Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Lewensoriëntering
Handleiding
Graad 10
Aangepas vir KABV
M du Plessis
LES
met ontwikkeling na volwassenheid
Beplan ’n buitelugontspanningsaktiwiteit saam met jou maats.
Eenheid 7: Beroepe en beroepskeuses....................................................................... 221
LES 7.1: Diversiteit in werke ................................................................................... 221
LES 7.1.1: Ekonomiese sektore.............................................................................. 222
LES 7.1.2: Werkomgewingstoestande 223
Aktiwiteit 39: In watter soort werksomgewing sou jy wou werk? 225
LES 7.1.3: Beroepsgeleenthede in die ontspanningsbedryf 225
LES 7.2: Vaardighede en bevoegdhede ................................................................. 227
Aktiwiteit 41: Assessering van vaardighede, belangstellings en bevoegdhede vir ’n beroep 232
LES 7.3: Navorsingsvaardighede, bevordering en vooruitsigte vir verdere studies 233
Aktiwiteit 42: Doen navorsing oor al die moontlikhede vir ’n beroep in die gasvryheidsbedryf, ontspanning, fiksheid of sport wat jou sal toelaat om op ’n toerskip te werk ...............................................
LES 7.4: Gebruik tyd produktief om oordraagbare vaardighede te verkry
LES
Het ek reeds vaardighede?
en buitelugaktiwiteite
LES 9.2: Lê vooroordeel in sport bloot
LES 9.2.1: Geslags- of genderdiskriminasie in sport ..............................................
LES 9.2.2: Diskriminasie op grond van godsdiens in sport ....................................
LES 9.2.3: Diskriminasie op grond van gestremdheid in sport
LES 9.2.4: Homofobie in sport
LES 9.2.5: Gebrek aan mediadekking vir vrouesport
Aktiwiteit 49: Ontleding en kritiese evaluering van vooroordeel in sport .........
LES 9.2.6: Onregverdige praktyke in sport .............................................................
Aktiwiteit 50: Navorsing – ontleed en evalueer wanadministrasie en subjektiewe skeidsregters
LES 9.3: Liggaamsopvoeding: Tradisionele en nie-tradisionele speletjies
INLEIDING
Lewensoriëntering is die studie van die self in verhouding tot ander en tot die samelewing. Dit bespreek vaardighede, kennis en waardes oor jouself, die omgewing, verantwoordelike burgerskap, ’n gesonde en produktiewe leefstyl, maatskaplike interaksie, ontspanning en fisiese aktiwiteite, en loopbane en loopbaankeuses.
Dit rus jou toe met ’n lewensvaardighede om probleme op te los, ingeligte besluite te neem en gepaste stappe te neem sodat jy betekenisvol en suksesvol in ’n vinnigveranderende samelewing kan funksioneer. Die fokus val nie net op kennis nie. Ewe veel aandag word geskenk aan die toepassing van vaardighede en waardes in werklike situasies, asook deelname aan fisiese aktiwiteite, gemeenskapsorganisasies en -inisiatiewe.
Lewensoriëntering in die VOO-fase beoog om:
• jou te lei en voor te berei om gepas te reageer op die lewe se verantwoordelikhede en geleenthede
• jou toe te rus om optimaal op ’n persoonlike, sielkundige, kognitiewe, motoriese, fisiese, morele, geestelike, kulturele en sosio-ekonomiese vlak te reageer
• jou te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite oor hulle eie gesondheid en welstand, sowel as die gesondheid en welstand van ander te neem
• jou bloot te stel aan jou grondwetlike regte en verantwoordelikhede, aan die regte van ander en aan kwessies van diversiteit
• jou toe te rus met kennis, vaardighede en waardes om ingeligte besluite oor vakkeuses, hoër- en bykomende opvoedingsgeleenthede, loopbane en die werksomgewing te kan neem
• jou bloot te stel aan verskeie studiemetodes en -vaardighede met betrekking tot assesseringsprosesse
• jou bloot te stel aan die waarde van gereelde deelname aan fisiese aktiwiteite
Lewensoriëntering in graad 10 tot 12 fokus op die volgende kernonderwerpe:
• Ontwikkeling van die self in die samelewing
• Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid
• Demokrasie en menseregte
Sample
• Loopbane en loopbaankeuses
• Studievaardighede
• Liggaamsopvoeding
Die vakinhoud en verwante assesseringselemente is gebaseer op die onderwerpe soos in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) uiteengesit.
