Gr 10-Afrikaans Huistaal-Fasiliteerdersgids Taalkunde 1

Page 1


Graad 10 • Fasiliteerdersgids

Afrikaans Huistaal: Taalkunde

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Fasiliteerdersgids: Taalkunde

Graad 10

Aangepas vir KABV

G10 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE

Enige inligting anders as die inhoud, om leerders deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT

Sample

Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word.

STUDEER/HERSIENING

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

G10 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

VOORWOORD

1. INLEIDING

Geagte fasiliteerder

Hierdie fasiliteerdersgids gaan jou ondersteun om leerders se graad 10-jaar te laat kook! Geniet elke oomblik van die nuwe fase saam met die leerders. As mentor gaan jy lei en begelei en sien hoe die leerders hulle vlerke groei voordat hulle dit sprei.

’n Kort uiteensetting van hoe hierdie gids werk:

• Leerders se taalhandleiding beskik ook oor ’n voorwoord wat hulle welkom heet en wat ’n kort oorsig gee van wat in elke eenheid behandel gaan word.

• Om die studiewerk en daaglikse oefeninge te onderskei, is daar verskillende LESELEMENTE wat leerders in staat te stel om die handleiding gemaklik te kan hanteer.

• Vir die fasiliteerder is die volgende ikoon in hierdie gids aangebring, waar die betrokke opdrag of metodiek van ’n nuwe leerproses verduidelik word.

FASILITEERDER:

Instruksies sal dan hier volg.

• Voor die afskop van elke les word daar aan die leerders die lesdoelwitte verduidelik.

• Die leerders moet oor die volgende werkboeke (skrifte) beskik: ’n Boek met lyntjiespapier vir stelwerk, een vir taal en een vir letterkunde.

2. AFRIKAANS HUISTAAL: INHOUD

Afrikaans Huistaal graad 10 bestaan uit die volgende komponente:

• Luister en praat

• Lees en kyk

• Skryf en aanbied

• Taalstrukture en -konvensies

2.1 LUISTER- EN PRAAT

2.1.1 Luister

Luisteronderrig betrek gewoonlik aspekte van die luisterproses. In die handleiding word die luisterproses ook uiteengesit. Dis belangrik dat die fasiliteerder hom-/haarself sal verwittig van die DRIE STAPPE. Voordat leerders na ’n opname of ’n leesstuk luister, moet hulle ’n pre-luisteraktiwiteit doen. Dit sal hul bedag maak om gefokus te luister (luister met ’n doel). Luisteraktiwiteite sal leerders help om besonderhede te onthou en om ’n

G10 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

boodskap te evalueer. Post-luister kan beteken dat leerders deur bespreking reageer op wat hulle gehoor het.

2.1.2 Praat

Die onderrig van praat moet ook die volgende praatproses en kommunikasiestrategieë insluit:

• Beplanning, navorsing en organisering.

• Voorbereiding en aanbieding.

Bogenoemde aspekte sal volledig uiteengesit word in die leiding van die praatproses wanneer die portefeulje hanteer word.

2.2 LEES EN KYK

Hierdie aktiwiteite is ook op drie fases gebaseer. Elke stap van die proses sal nie altyd gebruik word nie, byvoorbeeld, as leerders ’n onbekende tekssoort lees, moet hulle ’n preleesaktiwiteit doen wat hul aandag sal vestig op die opvallende kenmerke van die tekssoort. Dit sal hulle ook help om assosiasies met hul eie ervarings te skep. Leesaktiwiteite sal leerders help om die struktuur en taalkenmerke van die teks in besonderhede ontleed. Tydens post-lees kan leerders probeer om die teks in hul eie geskrewe tekste te reproduseer.

Dit beteken in kort dat voor ’n leesstuk aangepak word, die volgende stappe gevolg word:

STAP 1: Pre-lees

• Stel die teks bekend aan die leerders.

