Lewensoriëntering

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensoriëntering
Fasiliteerdersgids
Graad 10

Eenheid 7: Beroepe en beroepskeuses....................................................................... 179
LES 7.1: Diversiteit in werke 179
LES 7.1.1: Ekonomiese sektore 180
LES 7.1.2: Werkomgewingstoestande 180
Aktiwiteit 39: In watter soort werksomgewing sou jy wou werk? ..................... 180
LES 7.1.3: Beroepsgeleenthede in die ontspanningsbedryf 180
LES 7.2: Vaardighede en bevoegdhede ................................................................. 182
Aktiwiteit 40: Werkanalise 183
Aktiwiteit 41: Assessering van vaardighede, belangstellings en bevoegdhede vir ’n beroep 183
LES 7.3: Navorsingsvaardighede, bevordering en vooruitsigte vir verdere studies 185
Aktiwiteit 42: Doen navorsing oor al die moontlikhede vir ’n beroep in die gasvryheidsbedryf, ontspanning, fiksheid of sport wat jou sal toelaat om op ’n toerskip te werk 186
LES 7.4: Gebruik tyd produktief om oordraagbare vaardighede te verkry .............. 187
LES 7.4.1: Tydsbestuur
LES 7.4.2: Oordraagbare vaardighede
Aktiwiteit 43: Het ek reeds vaardighede?
Liggaamsopvoeding
LES 7.5.1:
en buitelugaktiwiteite
LES 9.2: Lê vooroordeel in sport bloot
LES 9.2.1: Geslags- of genderdiskriminasie in sport
LES 9.2.2: Diskriminasie op grond van godsdiens in sport
LES 9.2.3: Diskriminasie op grond van gestremdheid in sport
LES 9.2.4: Homofobie in sport ................................................................................
LES 9.2.5: Gebrek aan mediadekking vir vrouesport
Aktiwiteit 49: Ontleding en kritiese evaluering van vooroordeel in sport .........
LES 9.2.6: Onregverdige praktyke in sport
Aktiwiteit 50: Navorsing – ontleed en evalueer wanadministrasie en subjektiewe skeidsregters
LES 9.3: Liggaamsopvoeding: Tradisionele en nie-tradisionele
INLEIDING
Lewensoriëntering is die studie van die self in verhouding tot ander en tot die samelewing. Dit bespreek vaardighede, kennis en waardes oor jouself, die omgewing, verantwoordelike burgerskap, ’n gesonde en produktiewe leefstyl, maatskaplike interaksie, ontspanning en fisiese aktiwiteite, en loopbane en loopbaankeuses.
Dit rus leerders toe met lewensvaardighede om probleme op te los, ingeligte besluite te neem en gepaste stappe te neem sodat hulle betekenisvol en suksesvol in ’n vinnigveranderende samelewing kan funksioneer. Die fokus val nie net op kennis nie. Ewe veel aandag word geskenk aan die toepassing van vaardighede en waardes in werklike situasies, asook deelname aan fisiese aktiwiteite, gemeenskapsorganisasies en -inisiatiewe.
Lewensoriëntering in die VOO-fase beoog om:
• leerders te lei en voor te berei om gepas te reageer op die lewe se verantwoordelikhede en geleenthede
• leerders toe te rus om optimaal op ’n persoonlike, sielkundige, kognitiewe, motoriese, fisiese, morele, geestelike, kulturele en sosio-ekonomiese vlak te reageer
• leerders te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite oor hulle eie gesondheid en welstand, sowel as die gesondheid en welstand van ander te neem
• leerders bloot te stel aan hulle grondwetlike regte en verantwoordelikhede, aan die regte van ander en aan kwessies van diversiteit
• leerders toe te rus met kennis, vaardighede en waardes om ingeligte besluite oor vakkeuses, hoër- en bykomende opvoedingsgeleenthede, loopbane en die werksomgewing te kan neem
• leerders bloot te stel aan verskeie studiemetodes en -vaardighede met betrekking tot assesseringsprosesse
• leerders bloot te stel aan die waarde van gereelde deelname aan fisiese aktiwiteite
Lewensoriëntering in graad 10 tot 12 fokus op die volgende kernonderwerpe
• Ontwikkeling van die self in die samelewing
• Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid
• Demokrasie en menseregte
• Loopbane en loopbaankeuses
Sample
• Studievaardighede
• Liggaamsopvoeding
Die vakinhoud en verwante assesseringselemente is gebaseer op die onderwerpe soos in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) uiteengesit.
Fasiliteerdersgids
