Eikestad VRYDAG, 28 September 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za
LIGHTING ELECTRICAL 021 - 887 2786
WE WILL BEAT ANY WRITTEN QUOTES ON LIGHT FITTINGS!
NUUS NET VIR JOU
Zelda Costa en vriende praat
3
Munisipale huis gestroop 4
Stellenbosch’s crime statistics 5
Jong helde Hier is (van links) JeanPierre Mynhardt, Matthew Tindall, Paul Elias, Garron Bre witt en Chalton Swartz wat gehelp het om die Ryneveldstraatverdagte aan te keer. FOTO: VERSKAF
RYNEVELDSTRAAT: STUDENTE TREK EEN VERDAGTE VAS
Gyselaars helder oordag ELBÉ VAN HEERDEN ’n Bejaarde man en sy dogter is verlede week helder oordag vir ’n uur en ’n half gyselaar gehou in Ryneveldstraat. Die twee verdagtes, een ’n minderjarige, is later dieselfde dag in hegtenis geneem met die hulp van twee heldhaftige studente en goeie speurwerk van die Stellenbosch SAPD. Irene Waugh (54) en haar pa, Mike van Zyl (84), het verlede Woensdag kort ná 15:00 by haar suster se woonstel in Ryneveldstraat aangekom. ’n Man het op die stoep gesit. “My pa was besig om die deur toe te maak toe die man dit hard van buite oopstoot,” vertel Irene. “Hy het ’n rewolwer op ons gerig en aan ons begin pluk vir ons ringe. Ek het dit toe self afgehaal en oorhandig.” Hy het ook haar handsak uitgegooi en kontant en haar selfoon gevat.
“Hy het my pa in die gesig geslaan en gestamp dat hy val, maar my pa het teruggeslaan.” Hul hande en voete is vasgebind en hulle is in ’n klein badkamertjie ingedruk. “Hy wou my motorsleutels hê, maar kon nie die motor aan die gang kry nie. Hy het heenen-weer geloop en my gedreig en gesê dis die verkeerde sleutels.” Toe hy weer die huis binnekom, het ’n tweede rower – slegs 16 jaar oud – hom vergesel. Hy het ’n geweer op die twee gyselaars gerig. “Ek het saggies met hom gepraat en gevra waarom hy dit doen. Hy het geantwoord dat niemand hom liefhet nie, maar ek het vir hom gesê Jesus het hom lief!” Die jong man het vir haar pa ’n baie sterk drankie gegooi, maar self niks gedrink nie. Hy het later ook haar pa se ring teruggegee. Die ouer rower het intussen spore gemaak en die kind in die huis gelos. “Ek was angsbevange dat my suster met
Diefwering met styl
haar nuwe motor by die huis sou kom voor hulle weg is. Sy het kort ná die eerste man gevlug het, tuisgekom. “Die jong man het op die vlug geslaan, maar my suster het hom met haar handsak bygedam en hy het die geweer laat val. Ons het toe eers besef dit was ’n speelgoed-geweer.” Die vlugtende kind het twee manstudente se aandag getrek. Volgens Martin Viljoen, ’n woordvoerder van Universiteit Stellenbosch, het Matthew Tindall en Garron Brewitt hom in die rigting van Die Rand agternagesit. “’n Patrolliemotorfiets van Kampussekuriteit was in die omgewing en is ook agterna. Die skelm is uiteindelik naby die NG KerkNoord deur die studente platgeduik. “Skofleier Paul Elias en patrolliebeamptes Jean-Pierre Mynhardt en Chalton Swartz het toe die studente bygestaan aangesien die skelm baie aggressief en gewapen was.” Volgens lt. Natalie Martin van die polisie
het speur-konst. Marlon Appolis en ao. André Manus die aand ná 21:00 ’n leidraad gevolg en is hulle na Bellevue-plaas op die Bottelarypad waar hulle die gesteelde voertuig opgemerk het. ’n Ses-en-veertig-jarige man is aangekeer en is saam met die 16-jarige seun van huisroof aangekla. Albei het verlede Vrydag in die hof verskyn en die saak is uitgestel na Maandag vir hul borgtogaansoek. Dit was egter die tweede keer dat Irene deur gewapende rowers oorval is. Die eerste keer was op 21 Desember 2010 om 08:15 by die Katjiepiering restaurant in die Botaniese Tuin wat hulle vir ‘n funksie gehuur het. Alberto Costa was by hulle en is ook in die voorval beroof. Hy is twee maande later in ’n gewapende rooftog doodgeskiet. Sy het voorts die speurtak geloof vir hul vinnige reaksie en puik speurwerk wat die tweede rower help aankeer het.
H
ierdie gepatenteerde stelsel van Taylor bied ’n skans teen inbrekers, maar laat u huis nie soos ’n tronk lyk nie. ShutterGuard word van aluminium en vlekvrye staal vervaardig, met ’n duursame wit epoksie-afwerking. Dit is heeltemal teen roes, wind en weer bestand, en kan ook binne vensters en skuifdeure aangebring word. Die hortjies is verstelbaar om u ’n uitsig of privaatheid te bied. Die panele kan gesluit word, en die gepatenteerde meganisme maak dit vir ’n inbreker uiters moeilik om sonder kraggereedskap die hortjies te breek, selfs met die hortjies in die oop posisie. Vergeet van tralies – kry beskerming met elegante ShutterGuard!
Stellenbosch Blindings & Hortjies
Irna van Wyk: 082 572 2740 SOMERSET-WES, STRAND, GORDONSBAAI: 021 851 0176 STELLENBOSCH, FRANSCHHOEK: 021 883 3783 E-pos: stelblinds@mweb.co.za • Faks: 021 886 8516 www.stellenboschblinds.co.za
TS E O T GE
Die hortjies het ’n aanslag met ’n 2 kg-hamer weerstaan! icon kommunikasie 3105-7A
VERSKAFFERS VAN TAYLOR PRODUKTE • VENESIESE BLINDINGS • VERTIKALE BLINDINGS • GEWEEFDE BLINDINGS • THERMOWOOD HORTJIES