e-Nongqai vol 4 no 9

Page 104

opstyging en dan sal ons moet wag, ook moontlike volgstroom probleme. Dit kan ons lang dag nog langer maak. Ewenwel, ons bereik die drumpel van 26 ‘n paar minute voor die SAFAIR syne bereik en ek sê vir Smiley om vir onmiddellike opstygklaring te vra. Uit die toring kom “M” se antwoord: “Mission xxx wait for the SAFAIR to clear”. Nou is ek moerig. Die SAFAIR is nog ‘n goeie minuut of meer vanaf die drumpel af maar al weer kry die civies voorkeur. In die kajuit lig ek my opinie maar dit was op daardie stadium wat Smiley weer die transmit-knoppie in druk. Ek het nie gedink my woorde sal oor die lug uit gesaai word nie maar dit was en baie duidelik. Blykbaar het dit duidelik uitgekom so iets soos: “Aag F-- dit “M”, hoekom kry die donnerse SAFAIR al weer voorkeur (miskien net nie so polite nie). Verstaan my mooi, normaalweg is ek baie rustig en het nooit iets teen “M” of SAAFAIR gehad nie. Ek het ook geen bedoeling gehad om te transmit nie maar tog vra ek nog steeds om verskoning vir daardie glipsie. Nou heers daar doodse stilte in die toring. SAFAIR roep, ons roep maar geen antwoord. Ons het later gehoor dat “M” het uit die toring uit gehardloop om my iewers te gaan aankla. Ons en die SAFAIR het maar ons eie klaring daardie oggend uitgewerk. Ek kan regtig nie onthou wie het toe uiteindelik eerste opgestyg nie. Terug na die vlug. Na die oostekant kan die eerste gloed van die son agter die heuwels bespeur word maar na die kant waarna toe ons opstyg, is dit nog donker. Ek hou die remme in en stoot die gasarms vol vorentoe. Die Dakota staan nou daar op die drumpel en vibreer teen daardie vol krag. Dit is kompleet asof die ou dame nie meer wil wag nie, sy is gereed en gewillig vir die dag. Ons scan vinnig deur die enjininstrumente, alles OK en ek los die remme. Die ou “lady” is meer as gewillig en spring vorentoe soos sy spoed vermeerder. Ek verminder die trudrukking op die stuurstok en teen 40 knope plaas ek effense voorwaartse druk op die stok en die stert lig van die grond af. Teen net duskant 70 knope lig die ou dame grasieus vanaf die aanloopbaan af op. Op hierdie stadium boor die landingsligte nog sulke kegels van ligstrale in die donkerte in. Op 50 voet vra ek vir Smiley om die onderstel op te trek en net daarna skakel ek die ligte af. Ons klim nou teen sowat 110 knope op na 7500 voet om die heuwels by Tsumeb oor te steek. Net anderkant Tsumeb kom die son op. Nou kan ons die grond duidelik sien en soos die wat al daar was sal weet is daar geen meer heuwels voor ons nie. Behalwe vir die bome is die wêreld nou so plat soos n pannekoek. Ek trim vorentoe op die beheer vlakke en ons bereik boomtop hoogte net voor Namutoni kamp op die Etosha pan. Dit is hier waar die panorama voor ons uitgestrek lê. Wild so ver jy kan sien, noem 104


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.