Gr 11-Afrikaans Huistaal-Handleiding Taalkunde 1

Page 1


VOO-fase

Graad 11 • Handleiding

Afrikaans Huistaal: Taalkunde

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Handleiding: Taalkunde

Graad 11

Sample

Aangepas vir KABV

INHOUDSOPGAWE

Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

VOORWOORD: AFRIKAANS KOOK!

Baie welkom by graad 11 waar jy voor interessante uitdagings te staan gaan kom. Jy gaan as tipiese tiener en meer volwasse, aktuele sake ontleed, interpreteer, evalueer, beskryf, verduidelik en saamvat in vloeiende en gevoelvolle Afrikaans.

ʼn Kort uiteensetting van wat jy kan verwag:

In eenheid 1 gaan jy jou skryfvaardighede uitbrei. Dit is belangrik om die regte leestekens aan te wend in skryfwerk. Verder gaan jy ook jou leesbegrip verbeter met tegnieke van soeklees, vluglees en studielees. Luister bly ʼn baie belangrike en integrale deel van die kommunikasieproses. Jy gaan leer om na spesifieke inligting te luister en die kennis wat jy opdoen, te deel en jou idees en menings uit te spreek eenheid 2 tref jy onderskeid tussen klank en skrif en ervaar hoe ryk ons Afrikaanse taal is.

Ons kan nie betekenis aan woorde gee sonder skryftekens nie. In eenheid 3 gaan ons weer die belangrikheid van skryftekens waardeer. In eenheid 4 verbeter ons, ons woordvorming en ons leer intensief hoe om tekste op te som.

In eenheid 5 brei jy jou woordeskat verder uit en leer opnuut wat eiegoed, leengoed en erfgoed in die Afrikaanse woordeskat beteken.

Jy gaan in eenheid 6 leer oor hoe jy die wêreld van werk kan betree. Doen aansoek om ʼn betrekking met jou eie curriculum vitae wat jy geskryf het. Die wêreld van reklame klop ook aan jou deur wanneer jy leer om te resenseer.

In eenheid 7 let jy weer op na spelling en spesifieke taalreëls. Vergaderings is deel van ʼn werksomgewing. eenheid 8 gaan jou voorberei hoe om ʼn agenda en notule van ʼn vergadering te skryf.

Woordsoorte bly deel van ons boustene in die Afrikaanse taal. Eenheid 9 berei jou sorgvuldig voor om die byvoeglike naamwoord te waardeer om die mooi dinge om ons in die lewe te kan beskryf.

Eenheid 10 rond die jaar af met die laaste woordsoorte vir betekenisonderskeiding sodat jy in die buitewêreld jou kan handhaaf in die skryf van ʼn formele en informele verslag.

In elke eenheid sal ʼn bespreking gegee word voor ʼn aktiwiteit uitgevoer word. Dis belangrik om die volgende ikone te ken en te verstaan sodat jy weet wat om te doen.

Elke les bestaan uit DOELSTELLINGS wat bereik moet word. Dit sal met hierdie ikoon aangedui word.

Om die doelstellings te bereik moet jy VAARDIGHEDE aanleer. Die sleutel van die geheim lê in die kennis en toepassing daarvan wat jy gaan aanleer.

Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

BELANGRIKE INLIGTING wat BESTUDEER moet word, of as jy herinner word aan ʼn spesifieke reël, sal met die ikoon aangedui word.

Wanneer jy ʼn AKTIWITEIT in jou werkboek moet doen, sal die ikoon verskyn.

2. AFRIKAANS HUISTAAL: INHOUD

Afrikaans Huistaal graad 11 bestaan uit die volgende komponente:

• Luister en praat;

• Lees en kyk;

• Skryf en aanbied; en

• Taalstrukture en -konvensies.

2.1 ʼn Oorsig van die LUISTER- EN PRAATVAARDIGHEDE, kan soos volg saamgevat word:

2.1.1 Luister

Luisteronderrig betrek gewoonlik aspekte van die luisterproses. In hierdie handleiding word die luisterproses ook uiteengesit. Voordat jy na ʼn opname of ʼn leesstuk luister, moet jy ʼn pre-luisteraktiwiteit doen. Dit sal jou bedag maak om gefokus te luister (luister met ʼn doel.) Luisteraktiwiteite sal jou help om besonderhede te onthou en om ʼn boodskap te evalueer. Post-luister kan beteken dat jy deur bespreking reageer op wat jy gehoor het.

2.1.2 Praat

Die onderrig van praat moet ook die volgende praatproses en kommunikasiestrategieë insluit:

Sample

• beplanning, navorsing en organisering; en

• voorbereiding en aanbieding

2.2 LEES EN KYK

Hierdie aktiwiteite is ook op drie fases gebaseer. Elke stap van die proses sal nie altyd gebruik word nie, byvoorbeeld, as jy ʼn onbekende tekssoort lees, moet jy ʼn pre-leesaktiwiteit doen wat jou aandag sal vestig op die opvallende kenmerke van die tekssoort. Dit sal jou ook help om assosiasies met jou eie ervarings te skep. Leesaktiwiteite sal jou help om die struktuur en taalkenmerke van die teks in besonderhede te ontleed. Tydens post-lees word jou kennis en begrip van die teks getoets.

Dit beteken in kort dat voor ʼn leesstuk aangepak word, volg jy die volgende stappe:

STAP 1: Pre-lees

• Die teks word aan jou bekendgestel

• Vluglees of soeklees in tekskenmerke, byvoorbeeld titels, opskrifte en subopskrifte.

STAP 2: Lees

• Dit verwys na die verstaan van die teks en om nadere aandag te skenk aan sekere taalkenmerke.

• Toon aktiewe begrip van die teks.

• Bepaal die betekenis van onbekende woorde d.m.v. naslaan.

• Maak aantekeninge of som hoofgedagtes op.

STAP 3: Post-lees

• Nou sal jy ʼn geheelbeeld van die teks hê en kan daarop reageer.

• Jy beantwoord nou vrae oor die teks.

• Vergelyk en evalueer sekere inligting.

• In sommige gevalle, reproduseer die teks d.m.v. ʼn genre in ʼn eie skryfstuk.

• Jy onderskei tussen feite en menings en leer hoe om ʼn eie mening te formuleer.

• Jy sal ook kan onderskei wat die invloed van seleksie en weglating op betekenis het.

2.3 SKRYF EN AANBIED

Skryf en aanbied kombineer drie aspekte: 1) prosesskryf; 2) om die kennis van die struktuur en kenmerke van die verskillende tekste te leer; en 3) om kennis van paragrawe, sinstrukture en leestekengebruik te leer en toe te pas. Dit beteken dat jy gedurende die prosesskryf die volgende moet kan doen:

• Beplan/pre-skryf

• Skryf ʼn konsep

• Hersien

• Redigeer

• Proeflees

• Aanbied

Die volledige skryfproses word baie duidelik in EENHEID 1 LES 5 uiteengesit, wanneer die graad 11-stelwerkprogram bespreek word.

2.4 TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Jy behoort teen hierdie tyd bekend te wees met basiese grammatika soos woordsoorte, tye van die werkwoord, woordvorming en sinstrukture.

Taalaspekte gaan geïntegreerd met die teks getoets word. Dit beteken dat jy MOET lees WAT gevra word en WEER KYK na die teks om bestaande taalkennis en vaardighede toe te kan pas.

Taalstrukture en -konvensies is veral baie belangrik in jou skryfwerk, aangesien skryf in hierdie fase een van die belangrikste aktiwiteite is. Byvoorbeeld, ʼn jy moet ʼn opstel in 40 tot 60 minute moet kan beplan, redigeer en kan skryf.

3. PORTEFEULJEWERK

Verwys na die portefeuljeboek en portefeuljeboekmemorandum, wat al die take bevat wat tot die leerders se jaarpunt bydra.

4. TOETSE EN EKSAMENS

Die formaat en voorskrifte van die eksamenvraestelle sal streng volgens die beleidsdokument van die Departement van Basiese Onderwys gevolg word.