• Vluglees/soeklees in tekskenmerke, bv : titels/opskrifte/subopskrifte/onderopskrifte.

STAP 2: Lees

• Dit verwys na die verstaan van die teks en om nadere aandag te skenk aan sekere taalkenmerke.

• Toon aktiewe begrip van die teks.

• Bepaal die betekenis van onbekende woorde d.m.v. naslaan.

• Maak aantekeninge of som hoofgedagtes op.

STAP 3: Post-lees

• Nou sal leerders in staat wees om ’n geheelbeeld te hê van die teks en kan daarop reageer.

• Die leerders beantwoord nou vrae oor die teks.

• Vergelyk en evalueer sekere inligting.

• Selfs reproduseer d.m.v. ’n genre in ’n eie skryfstuk.

• Leerders onderskei tussen feite en menings en leer hoe om ’n eie mening te formuleer.

• Leerders kan ook onderskei wat die invloed van seleksie en weglating op betekenis het.

2.3 SKRYF EN AANBIED

Skryf en aanbied kombineer drie aspekte: 1) prosesskryf; 2) om die kennis van die struktuur en kenmerke van die verskillende tekste te leer; en 3) om kennis van paragrawe, sinstrukture en punktuasie te leer en toe te pas. Dit beteken dat die leerders gedurende die prosesskryf die volgende moet kan doen:

• Beplan/pre-skryf

• Skryf ’n konsep

• Hersien

• Redigeer

• Proeflees

• Aanbied

Die volledige skryfproses word duidelik in die TAALKUNDE-AFDELING in Eenheid

1 Les 9 uiteengesit, wanneer die graad 10-stelwerkprogram bespreek word.

2.4 TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Leerders behoort in hierdie stadium bekend te wees met basiese grammatika soos woordsoorte, tye van die werkwoord, woordvorming en sinstrukture.

Taalaspekte gaan geïntegreerd met die teks getoets word. Dit beteken dat leerders MOET lees WAT gevra word en WEER KYK na die teks om bestaande taalkennis en vaardighede toe te kan pas.

Taalstrukture en -konvensies is veral baie belangrik in leerders se eie skryfwerk, aangesien skryf in hierdie fase een van die belangrikste aktiwiteite is.

Byvoorbeeld: Leerders moet ’n opstel in 40 – 60 minute kan beplan, redigeer en kan skryf.

3. PORTEFEULJEWERK

’n Portefeuljeboek sal apart van die studiemateriaal hanteer word. Elke opdrag sal volledig bespreek word sodat die leerders weet wat hulle opsies is en hoe die taak aangepak moet word.

Die take wat vir graad 10 Huistaal geassesseer word, is in die portefeuljeboek aangedui. Die puntestaat word ook volledig in die portefeuljeboek uiteengesit.

4. TOETSE EN EKSAMENS

Die formaat en voorskrifte van die eksamenvraestelle sal streng volgens die beleidsdokument van die Departement van Basiese Onderwys gevolg word.

Vraestelle en toetse sal van uiters goeie gehalte getuig en sal ’n Barret-analise hê om te bevestig dat alle vrae gebaseer is oor al die kognitiewe vlakke. Geen vraestel kan té moeilik of té maklik

G10 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

wees nie. Vraestelle sal ook opgestel word met inagneming van die vaardighede wat getoets is in die studiemateriaal van Afrikaans Huistaal graad 10.

5. ONDERRIGPLAN VIR TAALKUNDE

In graad 10 is die onderrigtyd vir huistaal 4½ ure per week tydens ’n akademiese jaar van 40 weke. Die rooster moet voorsiening maak vir ten minste een dubbelperiode per week. In ’n tweeweeklikse siklus word die volgende tydsindeling vir die verskillende vaardighede voorgestel:

* Die onderrig van taalstrukture en -konvensies vind geïntegreerd met die onderrig van bogenoemde vaardighede plaas.

Daar moet genoegsame periodes vir taal, letterkunde, skryf, leesbegrip, luister en praat ingedeel word.

