2013 Jaarverslag

Page 1


HOËRSKOOL BRANDWAG JAARVERSLAG 2013


INHOUD 1. 2.

Voorwoord Personeel

3. 4. 5. 6. 7.

Finansies Fisiese Geriewe Bestuursliggaam Oudskolierebond Koshuise

8. 8.1 8.2

Raad van Leerders Verslag van Raad van Leerders Junior Stadsraad

9. 9.1 9.2 9.3 9.4 9.5 9.6

Akademie Getalle Fisiese Wetenskap-Winterskool Wiskunde-Lenteskool WĂŞreldkennis-Olimpiade Lewenswetenskappe-Olimpiade Matriek van die Jaar

10. 10.1 10.2 10.3 10.4 10.5 10.6 10.7 10.8 10.9 10.10 10.11

Kultuur Anibrandfees ATKV Fotografieklub Interact Koor Kultuuraand Kuns Mnr. en Mej. Brandwag Musiek Skoolkoerant Woordkuns

11.

VCSV (Verenigde Christelike Studente Vereniging)

12. 12.1 12.2 12.3 12.4 12.5 12.6 12.7 12.8 12.9 12.10 12.11 12.12

Sport Atletiek Gholf Hokkie Kragoptel Krieket Landloop Netbal Rugby Skaak Swem Tennis Nie-skoolsport

13. 14.

Meegevoel Bedankings

2


1.

VOORWOORD Dit is vir my as skoolhoof ’n groot voorreg om Brandwag se 76ste jaarverslag aan u voor te hou. Ons sê dankie vir nog ’n geseënde jaar. Ondanks negatiewe persberigte oor die stand van onderwys in ons land kan ons ’n positiewe verslag oor Brandwag se uitstekende vertoning in 2013 lewer. By Brandwag glo ons dat daar ’n blink toekoms vir alle opgeleide jongmense in Suid-Afrika is. Gewapen met ’n Brandwag-kwalifikasie kan die oorgrote meerderheid van ons matrieks die onbekende toekoms met vertroue tegemoet gaan. Die histories Afrikaanse skole se matrieks is wêreldklas gehalte. Ons moet minder beskeie wees oor ons oudskoliere wat skitterend presteer oor ’n baie wye front. Ons ontvang jaarliks uiters positiewe terugvoering van tersiêre instellings en word landwyd hoog geag as ’n top voederskool. Ons moet minder konsentreer op die negatiewe aspekte in die onderwys en met positiewe denke ’n blink toekoms vir ons kinders help skep. Kom ons as Brandwag-familie ervaar weer die sprankel in elke dag. Brandwag onderneem om onverpoos voort te bou op ’n kultuur van prestasie, hardwerkende leerders en onderwysers en lojale ouers. W. MEYER SKOOLHOOF

2.

PERSONEEL Die onderstaande personeel is tans vir die opvoedingstaak in ons skool verantwoordelik: Skoolhoof:

Mnr. W. Meyer

Adjunkhoofde:

Mnr. T. Koekemoer Mnr. H. von Willigh

Departementshoofde:

Mnr. F. Anker Mnr. P.F. Baxter Mnr. J. Meyer Mnr. E. du Plessis Mev. E. Roux

Onderwysers:

Mev. K. Basson Mev. L. Britz Mnr. H.J. Cloete Mev. A. Conradie Mev. H. Currie Mev. M.S. du Toit 3


Mev. A. Duvenhage Mnr. J.P. Erasmus Mej. C. Gerber Mev. Q. Goosen Mev. M. Hattingh Mev. E. Huisamen Mnr. C. Hurter Mej. C. Kemp Mev. E. Kleinhans Mev. Z. Koekemoer Mev. N. Kriel Mev. R. Landman Mej. M. Loock Mev. A. Marais Mej. I. Maritz Mev. A. Meyer Mnr. M. Meyer Mej. K. Pienaar Mev. I. Scheepers Mev. K. Schonken Mnr. S. Terblanche Mnr. A. van der Merwe Mev. L. van der Walt Mnr. D. van der Westhuizen Mnr. P. van Kampen Mnr. C. van Schalkwyk Mej. C. von Willigh Mnr. D. Williams Student Onderwysers:

Mnr. F. Britz Mnr. H. Nolte

Buitemuurse Organiseerder:

Mnr. J. Haylock-Lyons

Administratiewe Personeel:

Mev. C. Hermans Mej. C. Laubscher Mev. C. Stallenberg Mev. C. Swanepoel

Terreinbestuurders:

Mnr. H. Hayward Mnr. F. Swanepoel

Die volgende personeellede was ook betrokke by die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. 

Mev. E. Kleinhans



Mnr. P. Baxter

Senior nasiener: Rekenaartoepassingstegnologie Senior nasiener: Fisiese Wetenskappe 4


    

Mev. L. Britz Mev. A. Duvenhage Mev. Z. Koekemoer Mev. A. Conradie Mev. E. Huisamen

 

Mnr. F. Anker Mnr. C. Hurter

 

Mev. K. Schonken Mnr. M. Meyer

Eksaminator: Fisika-Vraestel (graad 12 Provinsiaal) Senior nasiener: Wiskunde Senior nasiener: Besigheidstudies Adjunkhoofnasiener: Wiskunde Adjunkhoofnasiener: Engels Senior Nasiener: Wiskundige Geletterdheid Senior Nasiener: Geografie Nasiener: Ingenieursgrafika en Ontwerp Nasiener: Afrikaans Senior Nasiener: Geskiedenis

Verskeie personeellede het weer prestasies op verskillende terreine behaal. 

Mnr. P. Baxter

Spanbestuurder OP o.16-gholfspan. Voorsitter van die EP Golf Foundation.

Mev. A. Duvenhage

Dien op Graderingsraad vir OPskeidsregters SA "A" skeidsregtersgradering FNB “Varsity Cup” Skeidregterspaneel

Mev. M. du Toit

Bestuurder OP-skaakspan na nasionale toernooi

Mej. C. Gerber

OP o.15-netbalkeurder

Mev. Q. Goosen

OP o.17-netbalkeurder. Verwerf die Rotariërs se De Mist -Toekenning vir ’n uitstaande diens aan die gemeenskap

Mej. C. Kemp

OP o.18-netbalafrigter en Metro ondervoorsitter van OP Hoërskolenetbal

Mej. I. Maritz

Nasionale kleure in kragoptel SA kragoptel-afrigter

Mev. I. Scheepers

Begelei die OP-Jeugkoor

Mev. Schonken

SA-C skeidsregtersgradering en OP o.16-keurder. Nasionale netbalafrigting vlak III

Mev. L. van der Walt

OP o.14-netbalkeurder 5


3.

Mnr. D. van der Westhuizen

Een van sy kunswerke word opgeneem in die SASOL Katalogus vir opkomende kunstenaars 2013

Mnr. C. van Schalkwyk

Rugby: OP hoërskole bestuur OP o.18 Cravenweek-keurder OP o.18 Cravenweek-hulpafrigter Afrigtingskursus SA vlak II

FINANSIES Graag lewer ek verslag oor die afgelope jaar se finansies. As persoon in beheer van finansies, met die taak om te sorg dat begrotings klop en daar nog steeds ’n konstante kontantvloei is om lopende rekeninge – water, elektrisiteit, telefoon, belasting, bestuursliggaam-poste, brandstof, ens. – te betaal, is my taak beslis nie maklik nie. Dit is egter ’n uitdaging wat ek vir niks sal verruil nie en wat ek glo met die volgehoue samewerking van die ouers, algaande makliker sal word. Graag bedank ek alle ouers wat gereeld en stiptelik hulle skoolfonds betaal het. Julle dra die skool in ’n tydperk waar baie mense gebuk gaan onder groot finansiële druk. Die skool kan nie funksioneer sonder u as ouers nie, daarom is u samewerking in hierdie verband van uiterste belang. My dank aan mev. Swanepoel en mej. Laubscher wat die finansiële kantoor met ywer en toewyding beman. Mev. Swanepoel behartig die ontvangs van alle gelde, doen die betalings en rekonsilieer die banksaldo op ’n weeklikse basis. Mej. Laubscher hanteer die skoolfonds-rekeninge en administrasie daarvan en volg agterstallige betalings op. Sonder die deeglike manier waarmee hierdie twee dames hulle werk aanpak, sou ons nie die mas kon opkom nie. Die Finansiële Komitee vergader kwartaalliks. Die doel van hierdie vergadering is nie net vir terugrapportering nie, maar om aanpassings en probleemsituasies aan te spreek. ’n Finansiële Reglement-dokument is daargestel om te sorg dat daar ’n beleid in plek is om die skool se finansies te hanteer. Hierdie maatreëls dra by tot die professionele hantering van skoolgelde. My dank aan almal wat op hierdie komitee dien vir waardevolle insette. Spesiale woord van dank aan mev. M. Janse van Rensburg wat as finansiële voorsitter dien. Enkele aspekte waarvan u moet kennis neem: 

Skoolfonds is vooruitbetaalbaar voor die sewende van elke maand. Rente word gehef vir rekeninge wat sestig dae of meer agterstallig is.

6


Geregistreerde briewe word gestuur aan ouers wie se rekeninge meer as negentig dae agterstallig is. Indien daar na twintig werksdae geen reaksie daarop is nie, word dit aan skuldinvorderaars oorhandig.

Aansoeke vir vermindering van skoolfonds moet met dokumentasie aan die einde van die vorige jaar gemaak word.

Hierdie vermindering sal volgens ’n glyskaal toegestaan word na verifiëring van feite.

volledige

Ten slotte wil ek my dank teenoor mnr. W. Meyer en personeel uitspreek vir hulle oordeelkundige hantering van die begroting en hulle ywer met die verskeie fondsinsamelings. My dank aan mev. Swanepoel en mej. Laubscher, my regterhande, vir puik werk. Dankie aan ons Hemelse Vader, sonder wie hierdie skool nie sou kon funksioneer nie. J. MEYER

4.

FISIESE GERIEWE Die meeste van die instandhoudingsprojekte is binne die begroting afgehandel. Projekte wat voltooi is, sluit in: • • • • • • • • •

Nuwe kontrakte vir die werkers ’n Heining tussen die Eike-koshuis en die A-veld Opgradering van pawiljoene by die A-veld Beveiliging van die A-veld se pawiljoen (traliewerk) Die oprigting van ’n betonmuur agter die A-veld pawiljoen Inritte by A- en C-velde Herstelwerk aan die trekker Die aanbring van ’n heining by die lapa Die verwydering van bouvalle en afvalmateriaal

Die volgende projekte moet aandag kry indien die begroting dit toelaat, anders word dit projekte vir 2014: • • • •

Voertuig-ingang in Hoogstraat Die opgradering van die opslaanklasse Die opgradering van die skoolsaal Trappe by sportvelde

Alle kleiner herstelwerk word op ’n daaglikse basis deur mnre. Henry Hayward en Frans Swanepoel gedoen. 7


Die kapitaalbegroting vir 2014 is reeds ingedien. Ons opregte dank aan mnre. Swanepoel en Hayward vir hul uitstekende diens en instandhouding van die skoolterrein. Dankie ook aan die beheerraad-verteenwoordigers naamlik mnre. Rudie Thirion en Hessler Schoultz vir hul belangrike insette tot die welstand van die skool. Brandwag wil ook dankie sê aan die talle ouers en ander instansies in die gemeenskap vir hul bydrae. Die Fisiese Geriewe-komitee is daarop ingestel om hul beste vir die skool te lewer. E. DU PLESSIS

5.