Kontak Impaq gerus indien daar enige navrae in hierdie verband is.

5. ONDERRIGPLAN VIR TAALKUNDE

WERKSVERDELING

TYD: 1 - 1½

uur daagliks

KWARTAAL 1

EENHEID 1, Les 1

Lees: Aktiwiteit 1

Taal: Soorte sinne, aktiwiteit 2.

Taal: Aktiwiteit 3

Skryf en aanbied: aktiwiteit 4, aktiwiteit 5

Luister: Aktiwiteit 6

Taal: Kernsinne, aktiwiteit 4.

Skryf en aanbied: Beplanning van prosesskryf, aktiwiteit 5

EENHEID 1, Les 2

Taal: Leestekens, aktiwiteit 7

Leestegnieke: aktiwiteit 8

EENHEID 2, Les 3

Taal: Grondbeginsels

EENHEID 2, Les 4

Taal: Uitspraakvorme, aktiwiteit 9

Klankverskynsels: aktiwiteit 10

EENHEID 2, Les 5

Skryfproses: aktiwiteit 11

Advertensie: aktiwiteit 12

Vriendskaplike brief: aktiwiteit 13

EENHEID 3, Les 6

Skryftekens: aktiwiteit 14

Hoofletters: aktiwiteit 15

Hersiening

EENHEID 4, Les 7

SKOOLVAKANSIE

KWARTAAL 2

Taal: Woordvorming, aktiwiteit 16, morfeme

Opsomming (précis): hersien, aktiwiteit 18

EENHEID 5, Les 8

Taal: Herkoms van Afrikaans, aktiwiteit 19

Leengoed, aktiwiteit 20, aktiwiteit 21

EENHEID 6, Les 9

Skryf: Aansoekbrief, CV, aktiwiteit 22

EENHEID 6, Les 10

Skryf: Resensie, aktiwiteit 23

Skryfstuk, aktiwiteit 24

Hersiening

JUNIE-EKSAMEN

EENHEID 7, Les 11

KWARTAAL 3

Taal: Spelling, aktiwiteit 25

EENHEID 8, Les 12

Skryf: Agenda en notule, aktiwiteit 26

EENHEID 9, Les 13

Taal: Woordsoorte, aktiwiteit 27

EENHEID 10, Les 14

Skryf: Verslag, aktiwiteit 28, aktiwiteit 29

Taal: Woordsoortonderskeiding, aktiwiteit 30

EENHEID 10, Les 15

Taal: Woordsoortonderskeiding, aktiwiteit 31

SKOOLVAKANSIE

KWARTAAL 4: HERSIENING

EKSAMEN

*Bykomende notas en opgedateerde lesplanne is aanlyn beskikbaar op die Optimi Learning Portal (OLP). Verwys na OLP vir alle ander lesinhoud.

INHOUDSOPGAWE

EENHEID 1 SKRYFVAARDIGHEDE 1 – 28

Les 1 1.1 Die gebruik van die korrekte woord

1.2 Hoofgedagtes in sinne

1.3 Effektiewe sinsbou

1.4 Skakeling van sinne onderling

1.5 Kerngedagtes van paragrawe

1.6 Verband tussen paragrawe

1.7 Ondersoek van paragrawe in leesstuk

Les 2 2.1 Die identifisering en toepassing van leestekens

2.2 Die tegnieke van soeklees, vluglees en studielees

2.3 Woordherkenning

2.4 Oordeel oor die geldigheid van argumente binne teksverband

2.5 Die maak van afleidings en gevolgtrekkings

2.6 Onderskei tussen feite, menings en bewerings

2.7 Herkenning van verwysings

EENHEID 2: AFRIKAANSE SPELLING

Les 3

29 – 55

3.1 Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling

3.2 Wisselvorme

3.3 Onderskeid tussen klank en skrif

Les 4 4.1 Uitspraak en klankverskynsels: aksent, ronding en ontronding, assimilasie, vokaalreduksie, palatalisasie, klanktoevoeging, klankverlies en klankverspringing

