2020 Matriekblad

Page 1


Eaden Tait

Tayla Gouws

Die 5 jaar het gevlieg, maar ek sal altyd die kattekwaad wat ons in die koshuis aangevang het, die bus vol laaitjies wat op pad is om te gaan toer en die Saterdae langs die sportveld onthou.

Ek sal altyd die geesdriftige Classic Clash-byeenkomste en die sing van “Ons is die Skool” onthou.

Baie dankie aan my vriende vir onvergeetlike herinneringe. Baie dankie aan die skool vir die geleenthede wat aan my gebied is en aan al die onderwysers vir die moeite wat hulle in ons as leerders sit. 'n Groot dankie aan my hemelse Pappa wat ons beskerm en deur die 5 jaar gelei het.

Volgende jaar gaan ek B.A. geesteswetenskappe by NWU, Potchefstroom studeer. In die toekoms wil ek graag my eie sielkundepraktyk begin en in 'n Engelse sepie speel. Dankie aan elke onderwyser, vriend en vriendin wat deel was van hierdie onvergeetlike hoofstuk. Ek gaan julle baie mis. Tay "WE" - Go to Anike Ferreira Hoofmeisie

Hoofseun Schalk Erasmus

Demi Jonck

Ek sal altyd onthou dat daar 'n tyd was toe dit nie nodig was om maskers te dra nie. Covid het ons skooljaar heeltemal omgekeer, maar ek sal nooit vergeet hoe ons die jaar oorwin het nie. Volgende jaar gaan ek B. Com rekeningkunde studeer. In die toekoms gaan ek streef daarna om die beste moontlike weergawe van myself te word. Dankie aan my ouers vir julle liefde en ondersteuning, aan my vriende vir al die grappe en lekker lag en aan ons onderwysers vir die leiding en die "min" huiswerk. Schalla Onderhoofseun

Ek sal altyd onthou hoe tuis Brandwag my laat voel het. Dit is hier waar ek aangemoedig is om altyd my beste te lewer, om te reik na die sterre, om vas te byt en dat dit in orde is om foute te maak. Volgende jaar gaan ek by NMU B.Com rekeningkunde studeer. In die toekoms wil ek 'n suksesvolle beroepsvrou en "ma" wees. Ek wil my waardes en oortuigings behou en verbeter. Dankie, aan ELKE liewe onderwyser en onderwyseres vir die impak wat julle op my lewe gehad het. Onderhoofmeisie

Carus Alberts

Karla-Mari Alberts

Almal wil altyd die laaste jaar op 'n hoogtepunt eindig, maar soos alles in die lewe, gebeur dinge nie altyd soos ons beplan of hoop nie. Steeds was daar vriende en onderwysers wat die jaar kon lekker maak en ek is hulle ewig dankbaar. Mnr. Anker se pawiljoenklasse terwyl hy die velde gereed kry vir Saterdae se wedstryde, gaan beslis gemis word. Mnr. van der Merwe, ek sit tot vandag toe en wonder wat Meneer vir my aan die begin van die jaar gesê het aangesien Meneer so vinnig praat. Dankie aan elkeen wat die jaar spesiaal gemaak het en sterkte vir al die matrieks se pad vorentoe.

En so kom alle goeie dinge tot 'n einde. Dankie, Brandwag, vir 5 onvergeetlike jare!

Megan Alberts

Charné Allers

Ek wil dankie sê aan al die onderwysers wat 'n invloed gehad het op my. Veral dankie aan juf. Du Toit vir al die geselsies in Juffrou se klas gedurende pouses en dankie vir al die ondersteuning. Juffrou sal nooit vergeet word nie. Baie dankie aan my ouers wat my deur die jare gebring het en ook aan my vriendin Leane. Ek sal altyd die tye saam met my vriendin onthou en al die goeie tye wat ons gehad het. Ek wil in die toekoms my eie sakeonderneming begin en my drome volg.

Volgende jaar gaan ek siviele ingenieurswese by NMU studeer. In die toekoms wil ek 'n Mini Cooper ry.

Gelima Arends It doesn't have to be S.S.D.D. You are a BOSS. Own it!

Michaila Arries

Dankie aan al die onderwysers vir die ekstra moeite.

La-Shanna Arries Na 5 jaar in Brandwag is ek baie trots om deel te kon wees van die band van grys en groen. Ek sal al die goeie tye saam met my vriende onthou. Dankie aan almal wat 'n deel kon vorm van my skooljare en daar was om my te motiveer. Ek sal na juf. Kriel verlang, want sy was soos 'n moederfiguur in my lewe, asook juf. Nell en juf. Basson. Ek sal altyd die lekker tye en juf. Scheepers se stem onthou, veral by die koorfeestye en die kooroefeninge en die kampe. Ek het 'n ongelooflike tyd gehad en sal Brandwag nooit vergeet nie.

Lee-Ann Avontuur Ek sal altyd die goeie dae in Brandwag onthou.

Dankie, Brandwag.

Volgende jaar gaan ek by Varsity College onderwys studeer. In die toekoms wil ek 'n goeie en voorbeeldige onderwyser wees wat minderbevoorregte kinders kan help. Dankie aan juf. Koekemoer en juf. Roux vir elke dag se lewenslesse.


Vian Beling

Elma Bekker Waar begin ek, al die goeie en slegte tye sal vir altyd onthou word. Ek wil volgende jaar ondernemingsbestuur gaan swot. Dankie aan juf. Landman, juf. Basson en al die ander onderwysers wat die beste invloed op my hoërskoolloopbaan gehad het en nooit vergeet kan word nie.

Dankie, Brandwag.

Ashandré Benecke

Louise Beukes

Om deel van die band van grys en groen te wees, was vir my 'n groot voorreg – dit het my gevorm en het 'n groot rol in my lewenspad gespeel. Om totsiens te sê, is nooit maklik nie, maar ek is dankbaar en voel goed toegerus vir my lewenspad vorentoe. Aan elke onderwyser wat 'n rol gespeel het in my skoolopvoeding en my lewensuitkyk 'n baie groot dankie. Volgende jaar studeer ek onderwys en my droom is om 'n positiewe impak op jong leerders te hê.

Ek sal altyd die pouses saam met my vriende onthou en al die goeie en slegte tye wat ons saam gehad het. Ek sal nooit netbaloefeninge by juf. Viljoen en juf. Roodt vergeet nie. Ek is nog onseker oor wat ek wil gaan studeer, maar ek's seker dat ek in die toekoms met diere gaan werk, want my liefde vir diere is onbeskryflik. Ek wil dankie sê aan al my onderwysers en vriende wat my deur die jare gedra het.

Ané Bosch

Jennifer Boshoff

Ek sal altyd onthou hoe ons matriekjaar buitengewoon was, maar dat almal 2020 beter wou maak (met maskers). Volgende jaar gaan ek onderwys deur middel van afstandsonderrig by NWU studeer en 'n intern by St Andrew's Preparatory wees. In die toekoms wil ek vorder in my beroep en elke dag 'n beter mens wees. Dankie aan my ouers en aan al die onderwysers wat 2020 spesiaal gemaak het en ons as groep deur 2020 gedra het.

Vriende en vriendinne het Brandwag lekkerder gemaak, maar die onderwysers het my deurgetrek: juf. Koekemoer met haar ekstra Wiskundeklasse, juf. Landman met haar advies en juf. Pienaar in Engels en hokkie. Ander onderwysers het my ook ondersteun. Ek wil hopelik 'n persoonlike afrigter by Virgin Active word.

Barbie/Cinderella

Mikyla Botha Ek sal altyd die warm hokkieoefeninge en goeie spanmaats onthou. Volgende jaar gaan ek solank vir my pa werk terwyl ek besluit wat ek wil doen. In die toekoms wil ek 'n wildplaas en 'n groot boerdery hê. Dankie aan juf. Von Willigh wat Toerisme vir my lekker en interessant gemaak het.