BESTUURSLIGGAAM Aan die einde nog ’n jaar, wat veels te vinnig verby gegaan het, wil ons graag ons dank oordra aan almal wat saamgewerk het om van Brandwag ’n instelling te maak om op trots te wees. Die skool is onlosmaaklik deel van die gemeenskap en die land en soos wat omstandighede verander beïnvloed dit ook die skool. Ons wil graag mnr. W. Meyer en sy personeel, akademies sowel as administratief, gelukwens met hul volgehoue en suksesvolle pogings om aan te pas by veranderende omstandighede terwyl hulle steeds die skool se waardes en tradisies gestand doen. Danksy die bydrae van baie rolspelers wat meer as hul plig doen, is Brandwag steeds ’n toonaangewende skool. Ten spyte van ekonomiese druk kon Brandwag sy verpligtinge nakom. Ons kyk terug op ’n jaar waarin ons nie net kop bo water gehou het nie, maar inderdaad die skool, die geboue en die terrein in ’n beter toestand laat as wat dit aan die begin van die jaar was. Dankie aan die ouers wat vanjaar ’n ekstra myl gestap het om die skool tot hulp te wees. Dit is ongelukkig so dat ons nie in ’n volmaakte wêreld leef nie, gevolglik het Brandwag ook sy deel van probleme, swaarkry en teleurstellings. Baie dankie aan mnr. W. Meyer en sy personeel wat hierdie uitdagings daagliks met deernis aanpak. Verskeie van ons personeel het in die loop van die jaar gesinslede verloor en ons vertrou dat hulle spesiale genade oor die Kersgety sal ontvang. Baie dankie aan al die leerders wat hulle geleenthede in Brandwag benut het en wie se optrede tot voordeel van die skool gestrek het. Aan alle presteerders: baie geluk. Ons wens die matrieks sukses toe met hul eindeksamen en alle verdere studies. Mag julle lewenslank vashou aan die lewenswaardes wat in Brandwag aan julle voorgehou is. 8


Mag almal ’n gelukkige vakansietyd beleef en mag ons in 2014 voortbou op die kleurryke geskiedenis en tradisies van 76 jaar. Geseënde Kerswense. B. CONRADIE

6

OUDSKOLIEREBOND Die jaarlikse Sport- en Reünienaweek het van 30 Augustus tot 1 September plaasgevind. Die erediens op Sondag 1 September is in die NG-Kerk Uitenhage-Noord gehou. Mnr. Joubert Roux, hoofseun van 2003, het as gasspreker by die Stigtingsdagbyeenkoms opgetree. Sonder die hulp en ondersteuning van die bestuurslede, die skoolhoof, personeel en betrokke leerders sou die geleentheid nie ’n sukses gewees het nie. Namens die Oudskolierebond ’n woord van dank ook aan alle borge en skenkers - hulle bydrae is van groot waarde. Hier moet Spyros Spar, Aalwynhoek Abattoirs en Concord-bakkery wat jaarliks groot steun bied, veral bedank word. Ons hoop om in die komende jaar ons skool se leuse van U dienswillige dienaar uit te leef, en sodoende ’n positiewe bydrae tot die skool te kan lewer. Voorspoed vir al die matrieks van 2013 met hul eindeksamen en hul lewenspad vorentoe. V. NAUDE

7

KOSHUISE “Elke suksesvolle individu weet dat sy of haar prestasie berus op ’n gemeenskap van persone wat saamwerk.” Paul Ryan. Brandwag se 2013-jaar is weer gevul met prestasies – prestasies wat mooi ingekleur word deur ons drie koshuise se leerders. Die onskatbare bydraes wat ons kosgangers tot ons skool se spog beeld na buite lewer, word hieronder saamgevat. Ons neem vanjaar afskeid van ’n jare-lange vriendin en diensonderwyser van Jakaranda-koshuis, me. Jeremé Fourie. Baie dankie, Jeremé, vir jare en jare se onbaatsugtige diens en hulp wat jy aan die meisies van 9


Jakaranda-koshuis gelewer het. Ons wens jou net voorspoed en vrede toe vir jou aftrede. In haar plek verwelkom ons ’n nuweling, me. Suné du Preez. Die ekonomie daarbuite is steeds swak, maar desnieteenstaande het ons daarin geslaag om by Brandwag se koshuise kop bo water te laat hou. Ons wil in dié verband dankie sê aan al ons koshuisouers wat getrou hul kinders se koshuisgelde betaal het, aan almal wat ’n bydrae tot die sukses van die koshuisbasaar gemaak het, asook aan ons koshuispersoneel en -leerders wat almal op hul eie manier ’n bydrae gelewer het om sodoende te verseker dat ons koshuise hul finansiële verpligtinge kon nakom. Dit sal ons strewe bly om met die beskikbare fondse te sorg dat Hanekam, Jakaranda en Eike ons kinders se huis weg van die huis sal wees. Ons wil ook van dié geleentheid gebruik maak om ons skoolhoof, die koshuiskomitee, die senior matrone, ons huisouers en ons koshuisraadvoorsitter, me. Millie Janse van Rensburg, hartlik te bedank vir hul bekwame leiding en ondersteuning deur dik en dun. Dankie ook aan ons kosgangers self vir hul goeie gesindheid en oor die algemeen uitstekende gedrag - dit maak ons taak net soveel makliker. Baie geluk aan al die onderstaande kosgangers met hul onderskeie prestasies: Jakaranda: Theneal Brits (OP perdry en Junior Raad van Leerders), Bronwyn Marshall (Akademie Top 10 en Junior Raad van Leerders), Suné Hayward (Akademie Top 10), Mothira Mohammad (OP o.14 netbal en verteenwoordig die Oos-Kaap in atletiek by SA's), Deliandri Uithaler (Akademie Top 10), Jana Vermaak (OP o.15 netbal), Lisa Horn (OP landloop en Senior Raad van Leerders), Elmé van de Vyver (Senior Raad van Leerders en Akademie Top 10), Lurica Pasques (Senior Raad van Leerders en ATKV halfeindrondte redenaars), Emmé Swart (Senior Raad van Leerders). Eike: Marelize Clasen (Akademie Top 10, OP-skeidsregter in netbal en Senior Raad van Leerders), Emma Hayward (Akademie Top 10, president van Interact, redaksie, Senior Raad van Leerders en hoofmeisie van skool), Carol Drake (Akademie Top 10), Elmé de Jager (Akademie Top 10), Eliska Büchner (Akademie Top 10 en verteenwoordig die Oos-Kaap by SA's in spiesgooi), Lauren Hayward (Akademie Top 10), Monique Williams (OP netbal en OP skeidsregter in netbal), Kayla-Lee MacGregor (Senior Raad van Leerders en OP skeidsregter in netbal), Lizandré Mulder (verteenwoordig Oos-Kaap in landloop by SA's), Nadene van der Mescht (redaksie). Hanekam: Hein Janse van Rensburg (Junior Raad van Leerders), Shevaan Hendricks (100-tal in krieket), Bernardus Coetzee (Senior Raad van Leerders), Erich de Jager (Senior Raad van Leerders en OP o.18Cravenweek), Llewellyn Janse van Rensburg (Akademie Top 10, Senior Raad van Leerders en hoofseun van skool), Morné Moos (Senior Raad van Leerders, OP o.18-Sewes en OP o.18-Cravenweek), Kaden Prince (Senior Raad van Leerders en OP o.18-Cravenweek), Neels van Tonder (Senior 10


Raad van Leerders), Gerhard van Tonder (OP kragoptel), Heinrich van Tonder (OP kragoptel), Nicholas Lourens (OP o.18-Sewes). Mag Brandwag se koshuise, deur die genade en leiding van ons Here Jesus Christus, van krag tot krag gaan. “Om bymekaar te kom is ’n begin. Om bymekaar te bly is vooruitgang. Om met mekaar saam te werk is sukses.” Henry Ford J. ERASMUS

8.

RAAD VAN LEERDERS

SENIOR RAAD VAN LEERDERS HOOFMEISIE Emma Hayward

HOOFSEUN Llewellyn Janse van Rensburg

ONDERHOOFMEISIE Anandi Botha

ONDERHOOFSEUN Franco Meiring

DOGTERS Karla Barnard Lune-Mari Bezuidenhout Marelize Clasen Alana-Lee Daniell Cleo George Lisa Horn Kayla-Lee MacGregor Liani Nel Lurica Pasques Lizelle Pienaar Lynette Pitout Mia Rens Estée Skein Emmé Swart Elmé van de Vyver Nienke van Jaarsveld Beane Weyers Yolandé Willemse

SEUNS De Wet Bester Bernardus Coetzee Uys Conradie Erich de Jager Dandré Delport Morney Moos Kaden Prince Neels van Tonder

11


JUNIOR RAAD VAN LEERDERS GRAAD 11 Theneal Brits Hein Janse van Rensburg Elrike Hugo Stefan Janse van Vuuren Kylie Janse van Rensburg Veronique Kapp Bronwyn Marshall Caitlin Tamboer Gitte Alberts Charmy de Ridder Shereé Greeff

8.1

GRAAD 10

GRAAD 9

André Conradie Ruan Minné

Marlou Campher Bevan O’Neill

VERSLAG VAN RAAD VAN LEERDERS: 2013 Reeds sedert ons inhuldiging in 2012 het ons geweet dat ’n ongelooflike eer en verantwoordelikheid ons te beurt geval het en dat ons groot skoene sou moes volstaan in die jaar wat voorlê. Ons termyn het begin met ’n opleidingskamp by African Imprint, onder die bekwame leiding van ons skakelonderwysers, mnr. Baxter en mev. Koekemoer. Die opleidingskamp was ’n groot sukses en buiten die hope pret wat die kamp aan ons besorg het, was dit ook ’n uiters opvoedkundige ekskursie. Dit het ons volkome voorberei vir die praktiese sy van ons termyn en het ook help bou aan die vriendskapsbande binne die raad (wat ongetwyfeld bygedra het tot ons suksesvolle termyn). Die vier hoofleiers was ook bevoorreg om ’n hoofleiersimposium by Goudini Spa in die Wes-Kaap, aangebied deur die ATKV, by te woon. Hierdie was ’n hoogtepunt op die hoofleiers se kalender en hulle het vriendskapsbande gesmee met medehoofleiers wat hulle jare daarna steeds na aan die hart sal lê. As raad het ons reeds vroeg 2013 afgeskop met ’n uiters suksesvolle gr. 8voorstellingsdag en kenmekaar-sokkie. Ons het ook, onder andere, Meneer en Mejuffrou Sot en ’n gr. 8-waterkaskenades-dag gehou. Verder is verskeie gemeenskapsuitreike geloods, onder andere ’n uitreik na SAMREC, waar ons gaan pikkewyne was het. Die raad het ook buiten sy talle verpligtinge verseker dat daar genoeg tyd vir pret saam was met ’n onvergeetlike uitstappie na die Kragga Kamma Wildpark. Brandwag is ’n skool wat groot waarde aan tradisies heg. Die raad het dan ook help verseker dat die huidige tradisies, soos die Brandwag-myl, weereens ’n sukses was. As raad het ons ook ’n nuwe tradisie begin, ’n ontbyt-geleentheid aan die einde van ons termyn waar die raad die 12


onderwysers bedank vir hul ondersteuning deur die jaar. Ons hoop dat hierdie tradisie nie net sal bly voortleef in die hart van die huidige raad nie, maar ook ’n nuwe Brandwag-tradisie sal word. Ons wens die Raad van Leerders 2014, onder leiding van Llewellyn Janse van Rensburg en Emma Hayward, alles van die beste toe vir die pad vorentoe. Ons het vertroue dat hulle ook die Band van Grys en Groen trots sal maak in die jaar wat voorlê. Nogmaals dankie aan die skoolhoof, personeel, en veral mnr. Baxter en mev. Koekemoer se hulp oor die afgelope termyn, dit was van onskatbare waarde. Ons laat u graag met Brandwag se kredo: die beste skool van dink en doen is die skool met die band van grys en groen. U dienswillige dienaar RONNIE STRYDOM EN LIEZL JOUBERT HOOFLEIERS 2013

8.2

JUNIOR STADSRAAD Altesaam ses leerders van Brandwag het die skool die afgelope termyn op die Junior Stadsraad verteenwoordig. ’n Groot eer het Brandwag (weereens) vanjaar te beurt geval toe Alana-Lee Daniell as die Junior Burgemeester vir die termyn 2013 – 2014 gekies is. Ons is baie trots op haar en weet dat dinge onder haar leiding, vlot sal verloop. Ronnie Strydom en Chanté van Rensburg (matriek) tree uit as lede. Baie dankie vir julle belangrike insette die afgelope drie jaar. Die ander lede is Alana-Lee Daniell en De Wet Bester (gr. 11); Caro Swanepoel en Bjorn Bester (gr. 10); Caitlin Tamboer en Sharezaan Zeelie (gr. 9) wat as subkomiteelede sal dien en ingelyf sal word as amptelike lede tydens ’n prestige geleentheid op 9 Oktober 2013 in Brandwag se skoolsaal. Die Junior Stadsraad bestaan uit hoërskoolleerders van Uitenhage en Despatch en vergader elke week, gewoonlik by die Junior Burgemeester se skool. Die leerders het hoofsaaklik geld ingesamel vir die finansiering van hul aktiwiteite, asook vir welsynorganisasies, deur projekte soos gereelde ’n karwas en die jaarlikse debutantebal. Besoeke word gebring aan tehuise en hulp met sopkombuise word gegee. Elke lid het waardevolle ondervinding in ondernemingsgees opgedoen en die Junior Stadsraad het hulle die geleentheid gebied om hul leierseienskappe te ontwikkel en uit te dra. Die Brandwagters het weereens bewys dat daar altyd op hulle staatgemaak kan 13


word en word hartlik bedank vir hulle toegewydheid en volgehoue ywer. Julle het ’n verskil gemaak. Voorspoed aan elke lid met sy/haar werksaamhede. Q. GOOSEN

9.

