Gr 11-Lewensoriëntering-Fasiliteerdersgids

Page 1


Graad 11 • Fasiliteerdersgids

Lewensoriëntering

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensoriëntering

Fasiliteerdersgids

Graad 11

M du Plessis

LES 5.2.2: Hoe om verskillende eksamenvrae te beantwoord

27: Gevallestudie: Weeskinders en kwesbare kinders .........................

LES 5.3: Tydsbestuurvaardighede en ’n jaarlikse studieplan ..........................................

LES 5.3.1: Hoe om studie minder stresvol te maak met maksimum motivering

5.3.2: Tydsbestuursvaardighede

28: Hoe spandeer jy jou tyd?..............................................................102

29: Persoonlike studiebeplanner ........................................................

LES 5.3.3: Die gevare van uitstellery ..............................................................................

Eenheid 6: Administratiewe, organisasie- en leierskapvaardighede

LES 6.1: Leierskap

LES 6.1.1: Die eienskappe en vaardighede van ’n goeie leier

6.1.2:

LES 6.1.3: Afrigting – wees ’n leier deur jou maats

7.2: Hantering van omgewingsfaktore wat swak gesondheid veroorsaak

LES 7.2.2: Hoe om omgewingsfaktore te hanteer wat swak gesondheid in ons persoonlike ruimte en onmiddellike omgewing veroorsaak ............................

LES 7.2.3: Veiligheids- en noodhulpvaardighede – hantering van rampe .......................

Aktiwiteit 34: Stel ’n gesinsnoodplan

LES 7.3: Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan en uitvoering van bewegings in programme vir fisieke gesondheid ...................................................................

LES 7.3.1: Hersiening van leierskapvaardighede – Deelname aan programme wat skeidsregterswerk bevorder

35: Evalueer jou eie vaardighede

LES 7.3.2: Binnenshuise speletjies wat spanwerk en fisiese aktiwiteit bevorder

LES 7.3.3: Inheemse speletjies

Inheemse

LES 10.2.3: Individuele verantwoordelikheid om ingeligte besluite en keuses te maak

LES 10.3: Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan ontspanningsaktiwiteite wat leierskapvaardighede bevorder

10.3.1: Spanleierskap ..............................................................................................

LES 10.3.3: Definiëring van rolle en verantwoordelikhede

LES 10.4: Liggaamlike Opvoeding: Ontwikkel ’n fisiese opleidingsprogram ter voorbereiding van ’n staptoer

LES 10.5: Die rol van voeding in gesondheid en fisiese aktiwiteite

48: assessering van my fisieke welstand

49: Help ander om algemene welstand te bereik ...............................

LES 11.1: Hoe om vir ’n betrekking aansoek te doen

LES 11.1.1: Hoe om ’n CV saam te stel .........................................................................

LES 11.1.2: Hoe om ’n aansoek-/dekbrief te skryf .........................................................

50: Aansoek vir ’n deeltydse werk

LES 11.1.3: Hoe om ’n werksaansoekvorm te voltooi

LES 11.2: Onderhoudvaardighede

LES 11.2.1: Voorbereiding vir ’n onderhoud ....................................................................

LES 11.2.2: Tipiese vrae in ’n onderhoud ........................................................................

LES 11.2.3: Etiese gedrag ...............................................................................................

LES 11.2.4: Persoonlike verwagtinge met betrekking tot werk en loopbane

52: Pas verwagtinge by die realiteit....................................................199

LES 11.3: Liggaamlike Opvoeding: Rekreasie- en ontspanningsaktiwiteite ....................

LES 11.3.1: Oefeninge vir

12.3: Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan programme wat eie skeidsregter-, administratiewe en leierskapvaardighede bevorder

Fasiliteerdersgids

G11 ~ Lewensoriëntering

LESELEMENTE

Elke eenheid (voorgestelde tyd: 3 weke per eenheid) bestaan uit die volgende leeraktiwiteite:

• ’n Uitdaging

• Lewensoriëntering-inhoud

• Liggaamlike Opvoeding

• Los die uitdaging op

• Refleksie en toepassing

Asook:

• Leeruitkomste

• Bykomende aktiwiteite

• Definieer

• Verrykende aktiwiteite (vir die nuuskieriges)

• Opsommings

• Aktiwiteite vir selfassessering

Daar word drie weke per eenheid toegeken.