Hayley Bothma Ek sal altyd onthou hoeveel keer 'n onderwyser my gehelp het toe ek gesukkel het en die kere wat my vriende daar was vir my toe ek alleen gevoel het. Volgende jaar gaan ek verder studeer by NMU. In die toekoms wil ek graag emigreer na Kanada en 'n tuin vol sonneblomme hê. Dankie aan die onderwysers wat my gehelp en geleer het, familie wat my bygestaan het en vriende wat my aanvaar het net soos ek is.

Tabita Brand

Lee-Ann Bothma Ek sal altyd die Wiskunde-middagklasse onthou.

Ek sal altyd die matriekontbyt onthou.

Volgende jaar gaan ek argeologie studeer. In die toekoms wil ek oor die wêreld heen reis.

Volgende jaar gaan ek by NMU onderwys studeer. In die toekoms wil ek 'n verskil maak in onderwys.

Dankie aan my vriendinne wat altyd daar was vir my. Ek sal dit nooit vergeet nie.

Dankie aan juf. Basson wat vir my Engels gegee het.

Lauren Breen Iets wat ek altyd sal onthou is my onderwysers wat so 'n groot invloed gehad het in my lewe, veral juf. Basson. Ek gaan volgende jaar by CTU Training Solutions aansluit en projekbestuur studeer. Ek wil net graag baie dankie sê aan almal wat deel was van my lewe hier in Brandwag en ek wens julle almal net die beste toe.

Candice Brown Ek gaan altyd die Classic Clash-rugby en die interlaeratletiek onthou. Ek gaan volgende jaar drama studeer by AFDA universiteit. In die toekoms wil ek ander jong mense aanmoedig om hulle drome te volg en te voltooi. Ek wil ook 'n suksesvolle aktrise wees. Dankie aan al my onderwysers by wie ek klas gehad het die jaar. Julle is rêrig spesiaal, veral juf. Meyer, mnr. Benadie en juf. Kriel. Candy


Zenas Cannon

Siphosethu Bucwa Ek sal altyd onthou dat harde werk goeie uitkomste het. Volgende jaar gaan ek verder studeer. In die toekoms wil ek seker maak dat ek al my lewensdrome bereik. Dankie aan al my vriende en onderwysers. Julle sal altyd onthou word en ek is baie lief vir julle almal.

Ek sal beslis die goeie jare by Brandwag en pouses saam met my vriende onthou. Ons het volgens 'n motto geleef: Skarrel is 'n wet. Wat ek volgende jaar gaan doen, is nog onbeplan, maar ek los dit in die hande van die Vader. Ek wil net dankie sê aan elke onderwyser wat 'n groot rol gespeel het in my skoolloopbaan en 'n spesiale dankie aan al my vriende wat my spesiaal laat voel het. Zibo

Kelly-Lee Claassen

Amoré Clarke

Ek sal altyd onthou hoe juf. Koekemoer my in gr.10 Jenny genoem het. Volgende jaar gaan ek mediese laboratorium wetenskap by NMU studeer. In die toekoms wil ek graag sukses behaal in my loopbaan en 'n verskil in mense se lewens maak. Dankie aan juf. Du Toit wat altyd vir ons 'n kopseerpil gegee het na 'n lang dag en aan al die ander onderwysers van Brandwag.

Ek sal altyd my vriende onthou en hoe ons altyd skelm op ons fone was. Volgende jaar gaan ek by CTU Training Solutions studeer. In die toekoms wil ek graag oorsee gaan en daar verder studeer. Dankie aan al my onderwysers wat my deur die jaar gehelp het.

Jade Connoway

Corné Cronje

Ek sal altyd die opwindende dae onthou met vriende wat familie geword het en onderwysers wat my die afgelope 5 jaar ondersteun het. Volgende jaar volg ek my droom om 'n skoonheidsterapeut te word en vir drie jaar by Total Concept te gaan studeer. In die toekoms wil ek graag my eie skoonheidsalon oopmaak asook oor die wêreld toer om 'n verskil te maak in mishandelde/gebroke diere se lewens. Dankie aan elke persoon wat my leer ken het en wat my hoërskoolloopbaan saam met my deurgebring het.

Ek sal altyd die klok aan die einde van die dag onthou. Ek beplan om volgende jaar verder te studeer, maar weet nie wat nie. Ek weet nog nie wat ek gaan doen in die toekoms nie. Dankie aan myself wat deurgedruk het.

Eileen Cronje Ek sal altyd die lang ure wat ek aan Kuns spandeer het, onthou en veral my woeskop-sonnetjie. Ek is nie spyt dat ek deel van Brandwag kon wees nie. Volgende jaar gaan ek by NMU studeer en mag ek heelwat van my vriende ook daar sien. In die toekoms wil ek 'n suksesvolle kunstenaar wees en 'n gelukkige, voorspoedige lewe hê. Dankie aan al my toegewyde onderwysers, ouers, vriende en veral die Here vir Sy hulp en ondersteuning wat dit vir my moontlik gemaak het om tot hier te kom. Ek wil graag aan elke Brandwagter sê: Leef voluit en geniet elke oomblik van jou skoolloopbaan.

Celesté Crouse

Kelly Crouse Dankie, Brandwag.

Anja de Beer Ek sal altyd onthou juf. Koekemoer het my "Anna" gedoop, dat ek die mamma van "Alfred" was in mnr. Baxter se klas en dat ek altyd almal se "go-to-girl" was as die klas nie wou werk nie. Dan moes ek 'n gesprekkie aanknoop met die onderwyser om 'n af periode te kry! Afhangend van my eindeksamenpunte het ek twee opsies vir volgende jaar. Die een is om tandheelkunde by UWC te studeer en die ander is 'n graad in mediese laboratorium wetenskap by UJ. Dankie aan al die personeel wat hoërskool ongelooflik gemaak het en my gevorm het tot die jong grootmens wat ek vandag is. Dankie aan my vriende vir die 5 jaart. Natuurlik moet ek vir Corona, wat al die matrieks opdraand gegee het, dankie sê! "STRONGER" - Go to Suné

Ek sal altyd goeie herinneringe hê van my hoërskoolloopbaan by Brandwag. Al het Corona baie geleenthede van ons ontneem, het ons steeds 'n onvergeetlike jaar gehad. Volgende jaar gaan ek webwerfontwikkeling studeer. Dankie aan al my vriende wat my ondersteun het deur die hele 5 jaar se 'ups and downs'. Julle het diep spore in my hart getrap. Celeste

Lenichia Davids Al my dank aan my onderwysers. Dankie aan juf. Meyer vir die beste Afrikaansklas ooit en die beste advies ooit. Dankie aan juf. Kriel wat die beste LO-klas gegee het en 'n moederfiguur was. Dankie ook aan al my onderwysers wat die afgelope 5 jaar in Brandwag ongelooflik gemaak het.

Megan de Bod Ek sal Brandwag nooit vergeet nie. Dit was 'n kort matriekjaar vir ons, maar soveel is vir ons gedoen, al het Covid dit probeer stop. Ek gaan volgende jaar grafiese ontwerp studeer by NMU. Brandwagters geniet elke oomblik van jou skoolloopbaan en maak die beste van elke geneentheid voor dit dalk te laat is.


Shannon de Boer

Lutricia de Jager

Ek sal altyd die goeie onderwysers en hul vriendelikheid onthou. Volgende jaar wil ek graag verder gaan studeer. In die toekoms wil ek graag 'n onderwyser word om my ervaring met ander te deel. Ek wil graag dankie sê aan al die Brandwagpersoneellede wat hulle tyd opgeoffer het vir die groep van 2020.