Les 5 5.1 Die skryfproses

5.2 Die beplanning en skryf van ʼn skryfstuk

5.3 Die opstel en skryf van ʼn verslag en vriendskaplike brief

5.4 Die bestudering van ʼn advertensie

EENHEID 3: SKRYFTEKENS 56 – 84

Les 6 6.1 Skryftekens: die afkappingsteken; die kappie; die deelteken; die koppelteken

6.2 Hoofletters

Handleiding G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

KWARTAAL 2

EENHEID 4 WOORDVORMING (MORFOLOGIE) 85 – 105

Les 7 7.1 Woordvorming of morfologie: samestelling, afleiding en samestellende afleiding; stamme; affikse; voegsels; simplekse en komplekse; afleiding deur klankverandering; 7.2 Opsomming (précis)

EENHEID 5 AFRIKAANSE WOORDESKAT

LES 8 8.1 Herkoms van Afrikaanse woordeskat Erfgoed; Eiegoed; Leengoed; 8.2 Woordeskatuitbreiding: klanknabootsing, volksetimologie, toutologie, pleonasme, kontaminasie, analogie, neologismes en vaktaal

– 114

EENHEID 6 KOMMUNIKATIEWE SKRYFSTUKKE 115 – 131

LES 9

LES 10

KWARTAAL 3

9.1 ʼn Formele of aansoekbrief volgens die skryfproses te beplan en te skryf; 9.2 Eie curriculum vitae saamstel

10.1 Resensie 10.2 Langer skryfstukke

EENHEID 7 SPELLING: LETTERGREPE 132 – 144

LES 11

11.1 Lettergreepverdeling 11.2 Verdubbeling van konsonante 11.3 Los en vas skryf van woorde 11.3 Woorde met ie- en -i

EENHEID 8 TRANSAKSIONELE SKRYFSTUKKE 145 – 151

LES 12 12.1 Die skryf van ʼn agenda en notule

EENHEID 9

LES 13

WOORDSOORTE

13.1 Die selfstandige naamwoord

152 – 168

13.1.1 Soorte selfstandige naamwoorde soortnaam, afgetrokke (abstrakte selfstandige naamwoord, stofname maatname, versamelname

13.1.2 Verbuiging (fleksie) van die selfstandige naamwoorde: getal, geslag, verkleining

13.2 Voornaamwoorde, persoonlik, besitlik, vraend, aanwysend, betreklik, onbepaald, wederkerend, wederkerig onpersoonlik

13.3 Byvoeglike naamwoorde: attributief, predikatief, verbuiging, trappe van vergelyking, intensiewe vorme, ou vorme, in vaste/vrye verbindings

KWARTAAL 4

EENHEID 10

LES 14

EENHEID 11

LES 15

KORTER SKRYFSTUKKE, WOORDSOORTONDERSKEIDING 169 – 202

14.1 Verslae

14.2 Die werkwoord

14.2.1 Selfstandige werkwoorde (hoofwerkwoorde): oorganklik, onoorganklik, wederkerend wederkerig, onpersoonlik, koppelwerkwoord, deeltjiewerkwoord: skeibaar en onskeibaar

14.2.2 Medewerkwoorde: hulpwerkwoorde van tyd, vorm, modaliteit, skakelwerkwoorde - direk/ indirek

NOG WOORDSOORTE

15.1 Bywoorde: plek, tyd, wyse, graad, modaliteit

15.2 Voegwoorde

15.3 Voorsetsels

15.4 Tussenwerpsels

15.5 Funksiewisseling

EENHEID 1

LES 1

DIE WÊRELD IS ONS WONING

LESDOELWITTE:

Aan die einde van hierdie les behoort jy die volgende vaardighede te bemeester:

Skryfvaardighede ten opsigte van:

• die gebruik van die korrekte woord

• hoofgedagtes van sinne

• effektiewe sinsbou

• skakeling van sinne onderling

• kerngedagtes van paragrawe

• verband tussen paragrawe

• ondersoek van paragrawe in leesstuk

DIE WÊRELD IS ONS WONING

Of ons dit nou wil weet of nie, die wêreld het klein geword. Elke moontlike kontinent is via kuberlyne en kletskamers slegs ʼn knoppiedruk ver.

