
2 minute read
AKADEMIE
- Maggie Holliday
Olimpiades
Advertisement
Garsies kry die geleentheid om jaarliks aan verskeie olimpiades, as deel van akademiese vakverryking, deel te neem.
Deelname aan olimpiades gee die leerder waardevolle blootstelling aan verskillende vakgebiede en leerders kry die geleentheid om hulle eie vakkennis toe te pas.
Kennis, vaardighede, probleemoplossing en logiese denke word in die olimpiades getoets.
Die vrae is hoofsaaklik meervoudige keuse-vrae wat die leerder voorberei vir eksamens soos byvoorbeeld die Nasionale Normtoetse (beter bekend as die NBT s) wat n vereiste is vir aansoeke van sommige keuringskursusse op universiteit.
Die CONQUESTA Olimpiades word landswyd vir graad 8- en 9-leerders in Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Lewens
Wetenskappe, Natuur
Ekonomiese Bestuurswetenskappe, Tegnologie en Robotika aangebied.
Die graad 9-leerders het in die 2022 CONQUESTA Olimpiades puik presteer en n plek onder die top-20-skole in die land behaal.
Die graad 9-leerders het baie goed presteer en die skool het die volgende plekke behaal:
Afrikaans Huistaal: Eerste plek
Wiskunde: Eerste plek
Wiskunde: Tweede plek
Natuurwetenskappe: Tweede plek
Algemene Kennis: Tweedplek
English First Additional Language: Vierde plek
Hoërskool Garsfontein is baie trots op ons leerders wat in 2022 deelgeneem het aan die olimpiades en moedig elke Garsie aan om deel te neem aan die verskillende olimpiades in 2023.
Luché Steyn (graad 11) is ons eerste Garsie wat as wenner van die Individueleafdeling by die Van Huyssteens Oratorsfees (Afrikaans) aangewys is.

Dié kompetisie behels dat individuele sprekers n onbekende onderwerp ontvang, binne slegs 45 minute n volle beredenerende toespraak oor die
Garsieleerders kommunikeer reeds vanaf vember met die leerders van Oscar Romero ollege in België.

Hulle toer na SA het onder andere due olgende ingesluit:
Besoek aan en gesellige kuier by Kwalata. Besoeke aan geskiedkundige besienswaardighede.
Besoek aandie Nasionale Kruger Wildtuin.
Die hoogtepunt was egter die bywoning van die A-bond interhoër voor hul vertrek na Dendermonde, België
Tydens die finaal van die Interne Redenaars het die top 3 sprekers van elke graad hul sê gesê en is deur me. Carien Bloem en mnr. Pieter Slabbert beoordeel.






Ons SOS-leiers is leerders wat die hart het om ander te help. Ons hoofdoel is om na leerders te luister en te verwys na hulpbronne, sowel as om die projekte wat daagliks by die skool plaasvind te ondersteun.

Leerders te ondersteun in die klas en te verwys waar nodig. Ons is dus die hartklop van die skool agter die skerms. Ons is betrokke by die volgende:
• Broodjietafel
• Klerekas
• Kennisgewingbord
• #DonderdagDurf
• Garshand kos uitdeel (maandeliks)
• Uitreike (kwartaaliks)
Dieu Donn Dogtershuis
Ons het n dogtershuis slegs vir die leerders van ons skool in die hartjie van Garsfontein. Daar is tans twee van ons dogters wat in die huis woon en een dogter wat verlede jaar by ons matriek geskryf het.
Hierdie huis benodig tans die volgende:
· Herstelwerk bv. verfwerk in die dogters se kamers, putty van vensterrame, verf van faciaborde, herstel van wendy, en die grensmuur wat tans omgedruk word deur n boom.
· Kosskenkings is altyd welkom
Indien u graag betrokke wil raak, kan u vir Jeanette kontak by 072 300 8425 of e-pos vir Racheal by maatskaplik@garsies.co.za.
G A R S H A N D
Dit neem n gemeenskap om n kind groot te maak tdus bestaan Garshand uit n groep ouers wat omgee. Garshand benodig tans hande by die volgende projekte:

· Broodjieprojek: Ons verskaf daagliks broodjies aan ons leerders
· Maandelikse kospakkies: Kos verpak, aankoop en uitdeel
· Klerekas: Die uitsorteer, was en pak van tweedehandse skoolklere
· Mediese dienste: Medikasie, tandarts, dokter ens.
· Borge vir kampe en toere
· Matriekafskeid-hulp
· Kersfees projekte
· Hulp met werksoek
· Kontantskenkings
Kontak vir Altia - 082 924 4699; Gillian - 082 492 9964; Racheal Johnston maatskaplik@garsies.co.za
