Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Landboubestuurspraktyke
Fasiliteerdersgids
Graad 10
Sample
Aangepas vir KABV
JC Zandberg Í2*È-A-AMP-FG01>Î
G10 ~ Landboubestuurspraktyke
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die leerder te help om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
’n Opsomming of verduideliking van kernbegrippe in die les.
WENKE
Inligting bo en behalwe die inhoud om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing vir die leerder om die inhoud self verder in diepte na te vors.
AKTIWITEIT
Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke les te toets.
OEFENING
Sample
Formatiewe assessering om die leerder se vordering en kennis aan die einde van elke eenheid te toets.
KERNINHOUD
Vaslegging van kerninhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les
STUDEER/HERSIENING
Afbakening of opsomming van werk wat vir toetse en eksamens hersien moet word.
G10 ~ Landboubestuurspraktyke
VOORWOORD
ALGEMENE DOELSTELLINGS VAN DIE VAK
Landboubestuurspraktyke (LBP) is die studie en toepassing van ekonomiese en bestuursbeginsels wat in die produksie, transformasie en bemarking van voedsel en ander landbouprodukte gebruik word. Hierdie beginsels word gebruik om waarde tot landbouprodukte van hoë gehalte te voeg sodat hierdie produkte ekonomiese, estetiese, sosiale en kulturele waarde het.
LBP verkry kennis en vaardighede van dissiplines soos gewaswetenskappe, veekunde, ekonomiese en bestuurswetenskappe, ingenieurswese en inligtings- en kommunikasietegnologie.
LBP moet benader word deur die volgende uitkomstes in gedagte te hou:
Kennis en begrip van die interverwantskap tussen LBP, die gemeenskap en die omgewing
Die fokus van LBP is op die ontwikkeling in herskeppende (transformerende) wetgewing, armoede en die globale omgewing. Hierdie leeruitkoms wys jou hoe om LBP te verstaan, ten einde die lewensgehalte van individue en gemeenskappe te verbeter.
Bestuurspraktykproses
Ondersoek en bestudeer die bestuursprosesse en vaardighede deur LBP te onderskryf.
Kennis en begrip van bestuurpraktyke in landbou
Die fokus van hierdie leeruitkoms is die inwinning van kennis, die verkryging van ’n breër begrip van hoe LBP betrekking op jou daaglikse lewe het, en om ingeligte besluite te maak om alle toepaslike praktyke, stelsels en tegnologieë te inkorporeer om ’n volhoubare landbouomgewing te bestuur.
Toepassing van kennis en vermoëns in landbou
Sample
LBP spreek die verskillende vaardighede aan wat nodig is om inligting te verkry, te verwerk en te gebruik om die uitdagings van landbou die hoof te bied. Dit behels ook die kennis en vaardighede om basiese en toepaslike landboumasjinerie en -toerusting te hanteer om landbouverwante probleme op te los.
BESONDERE DOELWIT
Landboubestuurspraktyke is ontwikkel om leerders te voorsien van goeie prakties-georiënteerde basis wat beide die teoretiese en praktiese vaardighede op so ’n wyse integreer dat dit leerders met spesiale onderwysbehoeftes ook in ag neem.
G10 ~ Landboubestuurspraktyke
BRIEF AAN DIE FASILITEERDER
Geagte fasiliteerder
Om die graad 10 leerders sinvol te fasiliteer, is dit belangrik om die gebruik van die verskillende gidse goed te verstaan. Die fasiliteerdersgids en die handleiding loop hand aan hand – die fasiliteerder moet dus albei boeke gebruik om die vak sinvol te kan bestudeer.
Die fasiliteerdersgids bevat ook die antwoorde op al die vrae van die verskillende aktiwiteite en opdragte. Die fasiliteerdersgids is daar sodat jy die leerders se antwoorde kan merk en kan sien watter vrae hulle nog nie onder die knie het nie. Dit is maklik vir die leerders om net die antwoorde neer te skryf, maar dan ken hulle nog nie die werk nie.
Indien die handleiding en fasiliteerdersgids reg gebruik word, kan dit vir beide die leerders en fasiliteerder twee baie sinvolle en nuttige dokumente raak in julle poging om LBP onder die knie te kry.