Sample

Dis glad nie meer so snaaks om sommer vir ʼn heen-en-weertjie op die vliegtuig te klim en vir ʼn paar dae na ʼn eksotiese bestemming te ontvlug nie. Waar die woord “emigrasie” sommer enkele jare gelede deur leerlinge in ʼn woordeboek nageslaan moes word, word dit deesdae so algemeen in gesprekke gebruik dat selfs kleinboet en kleinsus presies weet wat dit beteken.

Dit het mode vir skoolverlaters geword om eers ʼn jaar in een of ander land oorsee te gaan werk voordat hulle finaal besluit wat hulle met hulle lewens wil aanvang. Sommige bly daar en ander kan weer nie wag om huis toe te kom nie - om ou Boel se nat snoet teen die been te voel of die reuk van vroegoggend-koffie soos nét Ma dit kan maak, behaaglik in te snuif. Hoe dit ook al sy, die feit bly staan, die wêreld is nie meer dieselfde nie.

VAARDIGHEID: TAALSTRUKTUUR

Lees asb. die leesstuk hieronder deur en voer dan die aktiwiteite na die besprekings uit:

OOR AFSAAL EN OPSIT

Deur Jacqueline Leuvennink

1. Tant Koek lê seker lankal begrawe. En nou wil dit begin lyk of haar veelbesonge hoenderhaan, opdringerige gas op menige troue, ook ʼn stadige dood gesterf het - nie die nekomdraai wat ons hom al jare lank toewens nie.

2. Op ʼn boeretroue kom ʼn man immers nie meer sommer van Riemvasmaak en sy maat van Soebatsfontein nie. Dis die era van vonke wat wêreldwyd per e-pos skiet. Potensiële huweliksmaats sit maklik ʼn vasteland en ʼn vliegrit uit mekaar pleks van ineengestrengel op ʼn opsitbankie.

3. In die skrywer Olive Schreiner se tyd moes ʼn vryer sy liefde in hierdie land te voet of te perd loop haal, verkieslik voor skeertyd sodat daar darem ʼn paar ekstra hande op die plaas kon wees. ʼn Geil weduvrou met ʼn paar ponde in die bank en beeste in die land was nie te versmaai nie, veral nie as sy boonop so onbeskaamd gesond soos tant Sannie was nie.

4. Die Engelse Olive het tevergeefs in haar wêreldtaal woorde probeer vind vir ʼn boerevryery waarin afsaal en opsit ʼn integrale deel van die hele affêre was. In haar “Story of an African Farm” vra die ambisieuse besoeker op die blink vosperd dus: “Can I off-saddle?” en lees jy met genoeë van “Tant Sannie holds an upsitting…”

5. ʼn Mens se glimlag begin van muur tot muur loop oor nog ’n geliefde tydverdryf onder ons mense, die uitvraery oor die familie: “I was related to your aunt Selena who died,” said tant Sannie to her father’s brother’s step-nephew’s niece…”

Sample

6. Met die koms van elektrisiteit is die opsitkers finaal gesnuit. Nes die vrypostige hoenderhaan was hy nie bestem om die nuwe millennium met sy kuberruimtes binne te dring nie. En kom dit by herkoms, begin dit ook vandag bars om die leisels vir die uitlê van familie bymekaar te hou as jou skoonseun pleks van ʼn Du Toit van die Paarl dalk ʼn Rakolnikof van St. Petersburg of ‘n Hiopoulos van Santorini is.

7. Jare lank was troufoto’s van bruingebrande paartjies wat liefies om ‘n geelhoutboom se stam vir mekaar loer deel van elke tweede Afrikaanse huis. Vandag se groot plegtigheid vind meer waarskynlik plaas teen die agtergrond van ‘n Middeleeuse katedraal of ‘n Hawaise sonsondergang. Maak jy die wêreld jou woning, word verbintenisse gesmee wat ‘n generasie gelede aardskuddende aangeleenthede sou wees.

