EikestadNuus 16-11-12

Page 1

Eikestad VRYDAG, 16 November 2012 | Prys: R5.00 | Tel 021 887 2840 | Faks 021 883 9538 | www.eikestadsnuus.co.za

NUUS NET VIR JOU

Nog nuus en menings oor stakings

3

Students help with dignified living in Stellenbosch 7

Bykomende huise is hier afgekeur 6

35ste Wynland­ 24 marathon

‘Ons wag op regering’ VERSLAGSPAN

D

ie plaaswerker-stakings wat die Boland vandeesweek aan die brand gehad het, het plekplek op Stellenbosch ook kop uitgesteek. Nagenoeg 70 plaaswerkers van die Zetler-aarbeiplase het Woensdagmiddag op die Annandale-pad by die Brakelsdal-landgoed betoog. Die situasie is egter later die middag deur die polisie ontlont en van die stakers is huis toe. Met Eikestadnuus se besoek aan die gebied Donderdagoggend is die stakers weer terug gewees en het hulle buite die hekke van die landgoed saamgedrom. Slegs dié wat wou werk, is by die landgoed ingelaat. “Ons wag op ’n besluit van die regering,” het Thithi Hondo, een van hul verteenwoordigers gesê. “Ons wil hê hulle moet ons lone verhoog tot R150. Ons sal staak tot die regering ’n besluit neem.” ’n Sterk polisieteenwoordigheid het die stakers in toom gehou en geen ernstige voorvalle is aangemeld nie. Die helfte van die werkers was teen 12:30 terug by die werk, terwyl die res met taxi’s verwyder is. ’n Groep werkers van Parmalat staak ook sedert Dinsdag in Plankenbrug. Die werkers word egter na wat verneem word deur ’n agentskap, Capacity Agents, uitgekontrakteer om by Parmalat te werk. Volgens die stakers is hulle ongelukkig oor hul lone, asook

oor hoe hulle deur die agentskap hanteer word. “Ons wil nie meer hierdie agentskap hê nie. Ons word net R9,03 ’n uur betaal, wat beteken sommige van ons maak net sowat R350 ’n week. “Ons weier om terug werk toe te gaan totdat daar aan ons griewe gehoor gegee word,” het Adile Zimezhile Donderdagoggend aan Eikestadnuus gesê. Die werkers het dié oggend weer in Plankenbrug betoog, maar is ’n paar keer deur die polisie weggejaag. Volgens brig. Dirk Mentoor, Stellenbosch SAPD se kluster-bevelvoerder, is ’n groep van dié werkers Woensdag in hegtenis geneem en van kwaadwillige saakbeskadiging aangekla ná hulle ’n hek by Parmalat gebreek het.

Mentoor beweer daar is noodplanne in plek, sou ernstige probleme in Stellenbosch kop uitsteek. “Ons het Dinsdag ’n voorval in Groot-Drakenstein gehad waar ’n groep seisoenale werkers aan ’n onwettige betoging deelgeneem het. Ons het vinnig gereageer en deur onderhandelinge is die situasie onder beheer gebring.” Hy voeg by die groep van sowat 30 werkers van Groot Drakenstein was Woensdag reeds terug by die werk gewees, terwyl onderhandelings steeds aan die gang was. Plaaswerkers op die Rustenberg-wynlandgoed het ook Woensdag en Donderdag gestaak, maar die situasie is fyn gemonitor en dit het vreedsaam verloop.

Plaaswerkers se protesaksie buite die Brakelsdal­plaas op die Annandale­pad. FOTO: ELBÉ VAN HEERDEN


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.