Fakkel Februarie 2025

Page 1


Kommunikasie vanaf die GKSA rakende kerklike ramings

Bladsy 8

Ons bydraes oor die afgelope tien jaar

Bladsy 17

Agtergrond van Paulus se sendingsreise

Bladsy 18

Vir baie dekades is die uitdrukkings Teologiese Skool, TSP, en skooltjie sinoniem met die plek waar die dominees van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika opgelei word. Hierdie verwysings na ons Teologiese Skool in Potchefstroom gaan nou begin verander, want voornemede GKSA predikante skryf van vanjaar by die Gereformeerde TeologieseAkademie / Reformational TheologicalAcademy (GTA) in vir hul studies.

WAAROM?

Die Gereformeerde Kerke het vir baie dekades 'n ooreenkoms met die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) en later die Noordwes Universiteit (NWU) gehad rakende ons predikante se opleiding. Dit het behels dat die kostes van die professore deur die GKSA en die univeristeit gedra word. In ruil vir die universiteit se finansiële bydrae het van die professore klasse in byvoorbeeld Bybelkunde by universiteit aangebied. Die GKSA kon self die professore uit die korps dienende predikante kies. Dit is so deur die universiteit aanvaar. Hierdie was deel van 'n algemene praktyk wat universiteite met privaat instansies aangegaan het.

Wetgewing het intussen verander. Dit sluit in dat universiteite nie meer sulke ooreenkomste met privaat instansies mag aangaan nie. Ook het privaat instansies nie meer sê in die aanwysing van dosente nie. Universiteite wys dosente slegs op grond van akademiese kwalifikasies en meriete aan. Geloof mag geen rol speel nie. In

Vervolg op bl 3

Die Laevelders smul lekker saam by ons Kersete! Meer op bl. 24

Redaksioneel

Die eerste Fakkel van 2025 is weer propvol nuus, nadink stories, berigte wat dankbaar maak en artikels oor ons gemeente en die GKSA se geldsake.

Waar een deur toegaan, is die Here by magte om 'n ander - dikwels onverwagse - een oop te maak. So ervaar ons dit ook met die opleiding van ons kerkverband se dominees. In 'n artikel oor die nuwe Gereformeerde Teologiese Akademie lees ons meer hieroor.

Ons gemeente betaal jaarliks ramings van meer as R1000 per belydende lidmaat oor aan die Admin Buro in Potchefstroom. 'n Skrywe van die Admin Buro verduidelik waarvoor die geld aangewend word. Ons kassier skryf oor ons gemeente se finansiële tekort.

Roelof van Aarde gee terugvoering oor verlede jaar sy insameling vir die Bybelgenootskap asook 'n terugblyk oor die projek wat vanjaar reeds tien jaar aan die gang is.

Baie dankie aan al die mede-werkers en adverteerders wat dit moontlik maak om die Fakkel vanjaar weer gratis uit te gee.

Geniet die Fakkel!

Die Fakkel

praktyk beteken dit dat as 'n vakature by die Teologiese skool ontslaan en 'n Moeslim of ateïs met beter akademiese kwalifikasies as die van 'n Gereformeerde predikant doen aansoek, moet die Moeslim of ateïs aangestel word. Dit het al by ander univesiteite gebeur dat dosente aangestel is wie se uitgangspunte nie pas by wat kerke van hul dominees verwag nie.

Hierdie situasie is vir die GKSA onaanvaarbaar en daarom is daar sowat twee jaar gelede aan die NWU kennis gegee dat die ooreenkoms na verloop van drie jaar tot 'n einde gaan kom. Dit is vir ons uiters belangrik dat ons toekomstige dominees deur onsself in die gereformeerde leer opgelei word. Ons wil ook self toesig hou oor wat ons studente leer en of hulle geskik is om eendag in 'n gemeente te dien.

‘NNUWEFASE

Planne moes gemaak word om toe te sien dat die opleiding van toekomstige dominees kan voortgaan. 'n Klomp sake moes met die

beplanninginaggeneemword,onderanderedie situasie van die huidige professore wat ook in diens van die NWU is, finansiële implikasies, dalende lidmaattalle en al hoe minder matrikulante wat vir predikantsopleiding aanmeld.

Die kuratorium (die "kerkraad" wat oor die Teologiese Skool toesig hou) het die bul by die horings gegryp en aan die werk gespring. Die GTA is gestig en daar is onder andere met die opstel van nuwe kurrikulums weggespring. Die ou kurrikulums kan nie gebruik word nie, omdat dit die intellektuele eiendom van die NWU is. Voorsiening moet gemaak word vir dosente wat klas kan gee by die GTA, want ons huidige professore mag nie gelykertyd aan die NWU en GTA verbonde wees nie. Gesprekke oor die toekoms van die professore vind ook plaas.