AKADEMIE Brandwag is trots op sy akademiese prestasies en veral op die deurlopende goeie matriekuitslae wat ons handhaaf. Streng oorhoofse beheer, toesig oor alle akademiese aktiwiteite en deurlopende monitering is die wenresep vir goeie uitslae. Voeg daarby onderwysers wat op eie inisiatief en sonder vergoeding ekstra hulp aanbied in ’n wye verskeidenheid vakke en dis duidelik waarom Brandwag ’n gerekende skool op akademiese gebied is. Ons wil hulde bring aan ons toegewyde onderwysers, vakhoofde, graadhoofde en standerdhoofde vir hulle onvermoeide ywer om elke leerder tot akademiese uitnemendheid te begelei. ’n Groot dankie ook aan die topstruktuur vir oorhoofse beheer. Brandwag beloon die afgelope paar jaar die top 10 akademiese kandidate in elke graad met ’n “bederf-dag”. Hiermee wil ons van die skool se kant af vir die groep leerders ons waardering wys vir hulle volgehoue harde werk en ywer in akademie. Ons “bederf-dag” het al uitstappies na die Kwantuwildreservaat en Addo ingesluit en in 2013 het die groep uitgesoektes hulle staal in ’n “Masterchef” -dag gewys. Brandwag ken aan die einde van elke jaar drie akademiese beurse toe aan die drie top presteerders in elke graad. Die beurswenners word bepaal na aanleiding van volgehoue prestasie deur die jaar en die beurs bestaan uit ’n 100%, 75% en 50% afslag op skoolgeld respektiewelik vir die volgende akademiese jaar. Gr. 8-leerders kom ook in aanmerking vir akademiese beurse. Enige gr. 8leerder kan kwalifiseer vir ’n beurs indien hy/sy ’n minimum gemiddelde persentasie van 90% in gr. 7 behaal EN indien die leerder as Dux-leerder van sy/haar laerskool aangewys is. Die matriekuitslae van 2012 verdien weer spesiale vermelding: • • • • • • • •

99,4% 14 1 2 3 6 2 191

Slaagsyfer; (1 druipeling) Gemiddelde A- kandidate Leerder verwerf 8 A-simbole Leerders verwerf elk 7 A-simbole; Leerders verwerf elk 6 A-simbole Leerders verwerf elk 5 A-simbole Leerders verwerf 4 A-simbole; A-vaksimbole. 14


Altesaam 105 leerders kry toelating tot graadstudie, 49 kry toelating tot diplomastudie en 6 kry toelating tot sertifikaatstudie. Ons is besonder trots op die feit dat ALLE graad 12’s van 2012 wat geslaag het wel verder kan gaan studeer indien hulle sou wou. Daar is vanjaar besondere aandag gegee aan die modernisering van onderrig-hulpmiddels in klaskamers met die installering van nog 6 dataprojektors wat nie net die onderrig in klasse moderniseer en vergemaklik nie maar aansluit by die leerders se leefwêreld sowel as akademiese tyd bespaar. Daar is tans 19 dataprojektors met internet-toegang in klaskamers. Die graad 12 English FAL groep het hierdie jaar onder leiding van mev. Roux kontak gemaak met leerders van Maencheon High School in Deagu, Suid Korea deur middel van ’n Facebook-groep wat gestig is. Gr 12-leerders van die twee betrokke skole het mekaar leer ken in die geslote Facebook-groep wat later gelei het tot ’n uur lange Skype-sessie tussen die twee klasgroepe onder leiding van die onderskeie onderwysers. Ongeveer 60 leerders het aan die Skype-sessie deelgeneem en dit was beslis ’n hoogtepunt vir almal. Interessante brokkies oor skoolaktiwiteite is gedeel asook oor die algemene omstandighede van 18-jariges in die twee lande. Die gr. 9-leerders het weer hierdie jaar die geleentheid gehad om weekliks ’n wiskunde huiswerk-hulpklas by te woon. Leerders kon onder toesig van ’n leerkrag hulle wiskunde-huiswerk voltooi terwyl hulle waardevolle individuele aandag en hulp kry. ’n Groot poging is hierdie jaar aangewend om beide gr. 9-leerders en hul ouers in te lig met betrekking tot vakkeuses en universiteitstoelatingvereistes. As voorbereiding vir die vakkeuse-oueraand het alle gr. 9-leerders ’n geleentheid gekry om die Human Progress Management-toets af te lê in ’n poging om leerders en ouers in staat te stel om meer sinvolle vakkeuses te maak. Die oorweldigende opkoms by die gr. 9-oueraand bewys weereens dat Brandwag die akademiese behoeftes wat bestaan, raaksien en aanspreek. Onder leiding van die akademiese hoof, mev. E. Roux, word daar in ’n span saamgewerk om Brandwag se akademiese prestasies op ’n hoë standaard te hou. E. ROUX

9.1

GETALLE Brandwag ontvang jaarliks meer aansoeke as wat ons kan hanteer. Die skool handhaaf ’n streng toelatingsbeleid. In oorvol klasse kan die kind nie tot sy volle potensiaal ontwikkel nie. Kleiner klasse vergemaklik ook beheer en dissipline en het beter akademiese prestasie tot gevolg. 15


Getalle 2013:

Seuns Meisies

9.2

Gr. 8 Gr. 9 Gr. 10 Gr. 11 Gr. 12

195 189 186 190 165 925

334 591

FISIESE WETENSKAP-WINTERSKOOL Hierdie jaar is die Fisiese Wetenskap-winterskool weer by Brandwag aangebied tydens die laaste week van die Julie-vakansie. In totaal het 31 leerders die winterskool bygewoon, onder meer leerders van Brandwag, Muir, Daniël Pienaar Hoërskool Uitenhage en Riebeek College. Dit word jaar na jaar bewys dat bywoning van die Winterskool leerder help om sy beste prestasie te bereik in hierdie vak. Ons wil graag alle Fisiese Wetenskap-leerders uitnooi om in die toekoms hierdie Winterskool by te woon ter voorbereiding van die September-rekordeksamen en die November-eindeksamen in gr. 12. P. BAXTER

9.3

WISKUNDE-LENTESKOOL Die Wiskunde-Lenteskool het reeds ’n instelling by Brandwag geword en is vanjaar weer van 23 tot 27 September aangebied. Die ywerige wiskundiges het selfs op Erfenisdag die klasse voortgesit. Gr. 12-leerders van Brandwag en buurskole het dit bygewoon en is in twee klasse ingedeel. In tien sessies van twee ure elk word die hele gr. 11- en 12-sillabus deurgewerk. By elke module word ’n stel notas, saamgestel deur die aanbieders, aan die leerders uitgedeel en word die beginsels betrokke by elke onderwerp, deeglik ingeoefen. Die aanbieders vanjaar was mevv. L. Britz, E. Huisamen, H. Meyer en Z. Koekemoer. Dit is ’n suksesvolle wiskunde-week wat beslis bydra tot beter uitslae vir elke leerder wat dit bywoon en voluit saamwerk. ’n Besondere woord van dank aan bogenoemde dames vir die organisasie, aanbieding en opoffering. Z. KOEKEMOER

16


9.4 WÊRELDKENNIS-OLIMPIADE Brandwag-leerders van alle grade het weereens aan die Wêreldkennisolimpiade deelgeneem. Leerders van gr. 8 tot 12 kry die geleentheid om aan hierdie olimpiade deel te neem. Dié jaar het die meeste leerders ooit ingeskryf - 48 leerders het op die middag van 20 Mei 2013 gereed gesit om die Olimpiade aan te durf. Hulle het veelkeusevrae en oop vrae oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe beantwoord. Elke leerder wat aan die Olimpiade deelneem, ontvang ’n sertifikaat van die Universiteit van die Vrystaat. Die deelnemer wat die jaar die beste in Brandwag gevaar het, was Chanté Kennedy in gr. 10. Ons hoop dat nog meer leerders in 2014 aan die Olimpiade sal deelneem. A. CONRADIE

9.5 LEWENSWETENSKAPPE-OLIMPIADE In 2013 is daar ’n rekordgetal inskrywings vir die olimpiade. ’n Totaal van 98 leerders het die olimpiade afgelê. Twintig van dié leerders het goue sertifikate gekry, 28 silwer, 32 brons en 18 het sertifikate vir deelname verower. Brandwag se leerders het dus baie goed presteer. L. VAN DER WALT

9.6

MATRIEK VAN DIE JAAR Elke jaar nooi die Herald Oos-Kaapse skole om hul top matrikulante in te skryf vir die gesogte Matriek van die Jaar-kompetisie waarvan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit die hoofborg is. Die beoordelaars wys vier kategorie-wenners aan in die kategorieë akademie, sport, kultuur en gemeenskapsdiens asook ’n algehele wenner en ’n wenner van die scholarship award wat ’n kandidaat uit ’n voorheen benadeelde skool is. Die algehele wenner ontvang ’n beurs van NMMU vir vier jaar se studie asook verskeie ander pryse. Die wenner en kategoriewenners wen ook pryse van ander borge. Om ’n kans te staan om ’n finalis te wees, moet matrieks uitblink in akademie en leierskap en veelsydige prestasies op die gebied van sport, kultuur en gemeenskapsdiens hê. Inskrywings moet onder meer volledige CV's, getuigskrifte, foto's en Junie-eksamenuitslae bevat.

17


Brandwag se 2013 hoofseun, Ronnie Strydom, is vanjaar as ’n finalis aangewys. Hy was Brandwag se sesde finalis in die kompetisie sedert 2010. Slegs 11 verskillende skole uit die hele Oos-Kaap en Grens het finaliste in die kompetisie gehad. K. PIENAAR

10.

KULTUUR

10.1

ANIBRANDFEES Die Anibrandfees is vir die vyfde jaar aangebied op 1 & 2 Maart 2013. Die datum is vervroeg om dit makliker te maak vir die sport aangesien die sportgronde vir ’n week buite aksie is wanneer die fees aangebied word. Die weer is ook beter einde Februarie/begin Maart. Die Anibrandfees het afgeskop met Randall Wicomb in die skoolsaal op Vrydag 15 Februarie en DJ Ossewa op Donderdag 28 Februarie. Albei geleenthede was baie suksesvol met 250 volwassenes in die skoolsaal vir Randall Wicomb en 800 volwassenes vir DJ Ossewa in die Feeskroeg. Ignite Ministries het ’n aanbiddingsaand aangebied vir jong mense op Donderdagaand 28 Februarie – met ongeveer 300 jong mense teenwoordig op die feesterrein by die Coke-verhoog. Die Vrydag-program het begin met kleuters van omliggende kleuterskole wat vermaak is op die terrein – hulle het hulle eie fees gehad met boeresport. Vrydagmiddag was die Bulletjiebraai wat nog ’n eerste was vir die fees. Laerskoolleerders is uitgenooi om in te skryf. Daar het twintig spanne ingeskryf, met twee lede in elke span. Levyvale Spar het die kompetisie geborg en ook wors geskenk vir die braaiers. Elke span moes nie-bederfbare kos inhandig as inskrywing. Saterdag is ’n Volleyball-kompetisie by die tienerarea gehou en ’n Potjiekoskompetisie by die Feeskroeg wat geborg is deur Drostdyhof. Die SA Kragoptelspan het gewys waartoe hulle in staat is en ander besoekers uitgedaag. Soos elke jaar was daar weer baie goeie uitstallers: handwerk, landbou en kosstalletjies. In die sportsentrum was Tafels vol Geskenke; die kunsuitstalling, Babakompetisie en Mej. Anibrandfees. Popsi die Nar het kinders opgepas. Bekende kunstenaars by die fees het ingesluit Steve Hofmeyr; Juanita du Plessis; Theuns Jordaan; Karlien van Jaarsveld; 4 Werke (Nicholis Louw; Elizma Theron; Ray Dylan en Monique). Rockbands soos Tuindwergies; Moses Metroman; Huis Najaar en ekhouvanjou,okey het opgetree. Andries 18


Botha het die besoekers Saterdagaand na die hoofvertoning in die feeskroeg vermaak. Ons eregaste is genooi om die vertonings te geniet vanaf ’n spesiale area met ’n kontantkroeg en sitplek. Die Anibrandfees word ondersteun deur verskeie borge, waarsonder die fees nie sou kon plaasvind nie. Die organiseerders van die Anibrandfees is almal vrywillige helpers en sluit in onderwysers, oudskoliere en oud-ouers van Brandwagters. Die volgende Anibrandfees sal van 28 Februarie tot 1 Maart 2014 plaasvind. K. BASSON