Die eerste dag by Brandwag het gevoel soos die eerste dag van my hele skoolloopbaan. Ek het ek nooit geweet dat ek my beste vriendin sou vind nie. Die 5 jaar by Brandwag was die beste 5 jaar ooit. Ek wil net dankie sê aan al die lieflike onderwysers by Brandwag. Die band van grys en groen. Altyd nuut, altyd opwindend, altyd vol belofte! Lucy

Dewald de Klerk

Kharissa de Ridder Ek sal altyd mnr. Hurter se eindelose lewenslesse, 'army'stories en grappies in die IGO-klas onthou en sal nooit oom George se bynaam vir my vergeet nie (Muskiet). Volgende jaar gaan ek LLB en BA regte by Varsity College studeer en hopelik in die toekoms my droom om 'n arbeidsprokureur te word, uitleef. Laastens wil ek net dankie sê aan my vriende en al die onderwysers wat my hoërskoolloopbaan 'n sukses gemaak het, ek sal julle definitief nooit kan vergeet nie.

Angela de Smidt

Demi de Vos

Dankie, Brandwag.

Ek sal altyd die tenniswedstryde en pret tye by die skool onthou. Volgende jaar gaan ek in Duitsland werk en deur Europa toer. In die toekoms wil ek oor die wêreld kan toer en op nuwe avonture gaan. Dankie aan al die onderwysers wat my gehelp het deur die jare om te groei en om my tyd op hoërskool te geniet.

Ek sal altyd onthou watter spesiale vriendinne ek ontmoet het tydens my hoërskoolloopbaan. Volgende jaar gaan ek bedryfsingenieurswese by NMU studeer. Ek beplan om in Somerstrand te bly en my studentelewe te geniet. In die toekoms wil ek 'n volmaakte lewe hê. Ek wil graag 'n lewe hê waar ek gelukkige in my loopbaan werk, maar ook my sosiale lewe geniet, waar ek ook al is. Dankie aan die mense wat my gedryf het tot waar ek is vandag, wat my gehelp het om te weet wie ek is en wat my tussenin lesse geleer het. Sascha-Lee Deyzel

Ruan de Wit Dankie, Brandwag.

Dankie, Brandwag.

Abigail Dixon Ek sal altyd die dae toe ons kerk toe gegaan het onthou. Dit was baie lekker vir my om as 'n familie bymekaar te kom. Volgende jaar gaan ek gaan toer. In die toekoms sal ek altyd Brandwag onthou as my tweede huis. Ek wil dankie sê aan al die onderwysers wat my geken het.

Chantelle Douglas Ek sal altyd die goeie tye pouses saam met my vriende onthou. Volgende jaar gaan ek dadelik begin werk en vaardighede aanleer. Dankie aan al my wonderlike vriende wat my skooldae vir my so lekker gemaak het. Ek gaan julle baie mis.

#Abby

Chloë Dowlman Om deel te wees van die Brandwagfamilie is iets wat ek vir altyd by my gaan hou. Daar was hartseer tye, gelukkige tye, lesse wat geleer is en vriende wat deur dik en dun gebly het. Van my beste tye was op die hokkievelde en die sportnaweke was die hoogtepunt van my skoolweek. Ek is dankbaar vir die onderwysers wat my altyd positief gehou het. Die twee lesse wat ek geleer het, is: Don't ever assume and don't take anything personal.

Catelyn Dreyer Brandwag het my altyd laat deel voel van een groot familie. Ek sal die 5 jaar by Brandwag vir niks verruil nie. Dit was die beste jare van my lewe met 'n onvergeetlike matriekjaar.


Charmi du Plessis

Arushke du Toit

Ek sal altyd onthou hoe Brandwag my met ope arms verwelkom het as 'n nuweling in graad 12. Volgende jaar gaan ek by UCT regte studeer. In die toekoms wil ek net 'n sukses van myself maak en weet dat ek my alles gegee het en nie spyt wees nie. Dankie aan juf. Meyer wat Afrikaans pret gemaak het en waar ons vrylik kon gesels.

Ek sal altyd onthou hoe ons pouses musiek geluister en gedans het. My matriekjaar was nogal moeilik as gevolg van Covid, maar ek het deurgedruk. Volgende jaar gaan ek IT studeer. Dankie aan juf. Basson wat Engels lekker gemaak het en dankie aan my vriende wat my deur die jare laat lag het. Tannie

Tracey Stefanie Ehlers Die band van grys en groen, as die emosie styg, daal die IK en ONS IS DIE SKOOL is woorde wat vir altyd in my gedagtes sal bly. Volgende jaar gaan ek onderwys studeer en hoop om een van die beste onderwysers in die toekoms te wees. Dankie aan juf. Landman vir haar positiwiteit en vriendelikheid. Doen jou bes en God doen die res.

Emiël Erasmus Ek sal altyd die landloop en sport onthou. Volgende jaar gaan ek meer leer oor Toerisme. In die toekoms wil ek graag met diere en buite werk. Dankie aan mnr. Cloete wat my by landloop betrek het.

Anike Ferreira 5 jaar se koshuislewe was onbeskryflik fantasties! Ek sal nooit my koshuissusters vergeet nie Met hulle is ek deur dik en dun. Volgende jaar gaan ek au pair in Amerika en deeltyds daar studeer vir onderwys (grondslagfase). Ek wil dankie sê aan al my vriende wat skool opwindend gemaak het. Ek sal julle vir altyd in my hart koester. Dankie aan juf. Maritz vir al die aandstappies en stories op die veld. Aan juf. Maritz, juf. Scheepers en juf. Currie, julle sal altyd in my hart my koshuismammas bly. Dankie aan elke onderwyser wat in my geglo het en vir julle oneindige ondersteuning. Ek waardeer dit uit die diepte van my hart. Nieke "ARE" - Go to Anja de Beer

Annestachia Fortuin Ek sal altyd die netbaltoere Grens toe en die kameraderie onthou. Ek is nog onseker oor wat ek volgende jaar gaan studeer, maar my belangstelling lê in sportbestuur. My langtermyndoelwit is om netbal op die hoogste vlak te speel. Die volgende motivering vanaf juf. Viljoen sal my altyd bybly: “Jy het die potensiaal om eendag vir SA netbal te speel.” Baie dankie, Brandwag.

Duan Erasmus Ek sal altyd die tye saam met my vriende onthou. Volgende jaar gaan ek by NMU studeer om 'n geoktrooieerde rekenmeester te word. In die toekoms wil ek Suid-Afrika verlaat en in Australië gaan woon. Dankie aan almal. Dit was lekker. uAon Akkals

Kyle Erasmus Ek sal altyd my en mnr. Anker se lekker rugby- en krieketpraatjies tydens skooltyd onthou. Ons het altyd iets om oor te lag en te bespreek. Ook iets wat altyd by my sal bly, is die rugby- en krieketoefeninge in die middae en Saterdae op die sportveld. Volgende jaar gaan ek studeer by NMU of CUT in Bloemfontein en 'n graad in radiografie voltooi. In die toekoms wil ek 'n suksesvolle loopbaan in radiografie beoefen en my rugbytalent verder ontwikkel. Dankie aan al my maats vir 5 ongelooflike jare en aan al my onderwysers, rolmodelle en afrigters wat altyd net die beste vir my wou hê en in my geglo het en my aangemoedig het om my beste te wees.

Baronice Fillies Dankie, Brandwag.

Samantha Fourie Ek sal altyd onthou dat die onderwysers altyd moeite gedoen het om ons deur ons skoolloopbaan by te staan. Dankie aan al die onderwysers wat ons aangemoedig het om positief te wees, veral met Covid wat ons matriekjaar beïnvloed het.