IKONE

BAIE BELANGRIK

Deur die bostaande leerorde te volg, impliseer dat leerders betrokke moet raak by die aktiwiteite en die oplossing van aksies, om die inhoud en insig te versamel, asook die vermoë om probleme op te los ten einde suksesvol te wees in hierdie vak.

INLEIDING

Lewensoriëntering is die studie van die self in verhouding tot ander en die samelewing. Dit spreek vaardighede, kennis en waardes rakende die self aan, asook die omgewing, verantwoordelike burgerskap, ’n gesonde en produktiewe lewe, sosiale betrokkenheid, ontspanning en fisiese aktiwiteit, loopbane en loopbaankeuses.

Dit sluit die geleentheid in om ’n verskeidenheid lewensvaardighede te ontwikkel en toe te pas om sodoende probleme op te los, ingeligte besluite te neem, en gepaste aksies te neem om ’n betekenisvolle en suksesvolle lewe te lei in ’n samelewing wat vinnig verander.

Lewensoriëntering fokus dus nie slegs op kennis nie, maar benadruk ook die belangrikheid van die praktiese toepassing van vaardighede en waardes in ons daaglikse lewens, asook in deelname aan fisiese aktiwiteite, gemeenskapsorganisasies en -inisiatiewe.

Lewensoriëntering in die VOO-fase is daarop gemik om:

1. leerders te lei en voor te berei om gepas te reageer op die verantwoordelikhede en geleenthede van die lewe;

2. leerders toe te rus om optimaal te kommunikeer op ’n persoonlike, sielkundige, kognitiewe, motoriese, fisiese, morele, geestelike, kulturele en sosio-ekonomiese vlak;

3. leerders te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite te neem rakende hul eie gesondheid en welstand, asook die gesondheid en welstand van ander;

4. leerders bloot te stel aan hulle grondwetlike regte en verantwoordelikhede, die regte van ander, en kwessies van diversiteit;

5. leerders toe te rus met kennis, vaardighede en waardes om ingeligte besluite te neem oor vakkeuses, loopbane, bykomende en naskoolse studiegeleenthede en die arbeidsmark;

6. leerders bloot te stel aan verskillende studiemetodes en -vaardighede met betrekking tot assesseringsprosesse; en

7. leerders bloot te stel aan die waardes van gereelde deelname aan fisiese aktiwiteite.

Lewensoriëntering in graad 10 tot 12 fokus op die volgende onderwerpe:

• Selfontwikkeling in die samelewing

• Verantwoordelikheid teenoor die samelewing en die omgewing

• Demokrasie en menseregte

Sample

• Loopbane en loopbaankeuses

• Studievaardighede

• Liggaamlike Opvoeding

Die vakmateriaal en verwante assesseringselemente is gebaseer op die temas soos in die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) uiteengesit.

BYKOMENDE LEESWERK

Sean Covey, The 7 Habits of Highly Effective Teens (Bron: goo.gl/Ty1C9d)

HULPBRONVEREISTES

Die volgende hulpbronne word vereis om die vak suksesvol te voltooi:

• Impaq Lewensoriëntering-handleiding

• Impaq Lewensoriëntering-fasiliteerdersgids (word net deur die fasiliteerder gebruik)

• Impaq Lewensoriëntering-portefeuljetake

• Toepaslike klere, skoene en toerusting wat nodig is vir liggaamlike oefeninge.

• ’n Notaboek om die aktiwiteite in te doen.

TYDSTOEDELING

Graad 11 is ’n baie kort jaar. Alhoewel die KABV voorsiening maak vir 10 weke per kwartaal, stem die Departement van Basiese Onderwys se skoolkalender nie altyd hiermee ooreen nie. Dit word beveel dat leerders dadelik met die volgende kwartaal se werk begin sodra ’n kwartaal se werk voltooi is. Dit sal genoeg tyd verseker vir deeglike studie en hersiening.

WERKROOSTER EN TYDSBESTUUR

Die onderstaande diagram is ’n voorgestelde raamwerk om die inhoud te dek. Let daarop dat Liggaamlike Opvoeding deur die kwartaal gedoen word en die intensiteit vermeer om persoonlike fiksheid te verbeter.