10.2

ATKV JEUGTAK Die ATKV Jeugtak is op 3 September 2013 gestig. Daar het 70 lede uit gr. 9 en 10 aangesluit. Daar is besluit om gr.11-leerders vir die bestuur te gebruik gedurende die tak se eerste jaar. Die lede sal dus in 2014 bestaan uit gr. 10 en gr. 11-leerders en die bestuur sal gr. 12's wees. Die plan is dat daar in die toekoms net gr. 10 en 11-leerders in die tak sal wees. Die bestuur is Franco Meiring (voorsitter); Uys Conradie (ondervoorsitter); Anandi Botha (sekretaris) en Kelly Dowling (tesourier). Die gr. 10’s wat deur die tak gekies is as addisionele lede is Simoné Lange, Caro Swanepoel en Cheré Schaup. Die gr.11 addisionele lid is Lurica Pasques. Die lede het ook name vir die tak voorgestel en daarvoor gestem. Die naam van die tak sal ATKV Dinamika wees. Anandi Botha is verantwoordelik vir die Facebook-bladsy van die tak en Charisa Alberts is die amptelike fotograaf. Die ATKV Dinamika se doel is om kultuur en die passie vir die Afrikaanse taal in Brandwag te bevorder. K. BASSON

10.3

FOTOGRAFIEKLUB Fotografieklub kan terugkyk op ’n hoogs suksesvolle jaar. Benewens wat leerders geleer het tydens besprekings en met die neem van foto's, is daar talle geleenthede vir klublede om by die skool as fotograwe op te tree. Vroeg in Maart het die senior lede van Fotografieklub as amptelike feesfotograwe by die Anibrandfees opgetree en uitstekende werk verrig. Elke 19


fotograaf was verantwoordelik vir ’n spesifieke deel van die werksverdeling en moes verskeie soorte foto's neem. Met die aanvang van die rugbyseisoen het verskeie lede van Fotografieklub die geleentheid gehad om hul staal as kameraman/-vrou te bewys deur die wedstryde met die skool se videokamera af te neem. Intussen het Fotografieklub ook stil-stil die neem van foto’s vir die skoolkoerant oorgeneem. Een van Charissa Alberts se foto's is vir die derde kwartaal se voorblad gebruik. By die kultuuraand wat in Augustus gehou is, was Fotografieklublede verantwoordelik vir die maak van die video en die neem van foto's. ’n Paar klublede het in 2013 die voorreg gehad om hulle foto’s in plaaslike koerante gepubliseer te sien. Aan die begin van die jaar is een van Elmé van de Vyver se atletiekfoto's in die Jip-bylaag van Die Burger gepubliseer en later in die jaar is van Charissa Alberts se rugbyfoto’s ook in die Jip gebruik. Emma Hayward het self die foto geneem wat saam met haar berig in die UD Nuus gepubliseer is. Die werk van klublede is weereens by die gr.7 Ope-Aand uitgestal. K. PIENAAR

10.4

INTERACT Onder die bekwame leierskap van Liezl Joubert het Brandwag se Interactklub vanjaar weer ’n suksesvolle jaar van gemeenskapsdiens beleef. Tydens die eerste kwartaal het die klem geval op fondsinsameling in die stryd teen kanker. Die klublede het soos in die verlede almal beurte gemaak met die bak en verkoop van kolwyntjies. Lede het ook munte ingesamel. Interact het weereens kerse by die jaarlikse swemgala aangesteek ter nagedagtenis aan slagoffers van dié siekte. ’n Oomblik van stilte is ook as eerbetoon gehandhaaf. Die harde werk en toewyding van die hele skool het die totale bedrag wat ingesamel is op R10 050 te staan gebring wat aan die Muirite Striders geskenk is vir hulle deelname aan die CANSA Relay for Life Night Marathon. Interact-lede het ook die aand bygewoon om die Muirite Striders se poging te ondersteun. In die laaste week van die tweede kwartaal het die Interact Raadslede ’n “Amazing Race” vir die klublede gereël om ’n bietjie gees te skep en om die lede te bedank vir hulle toewyding en harde werk. Die wenspan het paaseiers van die twee ‘paashase’ ontvang.

20


Interact het in die tweede kwartaal die Oosterland Kinderhuis besoek. Die lede het lekker speletjies gespeel met die 24 kleintjies en elke kind het ’n propvol geskenkpakkie ontvang. Speelgoed is ook aan hulle geskenk. Die klub het ook die Aandmymering Tehuis vir Bejaardes besoek. Lede het tyd saam met die inwoners deurgebring en ook vir hulle liedjies gesing. Kolwyntjies en kaartjies is aan al die bejaardes gegee. Die klublede het die skoolgronde, sowel as die strate om die skool, mooi skoongemaak. Hulle het in spanne verdeel en tydens pouse rommel op die terrein en in die strate opgetel. Die omgewing is ook baie belangrik vir die Interact-klublede. Die klub het dus hierdie jaar herwinningsprojekte geloods wat nie net vir die omgewing goed is nie, maar wat ook die plaaslike gemeenskap dien. Plastiekbottels is herwin en aan ’n kerk in die gemeenskap geskenk. Die kerk verkoop die plastiekbottels vir herwinning wat weer vir hulle fondse ’n hupstoot gee. Ou papier en tydskrifte word ook ingesamel. Die papier word herwin en die geld wat vir die papier betaal word, is aan die Oosterland Kinderhuis geskenk. Brandwag het in 2013 vir die eerste keer aan die nasionale “Slipper Day” deelgeneem. Leerders en personeel kon die dag lekker gemaklik in hulle pantoffels rondloop. ’n Bedrag van R2 550 is so ingesamel en aan “Reach for a Dream” geskenk. Die personeel het ook weereens deelgeneem aan die jaarlikse Loslitdag en so geld ingesamel vir persone met gestremdhede. Vir Vrouedag het Interact-lede kaartjies en balkies aan al die dames personeellede gegee. Die lede is tans besig met ’n projek om ou skryfbehoeftes in te samel. Die skryfbehoeftes gaan aan behoeftige plaaslike skole geskenk word. Die jaar het weereens vinnig verbygegaan, maar lede het tydens 2013 die meeste gemaak van elke geleentheid om Interact se leuse van "service above self" uit te leef. A. CONRADIE

10.5

KOOR Die koor het hul optredes vanjaar afgeskop met ’n optrede by die Despatch Koorfees op 22 April. Dit is opgevolg met ’n optrede by die UitenhageDespatch Sangfees. Die koor het ook op 1 en 2 Junie ’n aantal koorlede na die Night of the Proms in Port Elizabeth ten bate van Hospice geneem. In die derde kwartaal, op 12 Augustus, het Brandwag ’n glans-kooraand aangebied waaraan dertien kore deelgeneem het. Die Oos-Kaapse jeugkoor het die aand afgesluit. 21


Die koor het in dieselfde week by die Ope-Aand vir gr.7's opgetree. Daar is ’n definitiewe groei in getalle by die koor ten spyte van die min seuns. Die skool het ook vanjaar 5 Oos-Kaapse jeugkoorlede gehad. I. SCHEEPERS

10.6

KULTUURAAND Op versoek van die leerders is ’n kultuuraand gereël. Leerders is gevra om aansoek te doen en daarvolgens is ’n program opgestel. Dit was ’n baie suksesvolle aand met meestal sang- en dansitems. Daar is besluit om dit ’n jaarlikse instelling te maak en die Kultuuraande sal in die toekoms in Augustus plaasvind. Die doel van die aand is om leerders bloot te stel aan die talente van hulle klasmaats. Die Fotografieklub was ook betrokke met die maak van ’n video wat op YouTube gewys word en die neem van foto’s. Onderwysers betrokke is mev. I. Scheepers; mev. N Kriel; mev. K. Basson; mnr. J. Cloete en mnr. D. Williams. K. BASSON

10.7

KUNS Altesaam 40 leerders van graad 10 tot 12 het hierdie jaar Visuele Kuns as vak geneem. Die graad 11-klas het ’n kamp op Knysna bygewoon waar baie verrykingswerk gedoen is. Mnr. Van der Westhuizen is tydens 2013 opgelei as fasiliteerder vir CAPS en het in Uitenhage en Humansdorp ander onderwysers opgelei. D. VAN DER WESTHUIZEN

10.8

MNR. EN MEJ. BRANDWAG Die Mnr. en Mej. Brandwag-kompetisie het op 6 Maart 2013 in die Uitenhage Sportsentrum plaasgevind en was weereens ’n lus vir die oog.

22


Anandi Botha en Chante van Rensburg het as aanbieders opgetree en hul goed van hul taak gekwyt. Die beoordelaars het kopgekrap en die glansaand het ’n hoogtepunt bereik met die aankondiging van die wenners: Mej. Brandwag Senior: Eerste Prinses: Tweede Prinses:

Anja Ferreira Ilze du Preez Melissa Kleinhans

Mnr. Brandwag Senior: Eerste Prins: Tweede Prins:

Dewan Lombard Elandré Crouse Bernardus Coetzee

Mej. Brandwag Junior: Eerste Prinses: Tweede Prinses:

Elrike Hugo Erin Ferreira Chandré Swanepoel

M. DU TOIT EN E. KLEINHANS

10.9

MUSIEK Die musiek as vak het vanjaar altesaam twaalf leerders gehad. Daar was vyf in gr. 12, drie in gr. 11 en vier in gr.10. Die gr. 12-leerders se praktiese eksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat word op 8 Oktober afgelê. I. SCHEEPERS

10.10 SKOOLKOERANT Die afgelope jaar was weer ’n baie bedrywige jaar vir die redaksie. Alle redaksielede het aan die begin van 2013 opleiding bygewoon en verdere opleiding word vir 2014 beoog. Om verskeie redes is daar in 2013 besluit om die skoolkoerant op die eerste dag van die tweede, derde en vierde kwartale te publiseer eerder as aan die einde van die eerste, tweede en derde kwartale. Hierdie reëling was redelik suksesvol en sal waarskynlik voortduur. Redaksielid Anandi Botha het in 2013 in Unika Schonken se skoene gevolg toe sy ook aangestel is as ’n Jong Joernalis (JJ) vir Die Burger se jeug bylaag, Jip. Verder het twee redaksielede, Emma Hayward en Lurica Pasques, stories geskryf as Citizen Journalists vir die UD Nuus wat op dié publikasie se webwerf gepubliseer is. Emma Hayward se storie oor die graad 12's se 23


internet-interaksie met Suid-Koreaanse studente, is intussen in die UD Nuus gepubliseer. Onderhoude vir die aanstel van die redaksie vir 2014 vind vroeg in die vierde kwartaal plaas. Die redaksie het steeds vir 2014 ten doel om meer aktuele stories te publiseer en moontlik die redaksie se internet-aktiwiteite van blote kommunikasie tot publikasie uit te brei. K. PIENAAR

10.11 WOORDKUNS Daar is min dinge wat soveel breinkrag verg en vir soveel opwinding sorg as die woordkuns. Benewens die interne redenaarskompetisie waar Carla Dodd as die Beste Senior Redenaar en F.J. Swanepoel as die Beste Junior Redenaar aangewys is, het twee van ons leerders ook aan die eerste rondte van die Nasionale ATKV-Redenaarskompetisie deelgeneem. Lurica Pasques en Caro Swanepoel (as seniors) het hulle baie goed van hul taak gekwyt en was ware ambassadeurs vir Brandwag. Lurica Pasques het deurgedring na die semi-finale rondte. Brandwag het vanjaar aan die eerste rondte van die Nasionale Debatskompetisie deelgeneem. Ons het vanjaar twee senior spanne bestaande uit Alana-Lee Daniell en Louise van Wyk; en Caro Swanepoel en Cecil-John Hamman asook twee junior spanne bestaande uit René Schonken, Kayla Delport en Caitlin Tamboer; en Laricha Taljaard, F.J. Swanepoel en Tilana Bezuidenhout ingeskryf. Beide senior spanne en een junior span (René Schonken, Kayla Delport en Kaitlin Tamboer) het na die semi finale rondte deurgedring, maar op punte uitgeval. Al drie spanne het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en bekkigheid beslis laat geld. Baie geluk aan al ons sprekers. Ons is trots op julle. Mag die goeie woord altyd seëvier. Q. GOOSEN

11.

