Graad 4 Handleiding 2/2 Wiskunde

Page 26

Eenheid

3

Handleiding 2/2 G04 ~ Wiskunde

LES 22: HEELGETALLE • •

Tel, ordening, plekwaarde, vergelyking en voorstelling van syfers (4-syferheelgetalle) Optel en aftrek (4-syferheelgetalle)

Jy moet die volgende met heelgetalle kan doen:

Tel aan en terug in 2’s, 3’s, 5’e, 10’e, 25’s, 50’s en 100’e tussen 0 en 10 000. • Orden, beskryf en stel 4-syferheelgetalle voor. • Voorstelling van ewe en onewe getalle tot 1 000. • Herken plekwaardes van 4-syferheelgetalle. • Afronding tot die naaste 10, 100 of 1 000.

Hersien die konsepte en maak seker dat jy almal bemeester het. In hierdie les gaan jy die vereistes moet kan uitvoer en toepas. Blaai terug na les 1 en les 10 om jou geheue te verfris. Ons gaan nou 4-syfergetalle gebruik om heelgetalle op te tel en af te trek.

Maak seker dat jy die volgende tegnieke kan gebruik om berekeninge te doen: • • • • • •

Skatting Opbou en afbreek van getalle Afronding en kompensering Verdubbeling en halvering Gebruik van ’n getallelyn Gebruik optel en aftrek as omgekeerde bewerkings om antwoorde te toets.

Jy behoort teen hierdie tyd gemaklik met al die tegnieke te wees. As jy steeds onseker is oor watter tegniek om te gebruik, het jy nou die geleentheid om dit genoeg te oefen en te bemeester. As jy vergeet het hoe om die tegnieke te gebruik, blaai terug na les 9 in eenheid 1 en les 11 en 18 in eenheid 2 om jou geheue te verfris.

© Optimi

22


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.