Hart en Hand 24 Maart 2013

Page 1

Hart

en

Hand 1100 M Maaaarrtt 22001133

Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof God = Amen! Fanie van der Schyff God sê amen... God is amen... God se kinders antwoord...

Godsdiens werk nie Griffel van Wyk Godsdiens werk nie, vra enige iemand. Jy kan nie eintlik met allerhande dinge wat jy doen jou lewe beter laat loop nie. As Christenskap vir jou 'n godsdiens geword het, moet jy dalk hoor dat dit nie gaan werk nie ... want Jesus het klaar gewerk. Die antwoord is om nou uit Hom te lewe. Gedagte vir nou

Dissipline

Party mense beskou dissipline as ‘n onaagename taak.Vir my is dit ‘n soort van orde wat bevryding bring sodat ek berge kan versit - Julie Andrews

\

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie van der Schyff Skrifteks: Openbaring 3:14 Sang: Sk 5-3: 1,4,5 Ps 134a: 4 Sk 12-3: 1,2 Sk 10-2 Sk 18-1: 1,2,3 Sk 13-3

Duxbury: 18:30 Griffel van Wyk Skriflesing: Kolossense 2: 6-23 Sang: sal aangekondig word

Karmel en Troyestraat Vandag se eredienste word deur die Hervormde Kerk gereël

 Oefen om goed gebruik te maak van New Life City Church jou tyd. Reitz Street: 09:00 and  Maak ‘n studie van jouself. Identifiseer18:00 jou sterk punte en bou daarop. Prof Derrick Mashau  Ken die prioriteite in jou werk.  Bestee jou tyd aan mense wat wel Lees binne resultate lewer. - Huisgodsdiensriglyn  Neem vinnige besluite met beperkte - Dissipelskapkafee inligting. - Familie in Mamelodi  Gaan wanneer moontlik tot die daad 3 oor.


Kantoor Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos kantoor@gkbrooklyn.org.za

WEBtuiste www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Sondae Administrasiehulp Marga Koelman 082 923 2346 Sien inligtingstafel in die saal Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Phillip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum 10 Mrt

10 Mrt

17 Mrt

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr )

012 348 2467 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.co.za Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.co.za Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt)

012 542 3667 073 777 1254 fansan@lantic.net Derrick Mashau

Diensbeurt

Kollekte

Duxbury

Ouderling Koos Richards

Onder die diens Diakonale werk

Diaken Hannes Welman

By die deure Uitreikfonds

Ouderling Dienste deur Hervormde Kerk

Onder die diens Diakonale werk

(Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

By die deure Emeritaatsfonds

013 947 2179 079 933 9884

Troyestr

Duxbury

Ouderling Louis de Klerk

Troyestr

Gerhard Oosthuizen

Skinkbeurt

(New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside – afgesonder van Teologiese Skool Potchefstroom)

Plek

Diaken Johandri Venter 17 Mrt

Predikante verbonde aan die gemeente:

Soekie

082 971 2725 kwstdm@puk.ac.za Brian de Vries

Joëlna/ Magda

Jaarprogram nou beskikbaar op ons webtuiste by gereformeerdbrooklyn.co.za volg: Inligting Kerkkalender


Dagboek:

DAGBOEK

Vandag: Jeug-kleingroepe 09:15 Susan Strijdom Maandag: 18:00 Agapé Woensdag: 18:00 Diakonie vergader in die konsistorie 1900: Kerkraad vergader in die saal

EREDIENS Ds Fanus tree Sondag by Susan Strijdom op om 09:15 DAGBOEK  Woensdag 13 Maart: Bybelstudie om 10:30 in Nebohofsaal. Tema: 1 Samuel 26  Woensdag 20 Maart: Bybelstudie / kleingroep Harmoniehof (10:30)

Gemeentesake Voorbidding – Jemen Bid dat die gelowiges in Jemen sal volhard en dat die Here talle mense sal roep om Hom te volg, ten spyte van die moeilike omstandighede vir Christene in die land.

Voorbidding - Belydenisklas: Ons bid vir: Ds Derrick Mashau vir sy bediening in Sunnyside.

Ons vra voorbidding vir: Selfbeheersing om sterk te staan teen versoeking.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, mee leef en daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of krisisse, neem die vrymoedigheid en kontak die kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat ons dit onder die aandag van die gemeente kan bring. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets weet van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.

