Volume 10

Page 1

Die Dameskring KWEEK HARTSGESINNE

VOL 10 • MAART 2016

ONS PRAAT MET

Lindie Strydom Die huwelik as fondasie van ‘n

Die Afrikaner-gesin: VAN TOEKA TOT NOU

Die getogenaar

hartsgesin


Inhoudsopgawe Brief van die redakteur

3

Uit die pen van die President

4

Ons praat met Lindie Strydom

5

MAART SIELSKOS: Paasfees is gehoorsaamheid

8

MAART GESPREKSDOKUMENT: Met jou hande bou jy ‘n huis, met jou hart kweek jy ‘n tuiste.

10

UB-NUUS 16 APRIL SIELSKOS: ‘n Vader se hand…

17

APRIL GESPREKSDOKUMENT: Oupa en Ouma sit op die stoep…

19

TAKNUUS 14 MEI SIELSKOS: Die huwelik as die fondasie van ‘n hartsgesin

25

MEI GESPREKSARTIKEL: Die Afrikaner-gesin: Van Toeka tot Nou

27

JUNIE SIELSKOS: “Volstruis-in-die-windpomp dae!”

34

JUNIE GESPREKSDOKUMENT: Die getogenaar.

35

LESERSBYDRAE: Jou hart is regtig waar jou huis is.

38

Lewer ‘n bydrae

39

Westfalia resep

40

Die Dameskring HOOFKANTOOR Tel.: 011 782 4496 Faks: 086 550 3968 E-pos: info@dameskring.co.za Web: www.dameskring.co.za

POSADRES Posbus 91834 Aucklandpark 2006

BANKBESONDERHEDE VOORBLADFOTO: ABSA Aucklandpark Voorsien deur Takkode: 632 005 Lindie Strydom Rekeningnaam: Die Dameskring Rek. Nr.: 284 075 0062

2


Liewe Vriendin...

D

BRIEF VAN DIE REDAKTEUR

toe – ons kan by Hom gaan troos soek. Net Hy het die mag om jou stukkende hart weer heel te maak. Mag ons dan ook hier op aarde Jesus se hande en voete wees deur ander te troos, hulle trane af te droog en hulle te bemoedig. Jesus se vierde kruiswoorde (Joh 19:28) bevestig dat sonde ons van God skei. Daarom voel hy in sy donkerste uur stoksielalleen: Godverlate. Omdat ons sonde aan die kruis betaal is, sal ons nooit weer alleen wees nie. Die Vader, Seun en Heilige Gees sal tot in alle ewigheid binne-in en rondom ons wees. Die vyfde kruiswoorde (Joh 19:28) ruk ons terug na die realiteit van sy lyding. Jesus was ten volle God, maar ook ten volle mens. Golgota was nie ‘n pragtige berg met drie mooi houtkruise nie. Dit was ‘n verskrikking… “Tetelestai.” (Joh 19:30) – Jesus praat vir die tweede laaste keer. Oorwinning. My en jou rekening is betaal. En dan spreek Jesus die laaste woorde van sy lewe op aarde. Hy gee Homself oor in die hande van God die Vader. (Luk 23:46) Hy gee vir ons sy Gees om by ons te bly. Hy gaan ons vooruit om ons plek in die hemel te gaan voorberei. Daar waar God ons eendag, in al sy Heerlikheid op sy goeie tyd sal inwag.

ie afgelope paar maande was daar heelwat skommelinge in die Uitvoerende Bestuur en na ‘n herindeling van die onderskeie komitees is dit vir my ‘n voorreg om deel te kan wees van ‘n splinternuwe, entoesiastiese, kookwater redaksie! Ek vertrou dat julle die sielskos en geselsmateriaal in hierdie uitgawe sal geniet. Baie dankie vir al die positiewe terugvoer en voorstelle wat ons vanaf takke ontvang het. Ons sien daarna uit om artikels saam te stel wat sal voorsien in die unieke behoeftes wat julle aan ons gekommunikeer het. Ek het in 2013 die wonderlike voorreg gehad om in Israel te gaan toer. In Jerusalem voor die kalksteenagtige koppie met sy kopbeenvoorkoms, het die realiteit van Golgota met ‘n versengende pyn tot my deurgedring, daar in die ou graf wat in die rotse uitgekap is. Die leë graf van Jesus Christus dwing ‘n mens tot stilstand... Jesus het 7 keer gepraat aan die kruis. In sy eerste kruiswoorde vra hy ons om mekaar tog te vergewe. (Lukas 23:34). Ons het so dikwels vergifnis in ons lewens nodig – en ander het so dikwels ONS vergifnis nodig. Tog vergeef ons soms so moeilik. Vergifnis is waarvoor Hy gekom en met sy lewe betaal het. Vergifnis is immers waaroor die kruis gaan. Sy tweede kruiswoorde (Luk 23:43) bevestig dat ons op God kan vertrou. Ons hoef nie te twyfel nie. God is ‘n God van sy Woord. Selfs in sy sterwensuur is Jesus besorgd oor sy geliefdes en spreek Hy die wens uit dat hulle na mekaar sal omsien, mekaar sal troos en liefhê. Die lewe dien baie wonde

Mag jy en jou geliefdes in 2016 hierdie oorwinning LEEF. Liefdegroete

Belinda

www.heuning.co.za - Sewe kruiswoorde.

3


BRIEF VAN DIE PRESIDENT

President

Uit die pen van die wees om die regte ding te doen nie. Hieraan is baie van ons skuldig. Die rede hoekom jy ‘n Dameskringlid is, is omdat iemand jou potensiaal raakgesien het. Wat het dan nou daarvan geword? Jy is aanspreeklik teenoor jouself.

Liewe Vriendin

D

it is vir my ‘n spesiale voorreg om hierdie spasie met ‘n paar gedagtes vol te maak. Ek is opgewonde oor 2016 en oor die uitdagings wat aan elkeen van ons gestel gaan word. Ons stap egter nie hierdie pad alleen nie, want ek en jy hou vas aan die Meester. Hy sal alles ten goede laat meewerk. Die Here skryf sy brief aan die wêreld op jou hart. Dit is ‘n reuse verantwoordelikheid wat aan my en jou toevertrou word! Wil jy graag ‘n verskil maak? Kyk dan mooi na die mier-metafoor. Dit is verstommend hoe een van God se kleinste skepseltjies een van sy grootste leermeesters kan word Die lesse wat die mier ons leer, kan soos volg opgesom word:

Ywer: Miere werk hard en bou ‘n nuwe miershoop wanneer hul oue vernietig word. Ek dink hierdie is ‘n siekte van ons tyd. Ons verloor die ‘lus’ om betrokke te wees, om uitgedaag te word, om ‘n verskil te leef. As elke DK-lid met ywer haar taak opneem, haar passie leef, haar Godgegewe talente gebruik gaan ons verstom staan. Insig: Miere bêre dwarsdeur die somer kos! Dink net waar Dameskring sal staan as ons met soveel insig elke dag tegemoet gaan. NIEMAND sê vir die mier wat hy moet doen nie...hy gebruik sy eie insig. Ons kan regtig wys word deur na die mier se weë te kyk en by hom te leer.

Inisiatief: Miere het nie ‘n aanvoerder nodig om hulle aan te sê om te begin nie. Is dit nie miskien die rede hoekom takke nie effektief funksioneer nie? Ons sit en ‘wag’ vir iemand om die inisiatief te neem. Ek kry soveel briewe van ons lede wat sê: Niemand sien kans om die voorsitter te wees nie. Jy hoef nie te wag totdat iemand die inisiatief neem nie, jy kan...want God sal jou daarvoor toerus!!

Ek daag jou uit!! Mag 2016 vir jou en almal rondom jou, ‘n MIER-METAFOOR-uitdaging wees! Liefdegroete

Marda

Uittreksel: John Maxwell Leadership Bible

Integriteit: Miere werk getrou en hoef nie teenoor iemand anders aanspreeklik te

4


ONS GESELS MET…

Lindie

Strydom

Wat is jou definisie van Geloof, Hoop en Liefde? ie Boodskap verwoord 1 Korintiërs 13:13 so mooi: Tot daardie tyd kom, het ons drie belangrike dinge wat ons op koers moet hou: daar is die verhouding met God (ons geloof), die sekerheid dat Hy Sy beloftes sal hou (ons hoop) en die liefde. En van hulle staan die liefde bo-aan die lys. Paulus het my laat kopkrap oor hoekom hy sou sê dat liefde groter as geloof en hoop is. Dit voel vir my of geloof en hoop met my en die Here te doen het. Ek glo en ek ontvang hoop as ‘n geskenk, maar dit kan mos nie by my stop nie! Ek wil hê dat ander ook geloof en hoop sal hê! Kan ek vir iemand geloof en hoop gee? Nee, dis ‘n keuse. Wat kan ek dan gee sodat mense hoop sal kies? Liefde. Liefde is groter, want liefde was eerste. God is liefde. Hy het ons eerste lief gehad. Het sy liefde al jou hart vermurwe sodat jy nie anders kan as om sy mense so lief te hê dat dit ‘n atmosfeer skep waarin hulle geloof en hoop vir hulleself kan kies nie?

D

Niemand is gevrywaar nie. Jesus self het gesê: “In die wêreld sal julle dit moeilik hê…” (Joh.16:33) Christene verloor ook hulle werk. Christene maak ook ongelukke op die pad. Christene kry ook kanker. Christene word ook vermoor. Soms werk Christene se huwelike ook nie uit nie. Christene se kinders sterf ook. Ons verstaan nie altyd die uitdaging in die oomblik – hier en nou – nie, maar dis belangrik om God se belofte van 1 Kor.10:12-13 reg te verstaan: God sal jou nie in die steek laat nie, maar doen wat Hy gesê het. Hy het mos gesê dat Hy nie dinge met jou sal laat gebeur wat jou as Christen van balans sal gooi nie. As daar dan dinge gebeur wat jou van God se pad wil afkry, sal God jou help om die regte

Lindie, jou lewe lyk so perfek! Is daar ook soms storms, twyfel, wanhoop en bekommernisse? Moeilikhede, uitdagings, swaarkry en seer is deel van die tydelike lewe hier en nou.

5


Hoe spandeer jy tyd met God? Ek onthou iets wat ek geleer het op ons wittebrood in 2002. Ons het die oggend opgestaan om stiltetyd te hou – nog bietjie vreemd vir mekaar. Ek het op die stoepie van ons houthuisie gaan sit met my Bybel, joernaal, highlighter en liniaal en my man is af strand toe. Na ‘n rukkie kom hy terug met die woorde: “Ek het so ‘n lekker tyd saam met die Here gehad!” Ek was totaal en al verbaas! Hy het dan nie eers ‘n Bybel by hom gehad nie! Hoe werk dit? Dit werk verskillend – dis hoe! Een ou sit in God se natuur en asem al die mooi in en word in sy diepste wese aangeraak deur God. ‘n Ander lees en bestudeer die Woord van God en hoor Hom praat soos ou waarhede op nuwe maniere vir hom of haar oopbreek. Die een wil musiek luister en die ander op sy knieë neerval en bid. Intimiteit met God is ‘n eerlikheid, spontaneïteit en vrymoedigheid. Om jouself te wees net soos wat jy is, sonder voorgee. Ons manier van doen verskil – en dis ok! Ons vergelyk so maklik. Ons luister na ander se belewenisse en voel sommer minderwaardig in ons gewoonheid. Ek is bevoorreg om ‘n stil hoekie in ons huis te hê. Ek maak vir my koffie en trek die deur toe. Ek is lief vir musiek, so ek sit dit aan in die agtergrond en wanneer woorde my opval sit ek harder en sing sommer saam. Ek lees boeke – soms bietjie rond en bont soos ek ‘n sekere tema bestudeer. Ek lees verskillende vertalings van die Bybel, want dis vir my interressant hoe die betekenis meer duidelik word tussen die vertalings. Ek skryf baie – dit voel vir my of ek saam met die Here “work shop“ oor ‘n gedagte of konsep! Ek het Richard Foster se Celebration of Discipline baie geniet. Dit is ‘n viering van verskillende maniere waarop ons met God tyd kan spandeer en my hart en lewe op Hom kan fokus. Ons is verseker nie net beperk tot Bybel lees en bid om God se stem te kan hoor nie.

besluit te neem en jou dan die krag gee om te doen wat jy besluit het. Midde-in versoeking is Hy daar, maar Hy vat jou nie noodwendig met ‘n noodhelikopter uit die situasie nie! Hy wys jou die weg. Hy IS die Weg. Net soos enige ander dag en in enige ander situasie sal Hy jou vooruitgaan in die moeilike tye. Stap agter Hom aan en rus in sy teenwoordigheid en nabyheid. Was jy al ooit in jou lewe sonder Jesus? Ek het al gevoel of ek sonder Jesus is. Nie dat Hy beweeg het nie, maar ek het. Ek ken daardie leegheid - die soeke, die doelloosheid, die onrustigheid, die eensaamheid. In die wêreld sal julle dit moeilik hê… en Ek sê dit vir julle sodat julle vrede kan vind in My. (Joh.16:33) Dit is so! Jesus het my gevind en ek het in Jesus vrede gevind. Ek het in Jesus ‘n Vriend, ‘n Verlosser, ‘n Herder en Ewige Vader gevind. Lindie, waar kry jy al jou energie vandaan?! Die Here het my so gemaak! En is dit nie interessant hoe sommige mense strewe na meer lewenslus, energie en vrolikheid, terwyl ek weer dié wat kalm van gees en met groot vrede deur die lewe gaan, bewonder! Hulle bring rustigheid te midde van chaos en onsekerheid. Moenie iets of iemand anders probeer wees as wat jy is nie! In die woorde van die groep Anders: Wees wie jy is, jy’s so mooi vir my, so mooi vir my. Wat binne is skyn so helder uit… Wat die hart van vol is, loop die lewe van oor en in hierdie lewe het ons die “kalm-soos-‘n-Psalm- mense” saam met die “vurig-en-vrolike” soort nodig! Ek word wel aangevuur en gedryf deur dankbaarheid en liefde vir Jesus in my lewe. Ek is dankbaar vir soveel genade aan my bewys en dit dring my (nie dwing nie!) om elke geleende oomblik aan te gryp om die goeie nuus van Jesus te verkondig!