8. ‘n Versnit van Boer en Brit was in my kindertyd nog ‘n saak wat nie al te hartlik aangemoedig is nie. ‘n Oumagrootjie wat in die afgeslote gemeenskappie waarin hulle geleef het, daagliks almal by die naam in haar oggendgebed opgedra het, het glo gereeld haar voorbidding afgesluit met: “ En, ag Heer, seën tog maar asseblief ook die ou Ingelsman op die hoek…”

9. Vandag sou sy haar gebedslys soos ‘n konsertina moes rek om by al die vreemdelinge in ons poorte by te kom.

10. Net verlede jaar bel ‘n oom my om te sê sy blondekopdogter is met ‘n Egiptiese prins getroud.

11. “Né?” sê ‘n vriendin, wat die afgelope twee jaar met ‘n bietjie vrees en heelwat bewing ‘n Amerikaanse skoondogter en ‘n Joodse skoonseun ryker geword het.

12. “Myne kom darem nog uit die Bybel uit. Kom ons sê maar dit is goed vir die genepoel…”

13. ‘n Oggend kort nadat die Amerikaanse skoondogter haar by hulle geledere kom voeg het, stap ons seelangs naby hul strandhuis verby. En word van ver af deur die vars skoonpa begroet met ‘n: “Kom nader, kom asseblief nader - ek móét net weer ‘n slag Afrikaans in my eie huis praat! Hoe sê ‘n mens tog vir ‘n ander land se mens jy het ‘n hol kol op jou maag?”

Sample

14. Die wêreld se hekke staan vir ons oop. Sommige maak hulle makliker los as ander, maar daar is baie ver-lopers wie se harte by tye wil skeur van die verlang. ‘n Mens kan vir jou ‘n plek op ‘n nuwe webwerf oopskrop en kubber-kuier kan troos, maar dis nie ‘n bekende arm om die lyf nie. Dit het ook nie die reuk van beskuit in die oond en die geel klank van geliefde stemme om ‘n tafel nie.

15. Die warmte van eie werf en woord is nie regtig net die druk van ‘n knoppie ver nie. Uit: Sarie-30 Mei 2001

Wanneer mense in ‘n ontspanne atmosfeer verkeer en bekend is met die persone met wie hulle kommunikeer, het hulle gewoonlik nie probleme om ontspanne te praat, te lees en selfs te skryf nie. Maar sodra daar ‘n vreemdheid in die atmosfeer intree, verander die situasie heeltemal: jy raak gespanne en kan nie natuurlik optree nie. Kom ons vergeet van al hierdie ou bagasie wat ons met ons saamdra, ons raak natuurlik en geniet die aktiwiteite wat hierop volg.

As ‘n mens ‘n huis bou, is daar ‘n sekere volgorde in die beplanning en voltooiing daarvan. Eers moet daar ‘n plan geteken word, dan boumateriaal aangeskaf word soos in die beplanning voorgeskryf. Dan word die fondasie gegrawe en gegooi en die stene laag vir laag opmekaar gepak. So word die gebou dan stelselmatig voltooi. As die volgorde nie reg is nie, gaan die huis beslis probleme oplewer, waarskynlik inmekaar tuimel. Bogenoemde beginsel is op skryfwerk van enige aard van toepassing. As daar nie deeglike beplanning vooraf gedoen word nie, kan sukses nie gewaarborg word nie.

Die enkele belangrikste bousteen in skryfwerk is die WOORD. Die leerling moet hom/haarself telkens daarvan vergewis dat die woord wat gebruik word, die beste, juisste woord is om in elke spesifieke situasie te gebruik.

Elke SIN is om ‘n kern gebou, m.a.w. ‘n sin moet ‘n kern bevat. Kyk na die eerste sin in paragraaf 1 van die leesstuk. Wat sal gebeur as ons die woorde “Tant Koek” uit die sin weglaat?

Maak dit sin? Het die sin enige logiese betekenis? Nee.

M.a.w. tot watter gevolgtrekking kom ons? Die kern waarom hierdie sin gebou is, is “Tant Koek”.

