Gr 10-Afrikaans Huistaal-Handleiding Taalkunde 1

Page 1


Graad 10 • Handleiding

Afrikaans Huistaal: Taalkunde

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Handleiding: Taalkunde

Graad 10

Sample

Aangepas vir KABV
M Keyter

Handleiding G10 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

Sample

DEFINIEER

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT

SampleVrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word.

STUDEER/HERSIENING

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

VOORWOORD

1. INLEIDING

Baie welkom by graad 10: ʼn nuwe fase in jou skoolloopbaan! Hierdie handleiding gaan jou ondersteun om jou graad 10-jaar te laat kook! Geniet die oomblik van jou nuwe fase en laat jou vlerke groei voordat jy dit sprei.

ʼn Kort uiteensetting van wat jy kan verwag:

In Eenheid 1 gaan jy uitbrei op jou vaardighede wat jy reeds in graad 9 bemeester het en gaan jy in “Sprei jou vlerke” jou skryfvaardighede bemeester. Jy gaan ook leer om na mense en hul opinies te luister, deel te neem aan gesprekke en jou idees en menings uit te spreek, na ander s’n te luister en dit te respekteer. Dit is belangrik om jou mondelingvaardighede uit te brei sodat jy afleidings en gevolgtrekkings kan maak en motiveer.

Eenheid 2 leer ons van “Diere en hul maniere” en brei ons woordeskat uit deur om woordvorming en al die aspekte wat daarmee gepaard gaan te bestudeer. Die opsomming (précis) word ook stap vir stap met jou behandel om jou voor te berei op toetse en eksamens. Die belangrikheid van leestekens kan nie méér beklemtoon word nie, aangesien jy regdeur die jaar aan baie skryftake blootgestel gaan word.

“Musiek” is ʼn magtige instrument en beïnvloed ons lewens onwillekeurig. In Eenheid 3 gaan ons baie meer leer oor die positiewe en negatiewe invloed wat dit op ons het. Jy gaan woordsoorte hersien en na betekenisfunksie kyk.

Eenheid 4 is ʼn ware “taalskat” wat ons ontdek en gaan jy jou verstand “oopmaak” met “Open Sesame!” Jou vaardigheid om betekenisonderskeidinge te doen word verbeter met die oefeninge van homonieme, homofone, ens. Jy gaan onderskei tussen sinonieme en antonieme en jou kennis oor sinsleer uitbrei.

In elke eenheid sal ʼn kort bespreking gegee word voor ʼn aktiwiteit uitgevoer word. Dis belangrik om die volgende ikone te ken en te verstaan sodat jy weet wat om te doen.

2. AFRIKAANS HUISTAAL: INHOUD

Afrikaans Huistaal graad 10 bestaan uit die volgende komponente:

• Luister en praat

• Lees en kyk

• Skryf en aanbied

• Taalstrukture en -konvensies

2.1 LUISTER- EN PRAAT

2.1.1 Luister

Luisteronderrig betrek gewoonlik aspekte van die luisterproses. In hierdie handleiding word die luisterproses ook uiteengesit. Dis belangrik dat die fasiliteerder hom-/ haarself sal verwittig van die DRIE STAPPE. Voordat leerders na ʼn opname of ʼn

Handleiding

G10 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

leesstuk luister, moet hulle ʼn pre-luisteraktiwiteit doen. Dit sal hul bedag maak om gefokus te luister (luister met ʼn doel). Luisteraktiwiteite sal leerders help om besonderhede te onthou en om ʼn boodskap te evalueer. Post-luister kan beteken dat leerders deur bespreking reageer op wat hulle gehoor het.

2.1.2 Praat

Die onderrig van praat moet ook die volgende praatproses en kommunikasiestrategieë insluit:

• Beplanning, navorsing en organisering.

• Voorbereiding en aanbieding.

Bogenoemde aspekte sal volledig uiteengesit word in die leiding van die praatproses wanneer die portefeulje hanteer word.