Een baie positiewe punt is dat die geboue waar die huidige Teologiese Skool gehuisves word aan die GKSA behoort. So ook behoort 'n groot

Matt 6 : 33

deel van die Teologiese Skool se biblioteek aan die GKSA. In die toekoms sal die die GTA en NWU waarskynlik die biblioteek deel.

Projeksiesisreedsgemaakenallerleiinisiatiewe word ondersoek om die projek finansieel bekostigbaar te maak. Vanjaar se eerstejaar teologiese studente begin met hul studies aan die GTA. Tien eerstejaars het ingeskryf. Nie een van hulle kom van die skoolbanke af nie. Aangesien hierdie studente reeds werk, getroud is en gesinne het, is dit vir hulle moeilik om na Potchefstroom te verhuis om voltyds te studeer.

ONGEKARTEERDETERREIN

Onsteologieseopleidingbeweegnouin'nrigting wat nog nie duidelik gekarteer is nie. Belowende moontlikhede om Skrifgetroue bedienaars van die Woord op te lei is op die horison.

Om dit vir die tien studente waarna verwys is dit moontlik te maak om te kan studeer, word al hul klasse elektronies aangebied. Die voordeel is dat hul bedags kan werk en in die aand vanuit hul huise klasdraf en studeer. Die kuratore het die uwe versoek om twee van die eerstejaarsvakke aan te bied.

Die moontlikheid word ondersoek dat die GTA hul kursusse by die Puritan Reformed

Theological Seminary in Amerika (PRTS) akkrediteer. Die PRTS sal dan aan suksesvolle studente grade toeken. Hulle sien toe dat die studies op standaard is terwyl die GKSA die inhoud van die studies bepaal. Sodoende kan voornemende predikante kwalifikasies ontvang wat internasionaal erken word.

Groot moeite word gedoen om van meet af aan die hoogstaande opleiding te gee. Internasionale kundiges rakende kurrikulums word betrek om te help toesien dat ons predikante goed opgelei word.

Daar was ook reeds navrae van ander kerkverbande in ons land oor die moontlikheid van samewerking. Dit is kerkverbande vir wie getroue Skrifonderrig hoog op die agenda is. Verdere ondersoeke en samesprekings kan moontlik volg.

Ek sien hierdie as 'n geleentheid wat die Here ons bied om op vars, vindingryke maniere voort te gaan met goeie opleiding vir ons dominees. Dit bied ook die moontlikheid om met kerke dwarsoor die wêreld wat dieselfde as ons glo en bely hande te vat en saam te werk in God se koninkryk.

▪ Ds Edmund de Beer

“Bid ook vir my dat waneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.”

Efesiërs 6:19

Ben van Tonder is ’n goeie vriend. Hy is predikant in Nederland. Verlede jaar het hy ’n aangrypende gebed op Facebook geplaas, wat ek met sy toestemming in die Goeie Nuus-kolom, wat ek vir die dagblad Beeld behartig, gedeel het. Ek deel dit ook graag hier by ekerk:

“Here, help my om eerste te groet, al kry ek geen reaksie terug nie; help my om eerste verskoning te vra, al word dit my nie aangebied nie; help my om eerste te vergewe, al ontvang ek geen vergifnis nie; help my om eerste met konflik te stop, al kry dit aan die ander kant geen einde nie; help my om eerste stil te bly en te luister, al is ek die enigste wat dit

doen; help my om eerste toe te gee dat ek nie alles weet nie, al doen ek dit alleen.…

U het my geleer dat laaste beter as eerste is, maar in dié gevalle bid ek om eerste te wees. Amen.”

Mag die Here ons regtig help om om heel eerste die minste te wees. Mag Hy ons help om eerste goed te doen, eerste uit te reik, eerste om verskoning te vra, stil te bly en om eerste te bid!

▪ Stephan Joubert (www.ekerk.org)

“...waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees... Soek eeers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Matteus 6 : 21 en 33

Geluk is seker een van die belangrikste dinge in ons lewe. Hier wys die Bybel vir ons wat mens moet doen as jy gelukkig wil wees EN waarvoor jy moet oppas om nie vir jouself ongeluk op die hals te haal nie.