6


Lindie, jy doen en beteken so baie vir ander. Tog kry jy dit reg om ‘n balans te handhaaf tussen goedwees vir ander en steeds jou alles te gee by die huis. Wat is jou geheim? Ek weet nie of ek die balans altyd regkry nie! Maar wat ek wel weet is: As jy op een punt fokus – of jy nou dans, op een beentjie staan, of die lewe voluit leef, behou jy makliker jou balans… My verhouding met God en my gesin is my eerste prioriteit. Ek beplan alles rondom ons gesin. Ek is bevoorreg om fleksie-ure te werk en is in die middae by my kinders. Ek geniet elke oomblik van hulle lewe en wil niks mis nie! Ek wil hulle langs die sportveld aanmoedig en help om hulle “mondelinge” te leer! Wat werk betref is my slagspreuk: Werk met vertroue! Vrees werk sonder ophou, want vrees voel bedreig en moet daarom ander vertrap om altyd so klein bietjie beter te lyk. Vrees moet gedurig verdedig. Vrees laat jou nie toe om foute te maak nie… Vertroue darenteen weet Wie vir jou sorg en Wie gee of leen werk, geleenthede en talente. Vertroue gryp geleende geleenthede aan met ‘n oop hand - ‘n oop hand wat ook weer kan laat gaan as ‘n seisoen verby is. Vertroue kan grense stel – die rekenaar afsit en huistoe gaan. Vertroue is gehoorsaam aan wat God van jou vra - ongeag wat mense verwag. Ek kan nie alles vir almal probeer wees nie, want op die ou einde is ek dan niks vir niemand nie. Die swakste refleksie op my werk en ook op God se Koninkryk sal wees as al die honger kinders se magies vol is, maar my eie gesin se harte is leeg.

wat ek iets nuut van God leer is dit soos nog ‘n a-ha oomblik, ‘n ommeswaai. Jy verruil die leuen wat jy tot nou toe geglo het vir die Waarheid wat vry maak! Die dag wat ons ons hart vir die Here gee is ‘n belangrike oomblik en ons moet dit nooit vergeet nie, maar dit was net die begin! Ons moet oppas om nie daar vas te haak nie. Wat het jy intussen geleer, of hoe het jy gegroei van daar af? Heb 6:1 moedig ons aan: Moenie in die wegspringblokke bly sit nie. Gaan verder tot by die volle inhoud van die boodskap – tot by alles wat daar is om te leer en te sien en te weet van God! Waar ek aanvanklik geglo het die eindpunt waarnatoe ons werk is om ons hart vir die Here te gee, glo ek die avontuur is eintlik die soeke na meer en meer van die Here se hart! Waar is jou hartsplek? Enige plek waar my mense is…

Hoe het jou bekering jou lewe verander of beïnvloed? Radikaal en permanent! Maar bekering is vir my dinamies en aanhoudend, want bekering beteken: ’n verandering wat die hart en gedagtes ondergaan. Elke keer

7


SIELSKOS: MAART

PAASFEES IS

gehoorsaamheid! Bydrae: Alita Rose

Paasfees kom van die Joodse volk. By hierdie fees is daar geoffer vir hulle sondes. Hulle sondes is bedek met die bloed van die dier wat hulle offer. Hulle sondes was nie weggeneem nie, maar toegemaak deur die offerbloed. Die fees word ook gebruik om die verlossing uit slawerny, uit Egipte te herdenk.

H

oekom hou ons die Paasfees as ons dan nie Jode is nie? Ons as Christene offer nie diere vir ons sondes nie, ons herdenk die dood van Jesus Christus wat gesterf het vir ons. Die bloed van Jesus bedek nie ons sondes nie, maar vat dit weg. Die bloed van Jesus maak dat ons skoon staan voor Jesus. Paulus praat in Fillipense oor Jesus. Omdat die gemeente van Fillipi, net soos ons, Jesus nie fisies gesien het nie, vertel en leer hy hulle wie Jesus was. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar “Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” En toe Hy as mens verskyn

het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. (Fillipense 2:5-8) Jesus was gehoorsaam en ons moet sy voorbeeld volg. Jy is sekerlik ’n Christen, wat navolger van Christus beteken. Ons almal weet wat gehoorsaamheid is. Van die dag wat jy gebore word, begin die proses om gehoorsaam te wees. Elkeen van ons, hetsy by die huis, skool of werk, staan onder iemand aan wie jy gehoorsaam moet wees. Daar is ook elke dag mense of selfs diere wat aan jou onderdanig moet wees. Iemand wat na jou moet luister. C.S. Lewis skryf die volgende oor gehoorsaamheid: 1. Jy is gebore om gehoorsaam te wees. 2. Wanneer ek aan die Here gehoorsaam is, het ek nie tyd om sy planne in twyfel te trek nie. 3. Begrip kan wag, maar gehoorsaamheid nie.

8


4. Gehoorsaamheid is die begrafnis van die wil en die opstanding van nederigheid. 5. Die beste medisyne vir ontrouheid is gehoorsaamheid aan die Gees van God.

gehoorsaam aan God te wees is goed vir die mens. (Spr 12:28) Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe, dit is ‘n pad wat nie na die dood lei nie. Die pad van gehoorsaamheid kan ook vergelyk word met ’n treinspoor. Jy kan die beste en grootste trein hê, maar as die trein nie op die spoor is nie, beteken dit nie veel nie! Die trein kom tot sy volle betekenis, wanneer dit op die spoor is en vorentoe beweeg. Die trein gaan waar die treinspore hom lei. Vandag sien ons nog baie treinspore, maar die hartseer is, ons sien nie meer baie treine wat op die spoor bly nie. Wanneer ons Paasfees vier, dan moet ons onthou wat Jesus vir ons gedoen het. Hy het ons vrygemaak van ’n sonde skuldlas. Hy het die prys vir ons sonde betaal. Hy het ons versoen met God die Vader. Jesus het ook vir ons die voorbeeld gestel. Hy was gehoorsaam tot aan die einde toe Hy aan die kruis gesterf het. Die hartseer is dat party mense met gehoorsaamheid begin, maar nie daarmee volhard nie. Hulle stop en klim van die spoor af. Dan sien jy baie mense wat baie potensiaal het, maar wat bly staan het langs die spoor van gehoorsaamheid. Hulle sukkel om te leef en dit voel of die dood oor hulle is. Wanneer ek Paasfees vier, dan dink ek aan Jesus en dit wat Hy moes deurmaak. Die pad van gehoorsaamheid wat Hy moes loop. Daardie pad wat na die kruisdood toe gelei het, maar omdat Hy gehoorsaam aan God was, het dit die lewe gebring. Deur die gehoorsaamheid van Jesus kan ons nou leef in die oorwinning van Jesus Christus.

God het die mens geskape en toe is die opdrag gegee dat hy oor die aarde moet heers. God het dadelik gehoorsaamheid verwag. Ons sien ook dat Hy regdeur die Bybel gehoorsaamheid van Godsmanne- en vroue verwag. Ons sien dat elkeen van die mense se opdragte verskil het. Dit wat die Here van hulle verwag het, verwag Hy nie van ons nie. Ons leef in die tydsduur of laaste dae, wat na die Paasfees is. Jesus se dood het die geesteswêreld verander. Dit het ook die verbond waarin ons geleef het met Jesus verander. In Johannes 6:28-29 lees ons dat die mense vir Jesus kom vra het, hoe om God se wil te doen. Hulle vra wat is die wil van die Here vir ons. Dan antwoord Jesus hulle, dat hulle moet glo in Hom wat deur die Vader gestuur is. In die ou testament was daar nie geleer dat mense moet glo nie, hulle moes net gehoorsaam wees. Om in Jesus te glo, is die beginpunt van ons gehoorsaamheid. God die Vader verwag eers dat ons gehoorsaam sal wees en in Jesus sal glo. Wanneer mense gehoorsaam is en hulle geloof in Jesus plaas, dan sien ek dat Jesus met hulle begin praat en sulke mense begin dan geloofsake, geloofsaksies en projekte wat mense se lewens verander. Sulke mense word geloofshelde, omdat hulle gehoorsaam is aan die stem van God. Ongelukkig het mense dikwels die gevoel dat gehoorsaamheid van hulle slawe maak. Jesus het ons nie by Sy kruisdood van die dood gered net om ons slawe te maak nie. Hy het ons vrygemaak. Ons as vry mense het ons eie wil, begeertes en gesag. Die Vader het gehoorsaamheid van Jesus verwag. Net so verwag die Vader gehoorsaamheid van ons almal. Om

God die Vader wil hê dat jy moet lewe. Johan Brits www.fokusdeo.co.za

9


GESPREKSARTIKEL: MAART

MET JOU HANDE BOU JY ‘N HUIS – MET JOU HART KWEEK JY ‘N

tuiste Marda Oosthuysen tydens die 2015 Gebiedskonferensies

Iemand het gesê: “One unforgettable law has been learned through all the disasters and injustices of the last thousand years: If things go well with the family, life is worth living; when the family falters, life falls apart.”

O

die arbeidsmark. • ‘n Studie het aan die lig gebring dat kinders wie se pa ‘n aktiewe rol in hul opvoeding en grootmaakproses speel, beslis beter presteerders op skool is. • Selfs by ‘n baie jong kind dra ‘n goeie vader-kindverhouding by tot die ontwikkeling van emosionele sekuriteit, nuuskierigheid en wiskunde- en verbale vaardigheid.

ns as ouers en grootouers is maar té bewus van hierdie waarheid. Die gesinne lyk anders vandag, ons funksioneer anders, dink anders en doen ook anders. Die kern is net...in watter gesinsopset jy ookal funksioneer...dit moet ‘n gesonde en sterk verhoudingstruktuur wees wat tot voordeel van jouself, jou gesin, jou gemeenskap en andere kan strek. Die huwelik en die gesinslewe is die PILARE van ‘n volk. Verkrummel hierdie pilare, kom ‘n volk tot ‘n val. Egskeidings het Suid-Afrika reeds aan flarde geruk. Twee uit elke drie huwelike eindig in die skeihof. Die verbrokkeling van die gesin en familie het ‘n geweldige impak op:

2. Geweld en Misdaad: • ‘n Gesin speel ‘n onontbeerlike rol in die sosialisering van jongmense. • Kinders uit disfunksionele gesinne mag. geneig wees tot verbale of fisiese geweld. • ‘n Navorsingstudie wat in die VSA gedoen is, het getoon dat 93% van die manlike gevangenes nie ‘n goeie verhouding met hul pa gehad het nie.

1. Opvoeding: • Beter skolastiese vordering. • Waar ouers emosionele en praktiese ondersteuning bied, vaar kinders beter gedurende opleiding en later ook in

3. Onseker rolverdeling • Kinders in disfunksionele gesinne, wat dikwels ook kerklik onbetrokke is, groei op in ‘n huis waar daar soms nie

10


duidelike rolmodelle is waarmee hulle kan identifiseer nie. • Dit lei by sommige kinders tot ‘n groot onsekerheid ten opsigte van hul eie identiteit. Die skokkende werklikheid wat deur min van ons erken word, is dat die ganse wêreld nie antwoorde op een van sy grootste probleme het nie – die inmekaarstorting van die gesinslewe. Dis nie toevallig nie. Dit is ‘n skepping van die satan self, want hy weet ook dat die gesinslewe die werklike hart van enige volk is. Volgens ‘n navorsingstudie, wat deur Solidariteit gedoen is, is bevind dat slegs 35% kinders in SA in ‘n ouerhuis grootword waar beide hul biologiese ouers teenwoordig is, dat 45% van SA kinders net by hul moeders grootword, 2.4% net by hul pa’s en 22.6% by nie een van hul biologiese ouers bly nie. Om dus in ‘n stabiele ouerhuis groot te word is vandag ‘n absolute luukse. Die gevolg van hierdie tendens is fenominaal. Dit gaan mos goed met ‘n volk wie se gesinne sterk en gesond is en daarom het Dameskring die uitdaging aangegryp om betrokke te raak by die versterking van die gesinslewe in Suid-Afrika. Wanneer ek aan die woord ‘kweek’ dink, dink ek onwillekeurig aan ‘n kweekhuis of ‘n plek waarbinne iets gekweek word. Dit sal dus ‘n gunstige plek wees waarbinne ‘n saadjie of ‘n plantjie sal ontwikkel en groei. Waar anders kan daar gesonde groei plaasvind as juis binne die gunstige omstandighede van ‘n gebalanseerde, gesonde huisgesin? Ons gaan dus kyk na ‘n ‘gunstige omgewing’ waarbinne groei moet plaasvind en ‘n paar riglyne neerlê oor hoe ons kweekhuis/gesin gaan lyk. In hierdie kweekhuis/gesin is ons grootste uitdaging om ‘goeie’ kinders in ‘n stormagtige lewe groot te maak...nié goedgemanierde kinders nie, maar kinders wat betroubaar moet wees, wat ‘n doel in die lewe nastreef,

