EikestadNuus 16 March 2012

Page 1

NUUS NET VIR JOU

www.eikestadnuus.co.za

Kylemore

BINNE • INSIDE

Vrydag, 16 Maart 2012

Helderberg

Jaargang 62 | Tel 021 887 2840

SPORT Atletiek of politiek? ;3

R5,00 (BTW ingesluit)

CRIME

NUUS

5 years more for Williams

Kalie Kirsten pak Siberië se koue

;4

;6

FRATSONGELUK EIS LEWE

Man versmoor ELBÉ VAN HEERDEN

’n

MAN het gister gesterf en twee ander is beseer ná ’n sandbank op hulle ineengestort het. Dié voorval het net ná 11:00 op Roulouplaas, op die Annandale-pad, buite Stellenbosch plaasgevind. Die oorledene, die kwekery-bestuurder van Langverwacht Landscaping, het vir 22 jaar by die organisasie gewerk. Sy naam kan nie bekendgemaak word voor sy familie in kennis gestel is nie. Pieter Colyn, die eienaar van Langverwacht, is na die toneel ontbied toe die ongeluk gebeur het. Hy het sy bestuurder se lewe probeer red deur mond-tot-mondasemhaling toe te pas voor die paramedici by die toneel opgedaag het. “Die drie mans was besig om ’n kom-

posmengsel te laai vir vervoer, toe die grondbank in duie stort. Dit wil voorkom of hy versmoor het toe die grond op hom geval het,” het Colyn gister gesê. “Ek sien dié man meer as my familie. Hy ís familie! Ons kom al so ’n lang tyd saam. Ek kan nie glo dat dit gebeur het nie. Ek is so paranoïes oor veiligheid en dit het op die oog af veilig gelyk. Alles moet in plek wees. Ek weet regtig nie hoe dit kon gebeur nie.” Volgens maj. René Matthee, die polisiewoordvoerder, is die man oorlede ná hy klaarblyklik versmoor het. “Geen vuilspel word vermoed nie, dus sal daar slegs ’n geregtelike doodsondersoek gelas word.” Die twee ander mans is deur Metro se reddingsdienste na die Stellenbosch Mediclinic vervoer met ligte beserings.

Vermorsel:

Angus Taylor kyk na die skade wat vandale aan sy beeld in Pleinstraat aangerig het. Lees meer op bladsy 4. Foto: Elsabé Retief

Reddingspersoneel kyk na die sandbank wat op Roulou­plaas ineengestort het.

Foto: Verskaf


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.