Jesus onderskei skat en hart:

• Jou skat is dit wat buite jou staan en in jou lewe die belangrikste plek inneem;

• Jou hart is die kern binne-in jou van waaruit jy hoop en jou energie kanaliseer om die skat te verkry. (Spr 4:23)

Mens rig jou hart op die skat van jou lewe: “waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” (vs 21)

Ons Here Jesus sê ’n mens se hart kan op aardse dinge gerig wees óf op die hemel, d.i. sy koninkryk/skap. Gerig op die aarde, is jou skat wêreldse dinge – geld, status, sukses volgens wêreldse standaarde, plesier… Hierdie lewensinstelling noem Jesus: “Mammon.” Dit vertoon twee hoofeienskappe –

• Dit is verganklik (vs 19). “Mot en roes” vreet ditop- inflasie,rentekoerse,politiekewendinge, risiko’s, ens.

• Dit bring onrus en onvrede (vs 25, 27, 33, 34), ’n lewe van bekommernis. Hoe meer jy het, hoe meer wil jy hê, sodat jy nooit meer regtig rustig kan wees nie… Daardie knaende angsgevoel: ek het nie genoeg voorsiening gemaak nie, nog nie genoeg bevordering gekry nie…

Dit is nie ons omstandighede wat van ons Mammonslawe maak nie - soos hoë rentekoerse, inflasie, droogtes, ens. Dit is ‘n mens se lewensinstelling, jou hart wat op die aarde gerig is!

Jy kry skatryk boere en ander ondernemers, wat nie Mammoniete is nie… en jy kry arm predikers en salaristrekkers, wat slawe van Mammon is…

Ons Here Jesus beskryf die ware lewensinstelling só: “soek eers die koninkryk van God…” (1953-vertaling).

Jy moet jou doelbewus verskans teen die suigkrag van Mammon. Jy moet maatreëls tref! Dít is wat “soek eers die koninkryk van die hemel” hier bedoel - gesprekke met jou eggenoot/e, jou kinders/ouers, sodat God se koningskap eerste in jul almal se lewens is en blý. Dit is nie vanselfsprekend nie en… Satan hou niks daarvan nie! Ons moet die Here blý soek deur middel van huisgodsdiens, Bybelstudie, erediens-deelname, opregte geloofstoewyding en ook ‘n liefdesdiens aan medemense wat jou pad kruis.

En dan, sê ons Here Jesus, dán sal “al hierdie dinge vir julle bygevoeg word: ”Kos en klere, geld en ’n dak oor jou kop, bevordering in jou loopbaan, gesondheid en ’n helder verstand. Ja, natuurlik is al hierdie dinge nie onbelangrik nie, maar jy hoef jou nie daaroor te bekommer nie! Doen jou werk elke dag rustig met vrede in die hart: Hy sál sorg. Dit is daardie vrede wat ongelowige wêreldlinge nooit het en glad nie ken nie.

“Die Petrusbrief in die Bybel verkondig hierdie goeie nuus aan die ekonomie, aan die ‘diensknegte,’ die Christene in die arbeidsmark. Daar waar die uitdrukking gewoonlik is: ‘besigheid is besigheid,’ kom hierdie woord: “besigheid is genade.” Genade kyk nooit in die spieël nie, genade sien altyd net die ander raak. Genade is altyd terwille van die ander. Hoe sal ons omgewing, en Suid-Afrika, nie ’n land van genade kan word as die arbeidsmark op genade gebaseer was nie, en as elke Christen volgens die beginsel van genade geleef het nie?

▪ Ferdinand Deist “Doen aan ander” Tafelberg Uitgewers 1977, p 33, 34)

RAMINGS: 1 JULIE 2024 – 30 JUNIE 2025

Liewe broer en suster in Christus

Die Deputate van die Algemene Sinode is terdeë bewus van die ekonomiese druk waaronder lidmate en gemeentes tans verkeer. Dit word ook duidelik waargeneem in die afname in die kontantvloei van die GKSA se gesamentlike fondse.

Die versorging van emeriti beloop 70% van die totale begrote uitgawes wat uit ramings gefinansier word, terwyl die opleiding van toekomstige leraars 22% beloop. Die krisis ten opsigte van Emeriti se versorging is welbekend en die effek daarvan op ramings kan duidelik hieronder gesien word. Ons vertrou dat die Sorg met Eer projek die versorging vorentoe moontlik sal maak.

Omdat verwag word dat die GKSA lidmate met 3% gaan daal en inflasie tans ongeveer 5% beloop kon verwag word dat ramings met 8% verhoog moes word om aan die GKSA se behoeftes te voldoen.

