Graad 4 Handleiding 2/2 Wiskunde

Page 7

Handleiding 2/2 G04 ~ Wiskunde

Eenheid

3

LES 20: KAPASITEIT/VOLUME In graad 3 het ons afmetings gemaak deur vloeistowwe in bekers of maatsilinders te gooi en dan die hoeveelheid vloeistof daarin af te lees.

Wat dink jy is die verskil tussen kapasiteit en volume?

Jou fasiliteerder gaan vir jou twee video’s wys wat die verskil tussen kapasiteit en volume verduidelik. • goo.gl/U3VL7n • goo.gl/jgWhHG (Die video is in Engels. Vra jou fasiliteerder as jy onseker is oor enige terme.) Kan jy nou neerskryf wat kapasiteit en volume is?

____________________________________________________________________________________________________________

____________________________________________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________________________________________ Kapasiteit is die hoeveelheid spasie in ’n voorwerp. OF

Kapasiteit is die hoeveelheid wat ’n voorwerp kan bevat wanneer dit vol is. Volume is die hoeveelheid ruimte wat ’n voorwerp in beslag neem.

’n Voorbeeld van die verskil tussen kapasiteit en volume:

’n Glas kan 250 mℓ koeldrank bevat. Jy gooi slegs 200 mℓ koeldrank in.

In hierdie voorbeeld is die glas se kapasiteit is 250 mℓ en die volume is 200 mℓ.

3

© Optimi


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.