G10 ~ Lewensoriëntering
HULPBRONVEREISTES
Die volgende hulpbronne, skryfbehoeftes en toerusting is nodig om hierdie vak suksesvol te voltooi:
• Impaq Lewensoriëntering-handleiding
• Impaq Lewensoriëntering-fasiliteerdersgids (slegs deur die fasiliteerder gebruik)
• ’n Notaboek om skriftelike aktiwiteite te doen
• Gepaste klere, skoene en toerusting om die liggaamsoefeninge te doen
TYDSTOEDELING EN -BESTUUR
Graad 10 is ’n baie kort jaar. Alhoewel die KABV voorsiening maak vir 10 weke per kwartaal, stem die Departement van Basiese Onderwys se skoolkalender nie altyd hiermee ooreen nie. Dit is raadsaam dat leerders dadelik met die volgende kwartaal se werk begin sodra hulle ’n kwartaal se werk voltooi het. Dit sal genoeg tyd vir deeglike studie en hersiening verseker.
Die onderstaande diagram is ’n voorgestelde raamwerk om die inhoud te dek. Let daarop dat Liggaamsopvoeding deur die kwartaal gedoen word en die intensiteit algaande verhoog om persoonlike fiksheid te verbeter.
• EENHEID 1
Ontwikkeling van die self in die samelewing
• EENHEID 2
Loopbane en loopbaankeuses
• EENHEID 3
Demokrasie en menseregte
• EENHEID 4
Studievaardighede
• EENHEID 5
Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid
• Junie-eksamen
• EENHEID 6
Ontwikkeling van die self in die samelewing
• EENHEID 7
Loopbane en loopbaankeuses
4
• EENHEID 8
Loopbane en loopbaankeuses
• EENHEID 9
Demokrasie en menseregte
• Hersiening en eksamenvoorbereiding
• Novembereksamen
• Liggaamsopvoeding
WEEKLIKSE SKEDULE
Die voorgestelde weeklikse akademiese skedule vir graad 10.
’n Minimum van enige drie keusevakke
Les duur 45 minute.
ASSESSERINGSPLAN
(3 × 4)
SampleGeen aktiwiteit in die handleiding is vir formele assessering nie. Verwys asseblief na die portefeuljeboek vir alle formele assesserings.
G10 ~ Lewensoriëntering
STUDIEWENKE EN -METODES
’n Mens moet nooit wag tot die aand voor ’n toets of vraestel om te begin leer nie. Dit is nooit te vroeg om goeie studiegewoontes te ontwikkel nie. Almal verskil en die motivering om te leer kom meer natuurlik vir sommige leerders. Net soos atlete moet oefen en hul vaardighede ontwikkel, moet doeltreffende studievaardighede geoefen word om goed te presteer. Hoe vinniger leerders goeie studiegewoontes verstaan en toepas, hoe makliker sal die toetse en vraestelle wees, en hoe groter hul kans om goeie punte te behaal.
Wenke om leerders te help om die meeste van hul Lewensoriënteringstudies te maak
• Leerders kan orals leer, maar die plek moenie enige afleidings hê nie.
• Tyd is die waardevolste hulpbron. Indien leerders sukkel om tyd te kry om te leer, moet hulle prioritiseer en ’n rooster optrek.
• Wanneer leerders vir toetse of eksamens voorberei, moet hulle tyd neem om die werk te hersien. Hulle moet die proses begin deur die werk te hersien terwyl dit nog vars in hul geheue is. Indien hulle te lank wag sal die inhoud dalk nie sin maak nie.
• Leerders moet seker maak dat hulle al die leermateriaal in hul handleiding verstaan. Dit is nutteloos om feite te memoriseer as hulle dit nie verstaan nie.
• Leerders moet hulself toets deur die selfassesseringvrae en aktiwiteite te doen. Hulle moet die uitslae as ’n riglyn gebruik om te bepaal op watter areas hulle ekstra aandag moet skenk.
• Dit is belangrik om gereeld te rus – indien leerders te hard werk kan dit hulle prestasie beïnvloed.
• Bly gemotiveer. Leerders kan hul studieruimte versier met inspirerende aanhalings of foto’s van mense wat hulle wil trots maak deur goeie punte te kry.
• Leerders moet hulself beloon
LESELEMENTE
Elke eenheid bestaan uit die volgende leeraktiwiteite:
• Uitdagings
• Lewensoriëntering-inhoud
• Liggaamsopvoeding
• Aktiwiteite om die uitdagings die hoof te bied
• Toepassing en denkende aktiwiteite
Asook:
• Leeruitkomste
• Bykomende aktiwiteite
• Definisies
• Verrykende aktiwiteite (vir die nuuskieriges)
• Opsommings
• Aktiwiteite vir selfassessering
Drie weke word toegestaan om elke eenheid te voltooi. Sample

LEERDOELWITTE
Wat leerders volgens KABV-vereistes aan die einde van die les moet weet.