VCSV Brandwag is sinoniem met Christelike waardes en norme. Daarom staan ons nie net uit op akademiese en sportgebied nie, maar styg uit bo die res a.g.v. ons sterk geestelike karakter. Talle mense dink dat ’n skool die beste 24


sendingveld is om te bedien en almal wil graag na die skole toe kom met talle idees en voorstelle, maar staan telkens verbaas oor wat reeds by die skool gevestig is. Brandwag se VCSV staan baie sterk en het weereens ’n geseënde jaar beleef. Ons het die jaar begin met 53 kringleiers wat gereed was om die geestelike leiding in die skool te neem. Dewan Lombaard was die voorsitter wat die geestelike sake hanteer het en Liezl Joubert was my regterhand by die neem van besluite en al die administratiewe reëlings. Die betrokkenheid van spesifiek seuns is regtig ’n riem onder die hart omdat meisies tradisioneel op dié ouderdom hierdie rol vertolk. Ons koffiekroeë is weereens die hoogtepunte van die jaar. Daar is gewoonlik tussen 250 en 300 kinders by so ’n aand. Ek glo ons sukses lê in die feit dat die kringleiers self die koffiekroeë hanteer. Dit sluit alles in van die dramas skryf en danse uitwerk tot die opmaak van die saal. Die terugvoering wat ons van die leerders kry, getuig van groot seën. Die Brandwag-kerkdienste bly ’n wenner. Ons poging is om jong mense terug in die kerk te kry en vir hulle te wys hoe lekker dit is om die Here te dien. In hierdie dienste het die kringleiers, asook van die leerders, nie net bakhand gestaan om iets te ontvang nie, maar het hulle self getuig en gepoog om iets vir iemand anders te beteken. Ons het aan die begin van die jaar ’n kringleier-opleidingskamp by Rangers gehad, waar die kringleiers gemobiliseer is vir die groot taak wat op hulle gewag het. Dit was ’n wonderlike ervaring om saam met die leiers deur die Woord te stap en te sien hoe nou hulle in verhouding met die Here staan. Die VCSV-orkes gaan van krag tot krag. Nienke van Jaarsveld en Beane Weyers het aan die stuur van sake gestaan en elke leerder kan getuig dat hulle tot groot seën is. Die orkes tree ook by verskeie gemeentes op en ek voorspel nog groot dinge vir hulle. Dit is wonderlik om te sien hoeveel talent daar verskuil is onder die jongmense en dat hulle hul talente binne ’n Christelike raamwerk kan uitleef. Elke Dinsdag het ons kringe by die skool. Die pouse word so bietjie langer gerek en as die tweede klok lui, skarrel almal om by hulle betrokke kringe te kom. Elke kringleier het ’n relevante les wat hulle die dag met hulle kring deel, waarna hulle sommer net lekker saam bid en die pouse in medeChristene se teenwoordigheid geniet. Tweede pouses is bidtyd en daarom sal kamer 6 nooit gesluit wees gedurende die pouse nie. Vir baie leerders is dit ’n veilige hawe waar hulle in die teenwoordigheid van die Here kan asem skep en net weer perspektief oor die dag of oor hulle probleme kan kry. Daar sien jy hoe leerders mekaar se laste dra en vir mekaar bid en regtig omgee vir mekaar. Ons het so 80 nuwe kringleier-aansoeke gehad en die kies van nuwe kringleiers raak al hoe moeiliker. Almal is pragtige kinders, maar tog kan almal nie gekies word nie. Ons neem egter nie oorhaastig ’n besluit nie, 25


maar eers na verskeie onderhoude, ’n Bybelkennis-eksamen asook ’n verpligte kamp sal ons ’n keuse maak. Bid asseblief saam met ons, dat ons in alles wat ons doen die Here behaag en Sy koninkryk uitbrei en nooit ons eie nie. Ek wil afsluit met die bekende Ps 127:1 “As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.” Kom ons leef elke dag voluit vir Hom. R. LANDMAN

12.

SPORT

12.1

ATLETIEK Daar is min skole in die land wat nog met soveel oorgawe skole-atletiek aanbied soos Brandwag met die interlaer-byeenkoms. Hierdie jaar was geen uitsondering nie. Geen moeite word ontgaan deur die dirigente van De Wet-, Retief- en Kruger-laers om dit ’n skouspel te maak nie, op en van die baan. Na die dirigente met al wat ’n voertuig is, opgedaag het en deur hulle innoverende danspassies gegaan het, sing elke laer uit volle bors hulle laer se liedjies. Dit alles dien as inspirasie vir die atlete op die baan om alles uit te haal. Dit is ’n riem onder die hart om die massadeelname aan die verskillende veld- en baannommers te sien. Ten spyte van die formidabele prestasies van hulle voorgangers oor dekades heen, word daar steeds rekords verbeter. Een daarvan was Yolandé Willemse wat die o.17-rekord in diskus verbeter het. Kruger-laer het hierdie jaar as wenners uit die stryd getree. Die Victor en Victrix Ludorumtrofeë word gegee aan die atlete wat op die dag aan ten minste drie items deelgeneem het en gemiddeld die meeste punte op die ASA-tabelle verwerf het. Hierdie trofeë is tradisioneel weer aan die atlete by die byeenkoms oorhandig. Senior Victor Ludorum was Donald Nel, die Senior Victrix Ludorum Yolandé Willemse, Junior Victor Ludorum Levert Pieterse en die Junior Victrix Ludorum Zoë Marais. Na hierdie byeenkoms vroeg in Februarie, kwalifiseer die eerste twee posisies in elke item vir die Distriksbyeenkoms, waar daar teen skole in die Uitenhage-Despatch-streek meegeding word. Die byeenkoms is hierdie jaar weer by die Brandwag-veld aangebied. Ons medalje-oes op die dag was die grootste van al die skole wat deelgeneem het. Dit ten spyte van die feit dat op hierdie stadium sekere atlete nie gekies kon word nie, weens verpligtinge by ander somersportsoorte soos krieket. Ten minste 100 van ons atlete kwalifiseer by die byeenkoms vir die volgende ronde, die Metro (OP) byeenkoms in Port Elizabeth. Verskeie atlete kwalifiseer hier vir die OP-span na die Oos-Kaap Kampioenskap in Oos-Londen. Uiteindelik tree sewe atlete 26


uit as die beste van die beste en neem as lede van die Oos-Kaap-span deel aan die SA Skolekampioenskap in Germiston: Yolandé Willemse (skyfwerp en gewigstoot - bronsmedalje), Ulrich Senekal (gewigstoot), Jerome Botha (hekkies),Tanya Ferreira (spiesgooi), Eliska Büchner (spiesgooi), Mothira Mohammad (spiesgooi en gewigstoot) en die hoogtepunt van die SA’s vir Brandwag: Levert Pieterse word gekroon as die o.15 110m hekkieskampioen van Suid-Afrika. Ons dank gaan aan al die afrigters wat bygedra het tot die suksesse: me. I. Maritz (verspring en driesprong), C. Kemp (spiesgooi), M. Loock (hekkies/naellope), mnre. C. Hurter (hoogspring), D. v.d. Westhuizen (gewigstoot), A. van der Merwe (skyfwerp). mnr. J. Cloete rig die middelafstande af. ’n Besondere woord van dank aan mnr. Karel Gerber, ’n ou bekende by ons, wat as afrigter waardevolle bydraes lewer ten opsigte van veral hekkies, naellope en verspring. Ook die buite-afrigters van die OPkantoor en NMMU, wat help met afronding van atlete. Die Oostelike Provinsie wil ons verder bedank en ook aanmoedig om nie op te hou met die weeklikse sogenaamde EPA Meetings nie. Dit bied waardevolle oefening. Ons bedank ook Nelis Bothma en sy span van NMMU. Die atletiekseisoen is natuurlik in twee komponente verdeel, die voorjaar en eindjaar-seisoen. Dit is dikwels moeilik om in die tweede semester momentum te kry. Hierdie jaar blyk ’n uitsondering op die reël te wees. Toe ons ’n span bymekaar maak van seunsatlete vir die jaarlikse tradisionele Hirsch Shield-byeenkoms vir seuns, het 22 atlete aangemeld. Dit is ’n voorreg om deel te wees van hierdie byeenkoms wat oor dekades kom en ’n kompetisie is tussen meestal private seunskole soos Selborne College, Queens College, Dale, St. Andrews en diesulkes. Ons seuns het pragtig vertoon en groot karakter vertoon by die byeenkoms wat hierdie jaar by die Jan Smuts-stadion in Oos-Londen aangebied is (volgende jaar is dit Brandwag se beurt om dit aan te bied). ’n Hoogtepunt was toe ons o.19-span die middelafstand-trofee voor die ander skole weggeraap het. Atlete wat op die dag uitgestaan het, was Clinton Koeries (goud in 1500m en 3000m) en Levert Pieters (o.15) wat die 100m hekkiesrekord verbeter het. Dit sluit aan by ’n hele paar Brandwag-rekords wat op die boeke staan by die byeenkoms. Ons glo dat hierdie momentum oorgedra sal word op die twee groot byeenkomste wat oorbly vir die seisoen: die Kirkwood Uitnodigingsbyeenkoms en die Cradock Top 10-byeenkoms. Ons hoop om ten minste 40 atlete saam te neem. Die dogtersatlete is reeds hard aan die oefen hiervoor. Dus, nog ’n goeie jaar vir Brandwag-atletiek in ’n era waarin atletiek as sport dikwels swaar trek teen die kompetisie van ander spansporte. Ons glo die geheim bly om kinders geleenthede te bied om te presteer en erkenning te gee vir prestasies, benewens gespesialiseerde afrigting. Dit is goeie nuus dat atletiek nasionaal ’n inspuiting kry in die vorm van die Varsity Cupkompetisie wat na dié sport uitgebrei gaan word. Dit sluit minstens 6 byeenkomste per jaar in, wat gebeeldsend gaan word, met groot borge wat betrokke is. Daar is reeds verskeie van ons kinders wat deur 27


atletiekprestasies beurse aan universiteite in die land verwerf het. Ons glo dat dit nou nog meer sal groei. Ons is dankbaar vir die vele talente wat die Vader vir ons kinders gegee het en as atletiekafrigters wil ons ons deel doen om daardie potensiaal te ontwikkel, tot Sy eer. J. CLOETE

12.2

GHOLF Die jaar 2013 sal bekend staan as die jaar waarin Brandwag se gholf ’n groeiproses ondergaan het. ’n Jong, onervare span het deelgeneem aan die gholf-liga tydens die eerste kwartaal en het goeie rekenskap van hulle vermoë gegee. Die span het ook deelgeneem aan die Karoo Schools Gholf Uitdaging en Rickus Strydom, Minette Olivier, Malan Olivier en Mieke van der Bosch het goed gespeel en goeie ervaring opgedoen. Volgende jaar word baie van hierdie gholfspelers verwag. Minette Olivier het goeie gholf deur die jaar gespeel en is vereer deur vir verskeie provinsiale spanne gekies te word: • •

OP Meisiespan wat in Orkney gespeel het. OP Senior Vrouespan wat aan die Interprovinsiale Toernooi in Port Alfred en Port Elizabeth deelgeneem het.

Die jaarlikse Brandwag Ope Gholfdag is hierdie jaar aangebied op 14 September. Almal wat gespeel en deelgeneem het aan die dag se verrigtinge was dit eens dat hierdie gholfdag die beste borgdag op die Uitenhage Gholfklub se kalender is. ’n Vol veld van 220 spelers het hierdie geslaagde dag terdeë geniet. Ons wil ons dank uitspreek teenoor al die borge, ondersteuners, personeel, ouers en spelers wat dié dag ’n groot sukses gemaak het. E. DU PLESSIS

12.3

HOKKIE Die 2013-seisoen het vroeg in Maart afgeskop met ’n o.16-hokkiefees by Riebeek College. Ten spyte daarvan dat dit nog eintlik atletiek- en krieketseisoen is (en afrigters nog daarby betrokke is) neem die o.16A-groep daaraan deel. As voorbereiding vir die toer na Bloemfontein neem die eerste span deel aan die Despatch-fees. 28


Gedurende die Maart/Aprilvakansie woon die o.16-span ’n geslaagde afrigtingskursus onder leiding van Bebe Steyn by Brandwag by. Die eerste span het die afrigtingskursus in Bloemfontein bygewoon en waardevolle afrigting gekry en wedstrydoefening opgedoen. Omdat spanne grootliks aan die einde van 2012-seisoen gefinaliseer is, was byna alle spanne gereed om vroeg in die tweede kwartaal wedstryde te speel. Tien spanne speel in die onderskeie ligas en kompeteer goed. Die afrigting van o.14-spelers begin reeds in Maart en twee o.14-spanne het vanjaar goed gekompeteer. Dankie aan entoesiastiese afrigters vir ekstra moeite met o.14’s. Beide die eerste en o.16A-spanne was vanjaar onder leiding van nuwe afrigters, naamlik me. M. Loock en C. von Willigh. Ons sien uit na vernuwing wat sal deurwerk na die ander spanne. ’n Opwindende nuwe toevoeging tot Brandwag-hokkie was die eerste “Brandwag Sevens”, ’n sewe aan ’n kant kompetisie. Byna al die hokkiespelers in die skool het deelgeneem. Wat dit baie uniek gemaak het, was dat o.14’s tot o.18's in een span gespeel het. Twaalf spanne het oor drie dae dinge uitgespook en die wenspan was die Grass Vipers. Spanne is deur die organiseerders aangewys, maar het hul eie klere, name en krete gekies. Elke span moes elke wedstryd met ’n doelwagter speel. Dié kompetisie het ongekende opgewondenheid tot gevolg gehad en baie toeskouers gelok. Ons sien uit na 2014 se “Sevens”. Brandwag se hokkiemeisies is bevoorreg om nog deur onderwysers, wat ’n passie vir kinders en sport het, afgerig te word. Baie dankie vir jul opoffering en entoesiasme: jufe. M. Loock, A. Conradie, C. von Willigh, A. Meyer en mnre. H. von Willigh, F. Terblanche, J. Meyer, D. Williams, en P. Baxter en J. Haylock-Lyons. Baie dankie aan al Brandwag se hokkieborge vir lojale finansiële ondersteuning. Dankie hokkiebokkies vir die entoesiasme waarmee julle oefen en speel. To play hockey is good, to win is better, but to love hockey is the best. A. MEYER

