
1 minute read
100% vir matrieks
Uitslae van die 2022 Nasionale Senior Sertifikaat is Vrydag, 19 Januarie 2023, vrygestel. Ons is baie trots op die Graad 12 leerders van 2022.
Dié groep het die volgende uitslae behaal:
Advertisement
100% slaagsyfer
98,8% universiteitsvrystelling
2,21 onderskeidings per kandidaat
Totaal van 713 onderskeidings
Derde in Gauteng
3 leerders het agt onderskeidings behaal.
11 leerders het sewe onderskeidings behaal.
17 leerders het ses onderskeidings behaal
13 leerders het vyf onderskeidings behaal
271 leerders het vier onderskeidings behaal
126 leerders het drie onderskeidings behaal
130 leerders het twee onderskeidings behaal
81 leerders het een onderskeiding behaal
Die 2022 matrikulante wat sewe of meer onderskeidings behaal het, het by die Algemene Akademiese Merietefunksie wat op Dinsdag, 31 Januarie 2023, gehou is, erkenning gekry vir hulle puik prestasie.
Erkenning is ook aan die presteerders van graad 8 tot 11 leerders van 2022 gegee vir hulle akademiese prestasie, Hierdie toekennings is gemaak op grond van die promosiepunte in die verskillende vakke en gemiddelde persentasies. Die Top 10 leerders in elke graad vir 2022 is ook aangewys.
Boodskap van ons adjunkhoof akademie - Me Holliday

Met top gehalte fasiliteite en kundigheid is die sterk basis gelê vir die bestaande potensiaal om van krag-tot-krag te ontwikkeling. As een van die primêre boustene van enige skool speel kultuur 'n verreikende en verrykende rol in die ontwikkeling van elke leerder wat hom/haarself binne hierdie raamwerk bevind.
Verder, lê die blanko bladsy van 'n nuwe era van kultuur oopgesprei om 'n beduidende rol in die algehele vooruitgang van Hoërskool
Garsfontein se holistiese ontwikkel te speel. Die toekoms lê blink vir die ideale en doelwitte wat in hierdie voorlegging vervat is.

Met visie, passie, harde werk en bemagtiging is hierdie aspekte haalbaar.
Met die aanvang van 2023 is ons opgewonde om verskeie nuwe geleenthede aan ons leerders te bied om hul talente te kan ontdek, ontwikkel en uitleef. Die nuwe buite kurrikulêre aktiwiteite sluit onder ander in n a capella-ensemble, orkes, cheerleading en operasionele musiekakademie. Kundige en uiters bekwame afrigters vir reedsbestaande aktiwiteite en die musiekakademie is onlangs aangestel om te virseker dat die jong en ontwikkelende musiekdepartement van die Hoërskool Garsfontein van krag tot krag gaan.
Die motto vir 2023 heet kwaliteit bo kwantiteit ; n motto wat klem lê op potensiaal en diepte ontwikkeling.
Elke leerder behoort die geleentheid aan te gryp om blootstelling te verkry tot vaardighede wat hul kan bystaan in hul toekoms.