Gr 11-Landboubestuurspraktyke-Handleiding

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Landboubestuurspraktyke

Handleiding

Graad 11

Sample

Aangepas vir KABV
JC Zandberg
Í2+È-A-AMP-SG01hÎ

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE:

Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

VIR DIE NUUSKIERIGES:

BELANGRIK:

WENKE:

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ‘n mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ‘n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

WENKE:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

Sample

AKTIWITEIT:

Vrae deur die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING:

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD:

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ‘n spesifieke Afdeling van die les; moet verstaan word.

STUDEER/HERSIENING:

SampleTyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

VOORWOORD

AANBEVOLE BOEKE:

Landboubestuurspraktyk – E Nel

Landbouweekblad, Agri Boer, The Dairy Mail, Rooivleis, Veeplaas en ander landboutydskrifte.

INLEIDING

Landboubestuurspraktyke is die studie en toepassing van produksie-, ekonomiese en bestuursbeginsels wat in die verbouing, transformasie en bemarking van voedsel en ander landbouprodukte gebruik word. Hierdie beginsels word gebruik om waarde tot landbouprodukte van hoë gehalte te voeg sodat hierdie produkte ekonomiese, estetiese, sosiale en kulturele waarde het.

Landboubestuurspraktyke verkry kennis en vaardighede van dissiplines soos gewaswetenskappe, veekunde, ekonomiese en bestuurswetenskappe, ingenieurswese en inligtings- en kommunikasietegnologie.

Landboubestuurspraktyke moet benader word met die oog op die volgende vier doelwitte:

Kennis en begrip van die interverwantskap tussen landboubestuurspraktyke, die gemeenskap en die omgewing

Die fokus is op ‘n begrip van die ontwikkelings in herskeppende (transformerende) wetgewing, armoede en die globale omgewing. Hierdie uitkoms wys jou hoe om hierdie begrip te gebruik om die lewensgehalte van individue en gemeenskappe te verbeter.

Bestuurspraktykproses

Ondersoek en bestudeer die bestuursprosesse en vaardighede van landboubestuurspraktyke.

Kennis en begrip van bestuurpraktyke in landbou

Help met die inwin van kennis, ‘n breër begrip van hoe Landboubestuurspraktyke met die daaglikse lewe in verband gebring word, en om ingeligte besluite te maak om alle toepaslike praktyke, stelsels en tegnologieë te inkorporeer, om uiteindelik ‘n volhoubare landbouomgewing te bestuur.

Toepassing van kennis en vermoëns in landbou

Die aanspreek van die verskillende vaardighede wat nodig is om inligting in te win, te verwerk en te gebruik, om uiteindelik die uitdagings van Landboubestuurspraktyke die hoof te bied. Dit behels ook die kennis en vaardighede om basiese en toepaslike landboumasjinerie en -toerusting te hanteer om landbouverwante probleme op te los.

KWARTAAL

1

2

3

JAARPROGRAM

1. Mielies – hoofproduksieareas

2. Mielies – karaktereienskappe

3. Mielies – kultivars

4. Grondmonsters en grondprofiele

5. Grondkaraktertrekke en -eienskappe

6. Mielies – grondbewerking

7. Mielies – besproeiing

8. Mielies – klimaatvereistes

9. Grond- en plantontleding

10. Bemestingsprogram

1. Gewasbestuursaspekte – Mielies

2. Mielies – siekte en plae

3 Mielies – peste

4 Mielies – wisselbou

5 Plaasimplemente

6 Manipulering van plante

7 Gewasbeskermingsprogram

1 Skaapboerdery – ekonomiese belangrikheid

2 Skape – seleksie van teeldiere

3. Skape – teelsisteme

4. Skape – reproduksie

5. Skape – behuising en nasorg

6 Skaapsiektes

7 Skape – hantering en fasiliteite

8 Basiese veeartsenykunde praktyke

9 Skape – parasitologie

10 Skape – voeding

1 Rekordhouding

2. Produksieverwante wetgewing

4

Sample

3. Weiveldbestuur

4. Voervloeiprogram

5 Drakapasiteit van weiveld

EENHEID 1

Gewasproduksie – Mielies

Les 1. Mielies – hoofproduksieareas

LEERDOELWITTE:

Nadat jy hierdie les voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:

 Die hoofproduksieareas in Suid-Afrika en die potensiële rol in die bedryf

 Die oorsig oor die ekonomiese belangrikheid van mielies in Suid-Afrika te ken en te verstaan.

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Die Westerse beskawing het waarskynlik die eerste keer met mielies kennis gemaak nadat Columbus in 1492 die Nuwe Wêreld ontdek het. Dit is deur die mees ontwikkelde Indiaanse rasse in die Amerikas verbou. Die Indiane het hierdie graangewas “maiz” genoem.

’n Aanduiding van die werklike ouderdom van die mielie kan verkry word uit fossiele van stuifmeelkorrels wat 60 m benede die huidige stad, Mexiko, opgegrawe is. Hoewel dit na skatting sowat 80 000 jaar oud was, was dit wat morfologiese eienskappe betref, feitlik identies aan die stuifmeel van moderne mielies. Wilde mielies het dus al baie duisende jare bestaan.