11

met sterk oortuigings lewe en met moed daarby hou. Die gesin moet die plek wees waar waardes en beginsels vasgelê word, waar talente en potensiaal raakgesien en ontgin word. Dit moet die plek wees waar jy van liefde, aanvaarding en vergifnis leer, waar lewenslange herinneringe gebou word en ‘n veilige hawe gebied word teen die storms van die lewe. Dit is waar jy God leer ken soos wat jou ouers jou lei en waar jy geestelik ontwaak en ‘n verhouding met God begin. Kom ons kyk na ‘n paar riglyne vir hierdie kweekhuis – die Huisgesin. K = Koestertyd/Gesinstyd/Saamtyd: ‘n Huisgesin is meer as net ‘n klomp mense wat ‘n woonadres deel...’n huisgesin DEEL mekaar se lewens en kom gereeld bymekaar uit. Hulle doen dinge saam. Kommunikasie is die sleutel tot verhoudings. Dit is nodig in verhoudings dat daar tye sal wees wat die gesin saam kuier om die ontbyttafel, tye wanneer die TV afgeskakel word om met mekaar te kan gesels. Gelukkige kindwees is een van die grootste geskenke wat ‘n ouer by magte is om aan ‘n kind te gee. W = WAARDES Hierdie is dié sterkste komponent in die skep van ‘n kweekhuisruimte waarbinne ons kinders kan gedy. Waardes soos vertroue, respek, eerlikheid, betroubaarheid, regverdigheid, integriteit, verantwoordelikheid, geduld, verdraagsaamheid, hulpvaardigheid en omgee moet by ons kinders ingeskerp word. Jy leer jou kind van vertroue as jy jou eie beloftes aan jou kind nakom. Hy leer van respek as jy hom/haar met respek behandel. E=ERKENNING Ons het nodig om ons waardering oor klein en gewone goed in die lewe


I = IDENTITEIT: Die identiteit van ‘n huisgesin word vasgelê in “Ons gesin doen dit so!” Dit gee sekuriteit en stabiliteit in ‘n kind se lewe.

uit te spreek. Waardering en erkenning vir die dinge wat jy doen is soos suurstof vir die siel. Ons het almal ‘n behoefte aan erkenning en waardering. Wees meer ingesteld op dit wat jou kind ‘REG’ doen, en fokus minder op dit wat hulle verkeerd doen.

S = SEKURITEIT/SORGSAAMHEID: Dit is ‘n belangrike anker vir enige kind om te weet dat hy spesiaal vir sy ouers is en dat hy ‘n spesiale plek in hul harte het. Sekuriteit is een van die heel belangrikste boustene in die ontwikkeling van jou kind. Maak seker dat jy nie onsekerheid by jou kind skep nie. Sorgsaamheid is ‘n belangrike waarde in enige gesin. Gesinne SORG vir mekaar.

E = EENSGESINDHEID ten opsigte van ouerskap en ook ten opsigte van die doelstelling waarheen jy met jou kind op pad is. Onthou ‘n kind leer deur jou voorbeeld en jou kind is ingestel om by jou ‘af te kyk’. K = KOMMUNIKEER aan jou kind... ongeag!! ‘n Kind moet 100% seker daarvan wees dat hy/sy geliefd is. Ons kinders, eintlik ons hele wêreld gaan mank aan omgee en liefde want ons het so selfgesentreerd geraak. Liefde word gesien en gevoel en daarom is daar ‘n paar komponente van liefde wat jy gerus maar in jou hart kan bêre:

Die tweede begrip is HARTSGESINNE. Elkeen van ons het ‘n sekere verwagting van ‘n HARTS-gesin. Ek het sommer dadelik definitiewe riglyne in die Woord gekry om die HARTSGEDEELTE in ons tema te verduidelik. Teen die agtergrond van die vermelde probleemareas bied Spr 4:23 ‘n belangrike riglyn: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oospronge van die lewe.” Ouers is geroepe om nie slegs leiding te gee t.o.v. kinders se gedrag nie, maar ook wat betref hul HARTSGESINDHEID. “Wees versigtig met wat in jou HART omgaan, wat dit bepaal jou hele lewe...” Ons maak ons dikwels hieraan skuldig deur ons eie onsekerheid of negatiwiteit ten opsigte van landsake, geweld of finansies, aan ons kinders oor te dra. “Druk die volk die voorskrifte en wette op die hart, leer hulle die pad wat hulle moet loop en wat hulle moet doen...” Dit is ons enigste en heel beste Handleiding en dit is binne elkeen van ons se vermoë om hierdie waarheid aan ons kinders te kommunikeer en dit te leef. “Jy moet diep in jou hart weet: soos ‘n man dissipline by sy seun kweek, so het die Here jou God vir jou dissipline geleer..”

• Aanvaarding: Ek aanvaar jou, ek is lief vir jou, jy maak saak. • Toegeneentheid: Dit is om met liefde na mekaar uit te reik. Ons moet nooit die krag van positiewe aanraking onderskat nie. • Aanspreeklikheid: Dit gee diepte aan enige verhouding deur te weet dat jy by iemand anders verantwoording moet doen. Dit gee ook die boodskap deur dat jy vir my belangrik genoeg is dat ek van jou doen en late wil weet. H = HOU jou kind se voete plat op die aarde: Daar mag nooit ‘n idée geskep word dat die wêreld net om hom/haar draai nie. Dis wanneer ons selfsugtige, egoïstiese mense grootmaak. U = UNIEKHEID: Ons het nodig om te ontdek dat elke mens uniek is en dat elkeen ‘n eie unieke roeping het. Leer jou kinders ook dat hulle mag fouteer want dit is natuurlik om foute te maak.

12


“KOM ONS BOU!” Ons lees verder dat Nehemia volhard het ondanks spot en teenkanting. Hy was ook soms bang, net soos ons... Hy het ook getwyfel...net soos ons, Hy het sekerlik ook moed verloor...net soos ons...MAAR Hy het NIE GAAN LÊ NIE! Hy was gehoorsaam aan die opdrag om die muur te bou. Liewe vriendin, of jy ‘n DK-lid is of nie... Die tyd het gekom dat ons moet begin BOU en dat elkeen van ons sal sê: “Gebruik my...begin by my” Ons IS toegerus want elkeen van ons het God se asem in ons. Die heel belangrikste is om God se eer te verkondig want sien, ek en jy kan hierdie taak, net soos Nehemia, nie op ons eie doen nie. Ons het God nodig in SuidAfrika.

En daarom is dit noodsaaklik dat ek my kinders sal dissiplineer. “Die deel wat in goeie grond val dui op dié wat die Woord met ‘n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra...” Ons moet die ‘saadjies’ met sorg laat ontkiem sodat ons eendag kan OES. En is dit nie juis waaroor elke ouer droom nie, om te kan oes! Dink bietjie na oor wat jy graag sal wil ‘oes’. Om HARTSGESINNE te kweek vra ‘n ekstra tree van elke DK-lid. Ons het gehoor dat dit ‘n luukse is om in ‘n stabiele ouerhuis groot te word, vir miljoene kinders in SA is dit nie beskore nie. Ons sal dus meer moet doen en gee om HARTSGESINNE te kan kweek. Die prentjie lyk nie rooskleurig nie. Ons wil daarvan terugdeins...MAAR vir ons as gelowiges wag daar groot werk. Ons visie lui: Ons inspireer en bemagtig Afrikaanse Christenvroue om as positiewe verskilmakers die Afrikaanse kultuur uit te leef, ons gemeenskap dinamies te dien en te help bou aan ons mooi land Suid-Afrika. As ons dan moet bou...hoe gaan ons dit doen? Toe Nehemia hoor hoe sleg dit in sy land gaan het hy gehuil en vir dae gevas. Hy het tot God gebid en om hulp gesmeek. “Here, luister tog na die gebed van U dienaar en na die gebed van U dienaars, hulle vir wie dit ‘n vreugde is om U naam te eer.” Ons lees dat Nehemia die toestand van die muur ondersoek het en toe vir die mense by hom gesê het: “Julle sien self die benarde toestand waarin ons sit. Jerusalem lê in puin en sy poorte is verbrand. Kom ons herbou die muur van Jerusalem, dat die vernedering nie langer op ons rus nie.” Nehemia het daarvan getuig dat God sy hand oor hom gehou het. Toe hy klaar vertel het, het hulle gesê:

WEET VERSEKER: Hy sal jou toerus. Hy sal ons gebede verhoor en aan ons die krag van ‘n Arend gee...Die tyd loop uit... Die mure van ons mooi land lê plat. Ons gesinne is stukkend en verskeurd. Die satan steel en slag! Geen uitdaging kan vir ons te groot wees nie, want Hy wat in ons is, rus ons toe en stel ons tot alles in staat! Kom ons begin BOU!!! Besprekingsvrae: 1. Gee ‘n paar gedagtes oor hoe ‘n gesin weer WAARDES kan vaslê. 2. Dink jy ons hedendaagse ouers is te veel prestasie-gedrewe ingestel? 3. Gesels bietjie oor jou ‘gesinsidentiteit’. Wat onthou jy? Dink jy dit is belangrik om dit in ‘n gesin vas te lê? 4. Daar is baie ‘murasies’ in ons mooi land. Wil ons nog bou? 5. Waar kan JY begin bou? Deel met die groep.

13


TAKNUUS

Ladybrand Tak

D

ie Dameskring van Ladybrand het op 18 Julie 2016 (Mandela dag) partytjie gehou vir die kinderhuiskinders. Daar was heerlike eetgoed en elkeen het ‘n sakkie met skryfbehoeftes en ‘n tennisbal ontvang. Die baba het ook ‘n teddie en speeldingetjie gekry. Julle het ‘n verskil gemaak in hierdie kindertjies se lewens!!

Hulle het ook op 16 Oktober ‘n laning bome met pienk lappe toegedraai en boodskappe met raad vir ‘n gesonde leefstyl (eet gesond, moenie rook, oefen gereeld, gaan gereeld vir ‘n mammogram en so meer) teen die bome vasgekram. Wat ‘n wonderlike, inspirerende idee!

Kleinmond Tak

D

ie Dameskring van Kleinmond dra die belange van plaaslike leerlinge op die hart. Hulle doelwit is om seker te maak dat elke nuwe graad eentjie sy of haar skoolloopbaan met ‘n nuwe potloodsakkie begin. Taklede het vrywillig potloodsakkies aangekoop of gemaak om hierdie skenkings, al vir die derde agtereenvolgende jaar, moontlik te maak. Op 4 Desember 2015 is 60 sakkies aan die leerlinge van Laerskool Kleinmond uitgedeel deur Etta Eksteen, Vera von Wielligh en Magriet Gresse. Aan die begin van die 2016-skooljaar, het Delise Scholtz, Marita Grobler en Vera von Wielligh, ook die 105 graad 1’s van die Primêre skool Kleinmond met potloodsakkies bederf. Wat ‘n wonderlike inisiatief!

Dolfyn Tak Die Dolfyn-tak in Oos-Kaap 3 se projek vir 2015 was om elke tweede maand nie-bederfbare produkte aan die nuwe sentrum op Nieu Bethesda (Maranatha) te skenk.

14


Bergsig Tak

H

ierdie tak was voorwaar bedrywig in 2015! Hulle jaarlikse projek was om blikke te pak vir CHOC (Childhood Cancer Foundation of SA). Dikwels kom kinders (vergesél deur hul ouers) vir ‘n ondersoek en moet dan sonder waarskuwing oorbly vir behandeling. Akkommodasie word verskaf deur hierdie instansie in drie versorgingshuise vir solank as wat die kinders se behandeling duur. Hierdie ouers sit egter dikwels met slegs die klere aan hul lywe sonder enige ekstras en ook geen kos of toiletware nie. Die Bergsig-dames het die blikke volgestop met toiletbenodigdhede en ander bederfies asook in elke blik ‘n stukkie opregte liefde en toegeneentheid.

Hulle het ook die voorreg gehad om vir Jeanne Els as spreker te ontvang by een van hulle takvergaderings. Jeanne het die volle Camino van 807 km afgelê en het hierdie stap-belewenis met kleur, geur en passie oorgedra. Sy het taklede meegevoer op haar staptog oor klipperige steiltes, deur klam woude, oor pragtige grasvelde en deur riviere tot by die groot katedraal in Santiago

Soos in 2014, het hulle ook vir ‘n paar matrikulante koffiebekers met lekkernye daarin oorhandig. Hierdie vier leerlinge was almal in die laerskool by Sunette Smith, lid van Dameskring Bergsig.Die gebaar is weereens opreg waardeer.

Kuruman Tak

15

Diè klomp innoverende dames het hulle jaar afgesluit met ‘n heerlike ontbyt aan huis van Hannatjie Lammers. In plaas van geskenke vir mekaar het hulle dit weereens goedgedink om eerder nie-bederfbare produkte in te samel en... aan CHOC te oorhandig. Welgedaan Bergsig-tak! Mag julle vir ons ‘n inspirasie wees om ‘n verskil te maak in 2016!

Die dameskring van Kuruman in samewerking met Westfalia het 600 pienk ballonne opgeblaas, en op die balonne die name van “survivors”, sowel as diegene wat nog veg om oorlewing geskryf voordat hulle dit in die lug opgestuur het. Dit was vir hulle ‘n ongelooflike ervaring!