Sample

AKTIWITEIT 1

Beantwoord die volgende vrae in jou oefeningboek:

1.1 Die titel van hierdie eenhede is: “Die wêreld is ons woning”. Wat dink jy word daarmee bedoel?

1.2. Verklaar die uitdrukking “afsaal en opsit” binne teksverband.

1.3. Wat is die kerne van die volgende sinne:

1.3.1 “’n Vryer moes sy liefde te voet of te perd loop haal.”

1.3.2 “Die wêreld se hekke staan vir ons oop.”

1.3.3 “Die opsitkers is finaal gesnuit.”

ONTHOU!

DIE SIN

‘n Reeks woorde wat ‘n gedagte-eenheid vorm, noem ons ‘n SIN. ‘n Sin moet ‘n kern hê, maar kan ook uit net ‘n enkele woord bestaan, bv. LOOP!

Ons onderskei tussen stelsinne, bevelsinne, vraagsinne en uitroepsinne, bv.:

Stelsin: “Met die koms van elektrisiteit is die opsitkers finaal gesnuit.” (Par. 6). - ‘n Stelling word dus gemaak.

Bevelsin: “Maak die wêreld jou woning!” - ‘n Bevel word dus gemaak.

Vraagsin: “Hoe sê ʼn mens tog vir ʼn ander land se mens jy het ʼn hol kol op jou maag?” (Par. 13). - Begin gewoonlik met ‘n vraagwoord en bevat ‘n vraagteken. Die vraagwoord kan in sommige gevalle ontbreek.

Uitroepsin: “Ek móét net weer ʼn slag Afrikaans in my eie huis praat!” (Par. 13). – Bevat gewoonlik ‘n uitroepteken. Die uitroepteken kan in sommige gevalle ontbreek.

In skriftelike werk moet hierdie tipe sinne voortdurend afgewissel word om eentonigheid te voorkom.

Sinlengtes behoort ook te wissel. As alle sinne ewe lank was, sou dit baie eentonig wees. Wanneer spanning, vrees, ens. uitgebeeld word, behoort sinne en ook woorde, kort te wees.

Beskrywings, daarenteen, sal weer in langer sinne geskied.

Deur die belangrike woord(e) in ʼn strategiese posisie te plaas word dié gedeelte beklemtoon.

Kyk na die volgende voorbeelde: (Tensy anders vermeld, verwys die voorbeelde na paragrawe in die leesstuk).

1. Omgekeerde woordorde:

Net verlede jaar bel ’n oom my om te sê sy blondekopdogter is met ’n Egiptiese prins getroud (par. 10).

Die klem val hierbo op “Net verlede jaar …”

’n Oom bel my net verlede jaar om te sê sy blondekopdogter is met ʼn Egiptiese prins getroud.

Hier val die klem op “’n Oom …”

Sy blondekopdogter is met ʼn Egiptiese prins getroud.

Hier val die klem op “Sy blondekopdogter…”

Sample

Met ʼn Egiptiese prins is sy blondekopdogter getroud. Hier val die klem op “ … ʼn Egiptiese prins …”

Die gedeelte van die sin wat in die bevoorregte posisie –aan die begin van die sin – staan, dra dus die klem.

2. Herhaling:

Die volgende is ʼn goeie voorbeeld van doelbewuste herhaling: “Die wolke het al donkerder geword, gedraai, gekolk, al laer gesak.” Hier het die herhaling besondere klankwaarde wat die onheilspellende bewegings van die wolke beklemtoon.

3. Agterplasing:

Hier volg ʼn voorbeeld van agterplasing:

Skielik het stofwolke die hemel ingepluk – en toe kom

4. Voorplasing:

Die wêreld se hekke staan vir ons oop (par. 14 van die leesstuk).

Vir ons staan die wêreld se hekke oop.

Let op hoe klem op ʼn ander deel van die sin geplaas word.

