2 minute read

SPORTNUUS

Next Article
AKADEMIE

AKADEMIE

Garsies is reeds vir drie dekades gevestig as n A-bond skool in Pretoria en noord van die Vaal. Garsies is reeds sedert 1994 in die Pretoria A-bond vir Atletiek. As n ekstra inspuiting vir atletiek is Garsies ook in die A-bond in die NWU - Pukke Atletiek-reeks. Sedert 1988 het die skool reeds die verskillende bonde in Pretoria reeds ses keer gewen. Die sogenaamde Super Inter, wat uit 68 skole bestaan is reeds 6 keer in verskillende groeperings gewen. Die skool het dus reeds 12 Interhoër titels in sy 35-jarige bestaan gewen. Die atletiek is uniek in die sin dat die skool een van enkeles in Pretoria is, wat jaarliks aan hul atlete twee geleenthede gee om aan n inter deel te neem. Atlete kry dus geleentheid om hulself teen die bestes in Pretoria te meet. Dan is daar ook n tweede inter teen die bestes van skole noord van die Vaal. In ag genome dat sewe van die skole by die byeenkoms in die top agt in die land is, maak die geleentheid wat Garsie-atlete kry nog meer merkwaardig en uniek.

Advertisement

Garsie Atletiek In Nommers

2 die aantal Interhoërs waaraan Garsies elke jaar deelneem.

12 - die aantal Interhoërtitels wat die skool reeds gewen het.

29 die aantal jare wat Garsies deel van die A-bond in Pretoria is.

14 die aantal jare wat Garsies reeds in die A-groepering van die A-bond (NWU -PUKKE INTER) is.

8 - die plek wat Garsies tans in SA bekleë (Curro Podium-Atletiek)

Gauteng Skole Uitslae

Garsies hehaal by elke van die Inters n vyfde plek en individuele atlete het puik presteer.

Megan Maree word aangewys as die Jnr Victrix Ludorum. Dit is die eerste keer in die geskiedenis dat n Garsie die prestasie behaal.

Atlete Presteer By Sa Skole Kampioenskap

Megan Maree wen goud - 90 m hekkies dogters o/15 met 'n puik tyd van 12,95 sek.

Ulrich van Tonder wen silwer medalje - spiesgooi o/17 met 'n persoonlike beste van 69,35 m.

Willie van Wyk wen brons - hoogspring o/15.

Mia Janse van Rensburg (beseer maar nogstans deelgeneem) met haar 6 de plek - o/17 hoogsping finale.

CAA aFRIKA KAMPIOENSKAP

GarsieAtleet en 3 oud-Garsies presteer by CAA African U18 and U20 Athletics Championships in Ndola, Zambia.

SA senior mans kampioen, Armand van der Walt, wen die 200m Afrika o/20 titel in 20,82 sek.

Hy beleef 'n droomseisoen deur die Afrika o/20 titel ook te wen.

Oud-Garsies, Chané Kok, wen die vroue o/20 100m hekkies, Brian Raats die hoogspring mans o/20 en Vihan Kemp verower 'n silwer medalje vir mans o/20 110m hekkies.

By die jaarlike Interhoër A-bond

Gala behaal Garsies n sesde plek in die gemengde skole afdeling. Garsies is nou reeds 11 jaar in die A-bond. n Verbintenis tussen SA Swem en Royal Finns swemakademie gaan die Garsie swemmers vir 2024 slyp. Garsies gaan onder leiding van Ancheri Luus, wie se akademie nou direk verbind word met SA Swem, die toekoms aandurf met nuwe energie. SA Swem (SSA) erken dan Royal Finns en Garsies in die proses as hoë prestasie sentrum waar swemmers onderwerp sal word aan programme wat direk deur SSA uitgegee en bestuur sal word. Talent identifisering sal geskied in samewerking met SSA. Tegniese advies sal verskaf word deur SSA en die program se doel is om Garsies na die volgende vlak te neem.

Lara van Niekerk, oud-Garsie se voorbeeld sal gevolg word om meer swemmers van kwaliteit te lewer. Laasgenoemde is n inspirasie vir huidige swemmers by die skool en n puik rolmodel.

This article is from: