Sas wat ek moet weet uitgawe 1

Page 1

ENTRALE

DMINISTRASIE TELSEL

WAT EK MOET WEET – UITGAWE 1 Die doel van hierdie kommunikasie is om u, die eindverbruiker wat met SAS werk, op hoogte te bring en te hou van enige vordering met die stelsel. NK Organisasie het twee spesiale taakgroepe saamgestel wat aan die tegniese kant van SAS aandag gee en die kommunikasie daarvan sal hanteer aan die eindverbruiker, naamlik Taakgroep: SAS Tegnies en Programmering en Taakgroep: SAS Implementering en Voortrekker Kommunikasie. Wees verseker dat in samewerking met die twee taakgroepe dit die hoogste prioriteit is om bestaande probleme aan te spreek en op te los om SAS 100% funksioneel te maak werk vir administrasie vanaf die eindverbruiker op grondvlak tot by die boonste vlak. 1. Funksionalisteit van SAS Die goeie nuus is dat alle funksies wat tans sigbaar is op SAS 100% funksioneel is. Sommige funksies is tans onder konstruksie en tydelik nie sigbaar nie, soos verslae en registers.

2. Watter funksies is op die oomblik funksioneel op SAS: Onder ALGEMEEN:

  

Lid Besonderhede Plek Besonderhede Verslae (Let Wel: van die verslae is onder konstruksie om dit meer gebruikersvriendelik te maak op grondvlak.)

Onder BESTUUR:

 

Gebeurtenisse is funksioneel Lede & Kontakte is funksioneel

29 Apr 2016

TG SAS Implementering & Vrtkr Kommunikasie

Bladsy 1 van 3


Onder GEBEURTENISSE:

    

Die skep van ‘n gebeurtenis is funksioneel. (Dis hier waar inskrywings na aktiwiteite/spesialisasies gedoen kan word en na die tyd makliker goedgekeur kan word) Kalender gebeurtenisse is funksioneel Kursus koppeling (spesialisasies) is funksioneel Personeel koppeling is funksioneel Inskrywings is funksioneel (‘n Naamlys van inskrywings kan van hier af uitgedruk word vir verdere hantering. Deur hierdie funksie word die spesialisasies outomaties gelaai, reg vir goedkeuring indien spesialisasie suksesvol toegeken is)

Onder LEDE & KONTAKTE:

 

 

Ledelys is funksioneel. Onthou dat indien lede voortgaan met lidmaatskap hul oorgedra moet word na 2016. Indien lidmaatskap beëindig word word, moet hul gederegistreer word – verwyder jaartal 2016 wysig STATUS na gewese lede. Spesialisasies is funksioneel. Let wel: spesialisasies wat verwerf is op gebiedsvlak of provinsievlak (geskiedkundige en toekomstige) moet gelaai word op gebiedsvlak. Onderskeie kampleiers word versoek om die betrokke Gebiedsekretaris te kontak om hierdie kampe en spesialisasies te laai vir goedkeuring. Toekennings is funksioneel. Toekennings verwerf op gebiedsvlak word hier gelaai deur die betrokke Gebiedsekretaris en goedgekeur op gebiedsvlak. Medies is funksioneel. Indien addisionele mediese inligting of allergieë bygevoeg moet word, voltooi die versoek via die stelsel.

29 Apr 2016

TG SAS Implementering & Vrtkr Kommunikasie

Bladsy 2 van 3


3. Funksies onder konstruksie    

Sommige verslae, soos bo vermeld Herhalende gebeurtenisse laai op die kalender Bywoningsregister Registers onder gebeurtenisse (hierdie is tans as ‘n plekhouer op SAS)

4. Hoe gemaak indien ek vasbrand? Indien daar enige probleme met lede en kontakte mag ontstaan, soos bv. die laai van dubbele profiele ens. kan versoeke direk gestuur word na sasimplementering@gmail.com wat dit verder sal verwys na die SAS Tegniese taakgroep vir hantering.

5. Die pad vorentoe met SAS Ons het die volste vertroue in SAS om as ‘n sentrale administrasie stelsel binne Die Voortrekkers te funksioneer. Die geheim in die resultate is dat die inligting korrek en tydig gelaai is en u word opnuut versoek om toe te sien dat alle lede inligting korrek gelaai is. Dit is die SAS Tegnies en SAS Bekommernisse en Voortrekkerkommunikasie taakgroepe, onder leiding van NK Organisasie, se prioriteit om SAS so spoedig moontlik vir die gebruiker op grondvlak te maak werk. Die lys van prioriteite geniet reeds aandag sal eers afgehandel word alvorens nuwe versoeke aandag sal geniet.

Kyk gerus uit vir die volgende uitgawe wat u op hoogte sal bring met die nuutste verwikkelinge oor SAS.

Voortrekkergroete,

Juanine Kok Nms. TG: SAS Implementering en Voortrekker Kommunikasie E-pos: sasimplementering@gmail.com

29 Apr 2016

TG SAS Implementering & Vrtkr Kommunikasie

Bladsy 3 van 3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.