LBP integreer uiteraard kennis, waardes en gesindhede met die vaardighede wat leerders ontwikkel. Leer word op werklike lewenssituasies toegepas, en dit dra by om van leerders bekwame, tegnologie-geletterde boere te maak.
LBP graad 10 bevat ’n handleiding, fasiliteerdergids en ’n portefeuljeboek. Ons beveel aan dat jy die boeke saam gebruik in die beplanning van die leerders se werk. Die handleiding word deur die leerders gebruik vir leerwerk, beplanning en die uitvoer van opdragte. Die portefeuljeboek beskryf al die portefeuljetake wat die leerders moet indien vir hulle SGApunt. Hierdie dokument is dus baie belangrik. Maak baie seker dat die leerders die portefeuljetake goed verstaan.
Sample
HOE WORD LEERDERS GEASSESSEER?
Assessering behels ’n deurlopende, beplande proses van identifisering, versameling en maatstawwe. Dit sluit vier stappe in:
• Versameling van bewyse van prestasie;
• Evaluering oor die prestasie;
• Aanteken van die bevindings;
• Deur die inligting te gebruik om die leerders by te staan in hulle ontwikkeling en daardeur die proses van leer en onderrig te bevorder.
Assessering moet informeel (assessering vir leer) en formeel (assessering van leer) wees. In beide gevalle moet goeie terugvoering gegee word. Verwys na die portefeuljeboek vir ’n volledige lys van die vereiste assesserings.
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT)
1. Die doel van die Praktiese Assesseringstaak vir Landboubestuurspraktyke is om die bestuurs- entrepreneurs-, navorsings- bemarkings-, operasionele en tegniese vaardighede van die leerders in die produksievertakkings waarin hulle blootgestel is te assesseer. Die konteks waarin die vak aangebied word, sluit in ’n wye reeks verskillende produksiesisteme-, vertakkings, bestuursbenaderings en ekologiese verskille tussen die verskillende streke van Suid-Afrika. 2. Die PAT moet voorsiening maak vir ’n wye reeks benaderings en toepassings. PATriglyne moet verskaf word.
GRAAD 10 ASSESSERING:
Sample
Graad 10-leerders se werk kan self gemerk word OF jy het die opsie om die werk deur te stuur na Impaq om gemerk te word. Maak baie seker dat daar ’n duidelike bewys van portefeuljewerk van graad 10 bestaan – dit mag wees dat Umalusi die leerders se gr 10 werk aanvra. Die PAT-taak is baie belangrik. Elke been van die PAT-taak moet voltooi word en die nodige punte moet ingehandig word vir ’n graad 10-rapport aan die einde van die jaar. Sonder ’n graad 10-rapport kan die leerders nie aansoek doen om die Matriekeksamen te skryf nie. Dit is dus baie belangrik dat die leerders alle fasette van die praktiese werk voltooi en dat daar die nodige bewyse is dat hulle dit wel voltooi het.
G10 ~ Landboubestuurspraktyke
WERKSKEMA/TYD
Die tydtoekenning vir Landboubestuurspraktyke in graad 10 is vier ure per week. Maak dus tyd om ten minste een uur per dag te werk – kies vier dae wat hulle gaan gebruik om tyd te spandeer aan LBP Hou ingedagte dat LBP ook ’n Praktiese Assesseringstaak het wat deur die jaar voltooi moet word. Sit ten minste een uur uit per week vir prakties. Dit sluit ook die PAT-prakties in.