Handleiding G10
HULPBRONVEREISTES
Die volgende hulpbronne, skryfbehoeftes en toerusting is nodig om hierdie vak suksesvol te voltooi:
• Impaq Lewensoriëntering-handleiding
• Impaq Lewensoriëntering-fasiliteerdersgids (slegs deur die fasiliteerder gebruik)
• ’n Notaboek om skriftelike aktiwiteite te doen
• Gepaste klere, skoene en toerusting om die liggaamsoefeninge te doen
TYDSTOEDELING EN -BESTUUR
Graad 10 is ’n baie kort jaar. Alhoewel die KABV voorsiening maak vir 10 weke per kwartaal, stem die Departement van Basiese Onderwys se skoolkalender nie altyd hiermee ooreen nie. Dit is raadsaam om dadelik met die volgende kwartaal se werk te begin sodra jy ’n kwartaal se werk voltooi het. Dit sal genoeg tyd vir deeglike studie en hersiening verseker.
Die onderstaande diagram is ’n voorgestelde raamwerk om die inhoud te dek. Let daarop dat Liggaamsopvoeding deur die kwartaal gedoen word en die intensiteit algaande verhoog om persoonlike fiksheid te verbeter.
• EENHEID 1
Ontwikkeling van die self in die samelewing
• EENHEID 2
1
2
Loopbane en loopbaankeuses
• EENHEID 3
Demokrasie en menseregte
• EENHEID 4
Studievaardighede
• EENHEID 5
Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid
• Junie-eksamen
• EENHEID 6
Ontwikkeling van die self in die samelewing
• EENHEID 7
Loopbane en loopbaankeuses
4
• EENHEID 8
Loopbane en loopbaankeuses
• EENHEID 9
Demokrasie en menseregte
• Hersiening en eksamenvoorbereiding
• Novembereksamen
• Liggaamsopvoeding
WEEKLIKSE SKEDULE
Die voorgestelde weeklikse akademiese skedule vir graad 10.
’n Minimum van enige drie keusevakke
*’n Les duur 45 minute.
ASSESSERINGSPLAN
(3 × 4)
Geen aktiwiteit in die handleiding is vir formele assessering nie. Verwys asseblief na die portefeuljeboek vir alle formele assesserings.
STUDIEWENKE EN -METODES
’n Mens moet nooit wag tot die aand voor ’n toets of vraestel om te begin leer nie. Dit is nooit te vroeg om goeie studiegewoontes te ontwikkel nie. Almal verskil en die motivering om te leer kom meer natuurlik vir sommige leerders. Net soos atlete moet oefen en hul vaardighede ontwikkel, moet doeltreffende studievaardighede geoefen word om goed te presteer. Hoe vinniger jy goeie studiegewoontes verstaan en toepas, hoe makliker sal die toetse en vraestelle wees, en hoe groter jou kans om goeie punte te behaal.
Wenke om jou te help om die meeste van jou Lewensoriënteringstudies te maak:
• Jy kan orals leer, maar die plek moenie enige afleidings hê nie.
• Tyd is die waardevolste hulpbron. As jy sukkel om tyd te kry om te leer, moet jy prioritiseer en ’n rooster optrek.