Sample

Al die bekendste endospermtipes van mielies is reeds in die vroegste tye verbou – te wete, duikpit-, blinkpit-, melerige, suiker- en springmielies. Omdat dit oor so ’n wye gebied verbou is, was daar ‘n groot verskeidenheid tipes; onder meer laat tipes met ’n groeiperiode van 11 tot 12 maande wat in die tropiese dele van Suid-Amerika verbou is, en tipes wat in twee maande ryp word wat deur die Mandane van Noord-Dakota verbou is. Van die suidwestelike VSA was tipes wat meer besonder diepgewortel is, en is in dele verbou waar die somerreënval baie laag was. Hierdie eienskappe gebruik ons vandag nog vir die seleksie van nuwe kultivars.

Die inheemse volke van Suid-Afrika het reeds mielies verbou lank voor die koms van Jan van Riebeeck. Van Riebeeck het mielies blykbaar vir die eerste keer in 1658 geplant. Die Groot Trek (1836 – 1838) het ’n belangrike rol gespeel in die verspreiding van mielies.

KLASSIFIKASIE

Genus: Zea

Spesie: Zea mays

EKONOMIESE BELANGRIKHEID VAN MIELIES

1. Mielies verdien buitelandse valuta weens uitvoer van mielies.

2. Mielies vorm die stapelvoedsel vir ’n groot deel van die bevolking.

3. Ander nywerhede ontwikkel rondom mielies, want boere spandeer miljoene rande aan brandstof, kunsmis, saad, implemente en lone van arbeiders.

4. Duisende werksgeleenthede word geskep.

5. Ander nywerhede wat direk afhanklik is van mielieverbouing, is:

∗ Meulenaars

∗ Vervaardigers van veevoer

∗ Styselfabrieke

∗ Ontbytkosvervaardigers

∗ Vervaardigers van bio-brandstof soos etanol.

Die hoofproduksieareas in Suid-Afrika

1. Hoofsaaklik die somerreënstreke.

2. Droëlandverbouing in gebiede met ’n jaarlikse reënval tussen 600 mm en 900 mm.

KWAZULU

3. Die belangrikste mielieproduserende gebied in Suid-Afrika is die mielievierhoek. Dié gebied lê tussen die dorpe Zeerust, Christiana, Ladybrand en Ermelo. Sowat 90% van Suid-Afrika se mielies word in dié vierhoek geproduseer. Die produksie wissel tussen 4 miljoen ton in 1984 tot 9 miljoen ton in 2002.

Mielieproduserende lande of wêrelddele

Vergelykende syfers oor die lewering van mielies deur die tien top-presteerders verskyn hieronder (gemeet in miljoene tonne) Kyk onder meer die geweldige verskil in die oeste van Suid-Afrika en die VSA.

Mielieverbouing in Suid-Afrika

KERNINHOUD:

Suid-Afrika se rykste mieliestreek word die someroesgebied genoem, en die grys gedeelte op die kaart dui hierdie saaigebied aan.

Tien vernaamste mielieproduseerders

Produksie (in miljoene tonne afgerond tot die naaste miljoen)

Dit het tradisioneel as ons land se Mieliedriehoek bekend gestaan, volgens sekere bronne ingesluit deur die dorpe Zastron, Mafeking en Machadodorp, waarvan die liggings ook op die kaart te sien is. Ander bronne dui die punte van die driehoek weer aan as Ladybrand in die Vrystaat, Mafikeng in Noordwes en Carolina in Mpumalanga. Tog verskil dit nie veel van die eersgenoemde drie punte nie en die presiese afbakening kan trouens geen geskilpunt meer wees nie.

Hierdie someroesgebied is die groot mielieskuur van Suid-Afrika. By baie dorpe in die streek staan groot graansuiers vir die berging van die mielies, asook meulens waar dit gemaal word.

Mielies word in hierdie streek gevind omdat die mielie as ’n somergewas hier uitstekend aard –as die weer saamspeel, omdat dit water nodig het. En dan word dit natuurlik ook aangeplant omdat dit so gewild is by Suid-Afrikaners, vir gebruik as mieliepap, stampmielies, mielierys en selfs as springmielies.

Mielies is die stapelvoedsel vir baie Suid-Afrikaners.

AKTIWITEIT 1.1

1.1 Noem die vyf bekendste endospermtipes van mielies. (5)

1.2 Klassifiseer mielies. (4)

1.3 Bespreek die ekonomiese belangrikheid van mielies. (13)

1.4 In watter gebied lê die mielievierhoek? (4)

1.5 Wat beteken die term “stapelvoedsel”? (1)

1.6 Noem enige drie ander produkte wat van mielies gemaak word? (3)

TOTAAL: 30

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 11-Landboubestuurspraktyke-Handleiding by Impaq - Issuu