STUDIEWENKE EN -METODES

Onthou dat leerwerk nie tot die aand voor ’n toets of eksamen uitgestel moet word nie. Dit is nooit te vroeg om goeie studiegewoontes te kweek nie. Almal is verskillend en vir sommige leerders kom leer en motivering vanself. Maar net soos ’n atleet of sokkerspeler moet oefen om sy/haar vaardighede te ontwikkel, moet doeltreffende studievaardighede ingeoefen word as jy goed wil presteer. Hoe gouer leerders goeie studiegewoontes verstaan en begin toepas, hoe makliker gaan toetse en eksamens wees en hoe beter sal die kanse wees om goeie punte te behaal.

Hier is ’n paar wenke om leerders te help om die meeste van jou Lewensoriënteringstudies te maak:

• Alhoewel jy op enige plek kan leer, moet die plek waar jy leer geen moontlike afleidings hê nie.

• Tyd is jou kosbaarste hulpbron. As jy sukkel om tyd te vind om te leer, moet jy begin prioritiseer en ’n rooster opstel.

• Wanneer jy vir toetse en eksamens voorberei, moet jy tyd daaraan spandeer om die werk te hersien. Begin deur die werk te hersien terwyl dit nog vars in jou geheue is. As jy te lank wag, mag die leermateriaal dalk nie meer sin maak nie.

G11 ~ Lewensoriëntering

• Maak seker jy verstaan al die materiaal. Moenie feite probeer memoriseer as jy dit nie verstaan nie.

• Toets jouself deur die selfassesseringsvrae en -aktiwiteite te doen. Gebruik die leeruitkomste as riglyn.

• Dit is belangrik om gereelde breke te neem – as jy te hard werk, kan dit jou prestasie verminder.

• Bly gemotiveerd. Versier jou leerarea met inspirerende aanhalings of foto’s van die mense wat jy trots wil maak deur goeie punte te behaal.

• Beloon jouself.

• Sien eenheid 5 vir meer inligting.

VAKINHOUD EN BEPLANNING

Les Inhoud

Kwartaal 1

Eenheid 1: Persoonlike lewensdoelwitte

1.1 Beplan en bereik lewensdoelwitte

1

2

3

1.1.1 Beplan en stel SMART-doelwitte

1.1.2 Aksieplan

1.2 Prioritiseer doelwitte om probleme op te los

1.2.1 ’n Sewefase-model vir probleemoplossing en besluitneming

1.2.2 Die verband tussen persoonlike waardes, keuses en doelwitstelling

1.3 Liggaamlike Opvoeding

1.3.1 Veiligheidsmaatreëls vir deelname aan fisieke fiksheidsaktiwiteite

1.3.2 Verbeter jou fisieke fiksheid en gesondheid

4 Refleksie en toepassing

1

2

3

Teikendatum*

1

Eenheid 2: Verhoudings en die invloed daarvan op eie welsyn

2.1 Hoe verhoudings jou welsyn beïnvloed

2.1.1 Eienskappe van gesonde en ongesonde verhoudings

2.2 Hoe sosiale en kulturele standpunte verhoudings beïnvloed

2.3 Die impak van die media op waardes en oortuigings van verhoudings

2.3.1 Die uitwerking van sosiale media

4 Refleksie en toepassing

Eenheid 3: Loopbane en loopbaankeuses

3.1 Invloede op jou loopbaanbesluit

3.1.1 Die nuutste tendense in die arbeidsmark

3.1.2 Verstaan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kwalifikasieraamwerk (SANKR)

3.2 Tegniese en Beroepsonderwys en -opleiding (TBOO)

3.2.1 Soorte TBOO-kursusse

2

3

4 Refleksie en toepassing Sample

3.2.2 Toelatingspunttelling (TPT) en Nasionale Maatstaftoetse (NMT)

3.3 Opsies vir finansiële hulp

3.3.1 Verpligtinge vir finansiële reëlings

3.4 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan programme wat persoonlike vlakke van fisieke fiksheid en gesondheid verbeter

