Graad 4 Fasiliteerdersgids Wiskunde

Page 20

Fasiliteerdersgids G04 ~ Wiskunde

Eenheid

1

LES 1: HEELGETALLE In hierdie les gaan leerders vir die eerste keer met verskillende notasies van getalle werk. Dit is belangrik

om seker te maak dat leerders gemaklik met notasies is. Dit lê die grondslag van die taal van wiskunde en as leerders reeds hiermee gemaklik is, kan dit die bekendstelling aan nuwe wiskunde vergemaklik.

In hierdie les gaan leerders heelgetalle: • tel • orden • vergelyk • voorstel • se plekwaardes aandui (uiters belangrik vir die berekeninge wat later in die kwartaal gedoen gaan word.) Weet jy wat ’n heelgetal is? Heelgetalle is getalle sonder breukdele of desimale. Heelgetalle is altyd positief en nooit negatief nie. Onthou: 0 is ook ’n heelgetal.

Leerders het reeds in graad 3 met heelgetalle begin werk, al het hulle nie noodwendig die term “heelgetal” gebruik nie. Maak seker dat leerders weet dat ’n heelgetal nie ’n gedeelte (’n breuk) is nie. Om hierdie konsep vas te lê, kan verskillende speletjies gebruik word.

Voorbeeld Skryf ’n klomp verskillende getalle neer, insluitend verskillende breuke en heelgetalle. Leerders moet hulle oë toehou en willekeurig op ’n plek op die papier druk. Die getal wat gekies is, moet dan as ’n heelgetal of nie geïdentifiseer word. Voorbeelde van heelgetalle

{0; 1; 2; 3; 4; 5; 6; ...}

1 2

0,5

As ons getalle soos hierbo tussen krulhakies { } sit, noem ons dit ’n versameling van getalle. Dit beteken dat {0; 1; 2; 3; 4; 5; 6; ...} ’n versameling van heelgetalle is.

13

© Impaq


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.