• Wanneer jy vir toetse of eksamens voorberei, moet jy tyd neem om die werk te hersien. Begin hierdie proses deur die werk te hersien terwyl dit nog vars in jou geheue is. As jy te lank wag sal die inhoud dalk nie sin maak nie.
• Maak seker jy verstaan al die leermateriaal in jou handleiding. Dit is nutteloos om feite te memoriseer as jy dit nie verstaan nie.
• Toets jouself deur die selfassesseringvrae en aktiwiteite te doen. Gebruik die uitslae as ’n riglyn om te bepaal op watter areas jy ekstra aandag moet skenk.
• Dit is belangrik om gereeld te rus – as jy te hard werk kan dit jou prestasie beïnvloed.
• Bly gemotiveer. Jy kan jou studieruimte versier met inspirerende aanhalings of foto’s van mense wat jy trots wil maak deur goeie punte te kry.
• Beloon jouself.
LESELEMENTE
Elke eenheid bestaan uit die volgende leeraktiwiteite:
• Uitdagings
• Lewensoriëntering-inhoud
• Liggaamsopvoeding
• Aktiwiteite om die uitdagings die hoof te bied
• Toepassing en denkende aktiwiteite
Asook:
• Leeruitkomste
• Bykomende aktiwiteite
• Definisies
• Verrykende aktiwiteite (vir die nuuskieriges)
• Opsommings
• Aktiwiteite vir selfassessering
Drie weke word toegestaan om elke eenheid te voltooi. Sample
LEERDOELWITTE
Wat leerders volgens KABV-vereistes aan die einde van die les moet weet.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om te help met begrip van die onderwerp as deel van die les.
DEFINIEER
Definisies van begrippe om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
Verduidelik misverstande om moontlike verwarring met bestaande kennis te vermy.
WENKE
Enige inligting buiten die inhoud, om leerders deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGE
Aanmoediging om grondige navorsing oor die inhoud te doen. Brei die aktiwiteit en oefening tot so ’n mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: Uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderrigbehoeftes (LSO): Verduidelik dat die basiese vrae voltooi moet word om ’n slaagpunt te behaal.
AKTIWITEIT
Vrae wat voltooi moet word om leerders se kennis van die afgehandelde les te toets.
KERNINHOUD
Beklemtoon die kern van die inhoud; grondige verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; leerders moet hierdie inhoud verstaan.