3.4.1 Aërobiese oefenprogram

3.4.2 Deelname aan speletjies vir fisieke fiksheid

1

Eenheid 4: Demokrasie en menseregte

4.1 Beginsels, prosesse en prosedures vir demokratiese deelname

4.1.1 Hoe neem jy deel aan die parlement?

4.1.2 Openbare deelname en die petisieproses

4.1.3 Regeringsbestuur

4.1.4 Hoe wette gemaak word

4.2 Demokratiese strukture

4.2.1 Nasionale regering

2

3

4

4.2.2 Provinsiale regering

4.2.3 Plaaslike regering

4.2.4 Plaaslike samelewingstrukture

4.3 Die rol van sport in nasiebou

4.3.1 Deelnemer- en toeskouergedrag in sport

4.3.2 Nasiebou deur sport

4.4 Liggaamlike Opvoeding: Verbetering van persoonlike vlak van fisieke fiksheid en gesondheid

4.4.1 Die krag van stap

4.4.2 Weerstandsopleiding

5 Refleksie en toepassing

1

2

3

Kwartaal 2

Eenheid 5: Studievaardighede en -strategieë

5.1 Die toepassing van studievaardighede, -style en -strategieë

5.1.1 Leerstyle

5.1.2 Strategieë wat by jou leerstyl pas

5.1.3 Die SQ3R-studiemetode

5.2 Eksamenskryfvaardighede

5.2.1 Waarom skryf ons eksamens?

5.2.2 Hoe om verskillende eksamenvrae te beantwoord

5.3 Tydsbestuurvaardighede en ’n jaarlikse studieplan

5.3.1 Hoe om studie minder stresvol te maak met maksimum motivering

5.3.2 Tydsbestuurvaardighede

5.3.3 Die gevare van uitstellery

4 Refleksie en toepassing

1

2

Eenheid 6: Administratiewe, organisasie- en leierskapvaardighede

6.1 Leierskap

6.1.1 Die eienskappe en vaardighede van ’n goeie leier

6.1.2 Die drie basiese leierskapbenaderings

6.1.3 Afrigting – wees ’n leier deur jou maats te leer

6.1.4 Organisasievaardighede

6.2 Veiligheidskwessies met betrekking tot deelname aan fisiese aktiwiteite

6.2.1 Basiese noodhulp Sample

3

4

1

6.3 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan gemeenskapen speelterreinspeletjies

6.3.1 Verskillende speletjies

6.3.2 Hoe om ’n nuwe speletjie te ontwerp

Refleksie en toepassing

Eenheid 7: Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid

7.1 Die gebruik van skadelike stowwe in voedselproduksie

7.1.1 Tendense van groen tegnologie in voedselproduksie

7.1.2 Die agteruitgang van die omgewing

7.1.3 Die impak van uitgedunde hulpbronne

7.2 Hantering van omgewingsfaktore wat swak gesondheid veroorsaak

7.2.1 Die uitwerking van besoedeling op mense

2

3

7.2.2 Hoe om omgewingsfaktore te hanteer wat swak gesondheid in ons persoonlike ruimte en onmiddellike omgewing veroorsaak

7.2.3 Veiligheids- en noodhulpvaardighede – hantering van rampe

7.2.4 Klimaatsverandering

7.3 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan en uitvoering van bewegings in programme vir fisieke gesondheid

7.3.1 Hersiening van leierskapvaardighede – Deelname aan programme wat skeidsregterswerk bevorder

7.3.2 Binnenshuise speletjies wat spanwerk en fisiese aktiwiteit bevorder

7.3.3 Inheemse speletjies

4 Refleksie en toepassing

Eenheid 8: Projek – Deelname aan ’n gemeenskapsdiensprojek Kwartaal 3

Eenheid 9: Gesonde en gebalanseerde leefstylkeuses

9.1 Vereistes vir ’n gesonde en gebalanseerde leefstyl

1

2

3

9.1.1 Sielkundige/geesteswelstand

9.1.2 Sosiale welstand

9.1.3 Emosionele welstand

9.1.4 Omgewingswelstand

9.1.5 Spirituele welstand

9.2 Riskante gedrag en situasies wat leefstylkeuses negatief beïnvloed

9.2.1 Hoe riskante gedrag jou lewe kan beïnvloed

9.2.2 Die impak van riskante gedrag op jou ontwikkeling

9.2.3 Struikelblokke wat jou verhoed om raad, steun en hulp te vra

4 Refleksie en toepassing

1

2

3

Eenheid 10: Die sosio-ekonomiese omgewing

10.1 Die impak van armoede

10.1.1 Die impak van armoede op die samelewing

10.1.2 Die impak van armoede op onderrig

10.1.3 Die impak van armoede op sosiale gedrag

10.1.4 Die impak van armoede op gesondheid

10.1.5 Geweld en misdaad as ’n gevolg van armoede

10.2 Faktore wat leefstylkeuses positief beïnvloed

10.2.1 Die belangrikheid van rolmodelle

10.2.2 Positiewe rolmodelle

10.2.3 Individuele verantwoordelikheid om ingeligte besluite en keuses te maak

10.3 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan ontspanningsaktiwiteite wat leierskapvaardighede bevorder