Stacey

Divan Froehlich

Ethon Funde

Ek sal altyd onthou hoe bang ek was die dag toe ek by Brandwag ingestap het. Ek sal ook onthou hoe ek verander het tot op my laaste dag in Brandwag. Volgende jaar gaan ek regte by NMU studeer. In die toekoms wil ek in Kaapstad bly met 'n goeie werk en 2 kinders. Dankie aan mnr. Anker vir al die lewenslesse.

Die 5 jaar wat ek in Brandwag op skool was, was van die beste jare van my lewe. Ja, ek was nie akademies goed nie, ook nie in sport nie, maar dit wat my jare hier so lekker gemaak het, was al die wonderlike vriende wat ek hier ontmoet het en die herinneringe wat ek hier gemaak het. Ns. As jy 'n snaakse van het moenie dat jou vriende daarvan weet nie, want dit gaan jou nuwe noemnaam word.

Oom Divo DaFunde


Charné Geduldt Ek sal altyd die interlaeratletiek, die opvoerings, die skoollied en al die spesiale herinneringe wat ek by die skool gemaak het, onthou. Volgende jaar gaan ek 'n oorbruggingsjaar neem, voordat ek gaan studeer. In die toekoms wil ek suksesvol en gelukkig wees en my passie ten volle uitleef. Dankie aan al die onderwysers by wie ek opvoeding gekry het, wat my leiding gegee het en my ondersteun het. 'n Spesiale dankie aan juf. Koekemoer vir al die ekstra wiskundeklasse.

Nicole Gluck Ek sal altyd die pawiljoenoptrede en skoolkonserte onthou. Volgende jaar gaan ek biochemie by NMU studeer. In die toekoms wil ek al my doelwitte bereik en my lewe geniet. Dankie aan al die onderwysers wat gesorg het dat ek 'n lekker en suksesvolle matriekjaar gehad het.

Terence Goliath

Gerallené Gouws Ek het besef dat 'n mens se hoërskoolloopbaan wel so vinnig soos 'n oogwink verbygaan. Daarom moet ons altyd die beste maak van elke oomblik. Ek sal altyd die goeie herinneringe onthou, vanaf die eerste dag van gr.8 tot die laaste akademiese dag van gr.12. Dankie aan my vriende en vriendinne, my ouers en ook Vincent vir die ondersteuning en motivering. 'n Spesiale dankie aan al my onderwysers vir jare se onderrig en hulp.

Dankie, Brandwag.

Josua Gouws Die laaste hoofstuk van my lewe by die Hoërskool Brandwag is amper klaar en afgesluit. Ek sien uit na die toekoms en om volgende jaar te begin met my graadkursus in sagtewareontwikkeling. Baie dankie, juf. Koekemoer en juf. Du Toit vir die opregte belangstelling en die omgee vir my. Ek sal dit altyd onthou! Dankie ook aan juf. Du Toit vir die lekker skaaktye. Vir 2021 se gr 8's wil ek net sê: Werk van die begin af hard. Maak die beste van elke geleentheid. 5 jaar op hoërskool gaan in 'n oogwink verby.

Nerisha Greeff Dankie aan al my onderwysers en vriende wat bygedra het tot my pad na sukses (still a work in progress) en wat daar vir my was deur dik en dun. Ek is hartseer om my 12-jaarlange skoolloopbaan af te sluit, maar ek is opgewonde oor die nuwe hoofstuk wat ek gaan aandurf. Ek sal altyd daardie geselsies pouses onder die boom onthou. My motto: “Just try new things. Don't be afraid. Step out of your comfort zones and soar, all right?” Michelle Obama Rissie

Karli Greyling

Maderi Grundlingh

Ek sal altyd die prettige aktiwiteite soos die atletiek en die Brandwagmyl onthou.

Dankie aan al die onderwysers vir die leiding deur die jare. Te danke aan hulle is ek wie ek vandag is.

Oor volgende jaar se planne is ek nog onseker. In die toekoms wil ek 'n huisie by die see besit en 'n rustige lewe ly.

Dankie aan my vriendinne wat my dae altyd gemaak het, veral daai lekker geselsies tydens pouses. Ek sal vir ewig dankbaar daarvoor wees.

Dankie aan die onderwysers en my ouers vir die goeie raad en ondersteuning.

Remember, "No matter how you feel, get up, dress up and show up." Regina Brett

Dylan Hart Dankie, Brandwag.

Ané Heunis Ek sal altyd ons hokkietoere en wedstryde in die reën onthou. Volgende jaar gaan ek aptekerswese by NMU studeer. In die toekoms wil ek graag 'n verskil in menselewens maak. Dankie aan mnr. Benadie vir Biologie en aan juf. Smith wat ons altyd laat lag het na 'n lang dag.

Kurt-Lee Heilbron Ek sal altyd die goeie tye met vriende, geselsies pouses en die drama onthou. Die klas van 2020 het wel die "bad luck" van Covid gehad, maar dit was een van my beste jare omdat Brandwag uit sy pad gegaan het om 2020 spesiaal vir die matrieks te maak. Ek sal die herinneringe in my hart hou. Ek beplan om volgende jaar ekonomie by NMU te studeer en daarna honneurs te doen in die hoop om 'n finansiële adviseur te word. Ek wil dankie sê aan al my onderwysers vir hul ondersteuning in die grendeltyd en vir hul motivering vir die eksamen. Aan die matrieks van 2021, onthou dat die bestanddele vir sukses harde werk, deursettingsvermoë en opoffering insluit. Dit maak nie saak hoe ongunstig die situasie met Covid lyk nie, moet nooit moed opgee nie. Anja Heymans Ek sal altyd onthou hoe welkom al die onderwysers my laat voel het. Ek wil volgende jaar IT studeer en hopelik sukses behaal. Dankie aan mnr. Hurter en juf. Basson wat my altyd die positiewe laat sien het.


Logan Heyns

Mienke Hopkins

Ek sal vir altyd dankbaar wees vir die vriende wat ek gemaak het, al die lesse wat ek geleer het en vir elke onderwyser wat so 'n groot rol in my lewe gespeel het.

Ek sal altyd onthou hoe anders die skooljaar van 2020 was met die verskeie uitdagings, maar dit het ons almal net sterker en beter gemaak en ons laat waardeer wat ons het.

Ps. This wasn't at all like high school musical.

Volgende jaar gaan ek eers tydelik werk totdat ek besluit wat ek wil studeer sodat ek nie 'n fout maak nie. In die toekoms wil ek graag na 'n klomp verskillende lande reis. Dankie aan juf. Viljoen wat Afrikaans altyd die lekkerste vak van die dag gemaak het.

Dylan Human

Britney Ingram Ek sal altyd die goeie dae in Brandwag, die tye saam met my vriendinne en die tye saam met my gunstelingonderwysers, juf. Du Toit, juf. Von Willigh en juf. Basson onthou. Volgende jaar wil ek geld maak om die wêreld te besoek en op verskillende toere te gaan. In die toekoms wil ek net myself wees. Dankie aan al my vriendinne, Arushke, Natasha, Judy, Jennifer, Abigail, Tracey en Chantelle vir 'n wonderlike skooljaar.

Dankie, Brandwag.

Brittanje

Chaney Isaacs

Jodi Irrgang

Ek onthou hoe klein, stout en moeilik ek in gr.8 was. Die 5 jaar was die beste 5 jaar ooit. Hokkieoefeninge was die beste. Moenie eers praat van die stasiebestuur-toekenning wat ek by BrandwagFm gekry het nie. Dankie aan juf. Kriel wat al vir 5 jaar 'n moeder is vir my. Dankie vir die gesels en hartseer. Ek's ontsettend lief vir Juffrou. Dankie aan juff. Maritz, Kriel, Koekemoer, Botha, Viljoen en Kleingeld wat my altyd op die regte pad gelei het. Dankie aan mnre. Erasmus, Benadie, O'Neill en Meyer wat my die sterk meisie gemaak het wat ek vandag is. Ek hoop daar's nog vele leerlinge wat onderwysers soos u kan hê.