UB us Nu IETSIE MEER OOR ‘N

UB-lid en haar gesin

Welkom!

Baie welkom aan Coreen King wat vir Izienne opvolg. Ons sien uit daarna om jou beter te leer ken!

A

lita Rose en haar gesin woon op ‘n plaas buite Nylstroom. Deon is ‘n deeltydse boer en saam bedryf hulle‘n internet advertensie besigheid. Lorinda (9) is Deon se regterhand en kan nie wag om saans en naweke saam met hom te boer nie. Alita en feetjieprinses Marli (8) is die huishenne. Alita se roostuin is haar trots en sy geniet dit om “scrapbooking” te doen. Marli hou van juffrou-juffrou speel en albei dogters bak graag saam met mamma koekies. Die Rose-gesin is baie lief vir die buitelewe. Daar is vir hulle niks lekkerder as om die pad te vat na die berg, of op die dam se wal ‘n vuurtjie te maak en malvalekkers of ‘n worsie te braai nie. Paasfees en Kersfees is vir hulle kosbare saamwees- en familietyd.

Dankie!

Baie dankie aan Anneke van Wyk wat tydelik aflos in Salomè se plek. Ons waardeer jou entoesiastiese bereidwilligheid!

ONS GROET... Ons beste wense vergesel vir Salomè Engelbrecht en Izienne van Jaarsveld wat die afgelope kwartaal bedank het. aie dankie vir al die positiewe insette wat julle tydens julle termyn op die uitvoerende bestuur gelewer het.

16


SIELSKOS: APRIL

Bydrae: Annelize Kay

‘n Vader SE HAND

Daar is min dinge so opwindend as om saam met ’n mens se kind die begin van ‘n nuwe fase in haar lewe te beplan.

N

Net buite Johannesburg, langs ‘n groot plakkerskamp, verloor my motor spoed en trek daar bolle stoom onder die enjinkap uit. Ag Here, U is saam met ons op die pad!? Ons het onsself en alles wat ons hier by ons het mos vanoggend in u hande gesit... Hoe kon dit wees? Ek skakel my motor se waarskuwingsliggies aan en trek van die pad af. Nicole stop ook dadelik. Ek het skaars uit my motor geklim toe daar ‘n bakkie voor ons stop. ‘n Vriendelike jong man kom aangestap: “More tannie! Dis ‘n baie gevaarlike plek om te stop, hier so langs ‘n plakkerskamp. Kan ek help?” Daar vee ‘n ligte briesie van vrede oor my: dis een van God se engele hier by ons. Dit blyk dat hy van Sasolburg is (dis ongeveer 14 km vanwaar ons gestop het) en oppad huis toe is na sy nagskof.

icole is ‘n splinternuwe eerstejaar en gaan op haar eie in ‘n woonstel naby die universiteit woon. Die meeste meubels is al daar. Ons gaan nog net ‘n yskas koop wat afgelewer kan word. Alles moet afgehandel wees voordat sy die Saterdagoggend op hulle Eerstejaarskamp vertrek! Die twee motors is gepak met die laaste paar bokse breekgoed, die kruideniersware en tasse met klere. Pligsgetrou en uit gewoonte word die motors se water-en olievlakke, asook die bande en spaarbande se lugdruk nagegaan, want vroeg die Vrydagoggend gaan ons in die pad val, Potchefstroom toe. Twee swaargelaaide motors vertrek vroegoggend uit Pretoria. Ons het nog nie die N12 ontdek nie en ry snelweg, deur Parys, Potchefstroom toe.

17


Sy beste vriend besit ’n Volkswagenmotorhawe (ek bestuur ’n VW POLO) in Sasolburg en hy sal my daarheen sleep. By die motorhawe ontdek die vriend gou dat die prop van my motor se waterbottel nie stewig deur die brandstofjoggie vasgedraai is nie en afgespring het gedurende die rit. “Tannie, ek het nuwe soort onderdele gekry wat ek nog op ‘n motor wou toets, maar het tot dusver nog nie die geleentheid gekry nie. Mag ek dit asseblief in tannie se motor gebruik, dan betaal Tannie net vir die arbeid. Al guns wat ek van tannie vra is om asseblief vir my ‘n kort verslaggie te voltooi na 1000 km.” Wat my R6000-R8000 kon kos, het my R1500 gekos. Dankie Here, U was saam met ons op die pad!

hulp aangebied het, nie alles met twee weerlose vrouens gedoen het nie? 3. HY het ‘n plan met jou lewe Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken... Jer. 1:5 Nog voordat ons op die pad gegaan het, het God geweet wat gaan gebeur, maar: Hy het ons met die snelweg laat ry, sodat Sasolburg op ons pad sou wees. Hy het ons “engel” nagskof laat werk en op die presiese tyd wat ons hom nodig sou kry, op ons pad gesit. Ons “engel” het ‘n beste vriend wat gespesialiseerd is om met Volkswagens te werk. Die Here het geweet my sak is baie plat na al die uitgawes met ‘n eerstejaar!!

1. Vertrou God se nabyheid en werklikheid Ons het vroegoggend onsself, ons besittings en die dag se gebeure in sy hande gesit. Ons gee daarmee aan God ‘n mandaat om met ons te doen wat sy Goddelike en Toelatende wil is. Omdat ons in die wêreld is, gebeur daar saam met positiewe goed ook negatiewe goed met ons. Maar: Hy is soos ‘n arend wat onder haar kuiken vlieg en keer dat hy val wanneer die kuiken leer vlieg.... Glo dat God ALTYD naby is en vertrou sy werklikheid.

ln die wêreld het ons dit dikwels moeilik, maar ons moet moedhou: God het die wêreld klaar oorwin! Hy maak die duisternis lig en die klipperige paaie gelyk. Spr. 29:6: ‘n Gelowige is ’n gelukkige mens. Hy sing van vreugde!

2. Sy beskerming is alomteenwoordig Hy verseker ons: selfs die hare op ons hoof is getel. Ons moenie bevrees wees nie: ons is meer werd as baie mossies. Hy het ons by ons name geroep; ons is Syne! Sy engele dra ons op die hande, sodat ons ons voet nie teen ‘n klip stamp nie. Wat kon nie alles daar langs die plakkerskamp gebeur het nie? Wat kon die vreemdeling, wat

Bronverwysing: Die Boodskap: Jan van der Watt & Stephan Joubert Die Bybel 1964 Uitgawe

18


GESPREKSARTIKEL: APRIL

Oupa & Ouma Bydrae: Belinda Campher

D

SIT OP DIE STOEP...

r. Arthur Kornhaber skryf in sy boek “Grandparent Power!”: “Deur die geskiedenis heen was grootouers die sleutel tot harmonie en bestendigheid in die gesin. As leermeesters, ondersteuners van ouers, geskiedkundiges, versorgers, raadgewers en selfs gashere, was die sielkundige, maatskaplike en geestelike rolle wat hulle gespeel het van die allergrootste belang. Ek het gewonder hoe ons gemeenskap enigsins hierdie kragtige, veelsydige rol van die grootouer kon ignoreer.” plooie is ook ’n bewys van oorlewing en veerkragtigheid. Stories oor jou eie ouers en grootouers, laat die kind deel voel van iets groters as die onmiddellike gesin en dien as anker en ’n gevoel van “behoort”.

In vroeër dae was grootouers ’n hoeksteen van die gesinslewe, veral onder Christene. Die Bybel het die Israeliete beveel om bejaardes te respekteer en te waardeer. (Levitikus 19:32). Grootouers het eer verdien. (1 Timoteus 5:4).

• Speelmaat Die feit dat jy as grootouer nie verantwoordelik is vir die dag-tot-dag versorging en dissiplinering van jou kleinkinders nie, stel jou in staat om die rol van vriend, vertroueling en bondgenoot te vervul. Dr. Kornhaber se navorsing het bewys dat grootouers hulle kleinkinders baie meer toegeeflik en ontspanne behandel as wat die geval was toe hulle die rol van ouers moes vervul. Kleinkinders voel dus dikwels gemakliker om sensitiewe sake met grootouers te bespreek as met hul ouers. Dit is egter belangrik dat grootouers wat wel hierdie rol in die lewe

SO BAIE OPWINDENDE ROLLE... Dr. Arthur Kornhaber identifiseer ELF rolle wat grootouers in ’n familie kan vervul. Hierdie rolle is dinamies, wat beteken dat dit kan groei en verander. ‘n Oupa of ouma kan deur die jare ‘n klomp verskillende rolle vertolk. • Voorganger As grootouer vorm jy ’n skakel tussen jou kinders, kleinkinders en hulle voorouers. As hoof van die familie-eenheid is jy dus hulle konneksie met die algemene familiegeskiedenis. Jou ouderdom en

19


• Rolmodel Deur jou optrede kan jou kleinkinders oneindig baie by jou leer. Dit stel vir hulle ’n voorbeeld om na te volg eendag wanneer hulle self ouers en later ook grootouers is. Jou invloed kan baie daartoe bydra dat jou kleinkinders ’n positiewe beeld van ouer mense oor die algemeen ontwikkel.

van ’n kleinkind vervul, daarteen sal waak om die kind te bederf, voor te trek bo ander kleinkinders, of dinge toe te laat wat nie die ouers se goedkeuring wegdra nie. • Held/hero Jy as grootouer kan ’n held wees in die oë van jou kleinkind omdat jy in die oorlog geveg het, groot droogtes oorkom het, ’n vloed oorleef het, of bloot net omdat jy elke sportwedstryd en konsert bywoon en altyd beskikbaar is wanneer jou kleinkind jou nodig het.

• Geestelike begeleier Grootouers is as ’n reël, nie verantwoordelik daarvoor om in die daaglikse behoeftes van hulle kleinkinders te voorsien nie. Dit stel hulle in staat om meer te fokus op geestelike, asook morele groei en ontwikkeling. Deur self op moreel aanvaarbare, etiese en eerlike wyse op te tree, leer jou kleinkinders baie belangrike ewigheidswaardes wat ooreenstem met die vrugte van God se Gees.

• Historikus Hierdie rol oorvleuel tot ’n mate met die rol van voorganger, maar behalwe dat jy die lewende skakel met voorouers is, is jy ook ’n getuienis van jou eie tyd se geskiedenis. Dit versterk weereens by die kind ’n gevoel van “ons”, “behoort aan” en bevestig dat hy deel is van ’n unieke eenheid wat groter is as hyself.

• Student Jy kan ook baie by jou kleinkinders leer! Hulle kan jou help om op hoogte te bly met tegnologie, nuwe uitvindsels en vars idees wat daartoe sal bydra dat jy nie stagneer nie, maar steeds kan groei en jonk van gees bly! Kleinkinders voel bemagtig en waardevol wanneer hulle vir jou iets kan leer en ook ’n stukkie van hulle lewe en kultuur met jou mag deel.

• Mentor ’n Mentor is baie meer as ’n onderwyser. ’n Mentor inspireer die kind se verbeelding, glo in sy drome, vertroetel sy siel, moedig intellektuele ontwikkeling aan en in die proses voorsien dit ook aan die kind ‘n gevoel van eiewaarde. Grootouers is veral suksesvolle leermeesters omdat hulle onvoorwaardelike liefde die kind veilig en op sy gemak laat voel. Dit laat die kind ervaar dat jy hom liefhet vir wie hy is en nie vir wat hy doen of bereik nie.

• Onderwyser As grootouer het jy ’n fantastiese geleentheid om jou kennis, spesiale vaardighede en ondervinding aan jou kleinkinders oor te dra.

• Versorger Die grootouer se rol as versorger is soortgelyk aan diè van die ouer, hoewel dit ’n paar bykomende voordele het. Jou ondersteuning voorsien ’n emosionele en sosiale veiligheidsnet vir die hele familie, wat bydra tot jou kleinkinders se gevoel van sekuriteit. Maak seker dat jou kinders en kleinkinders WEET dat jy beskikbaar sal wees wanneer hulle jou nodig het.

• Towenaar Hierdie rol voorsien aan jou kleinkind ’n speelse, verbeeldingryke alternatief tot hulle taak-georiënteerde daaglikse roetine. Jy MAG jou verdiep in hulle fantasiewêreld, want jy het nie nodig om jou te bekommer oor daaglikse dissipline nie. Verbeeldingspel is so belangrik vir jong kinders en bevorder intellektuele en

20


verbale vaardighede, asook emosionele intelligensie later in hulle lewe. Ouma of oupa se towerstaffie kan selfs aan die eenvoudigste takie magiese kwaliteit verleen.

wêreld vol te reis! Gesondheidsprobleme mag dalk die hoeveelheid tyd en energie wat grootouers het om op jong kinders te spandeer inperk. Wanneer ouers egter bereid is om grense te respekteer, sal die verhouding tussen grootouer en kleinkind steeds kan groei sonder enige wrokke of verwyte.

DIE VREUGDES VAN VERHOUDING BOU... Kleinkinders vul die lewens van grootouers met liefde, energie, optimisme, humor, jeugdigheid en betekenis. Terselfdertyd voorsien grootouers volwassenheid, kennis, stabiliteit en onvoorwaardelike liefde aan hulle. Om ’n goeie verhouding tussen grootouers en kleinkinders te vestig is nie altyd ewe maklik nie. Hoe dit ookal sy, sterk emosionele bande tussen generasies omring kinders met veiligheid en sekuriteit.