Die Bestuur van die Admin Buro het besluit om reserwes aan te wend om die impak op kerke so lig moontlik te maak daarom is die aanpassing van tariewe gemiddeld 6%. Die mate waartoe reserwes aangewend word, sal afhang van die invordering van ramings en dit mag moontlik in die toekoms groter ramingsaanpassings noodsaak.

Dit is dus van uiterste belang dat gemeentes alles in hulvermoë sal doen om hul ramingsrekening ten volle te vereffen.

Begroting en ramings vir die jaar is gebaseer op die volgende:

1. Die aantal belydende lidmate neem af met -2.6%

2. Die totale bedrag geraam neem toe met 3.3%

3. Die gemiddelde raming per lidmaat neem toe met 6.1%

4. Die ramings vir kerke waar lidmate toegeneem het sal met meer as bogenoemde 6.1% toeneem omdat die basis van ramings primêr op die aantal lidmate gehef word.

5. Wanneer kerke se aantal lidmate toeneem is die tarief per lidmaat hoër as gevolg van die glyskaal wat kleiner kerke bevoordeel.

6. Die tarief by kerke wat nie op glyskaal gehef word nie, word infaseer.

7. Neem asseblief bogenoemde in ag wanneer ‘n spesifieke kerk se ramings beoordeel word.

LW: Die Emeritaatversorgingstrust (EVT) -ramings word as 'n gemiddelde bedrag aangedui Hierdie bedrag wissel van kerk tot kerk.

Kontak dr Wymie du Plessis by 083 575 5786 / 018 297 3986 of wymiedup@gksa.co.za vir enige verdere inligting in die verband.

Ramings is bereken op die aantal belydende lidmate soos op die statistiekvorms vir Almanak 2025 ontvang.

Ons dank aan elke lidmaat, elke kerkraad, wat hul erns maak om ons kerke saam in kerkverband te dien, ook met offergawes en die oorbetaal van ramings.

Met seënwense vir ons elkeen, in diens van ons Koning.

Ds Carel Jansen : Voorsitter: Bestuur Administratiewe Buro

Dr. Wymie du Plessis : Administratiewe Bestuurder 11 Julie 2024

In 1 Konings 17:10-15 lees ons:

Hy maak toe gereed en gaan na Sarfat. Toe hy by die ingang van die dorp kom, is 'n weduwee juis daar besig om stukkies hout bymekaar te maak. Hy roep toe na haar en sê: “Bring asseblief vir my 'n bietjie water in 'n houer, sodat ek kan drink.” Terwyl sy gaan om dit te kry, roep hy na haar en sê: “Bring asseblief vir my 'n stukkie brood saam!” Maar sy antwoord: “So waar as dieHereu God leef, ek het niks behalwe 'n hand vol meel in 'n kruik en 'n bietjie olie in 'n fles nie. Ek was juis besig om 'n paar stukkies hout bymekaar te maak; dan gaan ek binnetoe en berei dit voor vir my en my seun, sodat ons dit kan eet en sterf.” Elia sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie! Gaan binnetoe en doen wat jy gesê het. Maar maak net eers vir my 'n klein roosterkoekie daarvan en bring dit vir my. Vir jou en jou seun kan jy daarna iets voorberei.Want so sê dieHere,die God van Israel, ‘Die kruik met meel sal nie leeg raak nie, en die fles met olie sal nie leeg loop nie, tot op die dag dat dieHerereën op die aarde gee.’ ” Sy het toe gegaan en gemaak soos Elia gesê het. En sy het geëet, sy en hy en haar huisgesin, dae lank.

Uit hierdie stuk is daar ‘n paar belangrike beginsels:

■ Daar was ‘n verwagting dat die weduwee vir Elia sou bystaan. Net so verwag die Here dat ons sy kerk en ons medegelowegis sal onderhouenondersteun.

■ Die weduwee het die brood gebak met bestanddele wat sy reeds gehad het. Die weduwee het nie verwag om eers iets te ontvang voordat sy die roosterkoek gebak hetnie.

■Al het die weduwee net ‘n bietjie gehad, hetdie Here voorsien sodat Elia, die weduwee en haarseungenoeggehadhetomteeet.

■ Die weduwee het dus uit dankbaarheid van dit wat sy alreeds van die Here ontvang het aan Elia gegee, en vertrou dat die Here haar sal versorg. Ons behoort dus ons dankoffer as volg aan die Here te bring met die volgende ingesteldheid:

■ Ons het ‘n verantwoordlikheid vir die kerk se onderhouding en ons medegelowiges se versorging.