AKTIWITEIT 2

Beantwoord die volgende vrae in jou oefeningboek:

2.1 Sê watter soort sinne die volgende is.

2.1.1 Tant Koek lê seker lankal begrawe.

Naby … Sample

2.1.2 En, ag Heer, seën tog maar asseblief ook die ou Ingelsman op die hoek …”

2.1.3 Hoe sê ’n mens tog vir ’n ander land se mens jy het ’n hol kol op jou maag?”

2.1.4 Ek móét net weer ’n slag Afrikaans in my eie huis praat!

2.1.5 Dis die era van vonke wat wêreldwyd per e-pos skiet.

2.2. Herskryf die volgende sinne as vraagsinne.

2.2.1 ’n Mens se glimlag begin van muur tot muur loop.

2.2.2 Sommige maak hulle makliker los as ander.

2.2.3 ’n Mens kan vir jou ’n plek op ’n nuwe webwerf oopskop.

2.3

2.4

Herskryf die volgende sin en begin soos aangedui: Begin dit ook vandag bars om die leisels vir die uitlê van familie bymekaar te hou.

Vandag gaan dit …

Herskryf die volgende sinsdeel en begin soos aangedui: Stap ons naby hul strandhuis verby.

ONTHOU!

DIE PARAGRAAF

Die paragraaf is ‘n groter eenheid as die sin, saamgestel uit ‘n aantal gedagtes wat oor ‘n bepaalde onderwerp handel. Die paragraaf moet ‘n afgeronde eenheid vorm. In langer skryfstukke moet paragrawe logies op mekaar volg, die een ‘n aanknopingspunt vir die ander.

Kyk na die skakeling tussen par. 1 en 2 in die leesstuk. Die eerste paragraaf handel oor tant Koek se hoenderhaan – die liedjie wat op meeste troues gesing word. Die tweede paragraaf handel steeds oor troues. Hierdie paragrawe sluit dus nou bymekaar aan. Hierdie tipe paragrawe noem ons AANEENSKAKELENDE OF OPEENVOLGENDE PARAGRAWE.

Par. 8 en 9 is TEENSTELLENDE PARAGRAWE. In par. 8 is die vermenging van Boer en Brit alles behalwe positief. In par. 9 word gesinspeel op die positiewe vermenging van vreemde kulture in ons land.

Net soos ʼn sin om ʼn kern gebou word, word ʼn paragraaf om ʼn kernsin gebou. Die posisie van die kernsin kan aan die begin van die paragraaf, in die middel of aan die einde van die paragraaf voorkom.

VAARDIGHEID: TAALGELETTERDHEID EN SKRYF Sample

Die volgende is maklike voorbeelde om die posisie van die kernsin te illustreer:

1. Dit het vroeg die oggend begin reën. Al met die voor langs het die water gestoot. Geleidelik het die stroompies plasse geword en opgedam tot 'n groot, blinkende massa water.

In bg. voorbeeld kom die kernsin aan die begin van die paragraaf voor. Die kernwoord in die eerste sin is "reën". Die res het betrekking op die reën.

2. So teen vieruur die middag het die wind onrustige warrels begin maak. Later begin dit ruk en pluk. Die wolke het al donkerder geword, gedraai, gekolk, al laer gesak. Skielik het stofwolke die hemel in gepluk ... en toe kom die reën!

In hierdie paragraaf kom die kernsin aan die einde van die paragraaf voor. Al die vorige sinne dui daarop dat die reën aan die kom is, wat dan eers in die laaste sin gebeur.

3. Dit is skreeuwarm sedert vroegoggend. Al vir die afgelope paar dae. As hierdie hitte vir drie dae aanhou, so sê die oumense, dán kom die reën. Vieruur die middag begin dit reën. Salig! Hoe beskryf 'n mens vir iemand wat nog nooit droogte ervaar het nie, die gevoel van dank-baarheid en nederigheid teenoor ons Skepper vir dié genadegawe: reën

Sample

In hierdie paragraaf kom die kernsin in die middel voor. Eers die aanloop na die reën, dan die reën, dan die afloop na die reën.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 11-Afrikaans Huistaal-Handleiding Taalkunde 1 by Impaq - Issuu