Gr 11-Afrikaans Huistaal-Fasiliteerdersgids Taalkunde 1

Page 1


Afrikaans Huistaal: Taalkunde

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Fasiliteerdersgids: Taalkunde

Graad 11

Aangepas vir KABV

1. VOORWOORD

AFRIKAANS KOOK!

Geagte Fasiliteerder(s)

Baie welkom by graad 11. Hierdie handleiding gaan jou ondersteun om die leerders se graad 11-jaar te laat kook! Afrikaans is kookwater! Daar is so baie sêgoed wat Afrikaans uniek maak. Geniet hierdie voorlaaste skooljaar saam met die leerders As fasiliteerder gaan jy MOET lei en soms moet begelei sodat take dalk kan klaarkom en ingestuur word.

ʼn Kort uiteensetting van hoe hierdie gidse werk:

• Die leerders se taalhandleiding beskik ook oor ʼn voorwoord wat hulle welkom heet en wat ʼn kort oorsig gee van wat in elke kwartaal behandel gaan word.

• Om die studiewerk en daaglikse oefeninge te onderskei, is daar verskillende ikone aangedui wat die leerders moet ken om hulle in staat te stel om die handleiding gemaklik te kan hanteer.

• Vir die fasiliteerder is die leerder-ikoon in hierdie gids aangebring, waar die betrokke opdrag of metodiek van ʼn nuwe leerproses verduidelik word.

FASILITEERDER:

Instruksies sal volg.

• Sien die ikone wat op die leerders van toepassing is in die taalhandleiding

• Voor die afskop van elke taalmodule, word die lesdoelwitte verduidelik.

• Die leerders moet oor die volgende werkboeke (skrifte) beskik:

• 3 x 91-bladsye skrif vir:

• stelwerk;

• taalleer; en

• letterkunde.

• Maak seker van die tydsduur wat aangedui word in die onderrigplan (werkskedule). Jy sal self aanpassings moet maak, indien nodig.

• Maak ALTYD seker van die werksinhoud sodat die leerders nie verward word nie. Al die inligting en verduidelikings is in die taalhandleiding.

• Die fasiliteerdersgids beskik hoofsaaklik oor die aktiwiteite en memorandums.

2. AFRIKAANS HUISTAAL – INHOUD

Afrikaans Huistaal vir grade 10 – 12 bestaan uit die volgende komponente:

• Luister en praat;

• Lees en kyk;

• Skryf en aanbied; en

• Taalstrukture en -konvensies.

2.1 ʼn Oorsig van die Luister- en praatvaardighede, kan soos volg saamgevat word:

2.1.1 Luister

Luisteronderrig betrek gewoonlik aspekte van die luisterproses, wat in die fasiiliteerdersgids uiteengesit word. Dis belangrik dat die fasiliteerder hom-/haarself verwittig van die DRIE STAPPE. Voordat leerders na ʼn opname of ʼn leesstuk luister, moet hulle ʼn pre-luisteraktiwiteit doen. Dit sal hul bedag maak om gefokus te luister (luister met ʼn doel.) Luisteraktiwiteite sal die leerders help om besonderhede te onthou en om ʼn boodskap te evalueer. Post-luister kan beteken dat leerders deur bespreking reageer op wat hulle gehoor het.

2.1.2 Praat

Die onderrig van praat moet ook die volgende praatproses en kommunikasiestrategieë insluit:

• beplanning, navorsing en organisering; en

• voorbereiding en aanbieding Sample

2.2

LEES EN KYK

Hierdie aktiwiteite is ook op drie fases gegrond. Elke stap van die proses sal nie altyd gebruik word nie, byvoorbeeld, as leerders ʼn onbekende tekssoort lees, moet hulle ʼn pre-leesaktiwiteit doen wat hul aandag sal vestig op die opvallende kenmerke van die tekssoort Dit sal hulle ook help om assosiasies met hul eie ervarings te skep. Leesaktiwiteite sal leerders help om die struktuur en taalkenmerke van die teks in besonderhede te ontleed. Tydens post-lees word die leerders kennis en begrip van die teks getoets.