Sample
VAKINHOUD EN BEPLANNING
Les Inhoud
Kwartaal 1
Eenheid 1: Ontwikkeling van die self in die samelewing
1.1 Selfbewustheid, eiewaarde en selfontwikkeling
1.1.1 Selfbewustheid
1.1.2 Eiewaarde
1
2
3
4
1
1.1.3 Persoonlike-/Selfontwikkeling
1.1.4 Strategieë om selfvertroue en vertroue by ander te bou
1.2 Mag, magsverhoudings, manlikheid, vroulikheid en gender
1.2.1 Geslagsidentiteit en -rolle
1.2.2 Magsverhoudings
1.2.3 Die invloed van geslagsongelykheid op algemene welstand
1.2.4 Seksuele welstand
1.3 Liggaamlike fiksheid en veiligheid
1.3.1 Die invloed van liggaamlike fiksheid op geestesgesondheid
1.3.2 Liggaamlike fiksheid
1.3.3 Veiligheidsmaatreëls vir liggaamlike aktiwiteite
Dink na en pas toe Eenheid 2: Loopbane en loopbaankeuses
2.1 Kennis oor myself met betrekking tot loopbaankeuses
2.1.1 Die kies van ’n loopbaan: Die belangrikheid van selfkennis
2.1.2 Die verskille tussen ’n werk, ’n beroep, ’n loopbaan en ’n beroepsveld
2.1.3 Vereistes vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)
2 2.2 Kennis van lewensdomeine
3
4
Teikendatum*
Sample
2.2.1 Die drie lewensdomeine
2.3 Sosio-ekonomiese faktore wat in ag geneem moet word as jy ’n loopbaan kies
2.3.1 Finansiële/Ekonomiese oorwegings
2.3.2 Genderstereotipering en die invloed wat dit op loopbaankeuses het
2.3.3 Die invloed van belasting op persoonlike inkomste
2.4 Deelname aan aktiwiteite wat liggaamlike fiksheid bevorder
2.4.1 Hoe kan ek fisies meer aktief word?
Dink na en pas toe
1
2
3
4
1
2
Eenheid 3: Demokrasie en menseregte
3.1 Diversiteit, diskriminasie en skending van menseregte
3.1.1 Diversiteit en stereotipering
3.1.2 Diskriminasie
3.1.3 Skendings van menseregte
3.2 Die Handves van Regte en ander menseregte-instrumente
3.2.1 Nasionale en internasionale instrumente wat menseregte beskerm
3.3 Diskriminerende gedrag en skendings van menseregte
3 4.3 Die assesseringsproses en ’n jaarlikse studieplan
4 4.4 Liggaamsopvoeding
4.4.1 Veiligheidswenke
4.4.2 Inheemse speletjies
Eenheid 5: Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid
1 5.1 Sosiale en omgewingsgeregtigheid
2 5.2 Sosiale en omgewingskwessies, en die skadelike gevolge daarvan
5.2.1 Werkloosheid
5.2.2 Korrupsie
5.2.3 Gebrek aan gesondheidsdienste
3 5.3 Sosiale, konstruktiewe en kritiese denkvaardighede
5.3.1 Jeugdiensontwikkeling Sample
4
5.4 Liggaamsopvoeding: Speelgrond-, inheemse en gemeenskapspeletjies
5.4.1 Die sosiale en akademiese voordele van spansport
5.4.2 Voordele van inheemse speletjies speel
5.4.3 Speelgrondspeletjies
5.4.4 Gemeenskapspeletjies
5.4.5 Lessenaaroefeninge – oefeninge om te doen tydens studie
Eenheid 6: Ontwikkeling van die self in die samelewing
1 6.1 Lewensrolle
6.2 Veranderinge wat verband hou met ontwikkeling na volwassenheid
2
6.2.1 Fisiese veranderinge
6.2.2 Emosionele veranderinge
6.2.3 Sosiale veranderinge
6.3 Waardes en strategieë om verantwoordelike besluite te neem wat persoonlike potensiaal ten volle sal ontwikkel
6.3.1 Besluite aangaande seksualiteit
3
6.3.2 Waardes en seksualiteit
6.3.3 Vaardighede verwant aan seksualiteit en leefstylkeuses
6.3.4 Seksuele besluitneming
6.4 Liggaamsopvoeding: Aktiwiteite wat rekreasie en ontspanning bevorder
4
6.4.1 Buitelugontspanningsaktiwiteite
6.4.2 Oefeninge om beweging te verbeter
Eenheid 7: Loopbane en loopbaankeuses
7.1 Diversiteit in werke
7.1.1 Ekonomiese sektore
1
Sample
7.1.2 Werkomgewingstoestande
7.1.3 Beroepsgeleenthede in die ontspanningsbedryf