BELANGRIKE
TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om te help met begrip van die onderwerp as deel van die les.

DEFINIEER
Definisies van begrippe om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK
Verduidelik misverstande om moontlike verwarring met bestaande kennis te vermy.

WENKE
Enige inligting buiten die inhoud, om leerders deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGE


Vrae wat voltooi moet word om leerders se kennis van die afgehandelde les te toets. Sample
Aanmoediging om grondige navorsing oor die inhoud te doen. Brei die aktiwiteit en oefening tot so ’n mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: Uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderrigbehoeftes (LSO): Verduidelik dat die basiese vrae voltooi moet word om ’n slaagpunt te behaal.
AKTIWITEIT

KERNINHOUD
Beklemtoon die kern van die inhoud; grondige verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; leerders moet hierdie inhoud verstaan.
VAKINHOUD EN BEPLANNING
Les Inhoud
Kwartaal 1
Eenheid 1: Ontwikkeling van die self in die samelewing
1.1 Selfbewustheid, eiewaarde en selfontwikkeling
1.1.1 Selfbewustheid
1.1.2 Eiewaarde
1
2
3
1.1.3 Persoonlike-/Selfontwikkeling
1.1.4 Strategieë om selfvertroue en vertroue by ander te bou
1.2 Mag, magsverhoudings, manlikheid, vroulikheid en gender
1.2.1 Geslagsidentiteit en -rolle
1.2.2 Magsverhoudings
1.2.3 Die invloed van geslagsongelykheid op algemene welstand
1.2.4 Seksuele welstand
1.3 Liggaamlike fiksheid en veiligheid
1.3.1 Die invloed van liggaamlike fiksheid op geestesgesondheid
1.3.2 Liggaamlike fiksheid
1.3.3 Veiligheidsmaatreëls vir liggaamlike aktiwiteite
4 Dink na en pas toe Eenheid 2: Loopbane en loopbaankeuses
2.1 Kennis oor myself met betrekking tot loopbaankeuses
2.1.1 Die kies van ’n loopbaan: Die belangrikheid van selfkennis
Teikendatum*
1
2
Sample
2.1.2 Die verskille tussen ’n werk, ’n beroep, ’n loopbaan en ’n beroepsveld
2.1.3 Vereistes vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)
2.2 Kennis van lewensdomeine
2.2.1 Die drie lewensdomeine
2.3 Sosio-ekonomiese faktore wat in ag geneem moet word as jy ’n loopbaan kies
2.3.1 Finansiële/Ekonomiese oorwegings
3
4
2.3.2 Genderstereotipering en die invloed wat dit op loopbaankeuses het
2.3.3 Die invloed van belasting op persoonlike inkomste
2.4 Deelname aan aktiwiteite wat liggaamlike fiksheid bevorder
2.4.1 Hoe kan ek fisies meer aktief word?
Dink na en pas toe
1
Eenheid 3: Demokrasie en
menseregte
3.1 Diversiteit, diskriminasie en skending van menseregte
3.1.1 Diversiteit en stereotipering
3.1.2 Diskriminasie
3.1.3 Skendings van menseregte
3.2 Die Handves van Regte en ander menseregteinstrumente
2
3
4
1
2
3.2.1 Nasionale en internasionale instrumente wat menseregte beskerm
3.3 Diskriminerende gedrag en skendings van menseregte
3.3.1 Billike en onbillike diskriminasie
3.3.2 Die invloed van diskriminasie
3.3.3 Menseregverdedigers en -aktiviste
3.3.4 Menseregte-organisasies in Suid-Afrika
3.4 Liggaamlike fiksheid
3.4.1 Algemene veiligheidswenke tydens oefeninge
3.4.2 Fiksheidsregime: Aërobiese oefeninge
3.4.3 Fiksheiduitdaging: Basiese aërobiese oefeningroetine
3.4.4 Deelname aan inheemse speletjies
Dink na en pas toe
Eenheid 4: Studievaardighede
4.1 Studievaardighede
4.1.1 Luister-, lees- en begripsvaardighede
4.1.2 Aandag en konsentrasie
4.1.3 Hoe werk geheue?
4.1.4 Organisering en tydsbestuur
4.2 Studiemetodes
4.2.1 Aantekeninge neem
4.2.2 Probleemoplossingsvaardighede
4.2.3 Vergelykings en kontraste
3 4.3 Die assesseringsproses en ’n jaarlikse studieplan
4
Sample
4.4 Liggaamsopvoeding
4.4.1 Veiligheidswenke
4.4.2 Inheemse speletjies
Eenheid 5: Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid
1 5.1 Sosiale en omgewingsgeregtigheid
5.2 Sosiale en omgewingskwessie, en die skadelike gevolge daarvan