10.3.1 Spanleierskap

10.3.2 Spanpersoonlikhede

10.3.3 Definiëring van rolle en verantwoordelikhede

10.4 Liggaamlike Opvoeding: Ontwikkel ’n fisiese opleidingsprogram ter voorbereiding van ’n staptoer

10.5 Die rol van voeding in gesondheid en fisiese aktiwiteite

10.5.1 Gesonde voeding

4 Refleksie en toepassing

Eenheid 11: Loopbane en loopbaankeuses

11.1 Hoe om aansoek om ’n betrekking te doen

11.1.1 Hoe om ’n CV saam te stel

1

2

3

11.1.2 Hoe om ’n aansoek-/dekbrief te skryf

11.1.3 Hoe om ’n werksaansoekvorm in te vul

11.2 Onderhoudvaardighede

11.2.1 Voorbereiding vir ’n onderhoud

11.2.2 Tipiese vrae in ’n onderhoud

11.2.3 Etiese gedrag

11.2.4 Persoonlike verwagtinge met betrekking tot werk en loopbane

11.3 Liggaamlike Opvoeding: Rekreasie- en ontspanningsaktiwiteite

11.3.1 Oefeninge vir diep asemhaling

11.3.2 Ontspanningsaktiwiteite

4 Refleksie en toepassing

1

2

3

Kwartaal 4

Eenheid 12: Gesonde en gebalanseerde leefstylkeuses

12.1 Verstaan die rol van mag in verhoudings

12.1.1 Soorte mag in verhoudings

12.1.2 Tekens dat jy dalk in ’n beherende en manipulerende verhouding is

12.1.3 Geslagsrolle en die invloed daarvan op gesondheid en welstand

12.2 Ongelyke magsverhoudings

12.2.1 Die misbruik van mag

12.2.2 Die impak van kulturele oortuigings en mag op mans en vroue

12.3 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan programme wat eie skeidsregter-, administratiewe en leierskapvaardighede bevorder

12.3.1 Beplanning en organisering van speletjies

12.3.2 Beoefening van administratiewe en organisasievaardighede

4 Refleksie en toepassing

Eenheid 13: Demokrasie en menseregte

113.1 Suid-Afrika se diverse religieë en religiestelsels

2

3

13.2 Morele en geestelike kwessies en dilemmas

13.2.1 Aborsie

13.2.2 Genadedood

13.3 Kulturele praktyke en tradisies

13.3.1 Ekonomiese kwessies

13.3.2 Omgewingskwessies

13.4 Hersiening van Liggaamlike Opvoeding Hersiening en eksaminering

*Vul die teikendatum vir voltooiing van elke les volgens die jaarplan vir Lewensoriëntering in. Let op dat daar streng by die inhandigingsdatums vir die formele assesserings gehou moet word.

1 Eenheid 1: Persoonlike lewensdoelwitte

Hierdie eenheid fokus op die self in die samelewing, insluitend hoe jy jouself in verhoudinge en in die wêreld beheer. Om gebalanseerd en gesond te wees, stel ons in staat om doeltreffend te wees en gemotiveerd te voel om ons doelwitte te bereik.

As ’n individu is dit belangrik om te weet wat jou lewensdoelwitte is. Formulering van doelwitte en dade is een van die belangrikste vaardighede vir enige persoon wat hulle teikens wil bereik, by sperdatums wil hou en projekte wil voltooi. In hierdie eenheid ontleed ons hoe om ons doelwitte en verwagtinge te balanseer deur alle faktore te assesseer wat ’n impak op ons lewens het, soos familie, vriende en die gemeenskap. Prioritisering van doelwitte en aktiwiteite is een van die moeilikste dinge om te doen, want dit beteken dat ons sekere doelwitte en aktiwiteite bo ander te kies – en hoe weet ons ons het die regte besluit geneem? Om die regte besluite te neem, is dit noodsaaklik dat ons introspeksie moet doen om te besluit watter waardes vir ons die belangrikste is.