■ Hierdie bydrae is uit dankbaarheid vir die Here se versorging aan ons en omdat ons aan hom behoort in liggaam (en al ons besittings) en siel.

■ Dit maak nie saak hoe luuks of skraps ons lewe nie, ons het steeds baie om voor dankbaar te wees en behoort dus uit dankbaarhheid ‘n dankoffer aan die Here te bring.

■ Moenie jou materiële seëninge ophoop en uit die oorvloed daarvan ‘n offer aan die Here bring nie, gee eerder eers uit dankbaarheid jou dankoffer aan die Here en lewe dan in sy seën. ‘n Dankoffer kan verskillende vorms aanneem, ‘n aanwas uit jou kudde of ‘n deel van jou oes aan

die Aandmark, of andersins ‘n maandelikse bydrae uit jou salaris. Hoeveel behoort jou dankoffer te wees? Hierdie vraag gaan ons nie probeer beantwoord nie, behalwe om die volgende te noem:

• Eerstens, die Here ken jou hart en weet met watter gesindheid jy jou dankoffer gee (2 Korinthiërs 9:6-7 Die punt is: Wie karig saai, sal karig oes; en wie oorvloedig saai, sal oorvloedig oes. Laat elkeen gee soos hy vooraf in sy hart besluit het – nie met droefheid of onder dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief.).

• Tweedens, Levitikus 27:30 verklaar dat ‘n tiende aan die Here behoort. As ‘n NuweTestamentiese Christen val ons nie onder die Ou-Testamentiese reëls nie en behoort ons volgens ons “hart” te gee. Ons is nie almal in dieselfde lewensfase nie en almal se omstandighedeisuniek,daaromisditmoeilikom ‘n vaste riglyn te gee. Wat wel belangrik is, is dat dit die eerste item op jou begroting behoort te wees.

Hieronder is ‘n verduideliking van die verskillende bydraes wat ons as lidmate maak:

1.Diakonie

Die diakonie ontvang fondse vir die diens in die gemeente. Die fondse word gebruik om lidmate in ons gemeente liggaamlik en geestlik te versorg. Enkele voorbeelde van bystand is om lidmate finansiël by te staan of om persone te ondersteun wat uitdagings het om eredienste by te woon. Indien daar surplus fondse is, kan die

Die Fakkel diakonie ook instansies buite ons gemeente ondersteun.

Verder ontvang die diakonie ook “deurkollektes” wat aan die GKSA oorbetaal word. Die kollektes ondersteun Bybelverspreiding, versorging van geëmeriteerde predikante en die ondersteuning van ons teologiese studente om ‘n paar voorbeelde te noem. Die deurkollektes word voorgeskryf deur die GKSA.

2.Evangelisering

Die opbrengs met die verkoop van die Giyani-erf 'n aantal jaar gelede is deur die kerkraad geoormerk vir evangelisering. Daar is verskeie projekte wat met die fonds ondersteun word o.a. ds Muhadi wat aan plaaswerkers die boodskap bring asook die bystand wat aan Gereformeerde Kerk Phalaborwa verleen is.

3.Kerkkas

Die kerkkas ondersteun die bediening van die Woord in ons gemeente. Dit sluit in algemene instandhouding van ons kerkgebou en pastorie, maandelikse kostes soos die munisipale rekening, honorarium van ons koster, kantoorpersoon en hulpe asook die traktemente en versorging van ons gemeente se emeritus predikant. Verder word van elke Gereformeerde lidmaat verwag om ramings aan GKSA te betaal. Die ramings word bepaal onder andere deur lidmaatgetalle. Die fondse word gebruik om ons kerkverband op ‘n nasionale vlak te ondersteun. Gereformeerde Kerk Laeveld se ramings beloop ongeveer R30 000-00 per maand, dit is ongeveer R112 per belydende lidmaat per maand.

Evangeliseringkommissielede kontak.

• Die kerkkas het die 2024 boekjaar afgesluit met ‘n tekort van R336 959 (begrote tekort van R350 993). Ons begroot ‘n tekort van R330 932 vir die 2025 boekjaar. Die tekort is dus ongeveer R27 500 per maand (R103 per belydende lidmaat per maand)

• Met die verkoop van die Tweedelaanlaan pastorie tien jaar gelede is ‘n gedeelte van die rente van die opbrengs geoormerk om ‘n behuisingsubsidie aan dominee De Beer te betaal. Deel van dominee De Beer se beroepingsbrief is gratis verblyf. Die balans van die rente is veronderstel om die kapitaal instand tehou.Dietekortinonskerkkaswordhuidigdeur die opbrengs met die verkoop van die pastorie gefinansier. Dit is nie noodwendig in die korttermyn ‘n probleem nie, maar is nie in die langtermyn volhoubaar nie.