10.4

KRAGOPTEL (POWERLIFTING) Kragoptel by Brandwag het Januarie afgeskop toe leerders wat in die sport belangstel, genooi is om ’n werkswinkel by die skool se gimnasium by te woon. 29


SA afrigter, skeidsregter en keurder, mnr. André Ludik, het leerders kom help touwys maak in die basiese tegnieke en komponente van die sport. Die volgende leerders het groot potensiaal getoon en is ook gekies vir die sport: Vincent Doubell, Freddie Bezuidenhout, Michael Venter, Heinrich van Tonder, Gerhard van Tonder Tiffany Petrus, Alushka September, Marelize Swartz, Robin Welgemoed, Hayley Fourie en Alicia Mathee. Bogenoemde leerders het volspoed weggespring met hul oefenprogramme. Gedurende die jaar het leerders aan verskeie kompetisies deelgeneem waartydens kragte gemeet is teen ander skole, onder meer Daniel Pienaar, HTS Newton, Cape Recife en Despatch. Tydens die verskeie kompetisies het ons leerders probeer kwalifiseer om aan die SA-Kampioenskap in Junie te gaan deelneem. Eindelik het agt van ons leerders gekwalifiseer: MARELIZE SWARTZ in die 43kg sub-junior gewigsafdeling. Sy het 55kg gesquat, 30kg ge-bench press en 97,5kg ge-deadlift, wat haar ’n totaal van 182.5kg gegee het. Sy behaal tweede plek. ROBIN WELGEMOED in die 43kg sub-junior gewigsafdeling. Sy het 70kg ge-squat, 35kg ge-bench press en 80kg ge-deadlift, wat haar ’n totaal van 185kg gegee het. Sy behaal eerste plek. ALUSHKA SEPTEMBER het in die 52kg sub-junior divisie 70kg ge-squat, 45kg ge-bench press en 117,5kg ge-deadlift wat haar ’n totaal van 232,5kg gegee het. Sy behaal eerste plek HAYLEY FOURIE het in die 57kg sub-junior klas deelgeneem waar sy 50kg ge-squat het, 42.5kg ge-bench en 100kg ge-deadlift het wat haar ’n totaal van 192.5kg gegee het. Sy behaal derde plek. GERHARD VAN TONDER het in die 74kg sub-junior klas deelgeneem waar hy 125kg ge-squat het, 80kg ge-bench en 185kg ge-deadlift het wat hom ’n totaal van 390kg gegee het. Hy behaal derde plek. HEINRICH VAN TONDER het in die 83kg sub-junior divisie het ’n eerste plek behaal met ’n 175kg squat, 110kg bench press en 215kg deadlift wat hom ’n totaal gee van 500kg. FREDDIE BEZUIDENHOUT: het in die 93kg sub-junior divisie ’n eerste plek behaal met ’n 180kg squat, 105kg bench press en 200kg deadlift wat vir hom ’n totaal van 485kg gegee het. VINCENT DOUBELL: het in die 93kg junior divisie ’n vyfde plek behaal met ’n 165kg squat, 150kg bench press en 195kg deadlift wat vir hom ’n totaal van 510kg gegee het. Die volgende ses leerders is ook tydens die SA-Kampioenskap gekies vir die Suid-Afrikaanse kragoptelspan na New Zealand in Desember 2013: Robin 30


Welgemoed, Marelize Swartz, Alushka September, Freddie Bezuidenhout, Gerhard van Tonder en Heinrich van Tonder. Baie dankie aan almal betrokke. Sonder mnr. Ludik se hulp en mej. Maritz se toewyding en afrigting sou alles nie moontlik gewees het nie. Ons sien met opwinding en afwagting uit na volgende jaar. I. MARITZ

12.5

KRIEKET Krieket by Brandwag groei jaarliks van krag tot krag. Nuwe projekte word jaarliks aangepak en met groot sukses afgehandel. Die eerste span neem jaarliks deel aan ’n toernooi gedurende die September-vakansie te Mosselbaai en die o.15A-span te George. Die sewe Brandwag-krieketspanne het almal weer in die topliga gespeel. Die junior spanne speel goeie krieket en dit toon mooi beloftes vir die toekoms. Baie dankie ook aan ons borge. Dankie aan ons seuns vir goeie gedrag, dissipline en toewyding. Aan die einde van die derde kwartaal neem verskeie Brandwag-spelers aan OP-proewe en finale proewe deel en na afloop hiervan word Anrich Nortjé en Schalk Conradie gekies vir die OP o.18-span. Anrich Nortjé behaal ’n besondere prestasie deur gekies te word vir die SA Skole-krieketspan. Shevaan Hendrik word gekies vir die o.17 Northern Knights-span. Baie dankie aan al die afrigters vir harde werk en toewyding. Sonder mnre. J. Erasmus, P. Van Kampen, F. Terblanche, C. Van Schalkwyk, F. Anker en T. Koekemoer se hulp en afrigting, kan daar ook nie presteer word nie. Dankie ook aan ons buitemuurse organiseerder mnr. J. Haylock-Lyons. Ons sien met opwinding en afwagting uit na die nuwe seisoen. J. MEYER

12.6

LANDLOOP Die Brandwag-langasems het weereens ’n goeie jaar beleef – selfs beter as vorige jare wat ons as hoogtepunte gereken het. Die sleutel tot hierdie suksesse is definitief in die eerste plek toewyding en deursettingsvermoë – daar word 4 dae ’n week geoefen, sonder om ’n slag te mis en meeste Saterdae is daar wedlope wat wissel tussen 5 en 10 km. Ons 31


oefenprogramme word jaarliks ook meer ‘tailor made’ vir spesifieke wedlope en kondisies. Maar daar is ander moeiliker meetbare elemente wat uiteindelik tot die suksesse lei: Elke wedloop kan weliswaar gesien word as ’n taai toffie wat gekou moet word, elkeen bedek met ’n smaaklike lagie. Daardie lagie lekker buite om – die geheime element - is die Brandwagters se kameraderie. Hulle hardloop absoluut vir mekaar en ondersteun mekaar 100% – ’n unieke element in ’n sport wat allerweë as individualisties beskou word, tog eie aan Brandwag. En dan geniet hulle natuurlik baie om daardie ‘happy hormones’ los te hardloop. Daar word eerstens op Dinsdae – meestal om die Strelitzia-dam – teen skole in die Uitenhage-distrik deelgeneem. Hier het al ons atlete goed gevaar, maar veral Lizandré Mulder (o.16) en Lisa Horn (o.17) wat Beste Individuele-atlete in hulle ouderdomsgroepe was. Die o.16-dogters het ook die Spantrofee gewen. Hiervandaan is voortgegaan na die Metro (Oostelike Provinsie) Landloopkampioenskap wat op die baan van St. Albans Gevangenis beslis is. Agt van Brandwag se atlete het die OP-Metrospan gehaal na die Oos-Kaap Kampioenskap wat op 10 September in Humansdorp gehou sou word. Hier word meegeding teen 8 ander streke in die Oos-Kaap van so ver as Bizana, op die KZN-grens. Dit is toe later op kort kennisgewing na St. Albans verskuif, sonder dat redes verskaf is. ’n Mens moet maar genoeë neem met die manier waarop dinge in die Oos-Kaap gedoen word. Harde werk is beloon en vir die eerste keer in ’n lang tyd haal drie van ons atlete die Oos-Kaap span na die SA Landloopkampioenskap op 21 September in Bloemfontein – ’n ware hoogtepunt en eer. Baie geluk Lisa Horn, Lune-Mari Bezuidenhout en Lizandré Mulder. ’n Ander element wat die Brandwagters beny word deur hulle opponente, is die ‘pret-faktor’ wat so deel vorm van hulle jaarprogram. Een van die grootste uitdagings vir ’n landloopafrigter is om die atlete se ‘koppe reg te hou’. Ons glo dat ons dié aspek redelik verfyn het in Brandwag. Dit word gedoen deur die oefenprogram daagliks af te wissel, maar ook deur die horisonne gereeld te verskuif. Ons kinders is eerstens versot op padwedlope waar hulle hul ‘ware kan uitstal’ – die Brandwag-landlopers dwing naweke respek af by verskeie padwedlope wat insluit die Ladies’ Spar 10 km, die Clover Run, Alliance 5 en 10 km en vele meer. Die sogenaamde ‘Trail Runs’ is ook ons spesialiteit en ons lewer vele wenners – plaaslik die The Willows Trail Run en Rhino Run. Vir ons legendaries is die Salomon Featherbed Trail Run jaarliks by die Knysna Oesterfees, waar ons hierdie jaar weer vele wenners opgelewer het. Dit is een van die mees uitdagende, maar ook mooiste uithouwedlope in die land, en trek meer as 1000 hardlopers van oral oor – selfs internasionale sterre soos Ryan Sands. Kobus Gerber het die jaar weer die 15 km wedloop aangedurf en ’n persoonlike beste tyd gehardloop. In die 11 km wedloop, wat in 3 wedlope per dag verdeel word, het ons ’n groot dag beleef: Donald Nel was derde en Clinton Koeries tweede in hulle wedloop, Lune-Mari Bezuidenhout tweede in die oggendwedloop en Lizandré Mulder tweede en Lisa Horn eerste in die middagwedloop. Al die tye van die dag word vergelyk 32


en algehele wenners aangewys. Clinton was vierde op die dag in die 11 km en Lisa Horn het weer die podium bestyg in die tweede plek algeheel op die dag. Hierdie wedlope kry groot mediadekking en word op DSTV gebeeldsend. Hierdie uitslae is nadat hulle die vorige dag nog in ’n 4 x 1 km padaflos deelgeneem het en baie goed gedoen het. Die Woensdag was daar nog ’n 5 km padwedloop – die outjies het nie einde nie. Daarna die kersie op die koek – die groot wortel wat die hele seisoen voorgehou is: ons het vertrek Kaapstad toe, vir ’n warrelwind besoek, waarin alles wat lekker is (en fisies natuurlik) gedoen is: Tafelberg langs Plattekloof opgeklim (darem met die kabelkar af), Ratunga Junction, ysskaats by Great West, ’n besoek aan die Kasteel en vele meer. Adrenaline Junkies se droom. Wat ’n seisoen. Ons dank aan ons Hemelse Vader vir gesonde liggame, ’n pragtige land, en aan Brandwag wat onbeskaamd geleenthede skep vir ons kinders. Die skoene was nog nie koud nie, toe hardloop ons al weer atletiek, maar dis ’n ander boodskap. J. CLOETE

12.7

NETBAL Die 2013-netbalseisoen het begin met ’n baie opwindende toer na Stellenbosch wat bestaan het uit ’n afrigtingskliniek, wedstryde en ’n afsluitingstoernooi. Die kliniek is aangebied deur die Universiteit van Stellenbosch. Daar is aan elke span sy eie Matie-netbalafrigter toegeken wat gedurende die hele week met die span gewerk het. Die meisies het dit baie geniet en was van die begin af entoesiasties oor al die spanbou - aktiwiteite. Ons het die toer afgesluit met die eerste span wat ’n algehele tweede plek behaal het en die o.16-groep wat ’n eerste plek behaal het. Die o.18A en B-netbalspanne het reeds vroeg die jaar begin met voorbereiding deur ’n voorseisoen-oefenprogram te volg en het dan ook later oorgegaan na die nodige inoefening van balvaardighede. Dit was nodig dat ons reeds vroeg al moes begin, want die span het reeds in Maart aan die Hoërskool Despatch-sportfees deelgeneem. Hier het die span uitstekend gevaar en slegs een wedstryd met een doel teen Grens verloor. Die o.18A-span het, alhoewel dit nog die begin van die seisoen was, alreeds gedurende die toernooi gewys dat hul op pad was na groot hoogtes. Die groep wat uit 10 spelers bestaan het, het uitstekende netbal gespeel en het ook as span baie goed saamgewerk. Hierdie jaar is die o.18A-span ook vir die eerste keer vir klubnetbal ingeskryf. Die meisies het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en dit sal beslis nou ’n instelling by ons word.