• Afstand Wanneer grootouers ver woon, kan dit ’n groot uitdaging wees om sterk bande met kleinkinders te bou. Daar is egter heelwat dinge wat grootouers kan doen om vir die afstand te kompenseer en die verhouding ten spyte van die afstand optimaal te laat groei.

• Belangstelling en betrokkenheid Grootouers verskil van mekaar wat betrokkenheid by kleinkinders betref. Party ouer mense kan nie wag om kleinkinders te hê nie. Hulle sien waarlik uit daarna om weer met klein mensies tyd te spandeer. Hulle is gretig om kinderoppasser te speel wanneer ouers ander verpligtinge het om na te kom. Ander ouer mense voel dat hulle dae van kindgrootmaak verby is en dat dit nou die ouers se beurt is! Sommige grootouers is versigtig om in te meng en hou daarom eerder ’n veilige afstand. Party grootouers is gemaklik om ‘n pasgebore babatjie op te pas, terwyl ander veel meer bereid sal wees om hul ouer kleinkind na ’n hokkiewedstryd te vergesel. Die verhouding tussen grootouers, kinders en kleinkinders moet ongetwyfeld baie ruimte laat vir individuele verskille.

WANNEER GROOTOUERS DAGVERSORGERS WORD... Baie grootouers wat optree as dagversorgers vir hulle kleinkinders terwyl mamma en pappa werk, sê dat hulle baie meer uit die ooreenkoms kry as wat hulle gee. Dit stel hulle in staat om ’n sterk verhouding met hulle kleinkinders te geniet EN ’n belangrike deel van hulle lewens te wees. Dit laat hulle waardevol voel om hulle kinders te kan help en steeds as bejaardes ’n belangrike rol in die familie te speel. • ’n Duidelike ooreenkoms Dit is baie belangrik om van die begin af ’n duidelike, werkbare ooreenkoms daar te stel. Selfs die mees entoesiastiese grootouers kan later spyt voel dat hulle ooit ingestem het om as dagversorgers op te tree. Selfs die dankbaarste ouers kan onredelike eise begin stel en die dierbaarste ou kindjie kan net te veel van ’n handvol raak vir ’n grootouer om te hanteer.

• Beskikbaarheid Baie hedendaagse grootouers kom nie meer ooreen met die stereotipe beeld van ’n omie of tannie met grys hare wat by die huis rondsit en niks doen nie! Hulle mag steeds voltyds ’n beroep beoefen!! Ander mag dalk reeds afgetree wees en hulle nuutgevonde vryheid geniet deur die

• Belê ’n vergadering Dit is raadsaam dat julle ’n familievergadering belê voordat julle instem om as dagversorgers op te tree. Opper alle

21


kwessies en maak seker dat julle volwasse kinders dieselfde doen. Kommunikeer openlik en eerlik. Gaan kompromieë aan. Onderhandel. Kom ooreen presies hoe julle unieke ooreenkoms gaan werk. Plaas dit op skrif en hersien dit wanneer nodig. Die ooreenkoms wat julle aangaan gedurende hierdie vergadering sal julle as grootouers, sowel as julle volwasse kinders help om saam te werk in die beste belang van die kinders. Een vergadering is beslis nie genoeg nie! Kom ooreen om minstens een maal per maand te gesels oor kwessies wat opgeduik het. Gesels oor dinge wat goed werk, asook ander wat moet verbeter. Evalueer wedersydse gevoelens oor julle rol as die versorgers van julle kleinkinders.

’n emosionele en verhoudingsband met die kind het, om toegang- en/of versorgingsregte aansoek kan doen. Die wet sê duidelik dat die kind die reg het tot behoorlike ouerlike versorging van sy ouers en ander ouerlike figure soos grootouers of stiefouers. Die klem is op ’n emosionele band wat reeds tussen die kind en grootouers bestaan. Die nuwe Kinderwet is geskryf met die kind se belang as hoofdoel. Selfs baie jong kinders kan gevra word (deur ’n kundige in ’n terapeutiese omgewing) wat hul behoefte is. Die dae dat daar gewag moes word tot ’n kind twaalf is voor hy sy sê mag sê, is lankal verby. Selfs die ouerskapplan wat nou ’n vereiste is met elke egskeiding, moet met kinders bespreek word. Die kinders het beslis ook ’n sê in wat hulle wil hê en die kind (volgens ontwikkelingsvlak) moet die plan goedkeur. In ‘n artikel in Rooi Rose van April 2012 verduidelik Nellie Prinsloo, ’n kliniese sielkundige van Johannesburg met uitgebreide sielkundig-forensiese ervaring, wat alles by so ’n aansoek deur ‘n sielkundige in ag geneem word: • Bestaan daar ’n emosionele en verhoudingsband tussen die grootouer en kleinkind en wat is die aard van die verhouding? • Hoe gesond is die grootouer emosioneel en kan hy/sy die nodige aanpassings maak om kinders se veranderende behoeftes te akkommodeer? • Kan die grootouer verantwoordelik wees vir die algehele welstand van die kind en is hy/sy in staat om logiese en realistiese besluite te neem oor die algehele (fisiek, emosioneel en sosiaal) welstand van die kind? • Psigometriese toetsing, asook agtergrondinligting word van die betrokke persone en mense uit hul leefwêreld verkry om ’n omvattende beeld te kry van die persoon se funksionering en vaardighede.

WANNEER DINGE SKEEFLOOP..... Vir die meeste van ons is dit vanselfsprekend om met ’n oupa en ouma groot te word. Wie kan nie onthou hoe ouma stories gelees en oupa ’n muntstuk agter sy oor uitgetoor het nie? Ongelukkig is daar deesdae baie minder sulke voorregte en leef ons kinders in ’n gebroke wêreld waar egskeidings seëvier. Grootouers en kleinkinders word ook hierdeur geraak. In 2012 het ons land 21998 egskeidings gesien. In 54.9% van hierdie sake was minderjarige kinders betrokke. Die meeste grootouers is aktief betrokke in hul kleinkinders se lewens. Ouers wat in ’n egskeidingsgeding met mekaar baklei, vergeet gereeld van die spesiale band wat in goeie tye geskep is tussen die kinders en hul grootouers. Baie dikwels beland grootouers dan in die ongelukkige situasie waar hulle kontak met hul geliefde kleinkinders ingeperk, of heeltemal verbreek word. • Wat sê die Kinderwet? Die nuwe Kinderwet (38 van 2005) maak gelukkig daarvoor voorsiening dat grootouers, veral dié wat reeds

22


grootouers hulleself toerus met kennis oor wat normale gedrag vir die verskillende ontwikkelingsfases is, stel dit hulle in staat om perspektief te behou, hulle verwagtinge aan te pas en steeds hulle tyd saam met hulle kleinkinders te geniet. Dan voel hulle nie teleurgesteld of seergemaak wanneer hulle kleinkind se gedrag nie presies is wat hulle verwag het nie. Daar is te veel goeie dinge om te geniet in die grootwordproses van kleinkinders, om toe te laat dat ’n fase wat van verbygaande aard is, grootouers ontstel en hulle vreugde steel. Ons weet mos almal uit ondervinding dat storms nie vir altyd aanhou nie! Dikwels net lank genoeg om seker te maak dat ons goeie weerstoestande weer sal waardeer wanneer dit aanbreek!

• Daar moet gekyk word na die klagtes of redes wat ’n ouer het om toegang te weier en daar moet vasgestel word of die redes gegrond is en of dit bloot net moedswillige vervreemding van die grootouer ten doel het. • Die beste belang van die kind word deurgaans in gedagte gehou en kinders se gevoelens oor kontak word geëvalueer en in ag geneem. Wanneer daar dus ‘n spesiale band bestaan tussen ‘n kind en sy grootouers, sal die howe gewoonlik bevind dat dit in die beste belang van ‘n minderjarige kind is om voort te gaan met gereelde kontak tusssen hulle. Dit is moeilik en duur vir grootouers om kontakregte deur die howe te probeer bekom en mediasie is meer effektief en goedkoper. Op hierdie wyse kan die meeste sake geskik word sonder duursame litigasie en kostes (beide finansieel en emosioneel) vir die familie. Hereniging van die familie kan ‘n groot sukses wees vir almal, veral die kinders.

DIE TIEN GEBOOIE VIR GROOTOUERS Nina Smit sê dat sy reeds vanaf die geboorte van haar eerste kleinkind tien basiese riglyne gebruik om ’n stewige vertrouens- en liefdesgrondslag vir hulle kleinkinders te vestig. Haar spannetjie kleinkinders het intussen al heelwat uitgebrei, maar sy probeer steeds haar bes om al tien hierdie gebooie na te kom!

GROOTOUERS EN KINDERONTWIKKELING Geen grootouer hoef aangemoedig te word om hande te klap vir ’n kleinkind se eerste tree of hom te prys vir sy eerste woordjie nie. Mylpale soos hierdie is altyd ’n bron van groot vreugde. Daar is egter ook ontwikkelingsmylpale wat minder vreugde verskaf! Kinders is komplekse klein wesentjies!! Wanneer

1. Jy mag nie so opgaan in jou kleinkinders dat hulle vir jou afgodjies word nie. 2. Jy mag nie inmeng met die grootmaak van jou kleinkinders nie. 3. Jy mag nie jou kleinkinders so bederf dat dit jou eie kinders moedeloos maak nie. 4. Jy mag nie jou kinders se ouerlike

23


gesag voor jou kleinkinders ondermyn nie. 5. Jy mag nie een spesifieke kleinkind voortrek nie. 6. Jy mag nie net oor jou eie kleinkinders praat nie – gee ander oumas en oupas kans om ook hulle sê te sê! 7. Jy mag nooit die vertroue skend wat jou kleinkinders in jou stel nie. 8. Jy mag nie jou kleinkinders se liefde as vanselfsprekend aanvaar nie. 9. Jy mag nie heimlik dink dat jou kleinkinders mooier, ouliker en slimmer as diè van jou vriende is nie! 10. Jy mag nie jou kleinkinders net met materiële dinge bederf nie; laat ook geestelike waardes vir hulle na. Geloof in God is die kosbaarste geskenk wat jy hulle kan nalaat.

hou die sleutels tot die skatkis van die familiegeskiedenis in die taal en kultuur, die swaarkry en vreugdes en stories oor die ouers se grootwordjare wat met smaak oorvertel word. ’n Ouma en ’n oupa het eintlik meer voorregte as regte as dit by kleinkinders kom. Hulle het die voorreg dat hulle nie reëls hoef te maak, boudjies hoef te raps en die primêre dissiplineerder hoef te wees nie. Grootouers is onuitwisbare voetspore vir toekomstige generasies.

Hettie Brittz beskryf grootouers as die skakel tussen die verlede en die toekoms – ons ankers. Hulle gee vir kleinkinders ’n idee van waar hulle vandaan kom. Hulle Besprekingsvrae: - Dr. Arthur Kornhaber identifiseer elf rolle wat grootouers in ’n familie kan vervul. Dink jy dat grootouers vandag nog die geleentheid gebied word om die meeste van hierdie rolle in die lewe van kleinkinders te kan vertolk? - Gesels met mekaar oor wat julle dink die voor- en nadele van grootouers as dagversorgers mag wees? - Wat is moontlike vrae wat grootouers aan kinders moet vra wanneer ’n dagsorgooreenkoms oorweeg word?

- Wat is dan moontlike belangrike vrae wat volwasse kinders vir grootouers sal wil vra wanneer dagsorg oorweeg word? - Deel met mekaar persoonlike ervarings waar egskeiding die verhouding tussen grootouers en kleinkinders geraak het en wat die uitkoms van hierdie situasies was. - Gesels oor Nina Smit se tien gebooie vir grootouers en deel met mekaar dit waarmee jy saamstem en waarmee jy verskil!

Bronverwysings: - www.abetterchild.org (Artikels deur Patricia H. Holmes & Betsy Mann) - www.parentingweekly.com - www.rooirose.co.za – Ilse Salzwedel – 4/4/2012 - www.facebook.com – Steyn Attorneys (Mei 2015) - www.voelgoed.co.za – Oupa en Ouma se rol in jou kind se lewe (Hettie Britz)

24


SIELSKOS: MEI

“Hartsgesin” DIE HUWELIK AS DIE FONDASIE VAN ‘N

Bydrae: Lizanne Groenewald

In ooreenstemming met met Dameskring se tema, “Kweek Hartsgesinne,” kyk ons hierdie maand bietjie na die dieper betekenis van ‘n huwelik. ‘n Huwelik vorm die fondament en stabiele grondslag vir ‘n gesonde en gelukkige gesinslewe. Kinders het ‘n stabiele omgewing nodig waarbinne hulle kan groei en waaruit hulle die lewe kan ervaar. ‘n “Hartsgesin” is ‘n plek waar al die individue in die gesin kan floreer, waar hul veilig voel en waar hulle saam as gesin of as individue die gemeenskap rondom hulle positief kan beïnvloed.

