons kan nege hoofareas in ons lewens identifiseer wat in ewewig moet wees en wat ons in aanmerking moet neem wanneer ons persoonlike doelwitte stel.

Die nege hoofbalansareas in ons lewens

Aktiwiteit 1: My lewe vanuit ’n helikopterperspektief
Evalueer en assesseer elk van die nege balansareas hierbo soos dit op jou eie lewe van toepassing is.
Voltooi die vraelys wat volg deur punte op ’n skaal van 1 tot 10 toe te ken aan elk van die nege areas in jou lewe. Wees eerlik oor die manier waarop jy jouself assesseer. (Smart Goals Guide, n.d.)
• Evalueer jou tellings en redes, en identifiseer die areas waarmee jy tevrede is en die areas waarin jy kan verbeter.
• Wat sal jy omtrent jou lewe wil verander?
Identifiseer minstens DRIE areas wat jy graag wil verbeter.
Skryf die areas neer waarop jy wil verbeter, bv.: Intellektuele persoonlike ontwikkeling: Ek wil meer navorsing doen oor die ekonomiese tendense in Suid-Afrika om ingelig genoeg te wees om my geld kundig te belê.
Jy gaan later hierdie voorbeelde gebruik om die SMART tegniek toe te pas om jou in staat te stel om jou doelwitte effektief te formuleer en hierdie eenheid se uitdaging op te los.

1
Gesondheid en fiksheid
Eet jy gesonde en voedsame kos?
Hoeveel oefen jy?
Slaap jy goed? 2
Onderwys en loopbaanvooruitsigte
Hoe tevrede is jy met jou onderrigreis tot dusver?
Is jy opgewonde oor jou vordering?
Weet jy wat jy wil word as jy ’n volwassene is?
Persoonlike verhoudings
3
4
5.1
5.2
Hoe is jou verhoudings met jou ouers en/of boeties/sussies?
Sosiale lewe en vrye tyd
Het jy stokperdjies en belangstellings?
Hoe spandeer jy jou vrye tyd?
Intellektuele persoonlike ontwikkeling
Is jy voortdurend op soek na nuwe inligting wat jou meer ingelig sal maak?
Emosionele persoonlike ontwikkeling
Is jy in staat om jou emosies op ’n gepaste manier te hanteer?
Finansies
Hoe goed bestuur jy jou sakgeld?
6
Telling (1-10) Rede vir hierdie telling
Is jy tevrede met hoe en waaraan jy jou geld bestee? Sample