2 7.2 Vaardighede en bevoegdhede
3
4
7.3 Navorsingsvaardighede, bevordering en vooruitsigte vir verdere studies
7.4 Gebruik tyd produktief om oordraagbare vaardighede te verkry
7.4.1 Tydsbestuur
7.4.2 Oordraagbare vaardighede
5 7.5 Liggaamsopvoeding
7.5.1 Aktiwiteite wat rekreasie en ontspanning bevorder
7.5.2 Sonlig en buitelugaktiwiteite
1
2
3
4
1
2
Eenheid 8: Loopbane en loopbaankeuses
8.1 Tendense en eise in die arbeidsmark
8.1.1 Globalisering en loopbane
8.1.2 Veranderende loopbaanpatrone en die impak op die behoefte aan vaardighede en bekwaamhede
8.1.3 Nisberoepe
8.2 SAQA, NQF en RPL
8.3 Verskillende vorme van leer
8.3.1 Lewenslange leer
8.4 Liggaamsopvoeding
8.4.1 Lewenslesse wat deur sport geleer word
8.4.2 Tradisionele versus nie-tradisionele sport
Eenheid 9: Demokrasie en menseregte
9.1 Etiese tradisies en godsdienswette in Suid-Afrika se vernaamste godsdienste
9.1.1 Christendom
9.1.2 Judaïsme
9.1.3 Islam
9.1.4 Hindoeïsme
9.1.5 Tradisionele Afrika-godsdiens
9.2 Lê vooroordeel in sport bloot
9.2.1 Geslags- of genderdiskriminasie in sport
9.2.2 Diskriminasie op grond van godsdiens in sport
9.2.3 Diskriminasie op grond van gestremdheid in sport
9.2.4 Homofobie in sport
9.2.5 Gebrek aan mediadekking vir vrouesport
9.2.6 Onregverdige praktyke in sport
3 9.3 Liggaamsopvoeding – tradisionele en nie-tradisionele speletjies
*Vul jou teikendatum vir die voltooiing van elke les in, volgens jou jaarplan vir Lewensoriëntering.
1 Ontwikkeling van die self in die samelewing
Hierdie eenheid fokus op hoe om strategieë te ontwikkel om selfbewustheid, eiewaarde en selfontwikkeling te versterk. Daar is verskeie faktore wat ons selfbewustheid en eiewaarde beïnvloed. Dit kan ons vlak van vertroue beïnvloed wanneer ons met ander te doen kry en as ons besluite moet neem. ’n Ongesonde eiewaarde kan tot spanning, angs en depressie lei.
Met ’n hoë vlak van selfbewustheid en ’n gesonde eiewaarde sal ’n persoon hul eie uniekheid kan sien, en ook ander se uniekheid herken en respekteer.
Liggaamsopvoeding is deel van Lewensoriëntering. Persoonlike fiksheid word dikwels geïgnoreer, maar te min oefening kan gesondheidsprobleme en neerslagtigheid veroorsaak.
Ons liggaamlike gesondheid speel ’n groot rol in hoe ons onsself sien en kan ons vlak van selfvertroue in alle areas van die lewe affekteer.
UITDAGINGS VIR HIERDIE EENHEID
Hoe kan ek my eiewaarde en selfbewustheid verbeter om myself te ontwikkel?
Bepaal die rol van mag wanneer geslagsgelykheid ter sprake is.
Bepaal die invloed van liggaamlike fiksheid op my geestesgesondheid.
LES 1.1: Selfbewustheid, eiewaarde en selfontwikkeling
LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les moet jy:
• die verhouding tussen selfbewustheid en eiewaarde verstaan
• faktore kan identifiseer wat jou selfbewustheid, eiewaarde en selfvertroue beïnvloed
• strategieë kan ontwikkel om jou eiewaarde en selfvertroue te verbeter
• ander kan help om hul eiewaarde en selfvertroue te verbeter
• ’n persoonlike ontwikkelingsplan kan ontwerp
DEFINISIES
Aksieplan: ’n Gedetailleerde plan met stappe om een of meer doelwitte te bereik.
Eiewaarde: Vertroue in jou eie waarde of vermoëns; selfrespek.
Invloed: Die vermoë om iemand of iets se karakter, ontwikkeling of gedrag te beïnvloed.
Kuberafknouery: Die gebruik van elektroniese kommunikasie om iemand af te knou deur intimiderende of dreigende boodskappe te stuur.