Onthou: Bogenoemde tydtoekenning is slegs ’n voorstelling vir die onderrig van ’n nuwe vaardigheid. Dit sluit glad nie huiswerk of voltooiing van enige werksopdrag in nie.

Die onderstaande jaarplan kan self voltooi word. Neem persoonlike aktiwiteite in ag.

Ons hoop dat hierdie jaar vir jou ’n inspirerende leerervaring sal wees en dat jy baie sukses sal behaal.

G10 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde

JAARPLAN

KWARTAAL

1

2

3

LES

1. Luisteroefening

2. Soorte sinne

3. Skryf ’n paragraaf

4. Leestekens

5. Leesstrategieë

6. Grondbeginsels

7. Klankleer

8. Sinsleer

9. Die skryfproses

10. Skryftekens

11. Hoofletters

12. Woordvorming

13. Opsomming (précis)

14. Herkoms Afrikaanse woordeskat

15. Spelling

16. Woordsoorte

17. Soorte werkwoorde

18. Woordsoorte

19. Betekenisonderskeiding

20. Sinonieme/antonieme

21. Sinsleer

4 22. Hersiening

*Bykomende notas en opgedateerde lesplanne is aanlyn beskikbaar op die Optimi Learning Portal (OLP). Verwys na OLP vir alle ander lesinhoud.

EENHEID 1 Sprei jou vlerke

Les 1: Luisteroefening

LEERDOELWITTE

Nadat leerders hierdie lesse voltooi het, moet hulle in staat wees om die volgende te doen:

• Luister na inligting.

• Deelneem aan gesprekke.

• Jou idees en menings uitspreek en na ander s’n luister en dit respekteer.

• Afleidings en gevolgtrekkings maak en motiveer.

• Hoofgedagtes van sinne.

• Effektiewe sinsbou.

• Skakeling van sinne onderling.

• Kerngedagtes van paragrawe.

• Verband tussen paragrawe.

• Ondersoek van paragrawe in leesstuk.

FASILITEERDER:

Bespreek die onderstaande fases van die luisterproses met die leerders. Maak seker dat hulle die kommunikasieproses verstaan. Dis veral belangrik wanneer die mondelinge assessering gedoen gaan word.

KERNINHOUD

In hierdie aktiwiteit fokus ons op die luisterproses. Lees deur die onderstaande inligting en voer dan die opdragte uit.

VAARDIGHEID: LUISTER EN PRAAT

Die luisterproses bestaan uit drie fases, naamlik: Pre-luister

• Bepaal die doel van die luisteropdrag (bv. om meer inligting te bekom).

• Maak seker dat jy die betekenis van woorde verstaan.

• Probeer om te voorspel wat gaan gebeur.

Tydens die luisteraktiwiteit

• Ontleed die boodskap en die spreker se doel daarmee.

• Skep bepaalde betekenisse en assosiasies.

• Maak afleidings, vra vrae.

Post-luisteraktiwiteit

• Vra vrae om die standpunt van die spreker te verstaan.

• Som die aanbieding kortliks op.

• Ontleed en evalueer krities wat gehoor is.

• Besin oor die aanbieding.

Om ’n goeie luisteraar te wees, beteken jy moet die kommunikasieproses verstaan. Harold D Lasswell meen dat die kommunikasieproses uit die volgende vrae bestaan:

Wie → sê wat → waardeur → aan wie → met watter gevolg?

In die kommunikasieproses is die boodskap 13% van belang en die boodskapper 86%.

Vir sommige mense is dit baie lekker om rond te rits, plekke en besienswaardighede te besoek wat hulle nog nie vantevore ervaar het nie. Daarenteen is daar ook mense wat niks daarvan hou om hulle bekende omgewings te verlaat nie. Die leesstuk “Oos wes tuis bes” vertel van so ’n persoon.