EENHEID
1
GEWASSEPRODUKSIE
1.1 Inleiding
1.2 Boerderystelsels
JAARPLAN
1.3 Verskillende ondernemings
1.4 Grond- en waterbestuur in gewasproduksie: Basiese grondvereistes
1.5 Grond- en waterbestuur in gewasproduksie: Grondbewerkingsmetodes
1.6 Grond- en waterbestuur in diereproduksie
1.7 Waterbronne
1.8 Gewasbestuursaspekte
1.9 Gewasbestuursaspekte: Monokultuur en wisselbou
1.10 Gewasbestuursaspekte: Rekordhouding
2.1 Diereproduksiepraktyke in Suid-Afrika
2
DIERE - PRODUKSIE
ASPEKTE
2.2 Hoofproduksieareas in Suid-Afrika
2.3 Algemene klassifikasie van plaasdiere
2.4 Beesrasse
2.5 Skaaprasse
2.6 Varkrasse
2.7 Pluimveerasse
3.1 Hantering van plaasdiere
3.2 Versorging van plaasdiere
3.3 Behuising van plaasdiere
3.4 Nasorg van plaasdiere
3.5 Identifikasiemetodes
3.6 Basiese konsepte van dierevoeding
3.7 Siektes en parasiete
3.8 Rekordhouding
3.9 Basiese beginsels van bestuursprogramme
4.1 Definisie van bestuur
4.2 Bestuursbeginsels
- BEGINSELS
4.3 Verskillende soorte natuurlikehulpbronbestuur
4.4 Grondpotensiaal en -bestuur: Grondverbetering
4.5 Grondpotensiaal en -bestuur: Bewaringspraktyke
4.6 Afvalbestuur: Verskillende soorte afval.
Les 1.1: Inleiding
AKTIWITEIT 1.1
1.1 Neem die klimaat van die gebied in ag.
1.2
Kies gewasse wat geskik is vir daardie spesifieke klimaat- en grondtoestande.
Plant die gewasse op die regte tyd van die jaar.
Kies en plant hoë gehalte saad wat siektevry is.
Kies die regte kunsmis om die spesifieke voedingsbehoeftes te verskaf wat die plant nodig het om te groei.
Neem die waterbehoeftes van die gewasse in ag.
Pas geïntegreerde plaagbeheer toe. (7)
Soort gewas
Tropiese vrugte
Klimaatsvereistes
• Groei goed in temperature wat wissel tussen 13 en 38 °C.
• Het ’n relatiewe vogtigheid van 75 –85%.
• Hoë temperature veroorsaak sonskroei.
• Sterk winde beskadig gewasse.
Enige twee =
• Vereis ’n klimaat sonder ryp en met min wind.
Grondvereistes
EENHEID 1: Gewasseproduksie Sample
Subtropiese vrugte
Sagtevrugte
• Optimale groeitemperatuur is tussen 20 en 24 °C.
• Jaarlikse reënval moet 1 000 mm oorskry.
• Vereis warm, droë toestande.
Enige twee =
• Groei in matige klimaatstreke.
• Koel, nat winters met min ryp.
• Warm, droë somers.
• Verkies diep, ryk, leemagtige grond met ’n pH tussen 6 en 7,5.
• Grond moet goed gedreineer wees met voldoende vog.
• Moet ryk wees aan stikstof met genoeg fosfor en baie potas.
Enige twee =
• Benodig goeddeurlugte, goedgedreineerde grond wat dieper as 1 m is.
• Benodig ’n klei-inhoud van 20 –40%; indien minder het die grond ’n beperkte waterhouvermoë.
Enige twee =
• Benodig goeddeurlugte grond met goeie organiese inhoud.
• Benodig goedgedreineerde grond met ’n diepte van 1 m.
• Die ideale klei-inhoud moet tussen 10 en 35% wees.
1.3
Kommersiële produksie van vrugte vir inmaak en verbruik as vars vrugte.
Ongeveer 48,7% van sagte vrugte word uitgevoer, dit verdien dus heelwat buitelandse valuta.
Kommersiële produksie van groente lewer ook ’n belangrike bydrae tot die ekonomie van Suid-Afrika.
Proteas en rose is gesogte uitvoerprodukte en verdien ook belangrike buitelandse inkomste. (3)
1.4
Fynbos is ’n unieke soort plantegroei wat hoofsaaklik voorkom in die Suidwes-Kaap in ’n gebied wat die Kaapse Floraryk genoem word. (2)
1.5 Ideale grond is goed belug, dreineer maklik, is effens suur, is ryk aan organiese materiaal, en het ’n hoë bergingskapasiteit.
1.6
1.7
1.8
Grond moet gesteriliseer word om plante teen siektes, patogene en plae in die grond te beskerm. (4)
Grond sluit alle natuurlike hulpbronne in.
Arbeid sluit alle menslike hulpbronne in.
Kapitaal sluit alle mensgemaakte hulpbronne in, insluitend geld.