Meelewing

Ons maak hiermee die afsterwe van Doempie van Wyk de Vries bekend. Sy word Dinsdag om 11:30 vanuit die Meintjeskop-kerkgebou begrawe. Die teraardebestelling vind vooraf plaas. Sy was die eggenote van dr KS van Wyk de Vries, stigter van die Sunnyside-Skema. Meegevoel word betuig aan haar dogter, An van der Merwe, en gesin, haar suster, Marietjie Kaiser (woonagtig in die Sunnyside-Skema) en ander familielede.

Siekte Gwen Hussem (083 441 6461) wat onlangs ’n ligte beroerte gehad het en wonderbaarlik herstel het, sukkel steeds met longprobleme. Die gemeente bid haar totale herstel en die seën van die Here toe.

Vervoer

Hartlike gelukwense aan Fanus en

1. Indien vervoer na die kerk nodig is, kontak Bennie 2. Aucamp asseblief by 072 014 8041, nie later as Saterdag 21:00 nie.

Janneke Nortje met die doop van hul

Ter approbasie As ouderling: Matthys van der Hout As diakens: Laurette Marais en Elzabe Barnard.

seuntjie, Joshua, vandag.

Ons bid

julle die seën van die Here toe.


Baie dankie vir jou finansiële bydrae!

Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745 Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydraes elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Opvoering Die Rooikaart Die Rooikaart, geskryf deur Dana Snyman op sy eie unieke styl, vertel die verhaal van ‘n man wat die president van sy rugbyklub is, maar sake loop skeef. Frank Opperman se vertolking is briljant en Gys de Villiers se regie is in die kol. “Mens verlaat die vertoning met ‘n glimlag maar ook met ‘n gevoel van deernis.” Waar? Gereformeerde Kerk Pretoria Brooklyn Wanneer? Vrydagaand 26 April 2013 om 19:30 Kaartjies: R100 vir volwassenes, R80 vir studente en skoliere

Verkope: kantoor of Marga Koelman by 082 923 2346, Bets Engelmohr by 082 320 9133, Elfrieda Marais by 072 179 5846, Wina Cameron by 0828595216.

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn. Tema Abraham

Storielyn Abram pleit vir Sodom Hy hou aan met pleit Nog ‘n koning vat Abram se vrou Meer oor sy vrou

Bybelverse Gen 18:16-22

Isak word gebore

Gen 21: 1-8

Gen 18: 2333 Gen 20:1-10 Gen 20:11-18

Datum Ma 11 Mrt Di 12 Mrt Wo 13 Mrt Do 14 Mrt Vr 15 Mrt

Dissipelskapkafee Ons kafee is weer volstoom aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.

Datum 11 18

25

Onderwerp Agapé-vergadering Jesus het gekom om die wet te vervul: Wat is die implikasies vir ons? Vakansie

Spreker

Fanus

Agapé-uitreik Ons uitreik verlede jaar na huishulpe en lidmate van New Life City Church in Sunnyside, gehou in ons kerksaal, was ’n groot sukses. Dis met groot entoesiasme dat ons dit vanjaar weer aanbied - weliswaar ’n bietjie vroeër as verlede jaar. Reserveer dus solank SATERDAG 4 MEI vir hierdie opwindende gebeurtenis. Die reëlingskomitee bestaan uit: Anneli Grove, Erna Kruger, Elmarie van der Schyff en Susan Heystek.


Gelukwense “Die Here het ’n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop” (Psalm 147:11) 03/10

Jacs

Lemmer

082 331 9326

03/10

Bernard

Roodt

082 827 8157

03/11

Suleste

Kuschke

082 776 1354

03/11

Luan

Schutte

071 677 1847

03/11

Sarel

van der Merwe

012 346 2104

03/12

Elzabe

Barnard

072 546 4612

03/12

Anita

Cilliers

082 928 0767

03/12

Renée

Myburg

079 516 0959

03/12

Renske

van der Walt

079 969 4949

03/12

Minette

Venter

012 348 7117

03/13

Anzelle

Marais

082 398 0214

03/13

Elmien

Rossouw

082 452 7337

03/13

Lara

van Niekerk

012 348 6388

03/14

Pieter

van den Berg

083 458 0621

03/15

Mariana Alberts

072 298 9172

03/15

Koos

Richards

082 551 3617

03/15

Herman

van der Schijff

083 376 0474

03/16

Mieke

de Beer

012 332 3631

03/16

Francois de Cruz

073 588 6907

03/16

Chrisna

076 306 2992

Viljoen

Uitnodiging Geestelike konsert Hiermee wil ons u hartlik uitnooi na ’n geestelike konsert wat DV op Saterdag 23 Maart by die GK Die Kandelaar aangebied word deur Artemis Vokale Ensemble. Plek: GK Die Kandelaar Tyd: 18:45 vir 19:00 tot ± 20:15 Verversings sal beskikbaar wees. Deurkollekte ná die tyd om onkoste te dek.