FASILITEERDER:

PRE-LUISTER:

Gesels eers met die leerders oor die volgende:

• Wat beteken die uitdrukking “Oos wes tuis bes”?

• Is dit maklik om sommer van die huis af weg te gaan en vakansie te gaan hou?

• Waar sal jy graag eendag wil woon en hoekom?

LUISTERPROSES:

Die leesstuk “Oos wes tuis bes” word TWEE KEER aan die leerders voorgelees.

EERSTE KEER: Die leerders luister net om agtergrondinligting te bekom.

TWEEDE KEER: Die leerders mag notas op rofwerkpapier maak.

Nadat die leesstuk vir die TWEEDE KEER deurgelees is, lees die vrae in die handleiding saam met hulle.

Die leerders mag nog nie die vrae beantwoord nie.

POST-LUISTERAKTIWITEIT:

Laat die leerders die vrae in hul werkboeke voltooi. Bespreek moontlike uitvalle en merk volgens memorandum. Sample

Oos wes, tuis bes

Hier is ek gebore en hier wil ek sterwe. So sê Fred Downes, wat al sy hele lewe lank in die huis agter hom bly. Hy het dit in 1952 vir R3 450 gekoop en dis nou byna ’n half miljoen werd.

1. Oos wes, tuis bes. Só glo Fred Downes van Shropshire in Brittanje. En hy bewys dit – Fred bly al sy lewe lank, ’n hele 92 jaar, in dieselfde huis.

2. Fred is in die landelike kothuis naby Church Stretton gebore. Die enigste kere wat hy uit die agtiende eeuse huis met sy twee slaapkamers weg was, was toe hy in die leër was tydens die Tweede Wêreldoorlog en ’n kort vakansie wat hy in 1946 in Noord-Wallis gehad het.

3. Fred, wat vyftien jaar lank as ’n tuinier gewerk en nooit getrou het nie, het altyd sy vakansies in sy tuin deurgebring eerder as om na besienswaardighede in Wallis te gaan kyk.

4. “Ek het my vakansie tot op ’n punt geniet, maar ons het baie rondgeskarrel om saam met my suster, Beatrice, na plekke te gaan kyk. Toe besluit ek ek is baie gelukkiger in my tuin by die huis.

5. “My familie het nog altyd hier gewoon en ek het besluit om hier te bly. Ek is gebore in die kamer bokant die een waarin ek nou staan en het nooit getrou nie. Daar was nooit enige rede waarom ek moes trek nie.”

6. Die huis het tot vroeg in die jare veertig nie eens lopende water gehad nie. Fred onthou nog goed hoe hulle dit moes aandra.

7. “Die lewe was maar moeilik toe ek jonk was. My pa is in 1910 dood toe ek net agtien maande oud was en my ma moes ses kinders alleen grootmaak.

8. “Ek en my suster was die jongste en die welsyn wou ons wegvat en grootmaak. My ma het geweier en gesê: ‘As julle dan twee van my kinders gaan vat, vat die oudste twee sodat ek ten minste vir hulle kan verduidelik wat aangaan.’”

9. Fred-hulle het die huis tot in 1952 gehuur. Toe besluit die eienaars om dit te verkoop. “Ons het dit vir 300 pond (R3 450) gekoop en nou is dit 50 000 pond (R460 000) werd,” vertel Fred.

10. Een van die vernaamste redes waarom hy nooit getrek het nie, is sy tuin van bykans ’n halwe hektaar. Daaruit het hy vroeër goed geld gemaak. Hy het aarbeie gekweek en die vars vrugte en konfyt wat hy gemaak het, verkoop.

11. Maar nou is hy oud en sy eens spogtuin is net ’n massa onkruid. Maar Fred gaan nie trek nie. Hy wil doodgaan in die huis waarin hy gebore is.

Uit: Huisgenoot
Fred Downes

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Gr 10-Afrikaans Huistaal-Fasiliteerdersgids Taalkunde 1 by Impaq - Issuu