Liggaamlike Opvoeding is dwarsdeur die jaar ’n deurlopende aspek van Lewensoriëntering. Persoonlike fiksheid word dikwels geïgnoreer. ’n Gebrek aan oefening kan tot gesondheidskwessies en ’n algemene gevoel van moedeloosheid lei. Om doelwitte vir jou eie gesondheid te stel, verseker dat jy ook beplanning doen en tyd inruim om aan aktiwiteite deel te neem wat tot voordeel van jou gesondheid sal wees.

UITDAGING VIR HIERDIE EENHEID

Hoe kan ek daarin slaag om vir myself realistiese en bereikbare doelwitte te stel om ’n hoë vlak van motivering en sukses te verseker?

LEERDOELWITTE

Nadat leerders hierdie lesse voltooi het, moet hulle in staat wees om:

• hul lewensdoelwitte te identifiseer

• korttermyn-, mediumtermyn- en langtermyndoelwitte te stel

Sample

• aspekte van hul lewe te prioritiseer

DEFINIEER

Aksieplan: ’n Dokument wat die stappe lys wat gedoen moet word om ’n spesifieke doelwit te bereik. Dit bevat ’n tydlyn en teikendatums vir die voltooiing van spesifieke take.

Besluitneming: Om ’n alternatiewe plan van aksie te kies wat ’n probleem sal oplos.

Buigbaarheid: ’n Karaktertrek wat jou in staat stel om doeltreffend by verandering aan te pas.

Doelwitstelling: Om te besluit wat jy in die lewe wil bereik en ’n plan te skep om die gewenste resultate te behaal.

Korttermyndoelwit: Die planne wat jy maak en die doelwitte wat jy in die nabye toekoms wil bereik, tipies minder as ’n jaar (’n week, ’n maand, ’n paar maande), soos om nuwe vaardighede aan te leer.

Langtermyndoelwit:Die planne wat jy maak en die doelwitte wat jy oor meer as ’n jaar wil bereik, soos die loopbaan en leefstyl wat jy in die toekoms wil hê.

Mediumtermyndoelwit: Die planne wat jy maak en die doelwitte wat jy oor ses maande tot ’n jaar wil bereik, soos om ’n projek te voltooi, ’n korttermynwerk te verrig of graad 12 te slaag.

Prioritisering: Om die “eerste dinge eerste” te doen: evalueer ’n lys pligte en verpligtinge, en rangskik dit volgens belangrikheid of dringendheid.

Probleem: ’n Probleem ontstaan wanneer jy ’n verskil waarneem tussen wat werklik gebeur het en wat jy wil hê moet gebeur.

Probleemoplossing: Die proses om korrektiewe stappe te neem wat probleme sal oplos en verseker dat jy steeds jou doelwit bereik.

Waardes: Jou mening van wat belangrik is in die lewe (standaarde, gedragskode, etiek).

LES 1.1: Beplan en bereik lewensdoelwitte

Die fokus van hierdie les is vir leerders om hulle doelwitte doeltreffend te beplan en bereik, met spesifieke aandag aan die belang van die prioritisering van doelwitte.

Bespreek die volgende:

• Waarom is dit belangrik om doelwitte te stel?

• Fokus op die verskil tussen lang-, medium- en korttermyndoelwitte.

• Verbeter doelwitstelling persoonlike motivering?

• Wat gebeur as jy nie jou doelwitte bereik nie?

Waarom is dit belangrik om doelwitte te stel? Topatlete, -studente en -presteerders in alle velde stel doelwitte vir hulself.

Om doelwitte te stel is deel daarvan om gemotiveerd te wees. Dit help jou om te fokus en jou tyd en hulpmiddels te organiseer sodat jy die meeste van die lewe kan maak.

Sample

Ons gaan kyk hoe om doeltreffend te beplan en doelwitte te bereik. Ons gaan die verskillende soorte doelwitte verduidelik, met spesifieke aandag aan hoe om hierdie doelwitte te prioritiseer en hoe om doelwitte te verander en aan te pas, indien nodig.