Versoek van die Kerkkantoor Sal W.H. Potgieter asseblief dringend vir Rentia by 082 775 6907 kontak.

Jak de Priester konsert 9 Maart Die susters van die Geref. Kerk Kameeldrift bied ’n fondsinsamelingskonsert aan met Jak as kunstenaar. Bemark solank en nooi al jou familie en vriende saam. Plek: NG kerk Magalieskruin Tyd: 19:00 Koste: R100 p/p ’n Ete kan vooraf bestel word @ R35p/p en R30 vir onder 10 jaar. Die ete word bedien vanaf 18:15. Kontak Susan Fourie vir die ete by 082 324 9399. Die kaartjies vir die konsert is ook by Susan Fourie beskikbaar by 082 324 9399.

Mense wat weg is Indien u weet van enigeen wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name op die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting deur aan die Kerkkantoor.

Toegangsbeheer by hek Almal word asseblief vriendelik versoek om parkeerskyfies by die kerkdeure te neem en op die voorruit van u motor te plak. Dit vergemaklik die taak van die sekuriteitswagte by die hek en verseker vinniger vloei van verkeer.

Klankbaan van preke Klankbane van preke in Duxbury is beskikbaar om in MP3-formaat af te laai.

Besoek ons webtuiste by www.gereformeerdbrooklyn.co.za


Agapé-kosbank Soos in die verlede vra Agapé weer die deelname van die gemeente aan ons kosbank. Ons neem gevriesde etes aan mense wat dit nodig het ná ’n operasie of tydens siekte. Ons kosbank is tans 1. As ons net een keer vir twee ekstra dolleeg. mense kos maak en dit vries vir die kosbank, kan ons sommer gou weer die kosbank aan die gang kry en kan die Agapé-dames dit uitdeel waar nodig. Plaas asb die ete in ’n weggooibare houer, merk dit duidelik met die gereg se naam en ook ’n datum asb. Erna Kruger by 082 453 2417 en Magda Richards by 082 551 3625 kan die gevriesde etes op ’n Sondag by die kerk ontvang of daar kan met hulle gereël word vir ’n ander tyd.

Ingekom met attestaat: Lubbinge Jan Paul

Mosselbaai

Hartlik welkom!

Bellville-Oos Wonderboompoort Hoedspruit

Vertrek met bewys van lidmaatskap: Bouwman Pieter J Egg: Guurtje

BRING EN BRAAI Alle lidmate, nuwe lidmate, studente en nuwe eerstejaarstudente word uitgenooi om saam te kom kuier. Elke gesin bring vleis en een bykos. Alle bykos word op een tafel uitgepak en almal skep van die lekker verskeidenheid. Vure sal vanaf 11:30 gereed wees vir braai. Agapé-diensgroep voorsien heerlike nagereg. Bring asb eie borde, eetgerei, glase, servette en drinkgoed. ELKE GESIN WAT KOM, MOET ASB EEN EKSTRA STUKKIE VLEIS BRING EN ‘N EKSTRA PORSIE BYKOS VIR ONS STUDENTE WAT GAAN SAAM EET. Laat weet asb watter gesinne kan kom sodat daar bepaal kan word hoeveel vleis daar vir die studente sal wees. Die studente moet asb laat weet wie gaan kom saam eet. Kontak vir Willem Daling by 082 929 3971. GESINNE MOET ASB VIR JOËLNA BY 082 374 1974 OF RONEL BY 083 299 7413 KONTAK VOOR OF OP 10 MAART.

