Rekord 21 January 2022
072 757 0514
rekord@rekordmediafs.co.za
NOW YOU KNOW!
HOPETOWN | ORANIA | STRYDENBURG
2022 IS DIE BEGIN VAN…
‘n Nuwe Rekord! GEFOKUS OM DIE GEMEENSKAP TE DIEN Welkom by die eerste uitgawe van 2022. Graag maak ek gebruik van die geleentheid om u, die leser en adverteerder ‘n voorspoedige 2022 toe te wens. By Rekord heers daar ‘n ongekende positiwiteit dat 2022 net beter as 2021 kan wees. En beter gaan ons beslis wees! Die eerste uitgawe is ‘n ware weerspieling dat Rekord in 2022 die digitale gemeenskapskoerant van keuse wil wees. Ons fokus om plaaslike en omliggende nuus wat u die leser raak saam te vervat in ‘n moderne formaat asook ‘n lekker lees uitleg vorm die fondament waarop ons in 2022 wil besigheid wil doen. Die
digitale koerant is een van 64 koerante wat elke week in Clocolan in die Vrystaat saamgestel word. Van hier word die koerante met meer as 217 000 lesers elke week gedeel wat die koerant per subskripsie of aanlyn op verskeie sosiale media platforms lees. Verder bereik die digitale koerante gesamentlik 2,4 miljoen potensieële kliente elke week op meer as 1100 Facebook groepe, 870 WhatsApp groepe asook 112 Telegram groepe. Met ‘n gevestigde voetspoor in al 9 provinsies word ons digitale koerante in meer as 500 dorpe en stede elke week gelees. Wanneer dit by die bemarking van u besigheid kom kan Rekord
u verseker dat u die beste prys vir die meeste blootstelling sal kry. Rekord se advertensie tariewe is by norm tussen 63 – 72% goedkoper as enige ander digitale of gedrukte medium. Nuus bydraes word verwelkom en word gratis gepubliseer. Foto’s word graag geplaas. Geniet die eerste uitgawe!
Die Rekord redaksionele span wat jou in 2022 bedien i.v.l.r agter – Chantel Steenkamp (Assistent Bemarker), Kleintjie Koen (Bemarker), Lebohang Tlaba (Adjunk redakteur). Voor: Nthabiseng Mohlakoana (Sosiale Media & Subskripsies), Corné van Noordwyk (Groep Redakteur) Afwesig: Dawn Els (Nuus redakteur)