• Ons het tans 149 besoekpunte in ons gemeente, oor die algemeen is ‘n besoekpunt ‘n huisgesin. Van die 149 besoekpunte het 40 punte nie ‘n kerkkas bydrae gedurende 2024 gemaak nie. Soos vroeër genoem is, is daar wel vandielidmatewathuldankofferopanderwyses lewer.

• Die kerkkas se totale inkomste, dankoffers en Aandmark-inkomste, het vanaf 2018 tot 2024 met ‘n gemiddeld van 1.9% per jaar verhoog. Dit is beduidend laer as die koers waarmee ons kostes jaarliks verhoog.

Wie karig saai, sal karig oes; en wie oorvloedig saai, sal oorvloedig oes. Laat elkeen gee soos hy vooraf in sy hart besluit het – nie met droefheid of onder dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief

Met die bogenoemde in ag geneem, is die volgende baie belangrik om te onthou:

• Bydraes wat vir ‘n bepaalde doel deur lidmate gegee is, moet vir daardie spesifieke doel aangewend word, bv. “deurkollektes” mag nie vir die diens-kollektes in die gemeente gebruik word nie en die evangeliseringsfonds kan nie in die kerkkas gebruik word soos om byvoorbeeld die munisipale-rekening te betaal nie.

• Die Diakonale-fondse is in hierdie stadium voldoende om al die behoeftes in ons gemeente aan te spreek.

• Die Evangelseringsfonds kan die huidige projekte volhoubaar ondersteun. Woordverspeiding is ons Christelike plig. Indien u ‘n projek ingedagte het, kan u die

• Die finansiële kommissie nooi lidmate om met voorstelle na vore te kom oor hoe ons hierdie te korte kan uitwis.

Die kerk is ons eenheid van gelowiges. 1 Petrus 2:5 en laat julle as lewende klippe opbou tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat, deur Jesus Christus, vir God aanneemlik is.

▪ Karl Kruger

Voorsitter Finansiële kommissie

'n Jong man het vir sy oupa gevra:

"Hoe het julle mense voorheen geleef met

Geen lugversorgde voertuig nie

Geen Wifi nie

Geen internet nie

Geen rekenaars nie

Geen aanlyn inkopies nie

Geen TV's nie

Geen lugversorging nie

Geen selfone nie

Geen winkelsentrum nie

Geen motors nie?"

Sy oupa het geantwoord: "Net soos jou geslag wat vandag leef met

Geen gebede nie

Geen deernis nie

Geen eer nie

Geen respek nie

Geen karakter nie

Geen skaamte

Geen beskeidenheid nie

Geen tydsbeplanning nie

Geen sport nie

Geen lees nie"

"Ons, die mense wat tussen 1940-1980 gebore is, is die geseëndes. Ons lewens is getuig daarvan:

• Terwyl ons speel en fietsry, het ons nooit valhelms gedra nie.

• Na skool het ons tot skemer gespeel. Ons het nooit TV gekyk nie.

• Ons het met regte vriende gespeel, nie internetvriende nie.

• As ons ooit dors was, het ons kraanwater gedrink en nie gebottelde water nie.

• Ons het nooit siek geword nie alhoewel ons dieselfde glas sap met vier vriende gedeel het.

• Ons het nooit gewig opgetel nie alhoewel ons elke dag baie rys geëet het.

• Niks het met ons voete gebeur nie ten spyte van kaalvoet rondswerf.

• Ons ma's en pa's het nooit enige aanvullings gebruik om ons gesond te hou nie.

• Ons het vroeër ons eie speelgoed geskep en daarmee gespeel.

• Ons ouers was nie ryk nie. Hulle het ons liefde gegee, nie tasbare persente nie.

• Ons het nooit selfone, DVD's, speelstasies, XBoxe, videospeletjies, persoonlike rekenaars, internetklets gehad nie. Ons het regte vriende gehad.

• Ons het ons vriende se huise ongenooid besoek en saam met hulle kos geniet.

• Ouers het naby gebly sodat ons familietyd kon geniet.

• Ons was dalk swart en wit foto's maar jy sal kleurvolle herinneringe in daardie foto's kry.

• Ons is 'n unieke, die mees simpatieke geslag, want ons is die laaste geslag wat na hul ouers geluister het.

• Ook die eerstes wat na hul kinders moes luister.