2.2 LEES EN KYK

Hierdie aktiwiteite is ook op drie fases gebaseer. Elke stap van die proses sal nie altyd gebruik word nie, byvoorbeeld, as leerders ʼn onbekende tekssoort lees, moet hulle ʼn pre-leesaktiwiteit doen wat hul aandag sal vestig op die opvallende kenmerke van die tekssoort. Dit sal hulle ook help om assosiasies met hul eie ervarings te skep. Leesaktiwiteite sal leerders help om die struktuur en taalkenmerke van die teks in besonderhede ontleed. Tydens post-lees kan leerders probeer om die teks in hul eie geskrewe tekste te reproduseer.

Dit beteken in kort dat voor ʼn leesstuk aangepak word, jy die volgende stappe volg:

STAP 1: Pre-lees

• Stel die teks bekend aan die leerders.

• Vluglees of soeklees in tekskenmerke, byvoorbeeld: titels, opskrifte, subopskrifte of onderopskrifte.

STAP 2: Lees

• Dit verwys na die verstaan van die teks en om nadere aandag te skenk aan sekere taalkenmerke

Sample

• Toon aktiewe begrip van die teks.

• Bepaal die betekenis van onbekende woorde d.m.v. naslaan.

• Maak aantekeninge of som hoofgedagtes op.

STAP 3: Post-lees

• Nou sal die leerders in staat wees om ʼn geheelbeeld te hê van die teks en kan daarop reageer.

• Die leerders beantwoord nou vrae oor die teks.

• Vergelyk en evalueer sekere inligting.

• Selfs reproduseer d.m.v. ʼn genre in ʼn eie skryfstuk.

• Hy/sy onderskei tussen feite en menings en leer hoe om ʼn eie mening te formuleer.

• Ook sal die leerders kan onderskei wat die invloed van seleksie en weglating op betekenis het.

2.3 SKRYF EN AANBIED

Skryf en aanbied kombineer drie aspekte: 1) prosesskryf; 2) om die kennis van die struktuur en kenmerke van die verskillende tekste te leer; en 3) om kennis van paragrawe, sinstrukture en punktuasie te leer en toe te pas. Dit beteken dat die leerders gedurende die prosesskryf die volgende moet kan doen:

• Beplan/pre-skryf

• Skryf ʼn konsep

• Hersien

• Redigeer

• Proeflees

• Aanbied

Die volledige skryfproses word duidelik in die TAALKUNDE-AFDELING in Eenheid 1 Les 9 uiteengesit, wanneer die graad 10-stelwerkprogram bespreek word.

2.4 TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Leerders behoort in hierdie stadium bekend te wees met basiese grammatika soos woordsoorte, tye van die werkwoord, woordvorming en sinstrukture.

Taalaspekte gaan geïntegreerd met die teks getoets word. Dit beteken dat leerders MOET lees WAT gevra word en WEER KYK na die teks om bestaande taalkennis en vaardighede toe te kan pas.

Taalstrukture en -konvensies is veral baie belangrik in leerders se eie skryfwerk, aangesien skryf in hierdie fase een van die belangrikste aktiwiteite is. Byvoorbeeld: Leerders moet ʼn opstel in 40 – 60 minute kan beplan, redigeer en kan skryf.

3. PORTEFEULJEWERK

ʼn Portefeuljeboek sal apart van die studiemateriaal hanteer word. Elke opdrag sal volledig bespreek word sodat jy weet wat jou opsies is en hoe die taak aangepak moet word.

Die take wat vir graad 10 Huistaal geassesseer word, is in die portefeuljeboek aangedui.

4. TOETSE EN EKSAMENS

Die formaat en voorskrifte van die eksamenvraestelle sal streng volgens die beleidsdokument van die Departement van Basiese Onderwys gevolg word.