Dankie, Brandwag.

Schuney Jacobs Hard work is worthless for those that don't believe in themselves.

Timothy Jacobs When I die I want the people I did group projects with to lower me into the ground so that they can let me down one last time ... joke. The thing I'll miss the most is probably how approachable everyone was.

Katelyn Jansen

Leané Jonck

Ek sal altyd die lekker musiek tydens pouses onthou. Volgende jaar gaan ek by NMU verpleegkunde studeer. In die toekoms wil ek my eie kliniek oopmaak en mense help. Dankie aan juf. Smith wat my altyd raad gegee het en gehelp het met alles.

Ek sal altyd onthou hoe Brandwag my van dag een af welkom laat voel het. Volgende jaar gaan ek by Varsity College onderwys studeer. In die toekoms wil ek 'n goeie onderwyser wees nes die Brandwagonderwysers vir ons as leerders was. Dankie aan almal wat deel was van die Brandwagfamilie en vir Brandwag self wat my 'n beter mens gemaak het.

Katie

Neitjie

Dylan Jordan Ek sal altyd onthou hoe ons voor 'n eksamensessie tot op die laaste minuut geleer het. Volgende jaar gaan ek by UNISA studeer. Dankie aan al my vriende en onderwysers wat hoërskool 'n goeie ervaring gemaak het.

Alistair Josephs Ek sal altyd my vriende, onderwysers en al die lekker tye saam onthou. Volgende jaar gaan ek, soos meeste van ons, universiteit toe en probeer om al my geleenthede so veel as moontlik tot die beste van my vermoë te gebruik. In die toekoms wil ek net strewe na sukses en geluk deur harde werk. Dankie aan al my vriende en onderwysers wat my deur hierdie laaste paar jare gehelp, bygestaan en deurgedra het in goeie en slegte tye en wat my altyd kon moed inpraat en op die regte pad hou. Ali / All Stars / A.J.


Juan Killian

Antgelica Kalaka Brandwag het jare van pret, opwinding, liefde en omgee in my lewe gebring met behulp van elke onderwyser wat deel gevorm het van my opvoeding. 'n Spesiale dankie aan juf. Nell wat altyd geglo het. Al het jy self opgehou glo, was juf. Nell daar om jou weer hoop te gee. In die lewe moet jy hard werk om iets te bereik, want niks kom verniet nie. Ek het my hele toekoms nog voor my en ek gaan dit aangryp en probeer om die beste daarvan te maak en ek gaan beslis in die proses gelukkig wees.

Dankie, Brandwag.

Maro Angie

Leandra Knoetze

Tammy Kleinbooi

Ek sal altyd onthou hoe juf. Koekemoer op 'n Vrydagoggend met haar "Peanut Galery" gesukkel het om te bedaar. Volgende jaar gaan ek my B.Com rekeningkunde deur Unisa studeer. In die toekoms wil ek graag 'n suksesvolle geoktrooieerde rekenmeester wees. Dankie aan my beste vriendin, Bianca Kritzinger, wat my hoërskoolloopbaan soveel interessanter gemaak het, asook aan juf. Koekemoer vir die lewenslessies wat sy in die Wiskundeklas met ons gedeel het. Lea

Dankie, Brandwag.

Christina-Lee Koekemoer

Judy Kotze

Ek sal altyd die pouses saam met my vriende onthou. Volgende jaar gaan ek by Varsity College sielkunde studeer. Dankie aan al my wonderlike onderwysers by wie ek so baie geleer het.

Ek sal nooit die oggende en al die lang preke van ons onderwysers vergeet nie. Dankie aan juf. Botha, juf. Basson, juf. Pienaar en mnr. Williams wat skool leefbaar gemaak het. Dankie aan al my ware vriende wat my loopbaan heel gemaak het, met wie ek als kon deel, behalwe wanneer dit by 'n lepel kom. My boodskap is, wees eerder eksentriek en interessant as wat jy voorspelbaar is. Judith/Aries

Dewan Kovacs Ek sal beslis my skooljare by Brandwag onthou, asook 2020, want dit was so anders, maar steeds is daar iets van die Brandwagfamilie om vir altyd te koester. Volgende jaar is nog onbeplan en ek is nie seker oor wat gaan gebeur nie. In die toekoms sal ek baie graag iets in die rigting van Toerisme, reis of enige iets in die buitelig of natuur wil doen en 'n sukses daarvan wil maak soos Brandwag ons geleer het. Baie dankie aan elke gr.12-onderwyser wat 'n rol in my lewe gespeel het, insluitend my gr.9-onderwyser. Dankie vir al daai visvangpraatjies en dankie aan elke vriend en vriendin. Totsiens van Brandwag se soetste seun.

Stephan Kovacs Ek sal altyd die lekker visvangstories saam met mnr. Van der Merwe onthou en ook die lekker Geografieklas. Dis 'n klas wat ek nooit sal vergeet nie. Volgende jaar wil ek kyk vir werk op 'n plaas omdat ek daarvan en van die natuur hou. In die toekoms wil ek 'n gooie werker wees en my beste gee. Dankie aan elke onderwyser wat altyd uit hul pad gegaan het om my te help. Dankie, mnr. Van der Merwe, vir al die gooie raad en al die visvangstories en dankie aan juf. Maritz vir die lekker Wiskundeklasse, juf. Basson vir die lekker en lekkerste Engelsklasse en juf. Landman vir die beste Geskiedenisklasse en dan ook dankie aan mnr. Delport vir al die lekker grappies.

Bianca Kritzinger

Elmie Le Roux

Ek sal altyd die lewenslesse onthou wat juf. Basson my geleer het. Ek sal nog sien wat die toekoms bring. Dankie aan al my vriende en onderwysers wat my gehelp het deur die jaar sodat ek altyd my beste kon bereik. Onthou altyd, "The best is yet to come."

Ek sal altyd onthou hoe lekker my Brandwagjare saam met al my vriende was. Brandwag sal altyd diep in my hart bly en natuurlik al die herinneringe daarmee saam. Volgende jaar wil ek my drome volg en verpleging gaan studeer. Dankie aan al die onderwysers wat skool so snaaks gemaak het en dankie vir al die grappe, hulle sal altyd in my hart bly.

Binx

Nicolene Leeuskieter Vandat ek in gr.4 was, was dit my wens om in die Hoërskool Brandwag te wees en skool klaar te maak. My skooldae was dik en dun tye, maar vandag bedank ek die onderwysers wat my gehelp het. Die band van grys en groen is die beste skool ooit. Ek was nie spyt oor my besluit nie. Moet nooit moed opgee nie! BRANDWAG DIE BESTE!

