3 minute read

LES 20: KAPASITEIT/VOLUME

In graad 3 het ons afmetings gemaak deur vloeistowwe in bekers of maatsilinders te gooi en dan die hoeveelheid vloeistof daarin af te lees.

Wat dink jy is die verskil tussen kapasiteit en volume?

Advertisement

Jou fasiliteerder gaan vir jou twee video’s wys wat die verskil tussen kapasiteit en volume verduidelik. • goo.gl/U3VL7n • goo.gl/jgWhHG (Die video is in Engels. Vra jou fasiliteerder as jy onseker is oor enige terme.)

Kan jy nou neerskryf wat kapasiteit en volume is?

Kapasiteit is die hoeveelheid spasie in ’n voorwerp.

OF

Kapasiteit is die hoeveelheid wat ’n voorwerp kan bevat wanneer dit vol is.

Volume is die hoeveelheid ruimte wat ’n voorwerp in beslag neem.

’n Voorbeeld van die verskil tussen kapasiteit en volume:

’n Glas kan 250 mℓ koeldrank bevat. Jy gooi slegs 200 mℓ koeldrank in. In hierdie voorbeeld is die glas se kapasiteit is 250 mℓ en die volume is 200 mℓ.

Volume Kapasiteit

In les 13 het ons gekyk in watter eenhede lengte gemeet word. Net so is daar ook eenhede waarin kapasiteit en volume gemeet word.

Kapasiteit en volume word gemeet in: • milliliter (mℓ) • liter (ℓ)

Voorbeelde van maatinstrumente waarin kapasiteit en volume gemeet word.

Maatlepels Maatkoppies Maatbekers

Kyk na die volgende voorwerpe. In watter eenheid sou ons die kapasiteit en volume van elke voorwerp meet?

Jy moes tussen milliliter (mℓ) en liter (ℓ) besluit.

Liter is ’n groter eenheid as milliliter. 1 ℓ is 1 000 keer meer as 1 mℓ.

1 liter = 1 000 milliliter

Daarom meet ons groter voorwerpe se kapasiteit en volume in liter en kleiner voorwerpe se kapasiteit en volume in milliliter.

As jy na die verhouding tussen liter en milliliter kyk wat hierbo vir jou gegee is, hoe dink jy sou jy tussen die twee eenhede herlei?

× 1 000 liter (ℓ) milliliter (mℓ)

÷ 1 000

Voorbeelde van omskakeling

1. 3,2 ℓ = ____________ mℓ Om van liter na milliliter om te skakel, moet ons met 1 000 vermenigvuldig. 3,2 × 1000 = 3200 mℓ

2. 8952 mℓ = ____________ ℓ Om van milliliter na liter om te skakel, moet ons met 1 000 deel. 8952 ÷ 1000 = 8,952 ℓ

Die aantal nulle in getalle soos 10, 100 en 1 000 dui op die aantal plekwaardes wat ’n invloed gaan hê wanneer ons maal of deel.

Ons gaan nog nie in graad 4 met desimale werk nie, maar dit is belangrik om vir nou te weet dat ’n komma (,) desimale getalle aandui.

Wanneer ons maal, skuif die komma (,) die aantal nulle wat die getal het na regs, en wanneer ons deel, skuif die komma (,) die aantal eenhede na links.

As daar nie ’n komma (,) in die getal is nie, is daar ’n denkbeeldige komma aan die einde van die getal.

Kyk weer na die voorbeelde wat ons behandel het. Sien jy hoe die aantal nulle in ’n getal ’n invloed op die plekwaardes het (en hoe die komma tussen die plekwaardes beweeg)? Dit is ’n maklike manier om vinnig met 10, 100 en 1 000 te maal en deel.

Die getal ná die komma in hierdie voorbeeld dui op die aantal milliliter: 956 mℓ.

5 , 956 liter

Die getal voor die komma in hierdie voorbeeld dui op die aantal volle liter: 5 ℓ. Dit beteken 956 _ 1 000 liter