Brooklyn Bokmakieries

Vertrek mat attestaat: Marais Su-Anrie Lubbinge Johannes H S Enslin George

Nagmaalete Sondag 17 Maart 2013

NH Nigel

Manne-ontbyt Jy word hartlik uitgenooi na ’n spesiale vroegoggend (05:30 – 08:30) manne-ontbyt op Saterdag 16 Maart 2013 by die Kerkgebou van GK Rietvallei. Die koste beloop R10 en die spreker is Nicolaas Kruger. SMS jou naam en die getal wat kom na 082 783 6130 of e-pos na admin@gkrietvallei.co.za

Ons volgende uitstappie is na die panne in en om die Oosrand (o.m. Korsman Bewaria). Die gebied het ’n verskeidenheid watervoëls. Datum: DV 23 Maart 2013. Dis ’n oggenduitstappie (05:15 om 05:30 te vertrek) en ons sal teen middagete terug wees. Bring gerus ’n piekniekmandjie met ontbyt. Daar is geen formele piekniekterrein nie, dus moet ’n tafel en stoele saamgevat word. Onthou ook ’n hoed, verkyker, kamera, sonbrandroom en tolgeld. Laat weet asb teen 20 Maart of jy wil saamgaan sodat ons die reisreëlings kan koördineer. Skakel gerus vir Arthur Hall by 083 387 3610. Ons tweede uitstappie is na die Mkhomdo-dam (die ou Rhenosterkopdam). Die gebied het ’n verskeidenheid water- en bosveldvoëls. Datum: DV 13 April 2013. Dis so 75km noord-oos van Pretoria en dit sal ’n daguitstappie wees (05:15 om 05:30 te vertrek). Bring gerus ’n piekniekmandjie met ontbyt en middagete. Daar is geen formele piekniekterrein nie, dus moet ’n tafel en stoele saamgeneem word. Onthou ook 'n hoed, verkyker, kamera, sonbrandroom en tolgeld. Laat weet asb teen 10 April of jy wil saamgaan sodat ons die reisreëlings kan koördineer. Skakel gerus vir Arthur Hall by 083 387 3610.


Berig oor die Radiobediening

Franse

Die onlangse gebeure in Mali het baie vrae laat ontstaan oor die lot van plaaslike Christelike gemeenskappe en die werk van Christelike radiostasies waarby die Franse Radiobediening reeds meer as twee jaar baie betrokke is. Die situasie is ver van gestabiliseer met die oog op die lang termyn, ondanks die suksesvolle militêre veldtog van die Franse leër teen islamitiese en ander rebellegroepe in die noorde. Tog kan ’n mens sê dat Christene nou kan begin asemhaal: radikale Moslems sal nie verder suidwaarts inbeweeg en kerkgeboue, Bybelskole, radiostasies, ens. afbrand nie. Buitendien lyk dit of die meerderheid van die bevolking, aan die hand van wat in die noorde gebeur het met die toepassing van die Sjaria-wet, verstaan hoe belangrik dit is om die grondwet van 1992 te behou, wat vryheid van godsdiens bepaal (en wat die rede is vir die ontstaan van meer as 50 Christelike radiostasies die afgelope 25 jaar). In hierdie stadium kan slegs politieke stabiliteit, ’n vrye verkiesing en ’n nuwe - wettige - regering dit vestig. Die ateljees van Radio Tahanint in Timboektoe sal egter nie binne etlike maande herbou kan word nie, maar daar word gehoop om dit te kan doen indien die middele hiervoor verkry word. Die Franse Radiobediening bly in kontak met personeel van radiostasies asook met ander Christelike leiers met die oog op verdere samewerking, veral wat die evangelisasie van Moslems betref (byvoorbeeld deur die publikasie van ’n pamflet in Frans en ander plaaslike tale, spesifiek gemik op vrae wat Moslems het). Al hoe meer Moslems begin belang stel in die Christelike geloof, want hulle is op soek na alternatiewe antwoorde, in die lig van wat hulle gesien het in die naam van Islam gedoen word. Dit skep natuurlik geweldige moontlikhede, indien samewerking effektief kan geskied. Bid asseblief vir die benutting van alle moontlikhede ter wille van die uitbreiding van God se Koninkryk op aarde deur die verkondiging van Christus as enigste middelaar tussen God en mense, en Hom as enigste Hoëpriester. Ds Eric Kayayan

Jy het familie in Mamelodi! Op Sondagoggend 17 April gaan ek Nagmaal bedien in Mamelodi-Wes Gereformeerde Kerk. Jy mag saamkom. Ek is soos ’n voog vir hulle terwyl hulle nie ’n predikant het nie. Dit sal baie gesond wees vir jou eie geloofsgroei, maar sal hulle ook bemoedig in hulle s’n. Dit sal ook sommer help om stereotipes oor die mensegroepe in ons land af te breek en ’n meer avontuurvolle Sondagoggend gaan jy nie sommer kry nie. Enige persoon, oud of jonk is baie welkom! Ouers, ek dink dit is ook iets waaraan veral ons kinders blootstelling nodig het. Ons vertrek die oggend stiptelik om 08:45 almal saam van Duxburyweg af. Die diens daar begin om 09:30. Ons behoort omtrent 11:30 terug te wees, betyds vir die Nagmaal-ete. Ek weet dit is by ons ook Nagmaal, maar jy is welkom om die oggend ook daar Nagmaal te vier, of die aand in Duxburyweg. Jy hoef nie te RSVP nie... kom net! Griffel.

