Gr 11-Landboubestuurspraktyke-Fasiliteerdersgids

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Landboubestuurspraktyke

Fasiliteerdersgids

Graad 11

Aangepas vir KABV

INHOUDSOPGAWE

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE:

Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK:

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE:

Enige inligting anders as die inhoud, om leerders deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ‘n mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ‘n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT:

Vrae deur die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING:

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD:

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ‘n spesifieke Afdeling van die les; moet verstaan word.

STUDEER / HERSIENING:

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Sample

VOORWOORD

ALGEMENE DOELSTELLINGS VAN LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE

Landboubestuurspraktyke is die studie en toepassing van produksie-, ekonomiese en bestuursbeginsels wat in die verbouing, transformasie en bemarking van voedsel en ander landbouprodukte gebruik word. Hierdie beginsels word gebruik om waarde tot landbouprodukte van hoë gehalte te voeg sodat hierdie produkte ekonomiese, estetiese, sosiale en kulturele waarde het.

Landboubestuurspraktyke verkry kennis en vaardighede van dissiplines soos gewaswetenskappe, veekunde, ekonomiese en bestuurswetenskappe, ingenieurswese en inligtings- en kommunikasietegnologie.

Landboubestuurspraktyke moet benader word met die oog op die volgende vier doelwitte:

Kennis en begrip van die interverwantskap tussen landboubestuurspraktyke, die gemeenskap en die omgewing

Die fokus is op ’n begrip van die ontwikkelings in herskeppende (transformerende) wetgewing, armoede en die globale omgewing. Hierdie uitkoms wys leerders hoe om hierdie begrip te gebruik om die lewensgehalte van individue en gemeenskappe te verbeter.

Bestuurspraktykproses

Ondersoek en bestudeer die bestuursprosesse en vaardighede deur landboubestuurspraktyke.

Kennis en begrip van bestuurpraktyke in landbou

Help met die inwin van kennis, ’n breër begrip van hoe Landboubestuurspraktyke met die daaglikse lewe in verband gebring word, en om ingeligte besluite te maak om alle toepaslike praktyke, stelsels en tegnologieë te inkorporeer, om uiteindelik ’n volhoubare landbou-omgewing te bestuur.

Toepassing van kennis en vermoëns in landbou

Die aanspreek van die verskillende vaardighede wat nodig is om inligting in te win, te verwerk en te gebruik, om uiteindelik die uitdagings van Landboubestuurspraktyke die hoof te bied. Dit behels ook die kennis en vaardighede om basiese en toepaslike landboumasjinerie en -toerusting te hanteer om landbouverwante probleme op te los.

BESONDERE DOELWIT

Landboubestuurspraktyke in ontwikkel om leerders te voorsien van goeie praktiesgeoriënteerde basis wat beide die teoretiese en praktiese vaardighede op so ’n wyse te integreer dat dit leerders met spesiale onderwysbehoeftes ook inkorporeer.

BRIEF AAN DIE FASILITEERDER

BEKENDSTELLING TOT LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE

Geagte fasiliteerder,

Om graad 11-leerders sinvol se fasiliteer, is dit belangrik om die gebruik van die verskillende gidse goed te verstaan. Die fasiliteerdersgids en die handleiding loop hand aan hand – jy moet albei boeke gebruik om die vak sinvol te kan bestudeer.

In die fasiliteerdersgids is ook die antwoorde op al die vrae van die verskillende opdragte. Dit is egter nie wys om die antwoorde net so oor te skryf nie – dan gaan jy eintlik net jou tyd mors. Die fasiliteerdersgids is eintlik daar sodat jy die antwoorde kan merk en kan sien watter inligting leerders nog nie onder die knie het nie.

Gebruik die handleiding en die fasiliteerdersgids reg en dit kan vir jou twee baie sinvolle en nuttige dokumente raak in jou poging om Landboubestuurspraktyke onder die knie te kry. Landboubestuurspraktyke integreer uiteraard kennis, waardes en gesindhede met die vaardighede wat leerders ontwikkel. Leer word op werklike lewenssituasies toegepas, en dit dra by om van leerders bekwame, tegnologie-geletterde boere te maak.

Landboubestuurspraktyke graad 11 bestaan uit ’n handleiding, fasiliteerdergids en portefeuljeboek. Ons beveel aan dat jy die boeke saam gebruik in die beplanning van leerders se werk. Die handleiding word deur leerders gebruik vir studie, beplanning en uitvoer van die opdragte. Die portefeuljeboek beskryf al die portefeulje-opdragte wat leerders deur die jaar moet indien vir hul SBA-punte. Hierdie dokument is baie belangrik. Maak baie seker dat jy die portefeuljeopdragte baie goed verstaan. Indien nie, skakel gerus Impaq se vakdeskundige

Sterkte met hierdie groot taak!

Sample

STUDIEWENKE EN -METODES

Landboubestuurspraktyke het ’n deel teorie en ’n deel prakties. Leerders wat hierdie vak neem, moet weet dat daar praktiese komponente is wat gedoen moet word.