Ons is 'n beperkte uitgawe!

Slaan munt uit ons. Leer van ons. Ons is 'n skat wat binnekort gaan verdwyn.

▪Anoniem.

(Ingestuur deur Ursula Kruger)

Ferreira Venter Laws & Nel

Geoktrooieerde

Besigheid

Boedel

Belasting

Belasting/LBS/WVF

Rekeningkundige

Maatskapy

Forensiese

Business

Daar's sewe klippies in jou sak deur die Here vir jou ingepak sodat jy ene weg kan gooi vir elke tiende jaar voltooi.

Eerste klippie, geen probleem die spel sal donkiejare neem, dink ons in ydel kinderwaan die lewe gaan vir ewig aan.

Op twintig waai die tweede klip, pragtig en rooi van lip, windmakerder kan jy nie kry, wat ek wil, skuld die wêreld my.

Klippie drie die laat jou dink, vir dertig jaar het jy rinkink, vier sewendes is daar nou oor, om op te maak vir tyd verloor.

As uit jou hand die vierde val, dan vlek die grys jou slape al, en dit wat in die sak oorbly, te min om als gedoen te kry.

Dan kom jy by vyftig, nou galop die tyd te vlytig, en na die bult-op lewenspad, beginne jy die afdraand vat.

Voorlaaste klippie nommer ses glip uit die sak voor jy sê mes die wat gewerk het vir 'n baas kry sy persent en groet vir laas.

O wee, o wee, nou klippie sewe, Skriftuurlik het jy klaar gelewe, daar kom nou veel genade kort vir die wat dalk wil tagtig word.

Daar is natuurlik taai kalante, jy sien hul soms in die koerante, wat net nie wil die emmer skop en eers na honderd om sal dop.

Of jy nou tot vervelens lewe, of tata sê hier rondom sewe, by watter klip jy ookal stop, gaan sal ons, die tyd raak op.

Ek wens jou dus 'n sakvol klip, genoeg vir daardie honderd trip en vreugde tot jou knieë daar op oudag knak.

Nou ja, ou maat, daar het jy dit, al wat ons nou kan doen is bid vir gesondheid, liefde en geluk, met voorspoed vir die oorblystuk!

▪Anoniem (Ingestuur deur Elize Dry)

DIE AFGELOPE TIEN JAAR

Ons gemeente het in 2015 begin om jaarliks 'n geld in te samel vir die Bybelgenootskap. Die Bybelgenootskap gebruik hiedie geld om Bybels te subsidieer sodat dit goedkoper verkoop kan word. Ons kon aan die einde van 2024 R18 114 oorbetaal. Dit bring die totaal van die afgelope tien jaar op R276 111 te staan.

Baie dankie aan elkeen wat oor die jare heen bygedra het!

Elsabé Labuschagne, die GKSAse nuwe verteenwoordiger by die Bybelgenootskap het aangedui dat sy ons gemeente DV later vanjaar kom besoek en dan meer van hul werksaamhede sal vertel.

Die geskiedenis van die Ou Testament het hoofsaaklik in Palestina afgespeel. Sake het spoedig na ons Here Jesus se hemelvaart verander (Hand. 2). Toe die Heilige Gees uitgestort is op die gelowiges wat met Pinkster in Jerusalem bymekaar was, het hulle in verskillende tale begin praat. Dit was die tale wat gebesig is oraloor waar Jode gewoon het (nie alle Jode het in Palestina gebly nie). Die gelowiges het in die verskillende tale oor God se groot dade gepraat.

Na Paulus se bekering het God hom gebruik om in groot dele van die destydse wêreld oor God se groot dade wat Hy deur ons Here Jesus gedoen het, te praat. Ons weet van drie omvangryke sendingreise wat Paulus onderneem het. Elkeen van die reise het in Antiogië van Sirië begin. In Pisidië was daar nog 'n stad met die naam Antiogië.

ANTIOGIË WORD 'N BELANGRIKE STAD VIR CHRISTENE

Antiogië van Sirië is ongeveer 480 kilometer noord van Jerusalem. Na Stefanus se steniging het sommige Griekssprekende Jode Antiogië toe getrek. Hulle het die evangelie aan die Jode daar verkondig. Gelowiges van die eiland Siprus en Sirene (stad in Libië, Noord-Afrika) is ook na Antiogië toe. Hulle het die evangelie onder Griekssprekende heidene begin verkondig.