Lees ... in hierdie uitgawe van Die Kerkblad Dit is nie die kerk wat allereers vir jou iets moet doen nie. Jy mag nie eens vra watter nut het die kerk in jou lewe nie. Lees in “Van die redakteur” oor jou betrokkenheid by die kerk. Die huidige ernstige tekort aan teologiese studente in die GKSA is nie ’n swartkerk- of witkerk-saak nie. Dit is ’n Christus-saak. Prof. Rantoa Letšosa skryf hieroor in die Brandpuntrubriek. Die fokus van hierdie uitgawe is: Die kerk in beelde. Lees meer oor die kerk as familie van God, die tempel van God, die liggaam van God en die wingerdstok en die lote. EN NOG BAIE MEER. Teken in op Die Kerkblad! Skakel Angie Mokobi by 018 297 3986 vir meer besonderhede of e-pos tydskrifte@gksa.co.za


ADVERTENSIEBLAD 1. EENSLAAPKAMER-TUINWOONSTEL vir ’n enkelpersoon is beskikbaar van 1 Maart 2013 in Waverley, Pretoria. Kontak Gerda Carney asb by 084 833 0421.

2. OEFENFIETS BENODIG Eddie Terblanche het dringend ’n oefenfiets nodig om op te oefen vir sy knie. Kontak asb vir Liza Terblanche by 073 588 6907/083 5744 310.

3. EKSTRA INKOMSTE VIR STUDENTE As jy van kinders hou, word deel van "Babysitter Club" en verdien ekstra inkomste. Skakel Liesl by 0824761456 of stuur 'n epos na info@babysitterclub.co.za

4. KUNSKLASSE vir hoërskoolkinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of renne@live.co.za. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Koofsig, Centurion.

5. ENGELSE KLASSE Ek bied ekstra Engelse klasse aan vir laerskoolen hoërskoolleerders in Taalwerk en Graad 12 se voorgeskrewe letterkunde in Home Language en First Additional Language. Kontak asb vir Marike Kotzé by 079 805 7614.

6. DIKHOLOLO verblyf beskikbaar gedurende Aprilskoolvakansie: week 29 Mrt tot 5 April. Kuifkop3. Netjiese ruim 3slk/2bdk rondaweltipe huisie. 6 slaap. Hoofslk en suite-bdk. DSTV. Alle geriewe. Pvt braai teen koppie. Sport/vermaak/swem/wildritte, ens. Skakel Gerda asb by 083 975 5100.

7. OPEN POSITION AT MUKHANYO: EXECUTIVE ASSISTANT Mukhanyo Theological College is seeking an Executive Assistant for the Principal. The desired candidate will have prior experience in secretarial and administrative work. Depending on ability, he or she may also be asked to serve as a communications assistant or in another related capacity. Ability to communicate in Afrikaans or another South African language is of extra benefit. He or she will work at least four days per week (flexitime possible) with at least two days per week at Mukhanyo in KwaMhlanga. The salary will be determined by experience and ability. Please contact Dr Brian de Vries (079 933 9884,bdevries99@gmail.com) to request additional information.

8. KAN JY HOOR? Indien jy sukkel om die predikant te hoor, kontak Liza van Wyk, die oudioloog by Hearing Hub, 13de Straat 8, Menlopark by 012 346 0511.

9. WOONSTEL GESOEK ’n Baie verfynde dame, Odette de Villiers, wat die Ooo la la-koffiewinkel in 13de Laan, Menlopark besit, is dringend op soek na ’n woonstel of tuinwoonstel in die omgewing. Kontak Odette by 083 609 6479.

10. MOBIELE DIERESALON HOLLYWOOD PETS. Vir die versorging, bad, sny, ens van honde en katte, kontak Yolandé by 073 873 7711.

DBV Petroleum St Pretoria 012 803 5219

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: kantoor@gkbrooklyn.org.za Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.