Dit beteken in kort dat voor ʼn leesstuk aangepak word, moet die volgende stappe gevolg word:

STAP 1: Pre-lees

• Stel die teks aan die leerders bekend.

2.3

• Vluglees of soeklees in tekskenmerke, byvoorbeeld titels, opskrifte en subopskrifte..

STAP 2: Lees

• Dit verwys na die verstaan van die teks en om nadere aandag te skenk aan sekere taalkenmerke.

• Toon aktiewe begrip van die teks.

• Bepaal die betekenis van onbekende woorde d.m.v. naslaan.

• Maak aantekeninge of som hoofgedagtes op.

STAP 3: Post-lees

• Nou sal die leerders ʼn geheelbeeld van die teks hê en kan daarop reageer.

• Die leerders beantwoord nou vrae oor die teks.

• Vergelyk en evalueer sekere inligting.

• In sommige gevalle, reproduseer die teks d.m.v. ʼn genre in ʼn eie skryfstuk.

• Onderskei tussen feite en menings en leer hoe om ʼn eie mening te formuleer.

• Onderskei wat die invloed van seleksie en weglating op betekenis het.

SKRYF EN AANBIED

Sample

Skryf en aanbied kombineer drie aspekte: 1) prosesskryf; 2) om die kennis van die struktuur en kenmerke van die verskillende tekste te leer; en 3) om kennis van paragrawe, sinstrukture en leestekengebruik te leer en toe te pas. Dit beteken dat die student gedurende die prosesskryf die volgende moet kan doen:

• Beplan/pre-skryf

• Skryf ʼn konsep

• Hersien

• Redigeer

• Proeflees

• Aanbied

Die volledige skryfproses word baie duidelik in die handleiding uiteengesit in KWARTAAL 1, EENHEID 1, LES 5, wanneer die graad 11-stelwerkprogram bespreek word.

2.4

TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Leerders behoort teen hierdie tyd bekend te wees met basiese grammatika soos woordsoorte, tye van die werkwoord, woordvorming en sinstrukture.

Taalaspekte gaan geïntegreerd met die teks getoets word. Dit beteken dat leerders MOET lees WAT gevra word en WEER KYK na die teks om bestaande taalkennis en vaardighede toe te kan pas.

Taalstrukture en -konvensies is veral baie belangrik in leerders se eie skryfwerk, aangesien skryf in hierdie fase een van die belangrikste aktiwiteite is. Byvoorbeeld, ʼn leerder moet ʼn opstel in 40 tot 60 minute moet kan beplan, redigeer en kan skryf.

Hou die handleidings van graad 10 en graad 11 – it kan handig te pas kom in graad 12.

3. PORTEFEULJEWERK

Verwys na die portefeuljeboek en portefeuljeboekmemorandum, wat al die take bevat wat tot die leerders se jaarpunt bydra.

4. TOETSE EN EKSAMENS

Die formaat en voorskrifte van die eksamenvraestelle sal streng volgens die beleidsdokument van die Departement van Basiese Onderwys gevolg word.

Kontak Impaq gerus indien daar enige navrae in hierdie verband is.

5. ONDERRIGPLAN VIR TAALKUNDE

Daar word aanbeveel dat die leerders 1 tot 1½ uur ELKE DAG aan Afrikaans Huistaal spandeer.

Jy sal binne die eerste weke kan vasstel wat die leerders se pas is en kan vooruit werk met daaglikse oefening.

Let daarop dat die leerders alle aktiwiteite in die handleiding moet voltooi. Sodoende oefen hulle die werk in voor assessering plaasvind.

TYD: 1 - 1½

uur daagliks

WERKSVERDELING

EENHEID 1, Les 1

Lees: Aktiwiteit 1

KWARTAAL 1

Taal: Soorte sinne, aktiwiteit 2.