Leerders voltooi aktiwiteit 1, wat hulle sal help om areas in hul lewe te identifiseer wat hulle dalk gewoonlik afskeep (bv. om tyd met jou gesin deur te bring). Ons kyk ook na metodes wat ons kan help om realistiese en bereikbare doelwitte te stel.

Om die uitdaging in eenheid 1 op te los, moet jy die volgende vrae beantwoord:

• Wat is die verskil tussen lang-, medium- en korttermyndoelwitte?

• Hoe los ek probleme doeltreffend op?

• Is ’n aksieplan nodig om teikens en doelwitte te bereik?

Soorte doelwitte

Doelwitte kan as lang termyn, medium termyn of kort termyn gekategoriseer word.

• Langtermyndoelwitte (langer as ’n jaar)

• Mediumtermyndoelwitte (ses maande tot ’n jaar)

• Korttermyndoelwitte (hede tot ses maande)

Langtermyndoelwitte bestaan uit die planne wat jy vir jou toekoms maak, byvoorbeeld om ’n verpleër te word nadat jy jou graad behaal het of om later die jaar aan ’n marathon deel te neem, wat 12 tot 18 maande se oefen verg. Ons langtermyndoelwitte behels en sluit gewoonlik ons beste vriende, familie of ander belangrike mense in ons lewens in.

Langtermyndoelwitte word oor ’n langer tydperk bereik soos ons die verskillende fases in ons lewens voltooi.

Mediumtermyndoelwitte is die doelwitte wat jy oor ses maande tot ’n jaar wil bereik –iewers tussen jou korttermyndoelwitte en langtermyndoelwitte. Dit kan dikwels direk tot ons langtermyndoelwitte bydra omdat dit ’n lang tyd kan neem om te bereik. Mediumtermyndoelwitte help ons om gemotiveerd te bly terwyl ons aan ons korttermyndoelwitte werk.

Korttermyndoelwitte is doelwitte wat jy oor ’n korter tydperk soos ’n week, ’n maand of ’n paar maande kan bereik. Korttermyndoelwitte is dikwels, maar nie altyd nie, middels om langtermyndoelwitte te bereik.

Lewensdoelwitte is die groot doelwitte wat jy in jou lewe wil bereik. Jy wil dit gewoonlik in tien of meer jare bereik. Lewensdoelwitte kan loopbaandoelwitte, opvoedkundige doelwitte, gesinsdoelwitte, finansiële doelwitte of selfs net doelwitte vir plesier insluit. ’n Lewensdoelwit kan byvoorbeeld wees om ’n meestersgraad te behaal, vier kinders te hê, geld vir aftrede te spaar of om die wêreld plat te reis. Dit is belangrik om te onthou dat doelwitte met verloop van tyd kan verander of meer gedefinieerd kan raak soos jy ouer word.

Doelwitstelling is ’n kragtige proses om oor jou ideale toekoms na te dink en jouself te motiveer om jou visie vir jou toekoms in ’n werklikheid te verander. Dit is soms moeilik om bepaal hoe om persoonlike doelwitte te stel om te verseker dat ons die dinge bereik wat ons in die lewe wil hê. Ons is dikwels geneig om op een spesifieke area te fokus (om gewig te verloor, ’n toets te slaag, ens.), maar ons vergeet dat daar ander – soms belangriker –doelwitte is wat ook aandag verg. Jou welstand hang af van hoe gebalanseerd jy as ’n mens is.

Ons kan nege hoofareas in ons lewens identifiseer wat in ewewig moet wees en wat ons in aanmerking moet neem wanneer ons persoonlike doelwitte stel:

• Gesondheid en fiksheid

• Onderrig en loopbaanvooruitsigte

• Persoonlike verhoudings

• Sosiale lewe en vrye tyd

• Persoonlike ontwikkeling

• Finansies

• Lewensgehalte

• Spiritualiteit

• Bydrae

Aktiwiteit 1: My lewe vanuit ’n helikopterperspektief

Dit is ’n selfrefleksie-aktiwiteit. Leerders moet die vraelys voltooi en ook ’n rede vir elke punt gee. Bespreek die verskillende areas waarmee leerders ongemaklik voel. Dit is belangrik dat leerders areas identifiseer waaraan hulle wil werk. Geïdentifiseerde areas kan later gebruik word om SMART-doelwitte te formuleer.