2
5.2.1 Werkloosheid
5.2.2 Korrupsie
5.2.3 Gebrek aan gesondheidsdienste
3
4
5.3 Sosiale, konstruktiewe en kritiese denkvaardighede
5.3.1 Jeugdiensontwikkeling
5.4 Liggaamsopvoeding: Speelgrond-, inheemse en gemeenskapspeletjies
5.4.1 Die sosiale en akademiese voordele van spansport
5.4.2 Voordele van inheemse speletjies speel
5.4.3 Speelgrondspeletjies
5.4.4 Gemeenskapspeletjies
5.4.5 Lessenaaroefeninge – oefeninge om te doen tydens studie
Eenheid 6: Ontwikkeling van die self in die samelewing
1 6.1 Lewensrolle
6.2 Veranderinge wat verband hou met ontwikkeling na volwassenheid
2
6.2.1 Fisiese veranderinge
6.2.2 Emosionele veranderinge
6.2.3 Sosiale veranderinge
6.3 Waardes en strategieë om verantwoordelike besluite te neem wat persoonlike potensiaal ten volle sal ontwikkel
6.3.1 Besluite aangaande seksualiteit
3
6.3.2 Waardes en seksualiteit
6.3.3 Vaardighede verwant aan seksualiteit en leefstylkeuses
6.3.4 Seksuele besluitneming
6.4 Liggaamsopvoeding: Aktiwiteite wat rekreasie en ontspanning bevorder
4
1
Sample
6.4.1 Buitelugontspanningsaktiwiteite
6.4.2 Oefeninge om beweging te verbeter
Eenheid 7: Loopbane en loopbaankeuses
7.1 Diversiteit in werke
7.1.1 Ekonomiese sektore
7.1.2 Werkomgewingstoestande
7.1.3 Beroepsgeleenthede in die ontspanningsbedryf
2 7.2 Vaardighede en bevoegdhede
3
4
5
7.3 Navorsingsvaardighede, bevordering en vooruitsigte vir verdere studies
7.4 Gebruik tyd produktief om oordraagbare vaardighede te verkry
7.4.1 Tydsbestuur
7.4.2 Oordraagbare vaardighede
7.5 Liggaamsopvoeding
7.5.1 Aktiwiteite wat rekreasie en ontspanning bevorder
7.5.2 Sonlig en buitelugaktiwiteite
1
2
3
4
1
2
Eenheid 8: Loopbane en loopbaankeuses
8.1 Tendense en eise in die arbeidsmark
8.1.1 Globalisering en loopbane
8.1.2 Veranderende loopbaanpatrone en die impak op die behoefte aan vaardighede en bekwaamhede
8.1.3 Nisberoepe
8.2 SAQA, NQF en RPL
8.3 Verskillende vorme van leer
8.3.1 Lewenslange leer
8.4 Liggaamsopvoeding
8.4.1 Lewenslesse wat deur sport geleer word
8.4.2 Tradisionele versus nie-tradisionele sport
Eenheid 9: Demokrasie en menseregte
9.1 Etiese tradisies en godsdienswette in Suid-Afrika se vernaamste godsdienste
9.1.1 Christendom
9.1.2 Judaïsme
9.1.3 Islam
9.1.4 Hindoeïsme
9.1.5 Tradisionele Afrika-godsdiens
9.2 Lê vooroordeel in sport bloot
9.2.1 Geslags- of genderdiskriminasie in sport
9.2.2 Diskriminasie op grond van godsdiens in sport
9.2.3 Diskriminasie op grond van gestremdheid in sport
9.2.4 Homofobie in sport
9.2.5 Gebrek aan mediadekking vir vrouesport
9.2.6 Onregverdige praktyke in sport
3 9.3 Liggaamsopvoeding – tradisionele en nie-tradisionele speletjies
1 Ontwikkeling
van die self in die samelewing
Hierdie eenheid fokus op hoe om strategieë te ontwikkel om selfbewustheid, eiewaarde en selfontwikkeling te versterk. Verskeie faktore beïnvloed ons selfbewustheid en eiewaarde.
Dit kan ons vlak van vertroue beïnvloed wanneer ons met ander te doen kry en as ons besluite moet neem. ’n Ongesonde eiewaarde kan tot spanning, angs en depressie lei.
Met ’n hoë vlak van selfbewustheid en ’n gesonde eiewaarde sal ’n persoon hul eie uniekheid kan sien, en ook ander se uniekheid herken en respekteer
Liggaamsopvoeding is deel van Lewensoriëntering. Persoonlike fiksheid word dikwels geïgnoreer, maar te min oefening kan gesondheidsprobleme en neerslagtigheid veroorsaak. Ons liggaamlike gesondheid speel ’n groot rol in hoe ons onsself sien en kan ons vlak van selfvertroue in alle areas van die lewe affekteer.
UITDAGINGS VIR HIERDIE EENHEID
Hoe kan ek my eiewaarde en selfbewustheid verbeter om myself te ontwikkel?
Bepaal die rol van mag wanneer geslagsgelykheid ter sprake is.
Bepaal die invloed van liggaamlike fiksheid op my geestesgesondheid.
LES 1.1: Selfbewustheid, eiewaarde en selfontwikkeling

LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les moet leerders:
• die verhouding tussen selfbewustheid en eiewaarde verstaan
• faktore kan identifiseer wat hul selfbewustheid, eiewaarde en selfvertroue beïnvloed
• strategieë kan ontwikkel om hul eiewaarde en selfvertroue te verbeter
• ander kan help om hul eiewaarde en selfvertroue te verbeter
• ’n persoonlike ontwikkelingsplan kan ontwerp

Sample
DEFINISIES
Aksieplan: ’n Gedetailleerde plan met stappe om een of meer doelwitte te bereik. Eiewaarde: Vertroue in jou eie waarde of vermoëns; selfrespek.
Invloed: Die vermoë om iemand of iets se karakter, ontwikkeling of gedrag te beïnvloed.
Kuberafknouery: Die gebruik van elektroniese kommunikasie om iemand af te knou deur intimiderende of dreigende boodskappe te stuur.
Persoonlike ontwikkeling: Die stappe wat ’n persoon moet neem om selfbewustheid en identiteit te verbeter, en talente te ontwikkel om hul potensiaal te bereik sodat hulle lewensgehalte verbeter word. Dit kan die bou
van mensekapitaal, fasilitering van indiensneembaarheid en die realisering van drome en strewinge insluit. Persoonlike ontwikkeling kan in die loop van ’n persoon se hele lewe plaasvind.
Selfbewustheid: Bewuste kennis van jou eie karakter, vaardighede, gevoelens en die gebeure in jou lewe.
Selfvertroue: ’n Gevoel van vertroue in jou vermoëns, eienskappe en oordeel. Vertroue: Die gevoel of oortuiging dat jy geloof of vertroue kan hê in iemand of iets. Die Engelse woord vir vertroue, confidence, kom van die Latynse woord fidere, wat “vertrou” beteken.
LES 1.1.1: Selfbewustheid
Bespreek met die leerders die konsepte van selfbewustheid en emosionele intelligensie en waarom mens daarvan bewus moet wees. Hulle moet ook verstaan dat dit nuttig is om hul eie sterkpunte en beperkings te ken vir die ontwikkeling van ’n realistiese selfvertroue. Selfbewustheid sal hulle help om te agterkom wanneer hul emosies ’n negatiewe invloed op hul werk of op die mense rondom hulle het.