I

n die nuutste statistieke vrygestel deur STATS SA, is daar om-en-by 158 000 nuwe huwelike geregistreer in 2013. Dit het met 1.5% verminder teenoor die vorige jaar. Die aantal geregistreerde huwelike het in vergelyking met 2003 met 11.2% verminder. Daar was ook ‘n toename van 8.5% in die hoeveelheid egskeidings tussen 2012 en 2013. Wanneer mens bogenoemde statistiek in ag neem, word dit duidelik dat daar al hoe minder klem op die huwelik gelê word en al hoe meer egskeidings plaasvind. WAAR KOM DIE HUWELIK - SOOS ONS DIT KEN - VANDAAN? In die boek, “The History of Marriage”, geskryf deur Edvard Westermarck, verduidelik hy dat die huwelik soos ons dit vandag ken - waar twee persone uit liefde vir mekaar ‘n belofte aflê dat

25


vorm van mekaar se lewe, vrese en blydskap. • “…word..”- Dit verwys na die proses van mekaar leer ken.

hul by mekaar sal bly en alleenlik aan hul maat gebonde sal bly - eers in die middel 1800’s begin posvat het. Die historiese gebruik van ‘n huwelik, was eers gegrond in die versterking van ‘n familiestam, die uitbreiding en versekering van grond, geld en voedsel, die verkryging en behoud van status, asook om nuwe familiebande te snoer. In die Bybel het Jesus Sy heel eerste wonderwerk by ‘n bruilof gedoen – toe Hy water in wyn verander het.

Prediker 4: 9-12 sê: “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as die een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie”. Alhoewel hierdie gedeelte hoofsaaklik oor die waarde van vriendskap handel, kan‘n huwelik ook gesien word as die intiemste vorm van vriendskap. Die skrywer verwys hier na ‘n driedubbele tou wat nie maklik gebreek kan word nie. Die afleiding kan dus gemaak word, dat wanneer twee huweliksmaats saam met die Here deurweef is, sal daardie huwelik sterk bly en sal die verhouding staande bly. Soos wat ons nader aan God groei, groei ons ook nader aan mekaar. So baie van ons neem vandag ons huwelik as vanselfsprekend en te midde van die gejaagdheid van elke dag verwaarloos ons mekaar en ons verhouding in die proses. Maak tyd vir jou huweliksmaat. ‘n Tou wat uitrafel breek maklik…

WAT SÊ DIE BYBEL VAN ‘N HUWELIK? Toe die Here die mens geskape het, het Hy gesien dat dit nie goed is dat die mens alleen moet wees nie. Die Here het toe vir Adam ‘n maat geskape wat saam met hom al die wonders van die skepping kon ervaar. Genesis 2:24 sê: ”Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle sal een vlees word”. As ons diè Bybelvers gaan ondersoek sal ons die volgende sien: • “…Daarom sal die man…”- Die Bybel verwys hier na iemand wat volwasse is. Dit is iemand wat mondig is en dus die belangrikheid en impak van die besluit om in die huwelik te tree ten volle verstaan. • “… sy vader en moeder…” – ‘n Voorbeeld van ‘n stabiele gesin. • “…verlaat...”- Hier word verwys na die” wilsbesluit” of oorgangsfase of verandering wat in ‘n man plaasvind. Waar hy besluit dat hy nou gereed is, vir die toewyding wat dit verg om deel te wees van ‘n huwelik. • “…en sy vrou aankleef…” – n Ander vertaling beskryf dit as “...die man en vrou word dan deel van mekaar...” Dit is die vorming van ’n nuwe gesin. • “…en hulle sal een vlees…”- Die Bybel verwys hierna na ‘n diepe intieme verhouding waar man en vrou deel

Bronne: The History Of Marriage (1992) Edvard Westermarck http://www.statssa.gov.za/publications/P0307/ P03072013.pdf http://pastorwardclinton.com/2015/11/05/ best-explanation-of-marriage/

26


GESPREKSARTIKEL: MEI DIE AFRIKANER-GESIN:

Van toeka

tot nou

E

SAAMGESTEL DEUR: Albert Jansen, Annelize Kay & Belinda Campher

ugène Marais, die karaktervolle maar vermoeide digter uit ons geskiedenis, het ná die dood van sy geliefde Lettie, altyd die brandende begeerte gehad om deel van ’n gesin te wees. In die Waterberge deel hy die gebondenheid van ’n familie en wanneer hy daarvandaan weggaan, publiseer die tydskrif, Die Boervrou, sy gedig: Waar Tebes in die Stil Woestyn. Die gedig begin met die treffende woorde: Daar sal ek vrede weer besef...

‘n Huisgesin waarin almal vrede besef, is ’n koel lafenis vir die siel van elke mens. Die rol van die gesin het reg deur ons geskiedenis, veral vir ons wat identifiseer met die strewe van die Dameskring, die hartklop van ons bestaan gevorm. Binne die gesin lê die belewenis van al ons emosies, van die diepste hartseer tot euforiese geluk. Die gesin word in die reël voorgehou as die veilige hawe, die plek om na toe terug te keer sonder voorbehoud. Die romantiek van die Ou Kaapse verhale vertel van die galantheid van die here en die verfyndheid van die jong dames, geklee in kant en kleur. Die belangrikste wat egter in hierdie verhale gereflekteer word is daardie

27


kenmerkende dinge wat Afrikaner-gesinne en gemeenskappe vandag nog saamsnoer. Dinge soos gemeenskaplike tradisies, geskiedenis, waardes en geloof in God. ‘n Goue draad wat regdeur ons geskiedenis loop is die omstandighede van konflik en bedreiging waarbinne ons gesinne moes oorleef. ’n Verloop wat strek vanaf die onaanvaarbare praktyke van die Britse bewind aan die Kaap, die konflik en gevegte aan die Oos-Grens, die Groot Trek, die Anglo-Boere-oorlog, die Grensoorlog in Namibië, die Binnelandse konflik en die Plaasmoorde wat die Boeregemeenskap so ontwrig. Elkeen van hierdie insidente het, en is nog steeds besig om die Afrikaner-gesin se kwaliteite te vorm. Hierdie omstandighede het nie maar net gekom en gegaan nie, maar deel geword van die wyse waarop ons “gesinwees” verstaan.

opbou en hoop, eerder as afbreek en verdoem? Die beginsels van die Christelike Geloof is die hartklop van die gesin. Hierdie beginsels word deur die leiding van ouers en die voorbeeld wat hulle binne die gesin stel, vasgelê en na volgende generasies oorgedra.

Die Groot Trek

Op 16 Desember het ons gedagtes weer terug gegaan na die gebeure van die Groot Trek. Die militêre optrede van 16 Desember is egter net ’n gedeelte van die groter impak wat die Groot Trek gehad het op die siel van die Afrikaner. Die gesinne het hulle permanente wonings op die grensplase opgegee en vir maande en in sekere gevalle selfs vir jare ’n lewe in die ossewaens gevoer. Op trek was die gesinne meestal aangewese op mekaar en hulle mede-trekkers. Die stelling dat hulle gedoen het wat hulle kon, met wat hulle gehad het, is so waar van hierdie groep mense. ’n Mens staan verstom oor die inisiatief en deursettingsvermoë wat die trekkers aan die dag gelê het. Die trekkers het uiters moeilike omstandighede gehad, hulle lewens was voortdurend bedreig en die toekoms was onseker en by tye baie donker. ’n Mens kan jou net indink hoe somber die atmosfeer na die moorde by Bloukrans moes wees! Die vraag ontstaan dan: Hoe het hulle daarin geslaag om staande te bly? Die antwoord bring ons weereens by die belang van die gesin. Die standvastigheid van die vroue en hulle voortdurende motivering van die manne om nie moed te verloor nie, is ’n welbekende feit. Deur al die gebeure word dit duidelik hoe nodig die gesinslede mekaar gehad het vir onderskraging. In die lewe van die pioniersfamilies het huisgodsdiens ’n belangrike plek ingeneem. Etes is begin en geëindig met

Die Franse Hugenote

Die koms van die Franse Hugenote na Suid-Afrika versterk die Christelike inslag van die ontwikkelende Afrikaanse gesin. Hierdie was ’n groep mense wat bereid was om hulle land te verlaat ter wille van hul geloofsoortuigings. As gevolg van die feit dat hulle op grond van hulle geloof vervolg was, kon hulle nie anders as om hulle Godsdiens in gesinsverband te beoefen en te laat voortleef nie. Die omstandighede waaruit die Franse Hugenote na Suid-Afrika gekom het, konfronteer ons met ons eie omstandighede in Suid-Afrika. Ons is so gou gereed om te kritiseer en deel te neem aan, hoe-sleg-dit-gaangesprekke, maar hoe lyk dit as ons hand in eie boesem steek? Kom ons nog ons gesinsverantwoordelikhede na om Christenskap in die gesin te vestig? Streef ons nog binne ons gesinne na die uitleef van waardes wat spreek van liefde en hoop? Inisieer ons nog gesprekke wat

28


’n tafelgebed, wat die plig was van een van die kinders of ’n besoekende grootouer. Die dag se werk is nie begin voordat daar “boekegevat” is nie – en saans ná aandete is “Die Boek” weer uitgehaal. Nadat die huisvader iets uit die Bybel en miskien ’n preekbundel gelees en ’n gebed gedoen het, het almal saam ’n gesang of psalm gesing, wat hulle meestal van buite geken het. Sondae was daar ’n spesiale godsdiensoefening. Dikwels het trekboere petisies aan die Goewerneur gerig om ’n kerk te vra. Die enkele kerke is gereeld en pligsgetrou bygewoon, hoewel hulle lank moes reis om daar te kom. Die meerderheid was te ver om elke Sondag te gaan, maar het moeite gedoen om een of meer keer per jaar die Nagmaal by te woon. Dan het die katkisasie van jongmense en aanneming van nuwe lidmate ook plaasgevind. Voordat ’n kind aangeneem is, wou die ouers hulle nie toestemming gee om te trou nie. Ernstige sosiale euwels soos dronkenskap was op die platteland onbekend. Talle boere was geheelonthouers en dié wat drank gebruik het, het dit matig gedoen. Mense het respek gehad vir mekaar se lewe en eiendom. Skriftelike koopkontrakte was onnodig – ’n man se woord was sy eer. Kinders het eerbied vir hul ouers gehad. Gesinne se behoud was naby wees. Nie net letterlik naby aan mekaar bly en leef nie, maar ook nader-na-mekaarverhoudings, geestelike verbind-wees met mekaar en wedersydse ondersteuning. Hulle het besef dat volgehoue hardkoppigheid om op eie stoom te vertrou, net daartoe gelei het dat hulle veiligheid meer bedreig is. Die aanvanklike pessimisme is vervang met ’n strewe om ’n oplossing te probeer vind vir die probleme wat hulle ondervind het. Hulle het verder besef dat dit wat hulle gemeenskaplik gedeel het, tot ’n veel groter mate

bepalend sou word van hulle toekoms as die klein verskille wat hulle onder mekaar beleef het. Hierdie verandering in gesindheid kan direk toegepas word op die huidige omstandighede in ons land. Ons gesinne moet weer nader na mekaar beweeg. Dit is dáár waar die ondersteuning lê en as Afrikaners moet ons daarna strewe om ’n eensgesindheid te bou waar die ooreenkomste tussen ons weer sterk genoeg word om die verskille te verduister. In kultuur-verband is die Dameskring een van die organisasies wat in hierdie soort eensgesindheid glo en daarna streef om dit te bevorder. Eensgesindheid begin binne die gesin.

Anglo-Boereoorlog

Vanaf die Groot Trek maak ons ’n groot sprong na die Anglo-Boereoorlog (ABO), seker een van die grootste gebeure in die Afrikaner-geskiedenis. Die gewapende stryd was ’n lang uitgerekte oorlog, maar die grootste trauma was die lot van die gesinne. Die omvang van hierdie lot kan gesien word in die volgende syfers: Die boere se krygsverliese: 3,990 Op die slagveld gesneuwel 0,924 Dood aan siekte op kommando Dood per ongeluk 0,157 Dood as krygsgevangene 1,118 Totaal 6,189 Die verliese in die konsentrasiekampe: Mans bo 16 jaar 1,676 Vrouens bo 16 jaar 4,177 22,074 Kinders onder 16 jaar Totaal 27,927 Dit beteken dat 6,189 gesinne (minus die mans wat nog nie hul eie gesinne gehad het nie) vaderloos gelaat is. Die konsentrasiekampe het bykans 28,000 gesinslede dood agtergelaat. Daar was