Bestuur sluit al die strukture in wat die vorige drie byeenbring om uitsette doeltreffend te produseer. (4)
1.7.1 Iets wat deur mense gebruik word om te oorleef, ’n bestaan te maak of rykdom te skep.
1.7.2 Iets wat waarde het en wat geruil kan word of teen ’n prys verkoop kan word, gewoonlik op ’n basis van ’n gewillige verkoper en ’n gewillige koper.
1.7.3 Risiko is die kans of bedreiging van skade of enige ander negatiewe gebeurtenis vir ’n persoon.
1.7.4 Bestuur is die algemene term wat gebruik word vir metodes wat in plek gestel word om ’n plaas produktief en winsgewend te maak. (8)
Sample
Bedryfskapitaal is die geld wat beskikbaar is om die boerdery te bedryf. Die boer het bedryfskapitaal nodig om lone te betaal, vee, saad en kunsmis aan te koop en enige ander skuld wat die plaas aangaan, te betaal.
Vastekapitaal sluit toerusting, geboue en enige vorm van tegnologie in wat ontwerp is om die sakeonderneming se produksiepotensiaal te verhoog.
Roerende kapitaal is kapitaal wat minder permanent van aard is bv. vee, plaasimplemente, toerusting en masjinerie.
Natuurlike kapitaal is deel van die natuurlike wêreld en sy ekologiese sisteme. Die riviere waaruit die boer water pomp, die grond op die lande en die reën wat val is alles deel van natuurlike kapitaal. (8)
TOTAAL: 50
Les 1.2: Boerderystelsels
AKTIWITEIT 1.2
1.1.1 ’n Bestaansboerdery is wanneer gewasse en diere deur ’n boer geproduseer word om sy familie te voed eerder as om dit na die mark te neem. (2)
1.1.2 Kommersiële boerdery is wanneer gewasse en diere geproduseer word om teen ’n wins by die mark te verkoop. (2)
1.2
Maak seker dat voer en skoon drinkwater altyd beskikbaar is.
Genoeg voer- en drinkbakke moet beskikbaar wees.
Ent die kuikens gereeld in teen Newcastlesiekte en koksidiose.
Die temperatuur in die kuikenhuis moet verlaag word tydens warm dae. (4)
1.3 Versamel inligting oor die eenhede
Ontleed die inligting.
Neem besluite gebaseer op die inligting wat ontleed is.
Implementering van hierdie besluite. (4)
1.4 Die plaasgereedskap wat gebruik word, is goedkoop
Al die gesinslede help gewoonlik met die plaaswerk
Die maksimum kontak tussen boer, grond en gewas wat lei tot ’n fyner waarneming.
Die boer kan voldoende aandag aan individuele plante gee, siek plante verwyder en saad van die beste plante vir die volgende seisoen insamel. (6)
1.5 Voordele:
Dit is tydbesparend
Dit vereis min plaaswerkers
Nadele:
Die implemente is baie duur.
Sample
Dit mag gebeur dat ’n boer so baie aan sy implemente bestee dat hy in ’n skuldposisie beland. (2 x 2) = (4)
1.6.1 ’n Stuk grond/gebou waar vee vetgemaak word vir die mark. (1)
1.6.2 Word gebruik om die plaas se produksievermoëns by diere se vereistes te laat pas ten einde die grootste marge bo vervoerkoste te kry, binne veilige perke van die benutting van natuurlike hulpbronne. (1)
1.6.3 ’n Program vir die bestuur van die voer regdeur die produksiesiklus, waar die korrekte voedingstowwe op ’n deurlopende basis aan kudde verskaf word. (1)
TOTAAL: 25
Les 1.3: Verskillende ondernemings
1.1
AKTIWITEIT 1.3
Sonneblomme Koring Graansorghum Sojabone
• Sonneblom kan hoë temperature onder droogtetoestande baie beter weerstaan.
• Sonneblom is ’n baie doeltreffende verbruiker van grondvog as gevolg van sy diep en goed vertakte penwortelstelsel.
• ’n Warm, effens droë klimaat word as optimaal beskou vir sonneblom-verbouing.
• Koel, vogtige weerstoestande, veral gedurende die rypwordings-periode, is nie gewens nie.
• Sonneblom kan koue nagte of ligte ryp aansienlik beter verduur.
