Nongqai Vol. 8 No. 6

Page 16

Neem die SAPS se huidige kenteken as voorbeeld: Die ontwerp is gebaseer op die SAP se agtpuntige ster. ‘n Aalwyn verskyn in die middel. Die aalwyn was die ou SAP se simbool. In die voormalige Suid-Afrikaanse Polisie is heraldies sekere eienskappe aan die aalwyn toegedig en dit is op die ou SAP van toepassing gewees. Vandag dra die nuwe polisie, die SAPS, nog die ou regering se uniform. Wat probeer ek sê? Is die vlag, dié vlag wat ook swart lede se kiste tydens amptelike begrafnisse bedek het, so vreeslik as almal die blou polisie uniforms aanvaar sonder om kwak te sê!???!! Dan kla mense oor Die Stem – ek kan dit verstaan, maar kyk intussen hoe inkonsekwent gaan ons met ander simbole om. Neem die ou SAP-gedenkteken by die suid-oostelike hoek op die gronde van die Uniegebou: Na die stigting van die SAPS het die SAPS doodeenvoudig die SAP se kenteken verwyder en die nuwe gedenkteken daar geplaas. Die name van lede van die veiligheidspolisie, Koevoet, lede op teen-insurgensiediens en gewone lede van die SAP en speurdiens wat “dienend gesterf het en sterwend gedien het” se name verskyn by die gedenkteken. Die nuwe SAPS-lede se name word nou van 1994 bygevoeg. [Aan die anderkant van die munt het ‘n bevelvoerder van die SAPS-hondeskool alle SAP-gedenktekens verwyder. Hoe rym dit? Waarom selektief wees?] Weereens is hierdie ‘n gedenkteken, wat hoofsaaklik deur kuluurbewuste Afrikaanse lede van die Mag opgerig is. (Waarskynlik destyds almal “broeders” wat die saak meer ironies maak.) Jaarliks stroom SAPS-lede na gedenkdienste by hierdie ou “apartheidsimbool”. Nou word voormalige SAKP-ANC-lede wat by SAPS aangesluit het en te sterwe kom, daar gedenk! Slot: Kommentaar deur ‘n historikus Ek dink die artikel oor die vlagkwessie is interessant en behoort mense te laat nadink. Dis kenmerkend van elke verdeelde samelewing met ‘n geskiedenis van etniese oorheersing deur ‘n groep wat dan later die mag verloor. Gewoonlik is dit ‘n goeie aanduiding van die kulturele rypheid van ‘n samelewing as dit rustig met simboliese kwessies kan omgaan. Baie hang af van die gesindheid waarop die historiese vlae geswaai word.

POLTICSWEB: TRANSITION IN SOUTH AFRICA: DOUGLAS GIBSON “… The MK and ANC did not bring about the transition; the Nationalist government could have held out for years and led us into civil war and bloodshed. Instead, people of vision and goodwill like Mandela and de Klerk and the representatives of all the political parties in South Africa negotiated a new future – first the unbannings, then the peace talks, then through Codessa. …” http://www.politicsweb.co.za/opinion/how-did-we-get-to-thispoint?utm_source=Politicsweb+Daily+Headlines&utm_campaign=7ac23a0a6f16


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.