WENKE

 Moenie dat werk ophoop nie – leerders moet op ’n daaglikse basis studeer;

 Wanneer ’n hoofstuk voltooi is, doen moeite om die feite onder die knie te kry;

 Maak gebruik van diagramme, teken sketse oor, en onderstreep belangrike feite;

 Maak kolomme van moeilike name – maak seker dat leerders weet wat elk beteken;

 Gebruik werksopdragte as toetse – wanneer leerders ’n werksopdrag moet voltooi, moet hulle eers die werk leer en dan die opdrag beantwoord asof dit ’n toets is – op dié manier sal jy gou vasstel watter werk leerders nog nie onder die knie het nie.

TYDSBEPLANNING

Die tydtoekenning vir Landboubestuurspraktyke in graad 11 is vier ure per week. Maak dus tyd om ten minste een uur per dag aandag aan die vak te gee. Hou ingedagte dat Landboubestuurspraktyke ook ’n Praktiese Assesseringstaak het wat deur die jaar voltooi moet word. Leerders moet die praktiese komponent van die vak bemeester – sit ten minste een uur per week uit vir prakties. Dit sluit ook die PAT-prakties in.

Vereistes vir Landboubestuurspraktyke as vak:

 Leerders moet verseker om hulle handleidings by hulle te hê;

 Onthou dat daar take en ’n PAT is waarvoor daar genoeg tyd moet beplan word;

 Hersien elke dag die vorige dag se werk;

 Maak gebruik van werksopdragte in die handleiding ter voorbereiding vir eksamens.

 NB: Werksopdragte in die handleiding vorm nie deel van die portefeuljewerk nie;

 Die portefeuljewerk word apart in die vorm van ’n portefeuljeboek uitgestuur – slegs daardie take vorm deel van die portefeulje.

LES 1: Mielies Hoofproduksieareas

AKTIWITEIT 1.1: MEMORANDUM

1.1 duikpit-  blinkpit-  melerige  suiker-  springmielies. 

1.2 Genus:  Zea  Spesie:  Zea mays  (4)

1.3 Mielies verdien buitelandse valuta weens uitvoer van mielies. 

Mielies vorm die stapelvoedsel vir ’n groot deel van die bevolking. 

EENHEID 1 Sample

Ander nywerhede ontwikkel rondom mielies, want boere spandeer miljoene rande aan brandstof, kunsmis, saad, implemente en lone van arbeiders. 

Duisende werksgeleenthede word geskep. 

Ander nywerhede wat direk afhanklik is van mielieverbouing, is:

Meulenaars 

Vervaardigers van veevoer 

Styselfabrieke 

Ontbytkos vervaardigers 

Vervaardigers van bio-brandstof soos etanol.  (13)

1.4 Zeerust,  Christiana,  Ladybrand en  Ermelo.  (4)

1.5 Dit beteken dat mielies elke dag deur miljoene Suid-Afrikaners geëet word. (1)

1.6 stampmielies,  mieliesrys  springmielies.  (3)

TOTAAL: 30

LES 2: Klassifikasie van mielies

1.1

AKTIWITEIT 1.2: MEMORANDUM

Mielies behoort aan die gras-familie. 

Mielies is ’n eenjarige somergewas. 

Dit is regop-groeiend. 

Ontwikkeling van die plant is hoofsaaklik enkelstammig,  hoewel sommige kultivars en tipes in mindere of meerdere mate spruite mag vorm. 

’n Pluim of manlike blom word boaan die plant gedra. 

Die kop of vroulike blom word ongeveer in die middel van die plant gedra. 

Mielies is eensaad-lobbige plante.  (10)

1.2 Die plant het 8 tot 20 blare. 

Blare is spiraalsgewys op die stam gerangskik. 

’n Blaar bestaan uit ’n blaarskyf en ’n blaarskede. 

1.3

66 dae na opkoms. 

Baardverskyning en stuifmeelstorting. 

Die plant hou op om te groei. 

Te hoë temperature benadeel bestuiwing.  Die stuifmeel droog uit. 

Te veel vog laat stuifmeelkorrels oopbars. 

Haelskade kan die totale oes vernietig. 

Koel, vogtige weer is nodig (Februarie / Maart). 

Elke blaar het ’n prominente middelnerf met nerwe parallel met die middelnerf. (8)

Stutwortels verskyn nou aan einde van vegetatiewe groei.  (10)

1.4 Vog 

Voedsel in grond 

Hitte eenhede  (3)

1.5 Groeistadium 9 

Sample

Koppe begin hang. 

Swart laag op basis van pitte. 

Skutblare om koppe verkleur ligbruin. 

Vog inhoud van mielies daal vinnig tot 35%.  (5)

1.6 Hierdie is die laaste stadium en duur van 50 tot 100 dae. 

Die plant is biologies ryp. 

Die pitte se vog inhoud daal vinnig. 

Mielies word gestroop wanneer vog inhoud van pitte 14% of minder is. (4)

TOTAAL: 40

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.