33


Die o.18A- en B-span het baie hard gewerk en elke oefening hul volle samewerking gegee en so ook hul beste gelewer met elke wedstryd. Dit is dan ook waarom albei die spanne (o.18A en B) slegs een wedstryd elk die seisoen verloor het. As gevolg van baie beserings gedurende die jaar, is die meisies op verskeie posisies gespeel en wat dikwels ’n nuwe posisie vir hulle was. Daar is ook baie van die o.18B-span gebruik gemaak om die o.18Aspan aan te vul gedurende hierdie beserings. Ek wil elke speler bedank vir die bereidwilligheid en positiewe gesindheid waarmee julle hierdie moeilik tye aangepak het en net bereid was om harder te werk om die hoogtes te bereik wat julle bereik het. Die o.18A-netbalspan het vanjaar weereens deurgedring na die Oos-Kaapkampioenskap se laaste rondte waar hulle met slegs twee doele teen Hoërskool Grens verloor het. Ons het met verskeie spanne afgereken hierdie jaar. Die skole teen wie ons gespeel het, was onder andere Kirkwood, DF Malherbe, Nico Malan, Framesby, Pearson en Collegiate. Ons laaste tuiswedstryd was teen Hoërskool Oudtshoorn en hier het die meisies besluit om die seisoen se tuiswedstryde op ’n hoë noot af te sluit deur Oudtshoorn 46 -19 te klop. Dit was beslis een van hulle top wedstryde hierdie seisoen. Die seisoen is afgesluit by die Outeniqua-toernooi. Die meisies het hulle weereens puik van hulle taak gekwyt. Hulle het met groot skole afgereken wat onder andere Bloemhof asook Bellville se o.18A-spanne ingesluit het. Hulle het ’n algehele derde plek by die toernooi behaal. Uitstekend. Dankie aan die o.18B-span vir die ondersteuning wat hul aan die o.18A-span gebied het. Sonder julle toewyding sou die o.18A-span nie die hoogtes bereik het nie en daarom is jul ook dan beloon as ’n span wat al hul wedstryde met toewyding gespeel het. Die o.18A- en B-spanne het mekaar deurgaans ondersteun. Die groep lewer ses Oos-Kaap spelers. o.18: Ilze du Preez, Miceala Klue, Jessi Kotze, Monique Williams o.17: Beane Weyers, MaryleeAnn Jacobs Baie geluk ook aan elkeen van die spelers. Dankie ook aan Miceala Klue en Jessi Kotze, onderskeidelik as kaptein en onderkaptein, vir die werk wat julle verrig het. Julle het my taak sommer baie maklik gemaak. Dankie ook dat julle altyd sulke goeie rolmodelle vir die res van die spelers was en dat julle netbal se naam altyd hoog gehou het. Sterkte aan die gr. 12’s wat ons verlaat. Voorspoed vir die toekoms. Julle is ’n besonderse groep en dit was vir my ’n wonderlike voorreg om julle as my eerste o.18 - groep te hê en om met julle ’n pad te kon stap. Gedurende al die taai oefensessies en al die lag, was daar te veel oomblikke om te noem waar ek soos ’n trotse ma langs die baan kon staan. Vanaf o.16 tot o.18 het julle my so dikwels verbaas met julle vele talente en deursettingsvermoë, op asook van die baan. Julle het diep spore in my hart getrap en dit was wonderlik om te sien hoe elkeen ontwikkel het as speler en as jongmeisie. 34


Die o.18C- en D-spanne het ’n baie suksesvolle seisoen ervaar. Die spelers het baie talent, getrouheid, sportmangees en liefde vir netbal openbaar. Die C-span het die seisoen onoorwonne afgesluit al was die begin ietwat wankelrig. Die D-span het hul bes gegee, maar spelers wat vervang moes word, het hul kanse op oorwinnings bemoeilik. Dankie aan elke speler wat so getrou kom oefen het. Dankie vir elkeen se positiewe gesindheid en aktiewe insette. Dit het alles bygedra tot ’n heerlike netbalseisoen. Die o.16A- en B-spanne het die jaar op ’n hoë noot afgeskop. Die A-span was onoorwonne op Hoërskool Despatch se sportfees. Die groep dogters het met groot entoesiasme en ’n pragtige gesindheid die res van die jaar aangepak. Hierdie twee spanne het ook vanjaar klubnetbal gespeel. Die doel hiervan was tweeledig. Eerstens om die spelers die geleentheid te gee om meer wedstryde te speel en tweedens om die geleentheid te kry om hul vaardighede teen sterker opponente toe te pas. Die deelname aan klubnetbal was beslis geslaagd en ons sal aanstaande jaar weer so maak. Die o.16A- en B-spanne het uitstekende netbal gespeel en elke dogter in die groep het met elke oefening en wedstryd gewys hoe ’n span kan saamwerk en watter hoogtes bereik kan word met harde werk. Die meisies het ook regdeur die jaar uitstekende sportmangees getoon. Baie dankie aan elke speler vir hulle positiewe gesindheid. Drie van die spelers uit hierdie groep, naamlik Mikyla McLeod, Jana Vermaak en Angelique Thirion is in die Oos-Kaap-spanne opgeneem wat aan die SA-kampioenskap deelgeneem het. Baie geluk meisies, ons is trots op julle. Die o.16C- en D-spanne het hulself goed van hul taak gekwyt hierdie jaar. Alle spelers het progressie getoon en teen die einde van die seisoen soos ʼn goed geoliede masjien saam gewerk, maar ook saam gelag. Hoogtepunte was definitief die wedstryde teen Oudtshoorn waar beide spanne, ten spyte van die gehalte kompetisie, so te sê foutlose netbal gespeel het. Dit was waarlik A-span gehalte netbal. Geluk meisies, julle mag trots wees julself. Die o.14A- en o.14B-spanne het die jaar op ’n hoë noot afgeskop deur onoorwonne weg te stap by die Despatch-sportfees aan die begin van die jaar. Die groep dogters het met groot entoesiasme en ’n pragtige gesindheid die res van die jaar aangepak. Die o.14A en B-span het die seisoen goed gevaar, waar die A-span slegs twee ligawedstryde met ’n punt elk verloor het. Die A-span, tesame met die staatmaker reserwes, het die jaar met ’n baie spanningsvolle Outeniquatoernooi afgesluit waar hulle Diamantveld so bang gespeel het dat die 35


Diamantveld-afrigter nie teen ons in die finaal wou speel nie. Die gees op die toernooi was wonderlik. Beide spanne was ook die wenners van ’n baie interessante Newton-toernooi. Die B-span moes maar baie rondskuif en die meisies was meer as bereid om nuwe posisie baie vinnig aan te leer. Dankie vir die gewilligheid en harde werk. Twee spelers, Mothira Mohammad en Zoë Marais, is in die Oos-Kaapspan opgeneem wat aan die SA-kampioenskap deelgeneem het. Ons is trots op julle. Die o.14A- en B-spanne het uitstekende netbal gespeel en elke dogter in die groep het regdeur die jaar saamgewerk op en langs die baan en hulle deeltjie bygedra tot die lekker suksesvolle jaar. Baie dankie vir elke speler se positiewe en pragtige gesindheid. Die o.14C-span het ’n gemengde seisoen beleef a.g.v. beserings ens. Ten spyte van ’n teleurstellende aantal wedstryde, het die bittereinders hul kant gebring en ons is baie trots op hul prestasies. Hul spangees was uitstekend en hulle het soos ’n A-span teen Nico Malan gespeel wat definitief die hoogtepunt van die seisoen was. Veels geluk. Brandwag het vanjaar vir die eerste keer ’n o.17- en o.15-span vir die liga ingeskryf. Baie geluk aan die o.15-span wat tot by die Oos-Kaapkampioenskap deurgedring het. Ons is baie trots op ons o.17-span wat as ’n Oos-Kaap-kampioenspan uit die stryd getree het. Hierdie span het dan ook deurgedring tot die nasionale toernooi in Boksburg waar hulle ’n algehele tiende plek behaal het. Knap gedaan meisies. Brandwag spog ook met ’n hele paar gegradeerde skeidsregters. Iets wat geen ander skool in Oos-Kaap kan doen nie. Leerders: Monique Williams Laurica Pasques Beane Weyers Suné Hayward Marelize Clasen Kayla-Lee McGregor

Provinsiale “C” – gradering Provinsiale “C” – gradering Provinsiale “C” -gradering Provinsiale “C” – gradering Provinsiale “D” – gradering Provinsiale “D” -gradering

Onderwysers: Karen Schonken Alida Duvenhage Liezel van der Walt Christelize Kemp

SA “C+”- gradering SA “A”- gradering Provinsiale “C” – gradering Provinsiale “C” – gradering

’n Hele paar van ons netbalspelers het ook die vlak 1 en vlak 2 teorie skeidsregterseksamen geskryf en deurgekom. Dit dra by tot ’n beter interpretasie van die spel en verbeter dan ook so die speler se spel. 36


Me. Duvenhage is gekies om as skeidsregter op te tree tydens die jaarlikse Varsity Netbalkampioenskap wat regoor Suid-Afrika plaasvind. Sy maak al hoe meer naam vir haarself as nasionale skeidsregter en ons weet dat ’n blink toekoms op haar wag. Baie geluk. Soos reeds vermeld, het Brandwag vanjaar besluit om die groot onkoste aan te gaan en ’n Brandwag Netbalklub te stig. Buiten dat dit baie kos om jaarliks te registreer, verg dit baie opoffering van die spelers en afrigters, want die wedstryde word weekliks in die aand in Port Elizabeth gespeel. Me. Schonken en me. Kemp het vanjaar kans gesien daarvoor in ’n poging om meer wedstryde te kan speel, aangesien skole toenemend weier om teen Brandwag te speel omdat ons so ’n sterk netbalskool is. Ons is werklik dankbaar vir die betrokke twee afrigters wat soveel opgeoffer het omdat hulle so ’n passie vir die sport het. Maar dit was beslis die moeite werd. Ons opregte dank aan al ons borge wat dit vir ons spelers moontlik gemaak het om geleenthede te benut waar kostes verbonde was. Al die ekstras word beslis raakgesien en het ’n groot verskil gemaak. Al die netbalprestasies is egter nie moontlik sonder afrigters wat meer as hul kant bring nie. Baie dankie vir al die ekstra ure wat die afrigters opoffer om daartoe by te dra dat Brandwag dié top netbalskool in die Oos-Kaap is. Me. Duvenhage word bedank vir die reël van die skeidsregterseksamens en die skeidsregtersgradering van ons eie spelers (en afrigters) om hulle geleenthede te bied wat min ander spelers kry. Ons grootste dank aan ons Hemelse Vader wat aan ons die wonderlike netbaltalent gegee het en al ons spanne gedurende die seisoen gedra het. Ons sien uit na ’n wonderlike 2014-netbalseisoen. Q. GOOSEN

12.8

RUGBY Die jaar 2013 sal altyd onthou word as die jaar waarin ons Daniel Pienaar in die jaarlikse Classic Clash-kragmeting slae gegee het sonder die dienste van vier van ons gevestigde agterspelers, die kookwater spel van Malcolm Jaer en die getal spelers in die Cravenweekspan. Ons speel vanjaar met nege spanne in die Oos-Kaap-skoleliga en word amptelik (landwyd) deur SARU gedwing om o.16-spanne in te sluit. Baie dankie aan al die afrigters en personeel vir maande se toewyding, opoffering, entoesiasme, geduld en afrigting. Dit bly ’n groot taak om pa te staan vir ’n span en ons afrigters het dit vanjaar weer met onderskeiding gedoen. 37


Die spanne en afrigters het vanjaar so daarna uitgesien: 1ste 2de 3de 4de 16A 16B 15A 15B 14A 14B

Mnre. C. van Schalkwyk en W. Viljoen Mnr. H. Nolte Mnr. F. Britz Mnr. E. du Plessis (speel slegs teen groter skole) Mnr. J. Erasmus. Mnr. W. Travill Mnr. P. van Kampen Mnr. A. van der Merwe Mnr. F. Anker Mnr. C. Hurter

