Eikestad VRYDAG, 30 November 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za
NUUS NET VIR JOU
Stellenbosch se kinders inspireer 3
Pluimvee-werkers betoog op R304 5
Munisipale raadslid tree uit 6
16 Dae van Aktivisme
7
JONG VROU STERF: ’n Trein het Vrydag ’n jong vrou wat by McDonald’s gewerk het, getref toe sy op pad was werk toe. ’n Helikopter is uitgeroep, maar sy is dood voor sy ver voer kon word. Lees meer op bladsy 5. FOTO: MALHERBE NIENABER
JAMESTOWN: MISDAAD IN GEBIED NEEM TOE
Aanval in La Clémence ELBÉ VAN HEERDEN
’n
het.
Bejaarde inwoner van La Clémence is Dinsdag aangeval en beroof terwyl hy in sy tuin gewerk
Volgens polisiewoordvoerder lt. Natalie Martin was die 82-jarige inwoner van die aftree-oord om 13:30 op 27 November besig in sy tuin toe ’n man hom oorval het. “Sy aanvaller het hom gestoot en hy het op die grond
neergeval. “Die rower het hom deursoek en sy selfoon en beursie gesteel voor hy oor die heining gespring het. “Kort daarna het die rower egter teruggekeer saam met ’n tweede man. Hulle het die slagoffer se huis binnegegaan, maar hy het hulle verjaag met ’n kierie. Hulle het verby hom gehardloop, ’n wit iPod gegryp en weer oor die heining verdwyn.” La Clémence se oordbestuurder, Johann Meyer, het in ’n verklaring gesê die diewe het
Dinsdag vermoedelik toegang verkry tot die oord deur oor die geëlektrifiseerde heining te klim van die Blaauwklippen-rivier se kant af. “Alhoewel die sone-alarm geaktiveer is en ons sekuriteitswagte vinnig gereageer het, het die diewe blitsvinnig klein items uit die inwoner se woning gegryp en weer oor die heining gevlug. “Die inwoner was tydens die voorval in die tuin besig en is in die proses omgestamp en het sy kop oopgeval.” Volgens Meyer word dié voorval, sowel as
13 ANDRINGA STREET, STELLENBOSCH // 021 883 3423 Like us on facebook
Follow us on twitter: @wakaberry_1
www.wakaberry.co.za
’n tweede voorval ondersoek. “Die inwoners en bestuur van La Clémence is baie bekommerd oor die toename van misdaad, nie net hier in La Clémence nie, maar ook in die area. “Addisionele sekuriteitsmaatreëls is intussen geïmplementeer en alles moontlik word gedoen om ’n herhaling van die voorval te voorkom.” Die rowers is steeds op vrye voet. Enigeen met inligting rakende die voorval kan die ondersoekbeampte, AO Johan Nel, by 021 809 9140 bel.