Aktiwiteit 1: Hoe goed ken jy jouself?
Hierdie is ’n selfbesinningsaktiwiteit. Leerders moet die vrae beantwoord. Gee riglyne oor hoe voordelig dit is om waardes te hê.
1. Wat is jou belangrikste waardes en wat beteken dit vir jou?
2. Wat is die dinge waaroor jy die passievolste is? Lys hulle.
3. Wat is jou doelwitte en verwagtinge vir die toekoms?
4. Wat is jou beste sterkpunte?
5. Wat is jou grootste swakhede?? Hoe om selfbewustheid te verbeter

Motiveer die leerders om ’n joernaal te hou waarin hulle oor hul gedagtes en gevoelens kan skryf. Beklemtoon hoe belangrik dit is om dit gereeld te doen. Om ’n joernaal te hou help leerders om ’n bewustheid te kweek oor hoe hulle voel. Moedig hulle aan om hierdie stappe te doen om selfbewustheid te verbeter.
1. Kyk objektief na jouself
Probeer om objektief na jouself te kyk, op ’n wyse wat nie deur persoonlike gevoelens of menings beïnvloed word nie, sodat jy kan leer hoe om jouself te aanvaar en maniere te vind om in die toekoms van jou eienskappe te verbeter.
2. Hou ’n joernaal
Neem tyd om oor jou gedagtes en gevoelens, jou suksesse en mislukkings van die dag te skryf. Hierdie selfrefleksie sal jou help om te groei en vooruit te beweeg om jou doelwitte te bereik. Terwyl jy nadink, probeer ook dink aan die moontlike invloed wat jou emosies en optrede op ander mense kan hê.
3. Skryf jou doelwitte en prioriteite neer
Leerders moet hul doelwitte baie duidelik en spesifiek formuleer wanneer hulle hul persoonlike ontwikkelingsplan ontwerp.
• Wat is jou doelwitte?
• Hoe moet jy prioritiseer om hierdie doelwitte te bereik?
• Wat doen jy wat nie werk nie en wat keer dat jy sukses behaal?
• Wat moet verander sodat die suksessyfer van doelbereiking verbeter?
LES 1.1.2: Eiewaarde
Bespreek met die leerders hoe selfvertroue, eiewaarde, selfrespek en persoonlike waardes hand aan hand gaan. Verwys na die beoordeling van hul eie voorkoms en die invloed van wat hulle oor hulself glo. ’n Positiewe en realistiese siening van jouself help om betekenisvolle verhoudings instand te hou.


Kenmerke van ’n gesonde eiewaarde
• ’n Realistiese siening van jou eie potensiaal en die van ander.
• ’n Realistiese gevoel van selfvertroue.
• Verwoord maklik behoeftes.
• Bewus van sterkpunte en swakhede, en aanvaar dit.
• ’n Positiewe uitkyk op die lewe.
• Aanvaar mislukking as deel van die lewe.
• Oorkom negatiewe ervarings.
• Aanvaar komplimente vriendelik.
• Kan sonder moeite “nee” sê.
Sosiale media se invloed op eiewaarde
Kenmerke van ’n swak eiewaarde
• Die oortuiging dat ander beter as jy is.
• Sukkel met selfvertroue.
• Sukkel om behoeftes te verwoord.
• Fokus net op swakhede.
• ’n Algemeen negatiewe uitkyk op die lewe.
• ’n Geweldige vrees vir mislukking.
• Staan stil op vorige negatiewe ervarings.
• Ervaar dikwels skaamte, depressie en angs.
• Sukkel om komplimente te aanvaar.
• Vind dit baie moeilik om “nee” te sê.
Hierdie afdeling verken sosiale media se grootste invloede op eiewaarde. Die meeste leerders is nie daarvan bewus dat sosiale media ’n voortdurende effek het op hoe hulle gedurende die dag voel en hoe hierdie emosies kan bydra om hul eiewaarde en emosionele welstand te beïnvloed nie.
Vergelyking met sosiale media
Maak leerders bewus van die gevare om hierdie betowerende, dog dikwels vals beelde van ’n opwindende leefstyl op sosiale media met hul eie lewe te vergelyk, asook van die effek op hul selfbeeld en welstand. ’n Virtuele leefstyl is geensins ’n realistiese leefstyl nie. Hul eie lewe is dalk nie so vervelig as wat hulle dink nie.
Gevoel van samehorigheid
Sample

Bespreek met leerders dat hulle nie sosiale media heeltemal moet vermy nie, maar dat dit ook gevaarlik is om slegs daarop staat te maak vir ’n gevoel van samehorigheid. Hulle moet ander maniere vind om ’n sin van samehorigheid te kweek, soos om by ’n klub of groep met gedeelde belange aan te sluit.
Maak hulle daarvan bewus dat hulle moontlik FOMO (Fear of Missing Out) en FOBLO (Fear of Being Left Out) sal ervaar en stel voor hoe hulle hierdie leemte kan hanteer. Hulle kan ook hulle eie oplossings voorstel.
Bespreek kuberafknouery en hoe om dit te hanteer.