Met die hulp van entoesiastiese afrigters, gewillige borge en goeie ondersteuning (ouers ensovoorts) het ons vanjaar verskeie toere onderneem. Die 1ste-, o.15A- en o.14A-spanne neem gedurende die April-vakansie deel aan die Glenwood Rugbyfees. Al drie spanne gee besondere goeie rekenskap van hulself. Ons klop, onder meer, vir Ben Vorster (Gauteng) met al drie spanne. Die o.16A-rugbyspan onderneem tydens die Junie-vakansie ’n geslaagde toer na die Wes-Kaap en reken in die proses met die Hoërskool Swartland van Malmesbury af. In die geheel gesien het ons vanjaar ’n spogjaar beleef met die eerste rugbyspan wat vir die grootste gedeelte van die jaar op die nasionale top 20 ranglys (Rugby365) vir hoërskole verskyn het. Die o.14A- en 14B-rugbyspanne verloor in totaal slegs twee van hulle amptelike ligawedstryde terwyl die 2de span ook uitstekend presteer en 13 van sy 15 wedstryde wen. Wat provinsiale en nasionale verteenwoordiging betref, vaar ons vanjaar eweneens uitstekend. Nie minder nie as vyf spelers word gekies vir die OP o.18-Cravenweekspan, een speler vir die nasionale o.18-span en een speler vir die OP o.18-Akademiespan. Malcolm Jaer verdien spesiale vermelding en gelukwensing met sy insluiting in die SA-Skolespan. Baie geluk aan die volgende spelers met hulle besondere prestasies. SA-Skole o.18-span: OP o.18-Cravenweekspan:

OP o.18-Akademiespan:

Malcolm Jaer Malcolm Jaer Kaden Prince Erich de Jager Morné Moos Elandré van der Merwe Ruan du Preez

38


Behalwe die bogenoemde word twee spelers ook gekies vir die OP o.18Sewesspan. Baie geluk aan Morné Moos en Nicholas Lourens met die mooi prestasie. Baie geluk en baie dankie aan mnr. Van Schalkwyk wat vanjaar op die OP Hoërskole-rugbybestuur gedien het, as OP o.18-keurder opgetree het en die OP Cravenweekspan as hulpafrigter bygestaan het. Vyf van ons afrigters woon ook die vlak 1-afrigtingskursus van SARU by en kon waardevolle inligting terugploeg tot voordeel van Brandwag-rugby. Ons opregte dank aan mnr. Frans Swanepoel en sy werkers wat ons velde vanjaar na ’n lushof laat lyk het en mnr. Jonathan Haylock-Lyons vir sy groot bydrae as sportorganiseerder in die algemeen. By Brandwag word rugbytalent steeds op ’n gesonde basis geïdentifiseer, ontgin en ontwikkel. Die skoolleuse “U dienswillige dienaar” word nog getrou deur spelers, afrigters en personeel nagestreef. Daar kan met vertroue en opwinding uitgesien word na die 2014-rugbyseisoen. F. ANKER

12.9 SKAAK Die Brandwag Ope Skaaktoernooi het op 8 en 9 Februarie 2013 plaasgevind. Twee spanne van vier spelers elk neem in April aan ’n skaaktoernooi by Grey College in Bloemfontein deel. Die een span wen 1ste plek in die B-liga. Net uitgesoekte topskole van elke provinsie is genooi. Brandwag se A-span wen vanjaar die A-liga. Die B-span wen ook die B-liga van die Oos-Kaap. Brandwag se o.18 Ope-span en die o.15 Ope-span wen die Uitenhagedistrik Skaakkampioenskap wat deur die Departement gereël is. Daarna wen hulle ook die Nelson Mandela Metro-uitdunne en neem in Oos-Londen deel teen ander streekwenners. Bogenoemde twee spanne word gekies as die Oos-Kaap wenners en gaan in Desember 2013 by die Nasionale Skoletoernooi in Bloemfontein deelneem. Brandwag se o.18 span wat Desember 2012 aan die Nasionale Skoletoernooi in Pretoria deelgeneem het, het ’n derde plek in Suid-Afrika gewen. Brandwag neem weer deel aan die interskole-skaaktoernooi en behaal 2de plek.

39


Ferdinand Burger is vir die Suid-Afrikaanse span gekies vir die Wêreld Jeug Olimpiade wat van 19 Julie tot 5 Augustus in China plaasgevind het. Tydens die Statebondspele wat in Julie in Port Elizabeth plaasgevind het, het André Conradie eerste plek behaal van al die Oos-Kaapse o.16 spelers. André was ook 2de van al die o.16 seuns in Suid-Afrika. André Conradie is behaal ook algeheel (volwassenes ingesluit) die vyfde plek in die Oos-Kaap. Ferdinand Burger en Walt Deyzel is ook vir die Suid-Afrikaanse span gekies wat van 7 tot 16 Oktober aan die Afrika Jeug Kampioenskap in Port Elizabeth deelneem. Die volgende Brandwag-spelers is vir OP-spanne gekies. o.16

André Conradie Walt Deyzel Reegen Gerber F.J. Swanepoel

o.18

Ricardo Beling Ferdinand Burger Caro Swanepoel

o.20

Uys Conradie Alana-Lee Daniell

Bogenoemde spelers gaan die Oos-Kaap verteenwoordig by die SuidAfrikaanse Nasionale Skaakkampioenskap wat vanaf 15-19 Desember 2013 in Durban plaasvind. M. DU TOIT

12.10 SWEM De Wet slaag daarin om die swemgala en die hindernis-aflos te wen. Die dorpseuns en meisies het die aflos teen die koshuis gewen. Die beste swemmers was as volg: Senior Meisies

1. 2. 3.

S. Lange M. Stander A. Grobbelaar

Senior Seuns

1. 2. 3.

R. Welgemoed E. van der Merwe D. Lombard 40


Junior Meisies

1. 2. 3.

M. van den Bosch C. Swanepoel E. Büchner

Junior Seuns:

1. 2. 3.

C. Pretorius C. Lötter M. Olivier

P. VAN KAMPEN

12.11 TENNIS Brandwag-tennis is kerngesond en 2013 was ’n kookwater jaar vir die Brandwag-tennisspelers. Ons spanne was soos oudergewoonte uiters suksesvol en het weereens bewys dat ons ’n krag is om mee rekening te hou. Brandwag beskik oor drie seuns en drie meisiespanne wat in die eerste, tweede en derde skoleligas meeding. Gedurende die eerste kwartaal word daar hoofsaaklik op die enkelspel-formaat gekonsentreer terwyl die tweede en derde kwartale vir die dubbelspel-formaat gereserveer is. Ons eerste spanne het vanjaar in die 1A en 1B-Ligas kompeterend vertoon terwyl die tweede en derde spanne verrassend goed gevaar het. Die tweede span dogters het vanjaar die dogters 2A-Liga gewen terwyl die derde span seuns in die 3A-Liga met die louere weggestap het. Al ons spanne het gemiddeld 60% van hul liga-wedstryde vanjaar gewen. Gedurende die tweede kwartaal het Hoërskool Union van Graaff-Reinet ons besoek en het al ons spanne teen hulle gespeel. Dit was ’n taai stryd waarin die spelers dubbels asook gemengde dubbels moes speel. Ongelukkig moes Brandwag die knie buig voor ’n sterk Union-span en verloor ons 13-7. Die derde kwartaal se hoogtepunt is definitief die Marco Wassermantoernooi te Middelburg. Vier seuns : Rickus Strydom, Jack Thomas, André Conradie, Luan Buchner en vier dogters: Karli Serfontein, Bridget du Piesanie, Liané le Roux en Miencke Jonker het in die dubbelspel en gemengde dubbelspel teen gedugte opponente kragte gemeet. Ons spelers het daarin geslaag om Hoërskole Burgersdorp, Aliwal-Noord en Union te klop. Ons het derde in die eerste rondte gekom en die uitspeel rondte met slegs 3 punte gemis. Twee van ons spelers het ook puik prestasies behaal. Karli Serfontein, dogters eerste spankaptein, is gekies vir die o.16 OP-skolespan. Jandré Lessing, seuns eerste spankaptein, het vanjaar op alle terreine van die spel puik presteer. Hy is vanjaar gekies vir die OP o.15-span se nommer 1posisie en is ook in die SA o.15-span opgeneem.

41


Hy het ook aan verskeie toernooie deelgeneem waar hy skitterend presteer het: Hy behaal ’n eerste plek in die enkelspel by die OP Mini’s o.16-toernooi en ’n tweede plek in die enkelspel by die OP Mini’s Mans Ope. In die OP/Grens Masters – Mans Ope (Slegs die top agt spelers tussen die twee provinsies neem aan dié toernooi deel) behaal hy ’n vierde plek in die enkelspel. In Junie het Jandré Suid-Afrika teen Skotland en Engeland verteenwoordig. Hy het ook puik vertoon in die Key Health-toernooie waar hy in die enkel- en dubbelspel deelgeneem het. Op provinsiale vlak het hy die OP o.16-span in die nommer 1-posisie teen die Noord-Kaap aangevoer en is ook gekies om die o.16 OP-span teen Grens in die nommer 1-posisie te verteenwoordig. Jandré is in 2011 en 2012 as die OP Junior Speler van die Jaar aangewys en staan ’n goeie kans om in 2013 weereens hierdie eer te beurt te val. Plaaslik speel hy in die nommer 1-posisie vir die Despatch Tennisklub in die Premiere B-Liga. Hy beklee ook op die amptelike SATA-Ranglys die nommer 1-posisie in die enkelspel en die dubbelspel in die o.14-ouderdomsgroep. Op ’n minder gelukkige noot, moet ons vanjaar afskeid neem van die volgende matrieks wat oor die afgelope vyf jaar Brandwag-tennis getrou en toegewyd ondersteun het: Wian Duvenhage, Dewan Lombard, Dieter Terblanche en Nadia van Aardt. ’n Spesiale woord van dank gaan aan die volgende personeellede vir hul hulp met vervoer van spelers, toesig en die tref van reëlings agter die skerms: mevv. Liezl van der Walt, Hanlie Currie, Esmé Kleinhans, Retha Landman en mnr. Morné Meyer asook mnr. Francois Britz en mev. Renate Welgemoed as afrigters. M. MEYER

12.12 NIE-SKOOLSPORT Brandwag lewer jaarliks talle leerders wat presteer in nie-skoolsport en ons gee dan ook op hierdie manier erkenning aan hulle toewyding, dissipline en deursettingsvermoë om tot op die hoogste vlak te kompeteer. Baie geluk aan die volgende leerders wat provinsiale en/of nasionale kleure verwerf het: Gimnastiek:

De Wet Bester

OP-kleure vir tuimel en trampolien. Wen brons in tuimel vlak 7 by SA Kampioenskap.

Kragoptel:

Alushka September Vincent Doubell Heinrich van Tonder

OP en SA OP en SA OP en SA

42


Gerhard van Tonder Michael Venter Marelize Swartz Freddie Bezuidenhout

OP en SA OP OP OP

Potspel & Snoeker: Jason Banks

SA

Veerpyltjies:

Jadi Meyer

Oos-Kaap-kampioen gemengde dubbels

Ruiterkuns:

Theneal Britz

OP

Saalperd:

Wayne Minnie

OP

Skopboks:

Melissa Engelbrecht Jessica Daniell

SA SA

Stoei:

Keanu Geduld

OP

Tae Kwan-do:

Rochelle de Beer

OP

F. ANKER

13.

MEEGEVOEL Die afgelope jaar moes ons ook dikwels rondom ’n oop graf vergader. Ons opregte en innige meegevoel namens die skool aan almal wat aan die skool en gemeenskap verbonde is wat in die jaar ’n geliefde aan die dood moes afstaan. Mag die Here met u wees, op sy tyd die wonde genees en ook die Groot Vertrooster wees.

14.

BEDANKINGS Aan die einde van 2013 sê ons dankie. Ons is dankbaar teenoor almal wat ons ondersteun en onderskraag, ons aanmoedig, verstaan en vir ons bid. Baie dankie aan ouers en instansies, verenigings en inrigtings wat op een of ander wyse die skool ondersteun. ’n Meer persoonlike dank aan: o Die Departement van Onderwys, Distrikskantoor, Bestuursliggaam, Koshuiskomitee en die Oudskolierebond vir hul ondersteuning; o Die personeel van die Hoërskool Brandwag; o Die Junior en Senior Raad van Leerders; o Die lojale ouers en leerders van ons skool; o Die opsigters en terreinwerkers; 43


o Die administratiewe- en koshuispersoneel; o Ons Hemelse Vader - aan Hom kom al die eer en lof toe. Aan die einde van nog ’n goeie jaar wil ons dankie sê. Ons is dankbaar teenoor almal wat ons ondersteun en onderskraag, ons aanmoedig, verstaan en vir ons bid. Baie dankie aan ouers en instansies, verenigings en inrigtings wat op een of ander wyse die skool ondersteun. Ek dank u W. MEYER SKOOLHOOF Oktober 2013

“Jy kan mense huur om vir jou kinders se geleerdheid te sorg; vir hul opvoeding moet jy self instaan.” C.J. Langenhoven

44



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.