Vraestelle en toetse sal van uiters goeie gehalte getuig en sal ʼn Barret-analise hê om te bevestig dat alle vrae gebaseer is oor al die kognitiewe vlakke. Geen vraestel kan té moeilik

of té maklik wees nie. Vraestelle sal ook opgestel word met inagneming van die vaardighede wat getoets is in die studiemateriaal van Afrikaans Huistaal graad 10.

5.

ONDERRIGPLAN VIR TAALKUNDE

In graad 10 is die onderrigtyd vir huistaal 4½ ure per week tydens ʼn akademiese jaar van 40 weke. Die rooster moet voorsiening maak vir ten minste een dubbelperiode per week. In ʼn tweeweeklikse siklus word die volgende tydsindeling vir die verskillende vaardighede voorgestel:

* Die onderrig van taalstrukture en -konvensies vind geïntegreerd met die onderrig van bogenoemde vaardighede plaas.

Onthou: Bogenoemde tydtoekenning is slegs ʼn voorstelling vir die onderrig van ʼn nuwe vaardigheid. Dit sluit glad nie huiswerk of voltooiing van enige werksopdrag in nie.

Die onderstaande jaarplan kan self voltooi word. Neem persoonlike aktiwiteite in ag.

Ons hoop dat hierdie jaar vir jou ʼn inspirerende leerervaring sal wees en dat jy baie sukses sal behaal.

JAARPLAN

KWARTAAL LES

1. Luisteroefening

2. Soorte sinne

3. Skryf ʼn paragraaf

4. Leestekens

5. Leesstrategieë

6. Grondbeginsels

1

7. Klankleer

8. Sinsleer

9. Die skryfproses

10. Skryftekens

11. Hoofletters

12. Woordvorming

13. Opsomming (précis)

14. Herkoms Afrikaanse woordeskat

15. Spelling

2

16. Woordsoorte

17. Soorte werkwoorde

18. Woordsoorte

19. Betekenisonderskeiding

3

20. Sinonieme/antonieme

21. Sinsleer

4 22. Hersiening

*Bykomende notas en opgedateerde lesplanne is aanlyn beskikbaar op die Optimi Learning Portal (OLP). Verwys na OLP vir alle ander lesinhoud.

Sample

EENHEID 1 Sprei jou vlerke

Les 1: Luisteroefening

LEERDOELWITTE

Nadat jy die volgende twee lesse voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:

• Luister na inligting.

• Deelneem aan gesprekke.

• Jou idees en menings uitspreek en na ander s’n luister en dit respekteer.

• Afleidings en gevolgtrekkings maak en motiveer.

• Hoofgedagtes van sinne.

• Effektiewe sinsbou.

• Skakeling van sinne onderling.

• Kerngedagtes van paragrawe.

• Verband tussen paragrawe.

• Ondersoek van paragrawe in leesstuk.

KERNINHOUD

Hierdie aktiwiteit fokus ons op die luisterproses. Lees deur die onderstaande inligting en voer dan die opdragte uit.

VAARDIGHEID: LUISTER EN PRAAT

Die luisterproses bestaan uit drie fases, naamlik: Pre-luister

• Bepaal die doel van die luisteropdrag (bv. om meer inligting te bekom).

• Maak seker dat jy die betekenis van woorde verstaan.

• Probeer om te voorspel wat gaan gebeur.

Tydens die luisteraktiwiteit

• Ontleed die boodskap en die spreker se doel daarmee.

• Skep bepaalde betekenisse en assosiasies.

• Maak afleidings, vra vrae.

Post-luisteraktiwiteit

• Vra vrae om die standpunt van die spreker te verstaan.

• Som die aanbieding kortliks op.

• Ontleed en evalueer krities wat gehoor is.

• Besin oor die aanbieding.

Om ʼn goeie luisteraar te wees, beteken jy moet die kommunikasieproses verstaan. Harold D. Lasswell meen dat die kommunikasieproses uit die volgende vrae bestaan:

Wie → sê wat → waardeur → aan wie → met watter gevolg? In die kommunikasieproses is die boodskap 13% van belang en die boodskapper 86%.

