Nongqai Vol 8 No 8

Page 26

Iets oor die agtergrond van die Zulu-konstabel in Durban In Durban was daar hoofsaaklik twee swart woongebiede, nl. Umlazi en KwaMashu. In Durban-Suid (No 75 distrik) het meeste lede in Umlazi gewoon. Hulle moes twee busse haal om werk toe te kom en weer twee busse terug. Ons het ses skofte van agt-uur elk, per week gewerk. te. Ons het begin met ‘n middagskof (14:00 tot 22:00) gevolg deur ‘n rusperiode van 8 uur en weer om 06:00 vir die oggendskof begin tot 14:00. Ons polisiestasie, King’s Rest, was ver van die bushalte en hoofpad. Ons het twee weke nagdiens gewerk van 22:00 tot 06:00. Ons het een nag per week afgekry en dit was gewoonlik ‘n Dinsdag of Donderdag. Hierdie skofte het meegebring dat lede moeg tuisgekom het en feitlik weer na die werk moes terugkeer. Ek dink die skofte was baie swaar op die swart lede gewees. Party swart lede was maar sluipslapers in die agterplase van goedgesinde mense en hul bediendes. Hoe kom jy betyds by die werk as daar nie behoorlike busdienste is nie? Taxi’s was destyds nie so volop nie. Swartlede was taai en het ook rondtediens gedoen of leëhuise besoek. Alles was per voet. Die Bluff was te heuwelagtig vir fietspatrollie. Selfs No. 147002R sers. Q Khumalo het navrae- en ondersoekdiens per voet gedoen. (Daar was egter plek vir twee perde.) Dit kan gemeld word dat lede van die SAP in uniform en speurders (met ‘n bus-pas) het verniet op die munisipale busdiens gereis. Ons het ook ondersoek-en navrae per bus gedoen. Later het die SAP besluit om te bespaar en die gratis busdiens in Johannesburg, Durban en Kaapstad is teruggetrek asook ons taaltoelae. Nadat ek hierdie agtergrond geskets het, moet u ook kennis neem dat die polisie nie vir sissies daar was nie. Enige foute in die registers, terwyl jy op nagdiens was, en jy is gewek en jy moes stasie toe gaan en dit regmaak. Daar was gereelde parade-inspeksies, stasie-lesings en drilparades by die stasie en by die DK se kantore te Wentworth. Ons moes ook aan oefeninge van die Mobiele eenheid deelneem. Ons het almal maar relatief swaargekry en daar was ‘n kameraderie wat ongelooflik tussen swart en wit lede was. Ek het ook afgedeeldediens in Umlazi verrig en is vriendelik deur swartlede ontvang. Terwyl ek bestuur sou ‘n swart lid, twee sigarette aansteek en vir my as die bestuurder een gee. Ek is vol fiemies, maar het die aangesteekte sigaret geneem veral om nie aanstoot te gee nie. Jou lewe is in hulle hande.

Humor Toe ek op Wentworth was het die volgende humoristiese insident voorgekom. Ons is drie lede in die aanklagtekantoor. Die aanklagtekantoorsersant was “ongesteld” in die toilet. Hy het die een of ander probleem met die wingerdstok ervaar. Ons drie hou die fort. Ek is pas uit die kollege. Zulu-lid neem verklaring van ‘n bobbejaan-spanner wat gesteel is. Hy skryf die buitekant van die dossier op en skree: “Theft of one bobbejaan”. Die Indiër-konstabel antwoord en skree: “Stock theft!” Kyk daar was altyd in ‘n aanklagtekantoor geskree! Daar is talle prisoniers, speurders wat aankla, klaers edm in en buite die AK. Besige plek diè Wentworth gewees. Wel ek is nie links nie en registreer die saak in die ROM as “Stock theft.” Kyk die volgende ding is: Ek is op die mat by die seksiehoof van die speurders en word figuurlik warm geklap! So leer mens die reg en die wette. Daar is geen plaasvervanger vir ervaring nie.

Patrolliewabemanning Om ‘n patrolliewa te bestuur is ‘n voltydse taak. In die polisie is daar ‘n hiërargie. Eers stap jy ‘beat’ of doen diens as ‘n wag by ‘n inbraak of in die hospitaal by ‘n siek of gewonde verdagte. Stadig “vorder” jy en word wabemanning. Dis ‘n trappie hoër. Jou groot taak is om wanneer die bestuurder stilhou, rond te kyk en te verklaar: “Skoon links!” Dan ry (lees: jaag) die bestuurder, veral tydens ‘n jaagtog. 26


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.