Persoonlike ontwikkeling: Die stappe wat ’n persoon moet neem om selfbewustheid en identiteit te verbeter, en talente te ontwikkel om hul potensiaal te bereik sodat hulle lewensgehalte verbeter word. Dit kan die bou
van mensekapitaal, fasilitering van indiensneembaarheid en die realisering van drome en strewinge insluit. Persoonlike ontwikkeling kan in die loop van ’n persoon se hele lewe plaasvind.
Selfbewustheid: Bewuste kennis van jou eie karakter, vaardighede, gevoelens en die gebeure in jou lewe.
Selfvertroue: ’n Gevoel van vertroue in jou vermoëns, eienskappe en oordeel.
Vertroue: Die gevoel of oortuiging dat jy geloof of vertroue kan hê in iemand of iets. Die Engelse woord vir vertroue, confidence, kom van die Latynse woord fidere, wat “vertrou” beteken.
LES 1.1.1: Selfbewustheid
Die konsep van selfbewustheid beteken om bewus van die self te wees. Eenvoudig gestel, selfbewustheid is die bewuste kennis van jou eie gedagtes en emosies. Die waarheid is dat baie van ons deur die dag gaan met min of geen bewustheid van wat ons doen en waarom ons dit doen nie.
Volgens die skrywer en joernalis Daniel Goleman is selfbewustheid die basis van emosionele intelligensie. Hy het gesê: “As jou emosionele vermoëns nie onder beheer is nie, as jy nie oor selfbewustheid beskik nie, as jy nie jou ontstellende emosies kan beheer nie, as jy nie empatie kan hê en doeltreffende verhoudings kan hê nie, dan, ongeag hoe slim jy is, sal jy nie baie ver kom nie.”
Met emosionele selfbewustheid verstaan jy jou eie emosies en die invloed wat dit op jou prestasie het. Jy weet wat jy voel en waarom. Jy is ook bewus van hoe ander jou sien. Jy kan met akkuraatheid jou sterkpunte en beperkings aanvoel, wat tot ’n realistiese selfvertroue sal lei. Mense wat selfbewus is, kan agterkom wanneer hul emosies ’n negatiewe invloed op hul werk of op die mense rondom hulle het.
Aktiwiteit 1: Hoe goed ken jy jouself?
Beantwoord die volgende vrae so eerlik as moontlik.
Sample
1. Wat is jou belangrikste waardes en wat beteken dit vir jou?
2. Wat is die dinge waaroor jy die passievolste is? Lys hulle.
3. Wat is jou doelwitte en verwagtinge vir die toekoms?
4. Wat is jou beste sterkpunte?
5. Wat is jou grootste swakhede?
Hoe om selfbewustheid te verbeter
1. Kyk objektief na jouself
Probeer om objektief na jouself te kyk, op ’n wyse wat nie deur persoonlike gevoelens of menings beïnvloed word nie, sodat jy kan leer hoe om jouself te aanvaar en maniere te vind om in die toekoms van jou eienskappe te verbeter.
2. Hou ’n joernaal
Neem tyd om oor jou gedagtes en gevoelens, jou suksesse en mislukkings van die dag te skryf. Hierdie selfrefleksie sal jou help om te groei en vooruit te beweeg om jou doelwitte te bereik. Terwyl jy nadink, probeer ook dink aan die moontlike invloed wat jou emosies en optrede op ander mense kan hê.
3. Skryf jou doelwitte en prioriteite neer
• Wat is jou doelwitte?
• Hoe moet jy prioritiseer om hierdie doelwitte te bereik?
• Wat doen jy wat nie werk nie en wat keer dat jy sukses behaal?
• Wat moet verander sodat die suksessyfer van doelbereiking verbeter?
LES 1.1.2: Eiewaarde
Sielkunde gebruik die begrip “eiewaarde” om ’n persoon se algehele gevoel van selfwaarde of persoonlike waarde te beskryf. Met ander woorde, hoeveel ’n persoon hulself waardeer en van hulself hou. Dit behels ’n verskeidenheid oortuigings oor jouself, soos die evaluering van jou eie voorkoms.
