Eikestadnuus 17-06-2011

Page 1

Kylemore

Helderberg

Jeugdag­ feesvieringe:

Die jong mense van Stellenbosch het Donderdag op verskeie plekke in die dorp byeengekom om Jeugdag te vier. Jeugdag is ’n jaarlikse instelling in Suid-Afrika wat die leerlingopstand wat op 16 Junie 1976 in Soweto plaasgevind het, herdenk. Die jeug het op dié dag in opstand gekom teen die regering se besluit om Afrikaans deels as onderrigtaal in plaaslike skole in te stel. Jeugdag bring hulde aan diégene wat hul lewens in die stryd verloor het. Hier (links) is ’n groep dansers van Keep Them Safe by Laerskool Brückner de Villiers en Pick n Pay se Jeugdagfees in Cloetesville. Foto: Samantha vd Berg

Vroue oorval ELBÉ VAN HEERDEN

T

WEE eiendomsagente is vandeesweek deur ’n gewapende rower in ’n huis in die middedorp oorval. Volgens mev. Pam Snyman van Pam Golding Eiendomme is sy Dinsdag om 15:00 na die huis in Paul Krugerstraat om dit te gaan waardeer. “Ek werk gewoonlik net in De Zalze, maar iemand het gevra of ek kan uithelp. Ek het toe met die huiseienaar afgespreek om hom daar te kry. “My kollega, Phoebe van Reenen sou ons om 15:15 ontmoet. Terwyl ons vir haar gewag het, het ons solank om die huis gestap

om te sien waar die eienaar verbeteringe aangebring het. “Ons het deur die huis teruggestap toe ons Phoebe se motor hoor, maar toe ons in die voorportaal kom, het ’n lang man in die deur gestaan. “Hy het in sy een hand ’n mes omhoog gehou, terwyl hy die deur met sy ander arm versper het. Hy het op ons geskree ‘F-k jou! F-k jou, man!’, van waar hy gestaan het.” Snyman het omgedraai en in ’n stoorkamer gaan wegkruip, terwyl die huiseienaar die man verjaag het. “Maar toe hoor ek Phoebe by haar motor gil,” het Snyman vertel. Volgens Van Reenen het sy pas

by die huis gestop en was sy besig om uit die voertuig te klim toe die man haar nader. “My selfoon en kamera was op my skoot en hy het dit probeer vat. My handsak is verlede jaar op pad na die lughawe uit my motor gegryp, maar dié keer het ek besluit om te baklei. Ek het gegil en na hom geskop. Twee mans wat laer in die pad af gebou het, het die geraas gehoor en nader gehardloop, maar die man het op die vlug geslaan.” Snyman het vanuit haar skuilplek haar man Dawie, ’n bekende in rugbykringe en ook ’n eiendomsagent by Pam Golding, geskakel. Hy het hom dadelik na die toneel gehaas, maar teen dié

tyd was die rower reeds spoorloos. Albei vroue was erg geskok ná die voorval. “Die man was absoluut besete! Hy het op ons gegil, en om dan om te draai en nóg iemand te probeer beroof, gaan my verstand te bowe,” het Snyman gesê. “Die bouers wat kom help het, het gesê dat dié man die hele dag op die sypaadjie gesit het. Hulle het met hom gepraat, maar hy kon nie vir hulle sê wat hy daar maak nie.” Volgens polisiewoordvoerder kapt. René Matthee is dit belangrik om verdagte persone wat doelloos ronddrentel, by die polisie aan te meld.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.