Taal: Aktiwiteit 3

Skryf en aanbied: aktiwiteit 4, aktiwiteit 5

Luister: Aktiwiteit 6

Taal: Kernsinne, aktiwiteit 4.

Skryf en aanbied: Beplanning van prosesskryf, aktiwiteit 5

EENHEID 1, Les 2

Taal: Leestekens, aktiwiteit 7

Leestegnieke: aktiwiteit 8

EENHEID 2, Les 3

Taal: Grondbeginsels

EENHEID 2, Les 4

Taal: Uitspraakvorme, aktiwiteit 9

Klankverskynsels: aktiwiteit 10

EENHEID 2, Les 5

Skryfproses: aktiwiteit 11

Advertensie: aktiwiteit 12

Vriendskaplike brief: aktiwiteit 13

EENHEID 3, Les 6

Skryftekens: aktiwiteit 14

Hoofletters: aktiwiteit 15

Hersiening

EENHEID 4, Les 7

SKOOLVAKANSIE

KWARTAAL 2

Taal: Woordvorming, aktiwiteit 16, morfeme Opsomming (précis): hersien, aktiwiteit 18

EENHEID 5, Les 8

Taal: Herkoms van Afrikaans, aktiwiteit 19

Leengoed, aktiwiteit 20, aktiwiteit 21

EENHEID 6, Les 9

Skryf: Aansoekbrief, CV, aktiwiteit 22

EENHEID 6, Les 10

Skryf: Resensie, aktiwiteit 23

Skryfstuk, aktiwiteit 24

Hersiening

JUNIE-EKSAMEN

SKOOLVAKANSIE

G11 ~ Afrikaans Huistaal: Taalstrukture en -konvensies

KWARTAAL 3

EENHEID 7, Les 11

Taal: Spelling, aktiwiteit 25

EENHEID 8, Les 12

Skryf: Agenda en notule, aktiwiteit 26

EENHEID 9, Les 13

Taal: Woordsoorte, aktiwiteit 27

EENHEID 10, Les 14

Skryf: Verslag, aktiwiteit 28, aktiwiteit 29

Taal: Woordsoortonderskeiding, aktiwiteit 30

EENHEID 10, Les 15

Taal: Woordsoortonderskeiding, aktiwiteit 31

SKOOLVAKANSIE KWARTAAL 4: HERSIENING EKSAMEN

Sample*Bykomende notas en opgedateerde lesplanne is aanlyn beskikbaar op die Optimi Learning Portal (OLP) Verwys na OLP vir alle ander lesinhoud.

KWARTAAL

1

EENHEID 1: SKRYFVAARDIGHEDE LES 1 DIE WÊRELD IS ONS WONING

LESDOELWITTE:

Aan die einde van hierdie les behoort jy die volgende vaardighede te bemeester:

Skryfvaardighede ten opsigte van:

• die gebruik van die korrekte woord

• hoofgedagtes van sinne

• effektiewe sinsbou

• skakeling van sinne onderling

• kerngedagtes van paragrawe

• verband tussen paragrawe

• ondersoek van paragrawe in leesstuk

FASILITEERDER:

• Berei voor deur om die ‘Die Wêreld is ons Woning’ in die handleiding deur te lees.

• Gesels met die leerder oor die inhoud.

VAARDIGHEID: TAALSTRUKTUUR

FASILITEERDER:

• Lees die leesstuk, Oor afsaak en opsit deur Jacqueline Leuvennink, saam met die leerder.

• Laat die leerder AKTIWITEIT 1 in sy/haar werkboek voltooi.

• Merk volgens die onderstaande memorandum

MEMORANDUM EENHEID 1: LES 1

AKTIWITEIT 1

1.1 Nie gebonde aan een spesifieke land nie./ Daar het globalisering Plaasgevind. Met die druk van ‘n knoppie kan jy nou met iemand aan die anderkant van die wêreld praat.