Tamzynne Lindoor Ek sal altyd my gr.8- en 9-jare soos gister onthou. Nie net omdat dit so vinnig verbygegaan het nie, maar omdat ek baie dinge geleer het en omdat dit natuurlik die beste, maklikste jare was. Ek sal ook nooit die sokkies, die pawiljoenoptrede, die stoepoorneming, die voorbereiding vir die Classic Clash en die atletiek vergeet nie. In my 5 jaar in Brandwag het ek geleer om te glo, te hoop en te vertrou. Ek is trots om te sê dat ek die beste vriende ooit op skool gehad het. Vir die klas van 2020 wens ek alle sterkte toe met ons nuwe hoofstuk volgende jaar en ek hoop dat almal se drome waar word en dat ons almal se paaie weer eendag in die toekoms kruis. Tamz


Danika Louwrens

Sharné Lückhoff

Ek sal altyd my koshuissussies onthou, dié wat agterbly en dié wat reeds klaargemaak het. Ons het baie herinneringe wat met ons saamgaan. Volgende jaar gaan ek verpleegkunde studeer en in die toekoms wil ek graag 'n suksesvolle noodverpleegster wees. Dankie aan al my vriende en vriendinne wat die 5 jaar saam met my deurgemaak het. Dankie aan al my onderwysers, dankie aan my koshuismoeders en dankie aan al my koshuissussies, naamlik Suzette, Elisca, Ance, Mia, Juliette en al die ander ook.

Ek sal altyd onthou hoe Brandwag my laat welkom voel het op my eerste skooldag en hoe vriendelik almal is. Volgende jaar sal ek graag met jong kinders wil werk omdat ek baie van kleintjies hou. In die toekoms sal ek my eie kleuterskole regoor die land wil oopmaak. Dankie aan juf. Roux wat my van die begin af bygestaan het en my gedruk het om beter te doen omdat sy weet ek kan.

Lalla

Lihle Maduna

Cleoline Mafempie

Ek sal altyd die netbaltoere en pawiljoenoptrede onthou. Volgende jaar gaan ek by NMU verpleging studeer. In die toekoms wil ek een van die beste verpleegsters wees en baie beteken vir pasiënte en ek wil ook aanhou netbal speel. Dankie aan juf. Roodt wat altyd geweet het hoe om 'n glimlag op my gesig te sit tydens netbaloefeninge. Dankie aan juf. Basson vir die beste Engelsklasse en omdat sy ons altyd gemotiveer het om ons beste te doen. It doesn't matter how slow you go as long as you DON'T STOP!

Ek sal altyd die pawaljoenoptrede en die matriekontbyt onthou. Volgende jaar gaan ek by NMU onderwys studeer. In die toekoms wil ek een van die beste onderwysers wees. Dankie aan al die onderwysers wat ons gemotiveer het tydens die Covid-pandemie toe ons gevoel het om op te gee. Cleo

Lielie

Devan Makoba

Angelique Mallie

Ek kan letterlik 'n hele boek skryf oor my skoolloopbaan by Brandwag. Ek sal altyd die sporttoere onthou, veral die rugby omdat rugby my gunstelingsport is. Volgende jaar gaan ek regte studeer en ek wil ook graag Varsity Cup speel by UWC of UCT. In die toekoms wil ek 'n professionele rugbyspeler word, maar dit gaan gepaard met harde werk. Ek sê dankie aan mnr. Anker en elke onnie wat 'n rol in my lewe gespeel het.

Die afgelope 5 jaar wat ek deel was van die Brandwagfamilie het tot 'n einde gekom. Om te dink net nou die dag het ek by die skool ingestap en nou stap ek al weer uit. Die lesse wat onderwysers my geleer het, is onvergeetlik. Die goeie herinneringe van die koor sal vir ewig in my gedagte wees. 'n Spesiale dankie aan juf. Maritz wat my altyd op die beste manier gemotiveer het. If you rush it, you'll ruin it ... pause, pray and be patient. Angie

Jesmine Mapoe Ek sal altyd pouses saam met my vriende onthou, asook die goeie tye in Huis Lelie. Ek gaan volgende jaar studeer en wil graag eendag van my lewe 'n sukses maak. Dankie, juf. Kriel, dat Juffrou altyd daar was en 'n glimlag op my gesig gesit het. Ek sal Juffrou se vriendelikheid nooit vergeet nie. Blossom

Cameron Marais Dankie aan al my vriendinne wat die 5 jaar saam met my gestap het. Dankie aan juf. Roux, juf. Pienaar en juf. Smith wat my deur die jare gehelp en gelei het. Ek sal dit saam met my vat op my volgende reis.

Missy Mieke Maritz

Natasha Marx

Ek sal altyd onthou hoe juf. Koekemoer se radar ALTYD korrek was wanneer ons nie ons huiswerk gedoen het nie. Volgende jaar gaan ek B.Sc. by NMU studeer met die einddoel om 'n doktorsgraad te verwerf. In die toekoms wil ek graag emigreer na Amerika, asook my eie plasie hê. Dankie aan AL die onderwysers wat oor my pad gekom het en dat ek die voorreg gehad het om die kennis te ontvang wat hulle aan my gebied het.

Ek sal altyd onthou wat ek tydens my skoolloopbaan geleer het, asook die lojaliteit en vriendskap. Volgende jaar gaan ek leer om 'n sjef te word.

Cameron Matola Noudat my skoolloopbaan tot 'n einde gekom het, kan ek terugkyk, glimlag en dankbaar wees vir alles. Ek sal altyd onthou hoe die netbaloefeninge in die middae die hoogtepunt van my dag was. Ek sal ook nooit die netbaltoere met my spanmaats vergeet nie. Dit was die beste! Ek is baie dankbaar vir elke onderwyser wat 'n rol in my lewe gespeel het. 'n Spesiale dankie aan juf. Roodt. Dankie vir al Juffrou se liefde, geduld en lewenslesse op die netbalbaan. Aan elke Brandwagter, geniet elke oomblik wat jy het. If God is for us, who can be against us? Vir ewig deel van die band van grys en groen! Chino

Juliette Milborrow 2020, 'n jaar wat ons met soveel verwagtinge ingegaan het, maar ons is ontneem van so baie. Iets positief is dat hierdie jaar my baie selfstandig gemaak het. Hierdie is 'n tyd om al die goeie tye sowel as die wonderlike herinneringe en goeie mense te onthou wat deel uitgemaak het van my lewenspad by Brandwag. Dit maak nie saak wat gister gebeur het nie, sien elke nuwe dag as 'n dag gevul met God se goedheid. Aan al die onderwysers wat deel was van my tyd in Brandwag, baie dankie vir alles. Dankie, Huis Lelie, vir die goeie tye. As Walt Disney once said, "It's kind of fun to do the impossible." We are now on our way to the impossible! Make the best of it. Romeo

In die toekoms wil ek my passie in spyseniering volg, 'n goeie gesinslewe en sterk bande met vriende hê. Dankie aan juf. Basson vir die interessante LO en die lekker tye in Engels. Dankie aan juf. Roux vir die emosionele ondersteuning. Dankie aan juf. Von Willigh vir die grappies en aan juf. Kleingeld vir die 3 jaar in Verbruikerstudies.


Buhle Mtana Ek sal altyd die groot tert en pawiljoenoptrede onthou. Volgende jaar gaan ek by Fort Hare regte studeer. In die toekoms wil ek die beste prokureur word en ek wil my eie onderneming begin. Dankie aan juf. Basson vir die beste Engelsklasse. Dankie aan juf. Nell wat my altyd gemotiveer het om goed te presteer in Besigheidstudies. Dankie ook aan juf. Smit wat seker gemaak het dat ons elke pouse broodjies gekry het om te geniet.

Anushke Nel Ek sal nooit die lekker tye in mnr. Benadie se klas vergeet nie. Volgende jaar gaan ek onderwys studeer by Varsity College. Dankie aan my vriende wat hoërskool die beste tyd van my lewe gemaak het.

Boo

Dachell Oberholzer

Sibahle Nika Ek sal beslis die netbaloefeninige wanneer ons altyd lekker gelag het, onthou. Volgende jaar gaan ek maatskaplik studeer via UNISA. In die toekoms wil ek vir elke kind wat swaarkry op straat 'n glimlag op hul gesig sit en help waar ek kan. Dankie aan juf. Roodt wat my altyd laat besef het dat ek 'n goeie netbalspeler is. Ek sal Juffrou beslis volgende jaar mis en sal altyd lief wees vir Juffrou.