LES 1.1.1: Beplan en stel SMART-doelwitte

Om doelwitte vir jou toekoms te formuleer en stel is kragtige prosesse. Om doelwitte te stel, sal jou laat nadink oor wie en wat jy wil wees. Dit sal jou drome vir jou toekoms in ’n realiteit verander. As ons nie hierdie doelwitte neerskryf of formuleer nie, sal dit bloot ’n droom bly.

Dink eers oor wat jy wil bereik en verbind jou dan daartoe. Stel SMART-doelwitte (spesifieke, meetbare, haalbare, relevante en tydgebonde, of specific, measurable, achievable, relevant and time-bound) wat jou sal motiveer, en skryf dit neer om dit meer tasbaar te maak. Beplan dan die stappe wat jy moet doen om jou doelwitte te bereik, en merk hulle een vir een af soos jy daardeur werk. Die rede waarom die meeste mense nooit hulle doelwitte bereik nie, is omdat hulle dit nooit definieer nie of nooit regtig glo dat dit bereikbaar is nie.

Aktiwiteit 2: Doelwitstellings

Lei leerders om die doelwitstelling in die spotprent te verander.

Die SMART-tegniek

Die SMART-doelwitstellingstegniek is die gewildste manier om doelwitte te stel. Dit sal jou help om spesifieke, meetbare, haalbare, relevante en tydgebonde doelwitte te stel.

As jou doel byvoorbeeld is om goed in Lewensoriëntering te presteer, maar niks verander aan die einde van elke kwartaal nie, moet jy die SMART-tegniek toepas.

Spesifieke doelwitstelling

SMART-tegniek

Om die doelwit spesifiek te maak, word sekere inligting benodig. As die stelling net algemeen is, sal jy nie slaag nie. Dink na oor die volgende:

• Wat presies wil jy bereik?

• Wanneer wil jy dit bereik?

• Hoe is jy van plan om dit te bereik?

Jy kan die doelwitstelling soos volg herformuleer:

Aan die einde van 2018 (wanneer) wil ek 80% vir die Lewens-oriëntering Novembereksamen behaal (wat) deur elke weeksdag een uur te leer (hoe).

Meetbare doelwitstelling

Achievable (haalbare)

doelwitstelling

Sample

Relevante doelwitstelling

Die doelwitte wat jy wil stel, moet meetbaar wees. Dit skep ’n probleem om net te sê wat jy wil doen. Hoe meet of jy “goed doen”? Vir party mense kan “goed doen” dalk 40% wees terwyl dit vir ander 90% is. Jy moet dus jou eie realistiese maatstawwe definieer.

Hierdie doelwitstelling sluit reeds twee meetbaarhede in: Een uur se leer vir elke werksdag en 80% vir die eksamen.

Dit moet moontlik wees om jou doelwit te bereik. As jou doelwit onbereikbaar is, sal jy gefrustreerd raak en motivering verloor. Vra altyd vir jouself:

• Is dit moontlik om hierdie doelwit te bereik?

Kan ek 80% vir die eksamen kry of sal dit meer haalbaar wees om my doelwit na 70% te verander?

• Is dit binne my beheer om hierdie doelwit te bereik?

Kan ek elke weeksdag een uur bestee om vir Lewensoriëntering te leer?

Wanneer jy besef jou doelwitstelling is nie haalbaar nie, moet jy teruggaan en jou doelwit verander sodat dit meer haalbaar is.

Jou doelwit moet relevant wees tot wie jy is en wat in jy die lewe wil bereik.

Om 80% vir Lewensoriëntering te wil behaal, sal jou help om graad 11 met ’n goeie punt te slaag. Buiten jou studies, sal jy ’n doelwit stel om ’n maraton te hardloop as jy eintlik daarin belangstel om te swem? Jou doelwit moet relevant wees tot jou belangstellings en aktiwiteite.

Tydgebonde doelwitstelling

Daar moet ’n teikendatum vir doelwitte wees. Om realistiese teikendatums te stel, is dit belangrik om te besluit wanneer jy jou doelwit wil bereik.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 11-Lewensoriëntering-Fasiliteerdersgids by Impaq - Issuu