eNONGQAI Vol 5 No 5

Page 52

Want offisiere is verbied om enige kommentaar te lewer, ons moes alle navrae verwys na die pers-offisier. Die SAP het die storie gedraai soos dit hulle pas. Mnr Prince Mhlambi van die ANC het dikwels vir mnr Rupert Lorimer saamgebring na die onderhandelingstafel toe. Ons het so baie met hom begin onderhandel ons het byna vriende geword. Ek het by geleentheid ook vir dr (Mangosuthu) Buthelezi ontmoet. Ek en Hein Kilian was altyd saam. Genls. Van der Merwe, Swart en De la Rosa, minister Adriaan Vlok en mnr. Louis la Grange. Almal van hulle. Hulle het ons drumpels deurgetrap. Om te hoor wat aangaan en hoe hulle ons van regeringskant af kan help. Die Oos-Rand was `n probleemarea gewees. Die kwartiermeester het Hein persoonlik gebel na een so `n besoek van Louis la Grange, en gesê: “Wat het jy nodig, Kaptein?” Hein: Ons het dikwels skape op `n spit gebraai, net met Aromat – beter kan jy nie kry nie – en dan staan die ouens reg met hulle messe, sny sommer van die spit af dat `n hond sal skaamkry. Piet: Ons was daardie tyd daagliks in voorvalle en gevegte betrokke. Daar was nie `n predikant of `n sielkundige in sig nie. Dit was die kantien wat die ouens deurgetrek het. Agter die kroegtoonbank was daar `n teken op: “Stresontlongtingsentrum.” Piet neem in 1992 die leisels oor by Hein: “En toe skiet hulle mekaar op strepe, ons het skaars een begrafnis georganiseer dan val die volgende ou.” Samewerking met 32-Bataljon onder bevel van kommandant Thinus van Staden het veral in Thokoza plaasgevind. Ek en Hein was die enigste twee polisiemanne ooit wat `n toekenning van 32-Bataljon gekry het: Vir goeie wedersydse samewerking.” Baie afgedeelde polisiemanne van regoor die land is oorgeplaas om vir twee maande in die Oos-Rand by Eenheid 6 te kom diens doen. Soms tot 200 op `n slag. Eenheid 19 was redelik voltyds by Eenheid 6 betrokke, hulle kompanies het mekaar afgelos. Ek was ook daar by die World Trade Centre toe die AWB met hulle pantservoertuig deur die versperring gejaag het, Een voorval wat ek natuurlik nooit sal vergeet nie, was die keer, juis toe ons so aanmekaar gewerk het, van Stephen Musicker. Stephen was Joods. Wayne Farr en tannie Tina het in die menasie kosgemaak, en dan ry Wayne daagliks die oorskietkos na ons toe aan by die Sun City hostel-basis. Stukke varkvleis en aartappels en rys. Stephen gryp daardie dag `n stuk varkvleis, kyk op en sê: “God forgive me, but I`m so hungry.” Soveel stories nog om te vertel. 52


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.