MATRIEKGROET 1
|
M
aandag 2 November het die skool op ‘n tradisionele wyse afskeid geneem van 2020 se matrieks op Garsie Berepark. Weens COVID-19 regulasies is daar 'n beperking op die aantal persone wat die geleentheid kan bywoon. Slegs een ouer per leerder was toegelaat. Verrigtinge is met ‘n Openingseremonie begin waarna die Matrieks deur ‘die hoof, Mnr Leon Bantjes toegespreek is. Die gaskunstenaar, Corneil Muller het daarna die matriekgroep en hul ouers vermaak. Hoërskool Garsfontein het by hierdie geleentheid afskeid van mnr Neels du Plooy, me Marie Mostert en me Alma Mentz na jarelange diens in die onderwys en by Garsies. Tydens die Graad 12 Merietefunksie word talle sertifikate, medaljes en trofeë aan besonderse prestasies oorhandig. Verrigtinge word afgesluit met ‘n kerkdiens deur Prof Johan Smit en ‘n groot oomblik was toe die Graad 1’s (matrieks van 2031) ons matrieks sterkte met hul eksamens en die pad vorentoe, toewens. Laerskool Garsfontein: Hanru de Jager Laerskool Tygerpoort : Marko Dreyer Laerskool Constantiapark: Moya van Rooyen
HOËRSKOOL GARSFONTEIN