29


bitter min gesinne in die Transvaal en die Vrystaat wat nie deur die dood van ’n gesinslid geraak is nie. Die syfers vertel egter nie die volle verhaal van smart, hartseer, vertwyfeling en verlange na geliefdes nie. Die verplettering van die gesinne noodsaak die totstandkoming van weeshuise regoor die land om die hawelose kinders te kan akkommodeer. Die werk van vrouens soos Emily Hobhouse, Johanna van Warmelo en Henrietta Armstrong moet hier erkenning geniet. Dit was veral Johanna van Warmelo wat die belangrikheid van die gesin besef en op die hart gedra het. Na haar terugkeer uit Nederland, werk sy en ander vrouens om gesinne weer te herstel. Dit was egter ’n baie moeilike taak te midde van die verwoesting wat gesaai is. Baie min mense vandag besef wat die werklike omvang van hierdie verwoesting was... Dr. Philip Theunissen werp ’n bietjie meer lig hierop in ’n artikel wat in September 2015 verskyn het in VKB se tydskrif: Die Pad Saam. (Hierdie inligting gee slegs die omvang van verwoesting in die Vrystaat weer.) Vir solank die boerevroue op die plase was, sou die vegtende burgers geen gebrek aan voedsel en perdevoer hê nie en kon hulle onbepaald aanhou veg. Dr. Theunissen skryf dat Roberts met die verskroeide-aarde-beleid begin het in ’n poging om die boeremagte van hulle voorrade af te sny. Toe Lord Kitchener by Roberts as opperbevelhebber oorneem, het hy die beleid met groter intensiteit voortgesit. Opstalle is voor die voet afgebrand en die konsentrasiekampstelsel is uitgebrei. Alle voedsel is verbrand of bederf, alle waens, karre, meubels, ploeë, trap- en dorsmasjiene is stukkend gebreek en damme is opgeblaas. Vrugtebome is onder die entmerk afgekap sodat dit nooit weer moes dra nie, klippe is in die

windpompskagte afgegooi en die water in putte is vergiftig. Hooimiedens is aan die brand gesteek, sakke graan is verbrand en vee op hope doodgesteek. • Vernietiging van die veestapel: Volgens Dr. Theunissen toon Britse rekords onder andere dat van Maart tot Augustus 1901, toe die beleid op sy felste was, 119 999 beeste, 49 499 perde, 1000 ton voer en 2 912 waens en ander voertuie buitgemaak is. In sommige verslae word egter net “baie vee” of “baie perde” gemeld, maar in verskeie gevalle word aangedui: All stock removed from this district. Volgens statistieke (APJ van Rensburg) is 90% van die veestapel tydens die oorlog uitgewis. • Toerusting: Omheinings, draad en pale is verwyder of onherstelbaar beskadig. Draad en pale wat van plase verwyder is en vir blokhuislyne gebruik is, is na die oorlog as regeringsbesit geklassifiseer. Boormasjiene en leerlooierye is verwoes en implemente is gestroop. • Akkerbou: Trekdiere, implemente en produksiemiddele is vernietig en die lande wat vir drie jaar braak gelê het, was oortrek met onkruid. Sommige landerye is met sout bestrooi en sodoende van hulle vrugbaarheid ontneem. • Huise en dorpe: In die Vrystaat is 26 dorpe ná die oorlog as totaal verwoes aangegee. Ten minste 65 kerke is beskadig of verwoes. Die getal verwoeste huise in beide republieke het ten minste 30 000 beloop. Dit is na hierdie omstandighede wat diè wat die oorlog oorleef het, gedurende die winter van 1902 moes terugkeer. Hulle het letterlik met slegs die gehawende klere aan hulle lywe op dit wat van hul plase oor was opgedaag. Die vrouens in die

30


konsentrasiekampe kon as vergunning die tente waarin hulle gewoon het, saamneem tydens hul repatriasie. By hulle aankoms is die vervalle strukture op die plase as skuilings ingerig tot tyd en wyl huise herstel sou kon word. Tydens die Anglo-Boereoorlog sien ons dus die grootste ontwrigting van die Afrikanergesin. Eugène Marais beskryf die swaar gemoed in sy gedig Oorwinnaars: .......nie onse Seuns, wat aan die galg en teen die muur die diepe liefde vir hul eie moes verduur; nie onse Moeders, wat met bloeiend’ hart en seer, in swart Getsemanè die ware smart moes leer; ......

’n ander gemoedstoestand oor wat hom in staat stel om alternatiewe opsies ook te oorweeg. Sodra hy dan agterkom dat alles nie verlore is nie, verdwyn sy vrees en hulpeloosheid en begin hy stelselmatig nuwe moontlikhede raak te sien. Sy toekomsvisie word spoedig deur hoop oorheers en dit is wat hom in staat stel om teëspoed te oorkom. Wat kan ons leer uit dit wat tydens die Anglo- Boereoorlog met ons mense gebeur het? Hulle het nie teruggekeer as “victims” nie, maar as survivors! Hulle het nie toegelaat dat al die pyn en hartseer hulle tot stilstand dwing nie. Die bitterheid en haat teen die Britte was diep gesetel, maar dit het hulle nie daarvan weerhou om hulle eie omstandighede met ywer en deursettingsvermoë weer stelsematig te probeer verbeter nie. Hoe gering hulle vermoëns en die middele tot hulle beskikking ookal was: HULLE HET WEER BEGIN BOU! Pragtige verhale bestaan van enkelinge wat weer gesinne gevorm het, buurskappe, gemeenskappe en in 1910 weer ’n Unie. In die getuienis wat vroue na die Oorlog gelewer het, kom ’n waarheid na vore wat vir ons vandag van groot waarde is: Hulle het alles verloor. Daar het niks oorgebly van hulle besittings, toekomsplanne en drome vir hulleself of hulle gesinne nie. Wat was dan hulle redding? ’n Verskuiwing van hoop. Hulle hoop het verskuif na dit wat ewigheidswaarde het. Hulle het anders begin kyk na pyn en lyding, omdat hulle tot die besef gekom het dat die enigste permanensie hulle Geloof in die enigste lewende God was.

Totius gebruik die beeld van ’n jong boompie wat vertrap is deur ’n wa en dan skryf hy: Maar tog het daardie boompie Weer stadig reggekom, Want oor sy wonde druppel Die salf van eie gom. Wanneer ’n mens met ’n vergrootglas kyk na hoe die Boere weer kon regkom en wat die salf van eie gom was, dan word dit duidelik dat een van die belangrikste stukkies gom seer sekerlik die herstel van die gesin was.

Slagoffer of Oorlewende?

Die terapeut Mary Ellen Halloran verduidelik dat ‘n “victim” sy omstandighede as ’n bedreiging beskou en dat hy homself met gevoelens van vrees en hulpeloosheid omring. Hy verloor gevolglik sy wilskrag en raak in ’n toestand van geen uitkoms vasgekeer. Halloran is van mening dat ‘n “survivor”, net soos ‘n “victim”, ook vrees en hulpeloosheid tydens ’n krisis ervaar, maar dat dit nie AL is wat hy ervaar nie. Hy skakel baie gou na

Droogte en Depressie

Dan kom die groot droogte van die 1930’s en talle mense word weereens van die plase af gedwing, plase word verloor en groot getalle mense, waaronder baie

31


Die Afrikaner-gesin vandag

jongmense, begin stadwaarts beweeg. In die stede sukkel hierdie mense om hulleself te laat geld as gevolg van die ekonomiese toestande en swak opleiding. Al hierdie faktore gee aanleiding tot die sogenaamde Armblanke-vraagstuk. Weereens is die gesinne onder druk. In die meeste gevalle is die kinders weg na verskillende dorpe of stede. Gereelde kontak was baie moeilik en het tot vervreemding gelei. Op ’n paar plekke vorm daar geïsoleerde gemeenskappe met gepaardgaande sosiale verval, bv. in die Knysnawoud en naby Groot-Marico. In 1934 word ’n Volkskongres gehou om hierdie probleem te probeer oplos. Dit veroorsaak die grootste draaipunt in die ontwikkeling van die Afrikaner en veral die welsyn van gesinne. Reuse werksverskaffingsprojekte word aangepak, bv. die bou van damme, konstruksie van paaie en die uitbreiding van die Spoorweë. Hierdie was nie net projekte vir Afrikaanse gesinne nie, maar totale gemeenskappe het hierby gebaat. Die Afrikaner het hier die geleentheid gekry om homself uit die armoede te werk. Die onderwys is doelgerig aangepak en direkte pogings is aangewend om die negatiewe houding teenoor onderwys te verander. In dié verband raak die Kerke betrokke en word een van die belangrikste instellings om die mense weer op te hef. Die uitkoms van die Armblanke-vraagstuk lewer ’n groep mense op wat baie beter toegerus was vir die eise van die 1940’s en later. Dit sluit ’n historiese era af waarin die fondamente van die Afrikaner-gesin se kultuur stewig gevestig is. Die Afrikanergesin, soos ons dit sien in die dampkring van die Dameskring, het ’n baie spesiale betekenis. Die besonderse kwaliteite van hierdie gesinne het nie sonder meer gebeur nie, maar is die resultaat van eeue se ontwikkeling.

Izak de Villiers waarsku dat dit vandag tydmors, “selfs dwaas”, is om ’n definisie aan Afrikanerskap te probeer gee. Daar is min volke wat ‘n “kraakvrye” definisie het van wie hulle is. Om lid te wees van ’n volk is grootliks ’n emosionele realiteit. Dit begin met die gevoel van iets soos ’n knop in die keel. Dis iets van “dis my mense hierdie...” Herman Giliomee skryf dat moderne Afrikanerwees nie meer beteken “om die land vir hulleself toe te eien en op ander mense te trap nie”. Moderne Afrikaners vir Giliomee is “’n vrye, mobiele en soms virtuele gemeenskap, wat mekaar soms op kunstefeeste vlugtig ontmoet, op die internet met mekaar in aanraking bly en moeite doen om Afrikaans in die huisgesin, skool en universiteit lewend te hou.” Navorsing onder moderne Afrikaners toon dat die meeste van hulle se gesinne gekenmerk word deur die volgende sewe kenmerke as die belangrikste eienskappe van hulle kultuur: • Godsdiens: Afrikaners glo steeds en beskou godsdiens as baie belangrik. Afrikaners is in verskillende kerke wat wissel van formele tot baie informele eredienste. • Respek: Waardes is vir Afrikaners belangrik, maar veral dat ouer persone, ouers en onderwysers met respek behandel sal word. Dit is ook vir Afrikaners belangrik dat hul kultuur deur ander persone gerespekteer sal word. • Kuier: Afrikaners is plesierige mense! Hulle hou van braai, potjiekos, biltong en blatjang. Die belangrikste kulturele kenmerk is egter om dit saam met jou gesin, familie of vriende te geniet. • Gemeenskapsbetrokkenheid: Dit is vir die Afrikaners belangrik om as positiewe burgers betrokke te wees by gemeenskapinstellings

32


soos kerke, skole, erfenisterreine en kultuurorganisasies. • Afrikaanse musiek: Afrikaanse musiek blom en Afrikaners ondersteun graag Afrikaanse sangers op kunstefeeste. • Afrikaanse taal: Dit is vir Afrikaners belangrik dat Afrikaans as taal sal bly voorbestaan en verder as hoëfunksietaal presteer. • Grond: Afrikaners is bodemgebonde mense wat ernstig is oor hulle erfgrond. Hulle neem die skeppingsopdrag ernstig op om die aarde te bewerk en die omgewing te bewaar.

is steeds die plek waar ons met trots ons geskiedenis kan (en moet) oorvertel en ‘n Geloof in God van kindsbeen af bevestig. Die gesin is die plek waar ons gedissiplineerde mense word met gesinswaardes wat met ’n rimpeleffek sal uitkring na ons familie, vriendekring, gemeenskap en ons land. Volhard en koester jou gesin, met warmte, meelewing en egtheid – ongeag wat die omstandighede is. Besprekingsvrae: 1. Neem ouers/grootouers nog die verantwoordelikheid vir die vestiging van Christelike beginsels binne die gesin? 2. Word Afrikaner-gesinne nog gekenmerk deur hulle geloof, waardes, plesierigheid, gemeenskapsbetrokkenheid en onvoorwaardelike liefde vir hulle taal en tradisies? 3. Het ons al soos die trekkers van ouds werklik tot die besef gekom dat dit wat ons gemeenskaplik deel tot ’n baie groter mate bepalend van die toekoms is as die klein verskille waaraan ons so dikwels al ons tyd en energie bestee? 4. Inisieer ons gesprekke wat opbou en hoop (selfs binne haglike omstandighede) eerder as afbreek en verdoem? 5. Het daar al by ons ’n verskuiwing van hoop plaasgevind? Hoop op dit wat ewigheidswaarde het? 6. Leef ons as “victims” of “survivors”!?

Danie Langner, besturende direkteur van die FAK sê in sy toespraak tydens die krisisberaad in 2015: “Afrikaners is trotse, oopkop, gemaklike, verantwoordelike, hardwerkende, middelgrondsoekende, vredeliewende mense! President Steyn het gesê ons is ’n volk van gesinne en families. Ons is mense wat ons verantwoordelikheid teenoor die land en al sy mense sal nakom. Ons storie, geskryf oor drie eeue, wys duidelik ons is bouers, nie brekers nie. Ons skep momente en bou monumente. Krisisse het nog altyd vir Afrikaners die geleentheid gebied vir selfverwerkliking.” Die Afrikaner-volk het oor eeue heen krisisse oorleef. NP van Wyk Louw het gesê ons is ’n volk met baie deugde – ’n volk wat in elke krisis die verantwoordelikheid aanvaar om vry en regop te loop, om met verbeelding die klipbanke van ou denke af te breek, sodat die skoon water van helder dink en doen weer die woestyn kan bevrug. Van toeka tot nou is dit oor en oor bewys. Die oorwinning van elke krisis het begin by die gesin. Kwaliteite soos nabyheid, ’n veilige hawe vir al die lede van die gesin, ’n plek waar hartseer en vertwyfeling op konstruktiewe wyse opgelos kan word en waar die vreugde van suksesse gedeel kan word. Die gesin

Bronnelys:

Bunning, T: Uit ons Digkuns. 1971. Marais, E: Die Groot Verlange. 1974. Marais, E: Versamelde Gedigte. 1945. Kemp, JCG: Die Pad Van Die Veroweraar. 1946. www.vkb.co.za (Artikel deur Dr. Philip Theunissen in “Die Pad Saam – Uitgawe 32, September 2015) krisisberaad.co.za – Toespraak – Danie Langner Internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis (www. afrikanergeskiedenis.co.za)

33


SIELSKOS: JUNIE

“Volstruis in die windpomp – dae…” Ek kry vandag ‘n boodskap van ‘n vriendin wie se driejarige dogtertjie ‘n paar weke gelede gediagnoseer is met kanker. My hart pyn terwyl ek na die bleek, kaalkopgesiggie op die foto kyk.... van die eens welige bos weerbarstige krulle is niks oor nie. Niemand van ons is vrygestel van teenspoed nie...

