1 minute read

G A R S S A A D

Next Article
SPORTNUUS

SPORTNUUS

- Vandré Swart JEUGWERKER

Soos wat ons die begin van die kwartaal ingaan, besef ek dat ons ingesteldheid oor die lewe soms mismoedig kan raak.

Advertisement

Dis juis in hierdie tye wat ons n vars perspek-tief nodig het om die volgende kwartaal aan te durf. Ek word herinner aan die volgende storie wat ons kom uitdaag oor hoe ons situasies benader en hoe ons ingesteldheid lyk as dinge onmoontlik voel.

Een oggend vroeg loop 'n bejaarde man strandlangs toe hy 'n jong seun sien wat iets van die sand af optel en dit teruggooi in die see. Soos wat hy nader kom, besef die man dat die kind gestrande see-sterre wat op die strand uitgespoel het, teruggooi. Hy loop toe nader aan die kind en vra vir hom waarom hy dit doen.

"Die seesterre sal sterf as hulle nog op die strand lê wanneer die son opkom," het die seun geantwoord.

Verbaas het die ou oom gesê, "Maar dit is doelloos! Daar is ontelbare myle strand en duisende seesterre. Dit maak nie saak hoeveel jy teruggooi nie, jy gaan nie n verskil daaraan kan maak nie."

Ongehinderd het die seun afgebuig, 'n ander seester opgetel en dit in die see gegooi.

"Dit maak saak vir hierdie een," het hy gesê. Mag ons besef dat, gee nie om wat vir ons voorlê of hoe onmoontlik dit dalk mag lyk nie, oor die manier hoe jy die saak benader is al wat nodig om n verskil te maak. Dis beter vir ons om n kers aan te steek as om in die donker te sit.

Mag ons die volgende Engelse gesegde saam ons dra en dit nooit vergeet nie.

This article is from: