Watertech
Maan - Do Vrydag Saterdag Sondag
08:00 - 19:00 08:00 - 20:00 08:00 - 19:00 08:00 - 15:00
Leerders ontwrig R24 oor swak busdiens
Gansbaai Industriële Gebied
Ons koop en verkoop 2de Handse goedere
17 Januarie 2017 sal onthou word as die dag toe sowat 70 leerders van Gansbaai Academia duidelik geprotesteer het oor hulle onbetroubare en onvoldoende busvervoer vanaf Stanford. Die groep leerlinge, wat in die omgewing van Stanford woon, het vroeg Dinsdagoggend, die besige R24 ontwrig deur heen en weer oor die pad te hardloop. Op ‘n stadium het hulle die pad versper en die verkeer tot stilstand gedwing. Die aksie het by die Matiltha Maystraat indraai, oorkant die industriële gebied, plaasgevind. Dié protesaksie is geloods om hul ontevredenheid oor probleme met busvervoer, vanaf Stanford na Gansbaai, duidelik uit te kenne te gee. Verkeerspersoneel het probeer ingryp terwyl leerders heen en weer oor die R24 gehardloop het. Gansbaai Academia se skoolhoof, mnr Tommy Wilson, het hom daarheen gehaas om die saak te gaan beredder. Met sy aankoms het die leerders steeds probeer om die R24 te versper. Hulle het gehoor gegee aan sy oproep om kalmte en het na die groot grasgedeelte langs die pad beweeg. Mnr Wilson het rustig met die leerders gepraat en gesê dat hulle die geleentheid gehad het om hul ontevredenheid te
Gansbaai
wys, maar dat hulle rustig kan raak. Hy het hulle verseker dat die saak opgevolg sal word, waarna hy teruggekeer het na Gansbaai om vervoer te reël. Die leerders het gehoor gegee en rustig op die grasperk rondgestaan en gesit sonder verdere voorvalle. Skool ly daaronder “Gebeure soos hierdie gee die skool ‘n swak naam en veroorsaak ook dissiplinêre probleme, wat onverdiend is, aangesien die busvervoer buite ons beheer is,” het mnr Wilson gesê. “Dit is eksterne buskontrakteurs wat deur die Onderwys Departement aangestel word.” Sowat 230 leerders woon in daardie omgewing wat van busvervoer na die skool afhanklik is. Onvoldoende busvervoer Tans is daar net 2 busse vir die roete beskikbaar, terwyl daar 4 behoort te wees. Dit bring mee dat van die leerders hul beurt moet afwag en dan op gereelde basis laat is of soms dan glad nie vir skool opdaag nie. Dit het al tydens die aflê van toetse ook gebeur dat leerders laat is of nie opdaag nie. Vervolg op Bl. 2
PROKUREURS
Tel (028) 384 0001
WINKELURE Maan - Don 07:00 - 19:00 Vrydag: 07:00 - 20:00 Saterdag 07:00 - 19:00 Sondag 07:00 - 17:00
Baie Welkom ! You’re Welcome !
Kriminele Litigasie Derde Party Eise Skuldinvordering Egskeidings Interdikte Borgaansoeke Uitsettings
Siviele Litigasie Testamente Boedels Transporte Kontrakte Maatskappye Beslote Korp
Sel: 083 518 8784 Tel: 028 384 0334 Faks: 086 502 2780 Epos:hugo@hugocarstens.co.za Hoofweg 15 Gansbaai
Klein– en groothandel verkope van vars vis, vis produkte, kreef, perlemoen, aas en droë vis. Tel No: 028 384 0704 Na ure: 082 7800 986