• Sonneblom kultivars benodig ’n jaarlikse reënval van 650-850 mm.
Enige 5 = (5)
• Koring hou van koel weersomstandighede en benodig lae temperature en voldoende vog vir groei en warm, droë weer vir oes.
• Koring vaar die beste by reënval van 450 –650 mm.
• Koring is baie sensitief vir ryp en erge koue.
• In die winterreënvalstreke word koring geplant vanaf die laaste week in April tot einde Mei, afhangende van die eerste reënval.
• In die somerreënvalstreke word koring geplant van Augustus tot September, afhangende van grondvog.
Enige 5 = (5)
• Graansorghum is goed aangepas in gebiede met ’n somerreënval van 400 tot 700 mm en hoër. Hoë humiditeit mag egter in sekere seisoene saadvorming skaad.
• Die gewas is baie gevoelig vir ryp en die meeste kultivars moet derhalwe ±130 – 140 rypvrye dae in hul groeiseisoen hê. Die groei-seisoen van die kultivar sal hier bepalend wees.
• Ontkieming geskied stadig by grondtemperature laer as 18 °C. Dit is meer gevoelig vir lae grondtemperature as mielies, wat nog goed by 10 – 12 °C kan ontkiem.
• Die ideale groeitemperature is 25 – 30 °C, met ’n minimum van 15 °C.
• Graan sorghum kan egter hoë temperature beter weerstaan as die meeste ander gewasse. Dit is egter gevoelig vir hoë temperature tydens blomvorming.
Enige 5 = (5)
• Warm, vogtige toestande met ’n reënval van 550 – 850 mm, goed versprei oor die groeiseisoen, is optimaal.
• Sojabone aard egter ook goed in warm, droë gebiede onder besproeiing.
• Opbrengste word nadelig beïnvloed as temperature bo 30 °C styg.
• Daglengte beïnvloed die ontwikkeling van sojabone (fotoperiodes sensitief).
• Sojabone is die meeste vatbaar vir droogte-stremming gedurende die blomen peulstadium.
Enige 5 = (5)
1.3
1.4
Verdamping is die proses waardeur vloeibare water verlore gaan vanaf die grondoppervlak in die vorm van waterdamp.
Die graad van skadu rondom ’n gewas en die hoeveelheid water beskikbaar op die grondoppervlak, is faktore wat die verdampingproses beïnvloed
Verdamping vanaf die grondoppervlak is ’n direkte verlies en vermorsing van water. (5)
Wind is die horisontale beweging van lug. Dit word veroorsaak deur verskille in lugdruk.
Lug beweeg altyd van gebiede met ’n hoër lugdruk na gebiede met ’n laer lugdruk. (4)
1.5 Absolute humiditeit is die water-inhoud van die lug.
Relatiewe humiditeit, uitgedruk as ’n persentasie, meet die huidige absolute relatiewe humiditeit aan die maksimum vir daardie temperatuur.
Spesifieke humiditeit is ’n verhouding van die waterdampinhoud van die mengsel tot die totale luginhoud op ’n massa basis. (8)
Les 1.4: Grond- en waterbestuur in
gewasproduksie:
Basiese grondvereistes
1.1
AKTIWITEIT 1.4
TOTAAL: 40
Kommoditeite is iets wat waarde het en wat geruil kan word of teen ’n prys verkoop kan word, gewoonlik op die basis van ’n gewillige verkoper en ’n gewillige koper. (3)
1.2 Die grondkaart kan gebruik word om beplanning te doen vir die beheer, gebruik en verspreiding van water.
Sample
Waar die watertafel hoog is, moet laagliggende grondsoorte goed gedreineer word.
Die fisiese beplanning van die kampe op die plaas.
Weidingskampe moet volgens die grense van die verskillende grondsoorte beplan word. ’n Weikamp behoort slegs een soort grond te bevat, aangesien die grondsoorte die plante bepaal. (6)
1.3 Vir boerderydoeleindes is dit baie belangrik om die diepte van grond te bepaal voor daar besluit word op aanplanting van gewasse.
Hoe dieper die grond, hoe beter is wortelontwikkeling by plante.
Dit veroorsaak dat plante beter ontwikkel en meer kan produseer. (4)