Toe die gemeente van Jerusalem hoor van die groot aantal mense wat in Antiogië tot geloof gekom het, het hulle Barnabas (wat oorspronklik van Sirene afgekom het) Antiogië toe gestuur (Hand. 11:19 e.v.). Barnabas was 'n goeie man en het die gelowiges aangemoedig om aan die Here getrou te bly.

BARNABAS EN PAULUS WORD 'N GEDUGTE SPAN

Barnabas het Paulus vroeër in Jerusalem ontmoet. Hy het besluit om Paulus in Tarsus op te soek. Paulus was in daardie

stadium in sy geboortedorp, Tarsus. Hy het daarheen gegaan, want die gelowiges in Jerusalem was bang vir hom, omdat hy vantevore die gelowiges daar vervolg het. Hulle kon nie glo dat hy nou die Here gevolg het nie (Hand. 9:2630).

Barnabas het Paulus na Antiogië toe gebring. Hulle twee was 'n jaar lank saam in die gemeente van Antiogië en het 'n skare mense geleer. Paulus en Barnabas was goed toegerus vir hierdie taak. Albei kon waarskynlik goed Grieks praat, omdat hulle in gebiede grootgeword het waar Grieks die algemene spreektaal was. Gelowiges is in hierdie tyd vir die eerste keer Christene genoem. Die twee manne het gedurende die jaar in Antiogië na Jerusalem toe gegaan om bydraes van die gelowiges daar na die gelowiges in Jerusalem te neem. Daar was in daardie stadium 'n hongersnood in Jerusalem.

Antiogië het 'n belangrike sentrum vir Christene geword. In Jerusalem was daar nog baie Jode wat Christene vyandelik gesind was. Baie Christene het as gevolg van vervolging uit die Jerusalem gevlug. So het Antiogië in Sirië Paulus se basis geword van waar hy sy sendingreise begin het.

Volgende keer fokus ons op Paulus se eerste sendingreis en hoe die evangelie versprei het.

▪Ds Edmund de Beer

Die Fakkel

Vanjaar het ons net een Graad eentjie, Ilané Botha.

Jy is vanjaar in graad 1, Na watter skool toe gaan jy?

Ek is in Laerskool Duiwelskloof.

Hoe het jou eerste dag by die skool verloop en wat het julle alles gedoen ?

Ons het English, Afrikaans en Wiskunde gedoen.

Het jy al ‘n maatjie of maatjies en wat is jou maatjie se naam?

Ja, my maatjies is Rachel, Zanicha en Lilla.

Jy begin ook vanjaar met katkisasie. Wat dink jy gaan jy in die katkisasie klas leer?

Oor die Bybel en Jesus.

Wat is jou gunsteling Bybel verhaal?

Hoe die wêreld gemaak is.

Vraag aan die ouers: Hoeveelste spruit is dit in graad 1 en watter emosie het julle ervaar op dag 1 van graad een?

Dis ons vierde spruit in graad een, ons is baie opgewonde saam met Ilané.

Ilané, geniet jou graad een jaar, mag dit die begin wees van ‘n geseënde en suksesvolle skoolloopbaan!

▪Suzette Krause

Aan Werner en Marli van den Ende met die doop van hul seuntjie Erhardt Martin van den Ende

Aan Fanu en Lize Booyens met die doop van hul seuntjie Joah Isias Booyens

“Die Here sal jou seën en behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.”

Numeri 6 : 24 - 26

LAG ‘N BIETJIE

BRIEF UIT DIE TRONK

Die pa stuur ‘n brief aan sy seun in die tronk: “Ek sal nie dié jaar aartappels kan plant nie. Die lande is nie omgespit nie, want jy is nie hier om te help nie.”

Die seun skryf terug: “Dit is ook maar goed, want die geld wat ek gesteel het, is in die lande begrawe.”

Die volgende dag daag die polisie op die plaas op en spit alles om op soek na die geld, maar kry niks nie.

Die seun skryf aan sy pa:”Pa kan nou maar plant, dit is die beste wat ek kon doen van hier af!”

BREINKNOPER

‘n Man kyk na ‘n foto van iemand. Sy vriend vra wie dit is. Die man antwoord: “Broers en susters, van hulle het ek geen. Maar daardie man se pa, is my pa se seun.” Wie was op die foto?

Die antwoord verskyn in die volgende Fakkel.

Die antwoord op die vorige breinknoper (7 manne het 7 vrouens. Elke man en elke vrou het 7 kinders. Hoeveel mense is daar altesaam?) was 63 mense.

Stuur vir ons jou beste grappies of breinknopers na admin@gklaeveld.org.za en dit mag dalk net in ons volgende uitgawe verskyn.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.