1.2. Afsaal: kuier by ʼn nooi. Opsit: vry met ʼn nooi.

1.3. 1.3.1 ʼn Vryer

1.3.2 Die wêreld

1.3.3 Die opsitkers

FASLITEERDER:

• Werk nou saam met die leerder deur die aantekeninge oor sinsleer en laat die leerder AKTIWITEIT 2 in sy/haar werkboek voltooi.

• Merk volgens die onderstaande memorandum.

MEMORANDUM

2.1.1 Stelsin

2.1.2 Bevelsin

2.1.3 Vraagsin

2.1.4 Uitroepsin

2.1.5 Stelsin

EENHEID 1: LES 1

AKTIWITEIT 2

Sample

2.2.1 Begin ʼn mens se glimlag van muur tot muur loop?

2.2.2 Maak sommige hulle makliker los as ander?

2.2.3 Kan ʼn mens vir jou ʼn plek op ʼn nuwe webwerf oopskop?

2.3 Vandag gaan dit begin bars om die leisels vir die uitlê van familie bymekaar te hou.

2.4 Naby hulle strandhuis stap ons verby.

VAARDIGHEID: TAALGELETTERDHEID EN SKRYF

FASILITEERDER:

• Bespreek nou die inligting oor die belangrikheid van goeie taalgeletterdheid wanneer die paragraaf geskryf word, met die leerder. (Bl. 7 –9 van taalkundegids.)

• Die leerder voltooi nou AKTIWITEIT 3 in sy/haar stelwerkskrif.

• Merk na aanleiding van die assesseringsrubriek. Dupliseer dit en plak dit onderaan die leerder se skryfwerk.

• Voltooi daarna AKTIWITEIT 4 in die leerder se taalleerskrif.

• Merk volgens die onderstaande memorandum.

AKTIWITEIT 3

Taalversorging

• 5 punte vir drie/vier foute;

• 4 punte vir vyf/ses/sewe foute;

• 3 punte vir agt/nege foute;

• 2 punte vir tien/elf/twaalf foute;

• 1 punt vir meer as twaalf foute.

Inhoud

Formaat (sinne volg logies op mekaar; 8 – 10 reëls lank)

Kreatiwiteit en versorging (moeite)

Totaal 20 / 2 = 10

5 (Uitstekend) 4 (Baie goed) 3 (Goed) 2 (Gemiddeld) 1 (Swak)

ASSESSERINGSTABEL VIR DIE PARAGRAAF

MEMORANDUM

4.1. Sin 1

4.2. Sin 1

4.3. Sin 3

4.4. Sin 1

FASILITEERDER:

AKTIWITEIT 4

• Die leerder gaan AKTIWITEIT 5 ook in sy/haar stelwerkskrif doen.

• Dupliseer eers die rubrieke in die taalkundehandleiding.

• Gebruik die blokkie as die opskrif van spesifieke opdrag. Plak dit in die stelwerkskrif voordat die leerder met die beplanning begin.

• Nadat die finale poging geskryf is, plak dan die assesseringsrubriek in.

• Merk die opdrag sodat die leerder kan sien hoe hy/sy verbeter het

• Let asseblief op na die skryfproses. Hoe vinniger die leerder daaraan gewoond raak, hoe beter vir alle ander skryfopdragte.

AKTIWITEIT

5

Taalversorging

• 5 punte vir drie/vier foute;

• 4 punte vir vyf/ses/sewe foute;

• 3 punte vir agt/nege foute;

• 2 punte vir tien/elf/twaalf foute;

• 1 punt vir meer as twaalf foute.

Inhoud

Formaat (sinne volg logies op mekaar; 8 – 10 reëls lank)

Kreatiwiteit en versorging (moeite)

Totaal 20 / 2 = 10

5 (Uitstekend) 4 (Baie goed) 3 (Goed) 2 (Gemiddeld) 1 (Swak)

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 11-Afrikaans Huistaal-Fasiliteerdersgids Taalkunde 1 by Impaq - Issuu