Tyd vlieg wanneer jy pret het! Jy moet sorg dat jy elke oomblik geniet en die beste daarvan maak. Ek sal al die goeie oomblikke onthou. Dankie aan my familie en vriende wat my altyd gemotiveer en ondersteun het en baie dankie aan al die onderwysers vir die hulp, raad en onderrig deur al die jare. Chellie

Danelle Opperman Ek sal altyd hierdie matriekjaar onthou ... die “nuwe normaal”. Dankie aan juf. Du Toit vir al die lag-pouses in haar klas en dankie dat Juffrou soos 'n ma vir ons was.

Cintolean Petrus Ek sal altyd Brandwag se rugbywedstryde onthou, dis legendaries. Ek beplan om volgende jaar onderwys deur Unisa te studeer. Dankie aan juf. Basson vir al die lewenslesse en geduld. Cinto

Diandra Phyffer

Kate-Lin Phillips Ek het baie gegroei vanaf 'n laerskoolkind tot 'n jong volwassene by Brandwag. Dit wat ek ondervind het, het my gevorm tot die persoon wat ek nou is. As ek terugdink aan die dae by die skool, dan koester ek die herinneringe van veral pouses, hoe ons maats gedurende pouses sommer spontaan begin het om koortjies te sing. Daar was die tye wat ons toebroodjies met mekaar gedeel het en die grappies wat ons met mekaar gemaak het. Na skool het ons mekaar drukkies gegee. Hierdie oomblikke is diep in my hart gegraveer.

Ek het besef dat jou hoërskoolloopbaan verby vlieg en dat jy elke oomblik moet koester. Ek sal altyd hokkieoefeninge, wedstryde en geesweek onthou. Die onvergeetlike pouses sal my altyd bybly. Ek sal altyd die pret van die Kunsklas onthou. Volgende jaar gaan ek argitektuur-tegnologie by NMU studeer. Dankie aan elke onderwyser wat my gemotiveer en gehelp het en dankie aan my ouers en vriende wat my ondersteun het.

Lanice Prinsloo

Chardné Piper Hoërskool kan moeilik, irriterend en ongemaklik wees, maar jy gaan dit mis as dit klaar is. Rusty

Ek sal altyd die lekker energie onthou van almal rondom my. Volgende jaar wil ek gaan werk om geld bymekaar te kry om verder te studeer. In die toekoms wil ek graag Amerika toe trek en Frankryk, Griekeland en Japan besoek. Dankie aan juf. Roux, juf. Basson en my nuwe vriende en vriendinne wat my deur die jaar gehelp het.

Fatima Redlinghuis

Johan Robberts

Ek sal altyd die rugbywedstryde onthou en die gees by die wedstryde, dit was die beste. Volgende jaar gaan ek onderwys studeer. Ek will net dankie sê vir al die onderwysers wat my deur die jaar gehelp het met my skoolwerk.

Ek sal altyd onthou om 'n kind te bly. Volgende jaar gaan ek my eie sakeonderneming begin. In die toekoms wil ek die wêreld oorneem. Dankie aan almal van die band van grys en groen. Dit was 'n ervaring!

Tima

Klein Freddie


Llewellyn Roman Al die jare wat ek in Brandwag spandeer het, was die beste jare wat ek nog ooit gehad het. Ek sal al die onderwysers en my vriende mis. Ek sal altyd die tye mis wat ons almal saam spandeer het, hoe ons pouses grappe gemaak het en speletjies gespeel het. Ek sal dit altyd mis. My planne vir volgende jaar is om verder te studeer. Dankie aan almal wat saam met my die pad geloop het.

Chesney Rudman Wat ek altyd sal onthou van my 5 jaar is die vriende wat ek gemaak het en die bande wat ons gesmee het. Volgende jaar gaan ek LLB studeer by Varsity College in Port Elizabeth. Dankie aan al my vriende en die onderwysers wat (al was ons moeilik) ons altyd ondersteun het. Ches

Ian Rudman

Kaylee Ryan

Ek sal altyd onthou hoe vriendelik die onderwysers was toe ek na Brandwag toe geskuif het. Volgende jaar gaan ek terugkyk na al die lekker tye in Brandwag en al die na skool agterbly vir Kuns en al die ander dae van pret. Ek is nie spyt dat ek na Brandwag toe geskuif het nie. Dis waar my punte verbeter het van die dag wat ek my eerste klas gehad het. Ek het 'n blouoogmeisie ontmoet en sy het vinnig die liefde van my lewe geword en ek sal nooit daai eerste dag wat ek haar ontmoet het, kan vergeet nie.

Ek sal altyd onthou hoe ek laat nagte met my Kunsboek moes sit om betyds klaar te kry. Volgende jaar gaan ek ondernemingsbestuur studeer. In die toekoms wil ek graag my eie plaas hê en 'n grimeerkunstenaar vir film word. Dankie aan juf. Roestoff wat my sovêr met my sketse gebring het. Dankie aan juf. Roux wat so 'n goeie Engelsonderwyser is.

Suné Serfontein

Suané Simmons

Ek sal altyd onthou toe ek in gr.10 was, hoe ek flou geval het by bloedskenk en steke moes kry in my onderlip. Volgende jaar gaan ek rekenaarwetenskap by NMU studeer. In die toekoms wil ek 'n groot sukses van my lewe maak, en 'n positiewe impak op die wêreld maak. Dankie aan elke onderwyser by Brandwag, asook aan ons Hemelse Vader. Ek het 'n hele paar byname, maar Sonnie sal altyd my gunsteling bly.

Die Classic Clash-wedstryde was altyd een van my hoogtepunte, asook pouses om 'n ruskans te kon neem, veral nou met Covid19. Baie dankie aan juf. Basson wat ons elke dag gemotiveer het om altyd te strewe na die beste van ons vermoëns. Dankie, Brandwagfamilie.

"TOGETHER."- Back to Tayla Gouws #hartsvriendinne Twané Slabbert Ek sal altyd onthou hoe ek en die Kunskinders tot laat by die skool gebly het om ons finale werk te voltooi en die grappies wat ons tussenin gemaak het. Volgende jaar gaan ek Kuns en Musiek studeer. In die toekoms wil ek iewers in Europa bly en 'n tatoeëerkunstenaar word. Dankie aan Google wat my gehelp het met al my take.

Kyle Smit Ek sal altyd die Brandwaggees en die rugby op Saterdae onthou. Aan all die onderwysers wat 'n rol in my lewe gespeel het, wil ek dankie sê. Ek sal die band van grys en groen altyd onthou. Smittie

Twakkies

Lisa-Marie Stoltz

Siyamthanda Somala Ek sal altyd die dag onthou toe ek in gr.8 “best dressed” vir ons doopfunksie gewen het. Volgende jaar gaan ek 'n oorbruggingsjaar vat. Dankie aan al die onderwysers vir hulle harde werk. Vicky

Ek sal altyd onthou dat ek uithouvermoë en onregverdigheid al van gr.8 af hier geleer het. Volgende jaar gaan ek dankbaar wees dat ek alles gegee het wat ek kon. In die toekoms hoop ek kinders besef jou aksies kom altyd terug na jou toe en dat hoërskool net tydelik is. Dankie aan my ma en pa wat my gewaarsku het oor sekere mense. Ek is spyt ek het nie geluister nie.

Justin Swart

Chrisné Swanepoel Ek sal altyd al die wonderlike tye saam as Brandwagfamilie onthou, veral die tye wat ek saam met my vriende kon spandeer. Hoogtepunte was die sport op Saterdae, atletiekdae, die sokkies en toneelaande. Ek gaan volgende jaar in Pretoria by Tuks studeer en hopelik oor 7 jaar as 'n veearts daar uitstap. Dit is my droom! Dankie aan al my vriende wat my opgebou het en daar was in die tye van hartseer en geluk en dankie aan elke onderwyser wat my gedruk het om die beste ek moontlik te wees.

Dankie, Brandwag.


Llalarché Swartbooi

Ethan Swartbooi Ek sal altyd die rugbytoere en die rugbyoefeninge onthou. Volgende jaar wil ek landbou gaan studeer. Dankie aan mnr. Anker wat altyd skool lekker gemaak het. Oom E

Ek sal altyd pouses saam met my vriende onthou asook die goeie tye wat ek in Jakaranda gehad het. Ek gaan volgende jaar studeer en ek wil graag eendag van my lewe 'n sukses maak. Dankie aan juf. Koekemoer vir die beste wiskundelesse en dankie dat Juffrou ons geleer het dat om selfdissipline te hê baie belangrik is. Prop

Enrique Swartz

Robyn Thorne

Ons almal het 'n doel op die aarde. Hoërskool is waar jy jou droom vorm. Moenie laat iemand jou toekoms vir jou besluit nie. Die band van grys en groen vir altyd.

Ek sal altyd die pouses saam met my vriendinne onthou. Volgende jaar gaan ek regte by Potchefstroom studeer. In die toekoms wil ek sukses bereik en 12 pugs hê. Dankie aan juf. Huisamen wat my gehelp het om die mense verkeerd te bewys wat gesê het ek kan nie Wiskunde neem nie.

Jared van de Water

JayDee van Loggerenberg

Lewe asof môre nie belowe is nie en gister nooit gebeur het nie. Leef sonder vrees! Rus in vrede, hoërskoolloopbaan 20162020. Jy sal miskien gemis word! Dankie, Brandwag, vir die beste vriende en die lekkerste slaaptye, maar op 'n ernstige noot ek sal vir ewig dankbaar wees vir my onderwysers wat my 'n kans gegee het om myself te wees. Julle weet wie julle is. In Brandwag is ons altyd daar vir mekaar!

Ek sal altyd die Brandwagfamilie onthou. Volgende jaar gaan ek saam met my pa werk om ondervinding op te doen. In die toekoms wil ek net suksesvol wees en vir my familie die beste gee. Dankie aan al my vriende wat al die jare saam met my gestaan het en my ondersteun het. Vlerrie

Lee Anné van Onselen Ek sal die dramas en gebeurtenisse te same met die harde werk en pouses se kuier altyd onthou. Ek sal onthou hoe juf. Roux ons op 'n Vrydagmiddag gegroet het. Ek sal ook nooit vergeet hoe juf. Du Toit ons in gr.8 met ons neuse teen die deur laat staan het nie. Ek gaan volgende jaar B.Com rekeningkunde studeer by UNISA. My droom is om 'n sukses van my lewe te maak, gelukkig te wees en my eie firma te stig. Juf. Currie het die grootste indruk op my gemaak. Sy het my geleer 'n mens moet altyd bereid wees om ander te help, begrip hê van wat jy glo en nie toelaat dat jou omstandighede jou bepaal nie, maar eerder self jou omstandighede bepaal.

Seth van Rooyen Daardie eerste dag by Brandwag is wat ek altyd sal onthou. Volgende jaar gaan ek verder studeer. In die toekoms wil ek graag met rekenaars werk. Dankie aan al die goeie onderwysers.

Mia van Staden

Bianca van Vuuren

Ek sal die koshuis en die koshuismeisies baie mis. Ek het daar baie goeie herinneringe gemaak en bande gesmee wat nooit sal breek nie. Juf. Nell se Besigheidstudieklas sal ook baie gemis word. Ek gaan volgende jaar IT studeer en in die toekoms wil ek IT in 'n sakerigting doen. Ek wil net dankie sê aan juf. Maritz wat die laaste 2 jaar my koshuismoeder was. Dankie aan al my vriende en ook die onderwysers wat die laaste 5 jaar so lekker gemaak het.

Ek sal altyd onthou dat juf. Koekemoer my op die eerste dag van gr.10 raas gegee het.

Wilmé van Wyk

Jako van Zyl

Ek sal altyd die vrolike gesigte na 'n lang vakansie van verlange onthou. Ek gaan volgende jaar sielkunde by Varsity College studeer. In die toekoms wil ek suksesvol wees met 'n huishouding vol geluk en liefde. Dankie aan juf. Koekemoer wat altyd 'n oor het om te luister en mnr. Anker vir al die goeie tye in die klas.

Volgende jaar wil ek graag by NMU studeer en in die toekoms wil ek graag die beste ek wees. Dankie aan elke onderwyser wat tydens die inperking hulle tyd aan ons opgeoffer het.

Ek gaan die koshuis en al my vriende mis asook al die onvergeetlike kattekwaad wat ons aangevang het! Ek's nog nie seker wat die toekoms inhou nie. Ek gaan beslis mnr. Benadie se vriendskap en mnr. Anker se stories nooit vergeet nie. #lastone's


JC Vermaak

Juanette Viljoen

Ek gaan die toere en al die goeie tye in die koshuis altyd onthou. Ek sal ook altyd die vriendskappe wat gevorm is, onthou.

Ek sal altyd die lekker tye in die Kunsklas onthou. Volgende jaar gaan ek verder studeer. In die toekoms wil ek gelukkig wees in al die fasette van my lewe.

#lastone's

Dankie aan juf. Roestorf vir Juffrou se aangename persoonlikheid en geduld. Ek het baie by Juffrou geleer.

Stephen Wagenaar

Chloé Wahl

Ek sal altyd die koshuisdae onthou. Volgende jaar gaan ek plaasbestuur by Grootfontein studeer. In die toekoms wil ek 'n sukses maak in die landbou-industrie en my familie trots maak. Dankie aan mnr. Van Kampen vir die goeie insig, mnr. Anker vir al die rugby en lekker lag en mnr. Benadie vir die lekker klas.

Ek sal altyd onthou hoe ek uitgeskel is vir te veel rondloop en praat. Volgende jaar wil ek graag bemarking studeer. Dankie aan al my vriende wat skool probeer lekker maak het en die beste van elke situasie gemaak het. Juf. Smith het my so baie geleer en ek sal altyd haar ‘free spirit’ onthou. Die wêreld kort meer onderwysers soos sy.

Ryka Warner

Kaylin Willemse

Wat voel soos die einde is dikwels die begin.

Ria Williams Baie dankie aan al die Brandwagonderwysers vir hulle aandeel in my hoërskoolloopbaan. Ek waardeer dit regtig.

Ek sal altyd mnr. Hurter se grappies en stories onthou, asook al die periodes by juf. Maritz wanneer ons baie lekker gelag het. Volgende jaar gaan ek LLB regte by NMU studeer. In die toekoms sal ek graag wil kwalifiseer as 'n advokaat. Dankie aan al my onderwysers vir al die hulp en leiding gedurende my hoërskoolloopbaan en aan my vriende vir al die goeie herinneringe. “Great things come from hard work and perseverance. No excuses.” Kobe Bryant


Brandwag groet 5 legendariese onderwysers wat aan die einde van 2020 aftree.

Mnr. Johan Meyer Adjunkhoof Rekeningkunde

Mev. Zelda Koekemoer Wiskunde

Mnr. Christo Hurter Ingenieursgrafika en Ontwerp

Mev. Karen Basson Engels

Mev. Antoinette Steenkamp Afrikaans

Om nog kopieĂŤ van die matriekblad te bestel, kontak Heinrich Boshoff Pixelblow Print & Sign 083 2854 292 heinrichboshoff@gmail.com



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.