BELANGRIK

Vir sommige mense is dit baie lekker om rond te rits, plekke en besienswaardighede te ondersoek wat hulle nog nie vantevore ervaar het nie. Daarenteen is daar ook mense wat niks daarvan hou om hulle bekende omgewings te verlaat nie. Die leesstuk “Oos wes tuis bes” vertel van so ʼn persoon.

Pre-luister Voordat die fasiliteerder die leesstuk aan jou gaan voorlees, gesels eers oor die volgende:

• Wat beteken die uitdrukking “Oos wes tuis bes”?

• Is dit maklik om sommer van die huis af weg te gaan en vakansie te gaan hou?

• Wie pas julle huis op en versorg die tuin?

• Waarin sal jy graag eendag wil woon? ʼn Groot huis of woonstel?

• In watter dorp/land sal jy graag wil woon en hoekom?

Luisteraktiwiteit

• Luister nou na die leesstuk. Dit gaan TWEE KEER aan jou gelees word.

• Luister die EERSTE keer net om ʼn geheelbeeld te vorm.

• Lees nou eers die vrae deur.

Sample

• Moenie dadelik begin antwoord nie.

• Hou jou pen gereed sodat jy aantekeninge kan maak wanneer dit vir die TWEEDE keer aan jou gelees gaan word.

Post-luisteraktiwiteit

• Voltooi al die vrae.

• Verstaan jy die spreker se standpunt?

AKTIWITEIT 1

Gebruik nou jou aantekeninge en beantwoord die onderstaande vrae in jou oefenboek.

1.1. Waar woon Fred Downes? (1)

1.2. Hoe lank woon hy al in dieselfde huis? (1)

1.3. Saam met wie het Fred eers “rondgeskarrel” en vakansie gehou? (1)

1.4. Vul die korrekte antwoord in:

Hy het (1.4.1) ____________ gekweek en die vars (1.4.2) ______________ en (1.4.3) ______________ wat hy gemaak het, verkoop. (3)

1.5. Wat dink jy bedoel die skrywer met die titel “Oos wes tuis bes”? (1)

1.6. Wat is jou mening oor die “ou man” wat nou wil doodgaan in die huis waarin hy gebore is? (1)

1.7. Stem jy saam dat dit reg is dat welsynmense kinders van hul ouers wegneem? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) [10]

STUDEER/HERSIENING

Wanneer mense in ʼn ontspanne atmosfeer verkeer en bekend is met die persone met wie hulle kommunikeer, het hulle gewoonlik nie probleme om ontspanne te praat, te lees en selfs te skryf nie. Maar sodra daar ʼn vreemdheid in die atmosfeer intree, verander die situasie heeltemal: jy raak gespanne en kan nie natuurlik optree nie. Kom ons vergeet van al hierdie ou bagasie wat ons met ons saamdra, ons raak natuurlik en geniet die aktiwiteite wat hierop volg.

Sample

As ʼn mens ʼn huis bou, is daar ʼn sekere volgorde in die beplanning en voltooiing daarvan. Eers moet daar ʼn plan geteken word, dan boumateriaal aangeskaf word soos in die beplanning voorgeskryf. Dan word die fondasie gegrawe en gegooi en die stene laag vir laag opmekaar gepak. So word die gebou stelselmatig voltooi. As die volgorde nie reg is nie, gaan die huis beslis probleme oplewer, waarskynlik inmekaar tuimel.

Bogenoemde beginsel is op skryfwerk van enige aard van toepassing. As daar nie deeglike beplanning vooraf gedoen word nie, kan sukses nie gewaarborg word nie. Die enkele belangrikste bousteen in skryfwerk is die WOORD.

Jy moet jouself telkens daarvan vergewis dat die woord wat gebruik word die beste, juisste woord is om in elke spesifieke situasie te gebruik.

Elke SIN is om ʼn kernwoord gebou, m.a.w. ʼn sin moet ʼn kernwoord bevat.

Kyk na die eerste sin in paragraaf 2 van die leesstuk.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.