Ons weet almal dat eiewaarde en selfrespek ’n belangrike deel van sukses is. ’n Swak eiewaarde kan iemand moedeloos of depressief laat voel. Dit kan ook veroorsaak dat jy slegte keuses maak, in afbrekende verhoudings betrokke raak of nie jou volle potensiaal bereik nie.
Daarteenoor, kan ’n opgeblase (dikwels bedrieglike) gevoel van selfbelangrikheid ander afsit en selfs persoonlike verhoudings beskadig. Eiewaardevlakke aan die uiterste hoë of lae punte van die spektrum kan skadelik wees. Dus word ’n realistiese tog positiewe sienswyse van jouself as die ideaal beskou. (Cherry, 2019)
Kenmerke van ’n gesonde eiewaarde
• ’n Realistiese siening van jou eie potensiaal en die van ander.
• ’n Realistiese gevoel van selfvertroue.
• Verwoord maklik behoeftes.
• Bewus van sterkpunte en swakhede, en aanvaar dit.
• ’n Positiewe uitkyk op die lewe.
• Aanvaar mislukking as deel van die lewe.
• Oorkom negatiewe ervarings.
• Aanvaar komplimente vriendelik.
• Kan sonder moeite “nee” sê.
Kenmerke van ’n swak eiewaarde
• Die oortuiging dat ander beter as jy is.
• Sukkel met selfvertroue.
• Sukkel om behoeftes te verwoord.
• Fokus net op swakhede.
• ’n Algemeen negatiewe uitkyk op die lewe.
• ’n Geweldige vrees vir mislukking.
• Staan stil op vorige negatiewe ervarings.
• Ervaar dikwels skaamte, depressie en angs.
• Sukkel om komplimente te aanvaar.
• Vind dit baie moeilik om “nee” te sê.
Sosiale media se invloed op eiewaarde Baie faktore beïnvloed eiewaarde, byvoorbeeld jou eie denkprosesse, ouderdom, siektes, gestremdhede of sommige emosionele en liggaamlike beperkings. Daar is ook eksterne stimuli wat ’n invloed kan hê, byvoorbeeld kritiese of negatiewe terugvoer, of reaksies van familie en vriende, en natuurlik, die media.
Sosiale media het dit geweldig maklik gemaak om met enigiemand in die wêreld kontak te maak. Sosiale media soos Twitter, Facebook, TikTok, Snapchat, Instagram en aanlynspeletjiegemeenskappe laat ons toe om met enigeen kontak te hê. Ons moet onsself afvra of sosiale media meer skade as goed doen.
Hou in gedagte dat die media hoogs informatief kan wees oor wat in die wêreld gebeur, en laat ook toe dat ons met vriende en belangegroepe kontak kan hê. Kom ons kyk na die grootste bekommernisse oor sosiale media se invloed op eiewaarde:
Sample
Vergelyking met sosiale media
Baie leerders vergelyk hulself met wat hulle op sosiale media lees en sien – mense se voorkoms, klerestyl, liefdeslewe en sosiale kalender. Hoe meer jy jouself met hierdie virtuele leefstyl vergelyk, hoe meer sal jy voel dat jou lewe nie goed genoeg is nie. Jy sal onnodig sleg van jouself begin dink omdat jy nie op sulke ongelooflike vakansies gaan, mooi klere het of ’n vol sosiale kalender het nie. Jy sal wens jy leef iemand anders se lewe. “As my lewe maar net so opwindend soos dié een of dáái een s’n was ...”
Gevoel van samehorigheid
Alle mense het die basiese behoefte om iewers te behoort en vriende te hê. Hierdie gevoel van samehorigheid kan toeneem of afneem na gelang van hoe gereeld jy sosiale media gebruik. Baie vriende en volgelinge op sosiale media sal dalk ’n groter gevoel van samehorigheid gee.