E

Bydrae: Belinda Campher

as jy dit begin doen, want dan erken jy dat die Here steeds in die prentjie is. Jy besef eers dat die Here al is wat jy nodig het, as Hy al is wat jy oor het. In die lig van droogte en waterkrisisse op verskeie plekke in ons land, is dit die gebed van my hart dat - al sou die vyeboom in jou tuin vandag (of dalk vir maande of weke of langer) nie bot nie, en al sou daar geen druiwe in jou wingerd wees nie.... al sou jou olyfoes misluk en daar geen oes op jou lande staan nie.... al sou jou kampe sonder kleinvee en jou beeskrale sonder beeste wees... dat jy NOGTANS sal kan jubel en juig. Omdat God my en jou redder is. Omdat Hy groter is as enige omstandighede waarin ons ons ooit kan bevind. Eendag sal ons wel weer opkyk na die windpomp, dan is alles heelgemaak, skoongemaak, geverf en draai die lemme rustig in die rondte. Omdat Hy DAAR was, omdat Hy in beheer was, omdat Hy jou geleer het, omdat Hy jou vasgehou het, omdat Hy jou deurgedra het...

k dink elkeen van ons het onsself iewers al in een of ander moeilike krisistyd bevind. Willem Botha skryf op sy webwerf (www.heuning.co.za) so ‘n mooi gedeelte oor daardie dae wat die “pawpaw die fan strike”.... of in Afrikaans: dae wat die volstruis in jou pomp invlieg..... God praat in Sy woord ook oor sulke “volstruis-indie-windpomp”- dae. Vir Job was dit ‘n GROOT volstruis en ‘n WOESTE windpomp. Hy het alles verloor, diere, besittings, slawe, kinders en later tref die allerverskriklikste siekte hom boonop. Job 1:20 – 22: Toe het Job opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook sy hare afgeskeer. Daarna het hy op die grond gaan lê en gesê: “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.” Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie. In sy boekie “Prison to Praise” sê Merlin Carothers jy moet net aanhou om die Here te prys, ongeag die omstandighede. Jy kry nogal ‘n interessante perspektief op jou probleme

Bronverwysings: www.heuning.co.za – Willem Botha

34


GESPREKSARTIKEL: JUNIE

DIE . . . R A A N E GETOG mpher

Bydrae: Belinda Ca

I

Die era van protes, getuig & betoog

n ’n e-kerk navorsingen tendensverslag van Junie 2012 word ’n tendens wat die hele wêreld aan die brand het ondersoek. In diè verslag word daar tereg beweer dat die era waar reëls en regulasies absolute gesag gehandhaaf het oor die algemene publiek, vir altyd verby is. Ons leef in ’n nuwe wêreld waar alles getoets, gemeet en geweeg word. Indien daar selfs die kleinste sweempie van onregverdigheid of ondeursigtigheid blyk te wees, skroom mense nie om drastiese aksie te neem teen die aanstigters van onregverdigheid nie. Die feit dat ’n tradisionele gesagsfiguur of organisasie iets implimenteer of voorstaan, maak dit net nie meer noodwendig die regte keuse, besluit of rigting vir ’n ontluikende generasie wat leef in ’n wêreld waar alles weetbaar en in ’n oogwink kommunikeerbaar is nie. In die wêreld... Van Egipte tot Sirië, van Soedan tot in Suid-Afrika, is mense besig om in opstand te kom teen wat hulle sien as

’n toenemende onregverdige beleid. Wael Ghonim was nie net een van die grootkoppe by die internetreus Google nie, maar hy het ook aanvanklik die Egiptiese opstande aangevuur op Twitter. Jane Wales, president van die Global Philanthropy Forum, tree op as raadgewer vir van die mees vooraanstaande handelsmerke, waaronder Google, Pepsi en ander jeugverwante maatskappye. Nuwe bemarkingstrategieë gaan al hoe minder oor die meriete van ’n produk of diens en al hoe meer oor die manier waarop die betrokke maatskappy bydra tot ’n meer regverdige en gesonde wêreld. Wales se raad aan die meeste organisasies is die volgende: “This is probably the first generation that I’m not saying, why aren’t they more like we were? I’m saying, why weren’t we more like they are?” They know what they’re up against. They know what they want to build. This is a great generation.” Akteur en sosiale aktivis, George Clooney, het ongekende publieke steun vir Soedan ontlok toe hy deelgeneem het aan ’n onwettige betoging buite die soedanese ambassade in Amerika en toe deur die plaaslike owerhede

35


op sy voorstel was egter presies die teenoorgestelde en op Sondag 29 Mei 2012, was die onderwerp die hoogs gelyste tendens op die sosiale netwerk Twitter. - Rhodes Universiteit staan op... In Maart 2012 het ’n betoogaksie deur ’n opleidingsinstelling dit vir die eerste keer reggekry om bo-aan die lys van gespreksonderwerpe op Twitter te verskyn. Die term #RUSilent wat op almal se fone verskyn het, het die wêreld laat kennis neem van ’n groep van 70 studente wat met toegeplakte monde betoog teen diskriminasie teen slagoffers van seksuele misdrywe, veral verkragting. Hierdie aksie het internasionaal opspraak verwek met die organiseerder, Larissa Klazinga, se woorde: “Our protest is to make the silence visible. It’s to show that critical voice that has been taken away.” - Die kerk se getalle krimp... Navorsing, soos diè van David Kinnaman (You lost me: why young Christians are leaving church, 2011) toon aan dat meer as 60% van jong volwassenes in die VSA tans die kerk vaarwel roep na jare se aktiewe betrokkenheid as tieners. Nuwe winde waai tans op plaaslike kerklike horisonne, waarvan protes-winde een is.

gearresteer en toegesluit is. Dit mag dalk ’n invloedryke persoon verg om die vuur aan die brand te steek, maar die bewyse is duidelik dat die algemene publiek gereed is om hulle stem te laat geld wanneer dit kom by die uitwysing en uitwissing van ‘n onregverdige en liefdelose beleid.. Sekerlik een van die mees berugte protesaksies was afkomstig van die Invisible Children organisasie, wat ’n dertig minute YouTube video opgelaai het as deel van hulle veldtog teen die gebruik van kindersoldate in die rebelle kampe van Uganda. Diè veelbesproke video het binne ses dae tot by die 100 miljoen kykers gelok, en was kort voor lank die stuk media wat die meeste oë en ore in die kortste tyd bereik het in die geskiedenis van die mens. Plaaslik... Volgens e-kerk se verslag, sal ons ’n baie groot fout maak as ons dink die golf van protes het nie ook oor Suid-Afrika gespoel nie. Regdeur ons land sien ons dan ook bewyse van groepe mense wat deur middel van tegnologie en op ’n verskeidenheid ander platforms, hulle stemme dik maak. - Modelle wys naels.. Toe Jessica Leandra Dos Santos en Tshidi Thamana mekaar op Twitter gepak het oor hulle wedersydse rassistiese uitlatings, was die hele land in rep en roer. - President Jacob Zuma op die skilderdoek... Na aanleiding van die massiewe debakel rondom Brett Murray se omstrede skildery van die President, het die City Press koerant die skildery gepubliseer, en NOG meer negatiewe reaksie van die regerende party ontlok. Soveel so, dat senior ANC amptenaar en minister Blade Nzimande die publiek opgeroep het tot ’n algehele boikot van die koerant. Die publieke reaksie

In e-kerk se verslag word enkele belangrike faktore uitgelig wat hierdie tendens van die getogenaar teweeg kon bring, asook bepaalde gevolge en implikasies daarvan: Faktore: • Regverdigheid en egtheid: Die digitale wêreld, waar die sosiale platforms koning kraai, vra vir deursigtigheid ten opsigte van regverdigheid en egtheid. • Ywer en passie vir verandering: Mense betoog as hulle sê hulle kan nie meer so aangaan nie en dinge moet

36


Implikasies: Jongmense vandag, is die totale teenoorgestelde van hulle ouers en voorouers wat vanuit gemeenskaplike respek en vertroue in posisie gebaseerde gesagsfigure, hulle net blindelings nagevolg het. E-kerk se tendensverslag beskryf hierdie moderne presteerders nie as rebels vir enige ander rede as hulle verlange na ’n beter, meer gesonde wêreld vir hulleself en hulle medemense nie. Hulle is tegelyk getuies, betogers en tegnologiese towenaars. Wanneer hulle hulle eie besef vir liefde kombineer met hulle ongekende toegang tot kommunikasie en media, dan luister die wêreld en dinge verander teen ’n spoed wat ons voorheen nog nooit gesien het nie.

verander. Hulle kyk terug en sien dit was beter in die verlede, of hulle kyk na die toekoms en sien dinge moet kan beter lyk. Of hulle kyk net na hulle huidige omstandighede en sien rondom hulle dat ander mense, groepe of kulture beter af is en dat daar oneer en onregverdigheid gepleeg is. Die getogenaar tree op vir die welstand van hom/haarself of van hulle groep. • Verskuiwing van die moderne era na ’n digitale era: Die rede waarom monargieë en diktators vir so lank aan bewind kon bly, was dat hulle in ’n moderne era tot bewind gekom het waar die waarheid maklik weggesteek kon word. In die digitale wêreld waarin ons vandag leef, is dit nie meer so maklik om die waarheid weg te steek nie. Indien die mense nie saamstem met die regering, of persoon se siening en bewind nie, dan protesteer hulle daaroor. • Ontstaan van sosiale media en die ontploffing van die digitale wêreld: Die digitale era het die wêreld baie kleiner gemaak. Dit moedig die individu aan om self te dink. Dit behels dat ons in ’n wêreld van nuut bedinkte verhoudings leef. Dit maak ’n wêreld van konneksies oop en moontlik. Alles is gekonnekteer met mekaar. Daar is ’n verskuiwing van kennis. In die pre-moderne en moderne era het ’n sekere groep mense gedink vir ’n massa mense. In die digitale era word mense aangemoedig om hulself te ondersoek vir die antwoorde. Niemand moet meer vir ons dink nie...

Besprekingsvrae: 1. Stem julle saam met Wales se opinie oor die nuwe generasie? “This is probably the first generation that I’m not saying, why aren’t they more like we were? I’m saying, why weren’t we more like they are?” They know what they’re up against. They know what they want to build. This is a great generation.” 2. Deel julle opinies oor protesaksies via sosiale media. 3. Stem julle saam met die stelling wat gemaak word dat die jongmense van vandag se ouers en voorouers posisie gebaseerde gesagsfigure blindelings nagevolg het? 4. Dra hierdie protesaksies en betogings daartoe by dat wet en orde moeiliker gehandhaaf word? Bronverwysings: Vir volledige tendensstudie: www.ekerk.co.za

Gevolge: • Dit is moeiliker om die waarheid te onderdruk of die feite toe te smeer. • Maatskappye, regerings en ander entiteite moet deurlopend die daad by die woord voeg. Daar kan nie meer leë beloftes gemaak word nie.

37


JOU IS WAAR JOU

huis is

Bydrae: Nicolette Graham, Westminster School, Adelaide, Suid-Australië / September 2015

A

feit dat ek anders na dinge kyk of voel oor dinge as die mense om my. Ons geniet dit om kosse van verskillende lande te eet. Ek beleef vriendelikheid, bedagsaamheid en ordelikheid, waar ookal ek myself bevind. Die omgewing is ook pragtig met strande, wynlande en groen heuwels skaars twintig minute van ons af, as ons van die stad wil ontsnap. Ek het die voorreg om by my huis te wees, my kinders self groot te maak en elke fase van hulle grootword te geniet, saam met ‘n baie goeie en ondersteunende man. Vriendskap hier is in kleiner porsies, maar baie bevredigend, want jy soek vriendinne wat nie noodwendig dieselfde agtergrond het nie, maar wat eerder ook in jou belangstellings en waardes deel. Hier sien ek myself eerder as ‘n sandrosie - nie sterk geanker in die grond nie en baie maklik verskuifbaar. My blaartjies sit naby mekaar en dit is die mense waarmee ek daagliks deur die lewe stap. Hier kweek my hart stadig maar seker eerder nuwe plantjies. Al is daar verlangdae, is ek so dankbaar vir my huis en alles daarmee saam. Ek voel rustigheid in hoe God my wil gebruik in Sy groter plan hier op aarde. Dit maak nie regtig saak waar die hart van jou huis homself op ‘n gegewe oomblik bevind nie, kinders van Hom het een gemeenskaplike vooruitsig en dit is om met opwinding uit te sien na ons ewige huis saam met Jesus!

s ‘n Suid-Afrikaner wat oorsee woon, is ‘n kuier in SuidAfrika heerlik en bring so ‘n tyd altyd ‘n mengelmoes van emosies mee. Ek het twee huise, want my hart is in twee plekke. As ek praat van “huistoe kom”, verwys ek na my ouerhuis en die dorpie waar ek grootgeword het. Van die lekkerste vooruitsigte met so ‘n kuier, behalwe vir die soete herontmoeting, is die intense opvang met mense, bekende mooi omgewings, heerlike samesyn en kos, en die herlewing van mooi herinneringe. Ek voel hier soos ‘n boom - stewig geanker in familiewortels, sterk in my identiteit. My boom se takke is al die mooi en besonderse mense wat my lewe geraak het en in die proses my help vorm het. Die skaduwee is die opwindende lekkerte wat ek oor so ‘n tyd beleef. My hart is vol bloeisels. Dis baie nodig, maar dit bly net tydelik. In Adelaide in Australië waar ek tans woon, is my hart egter óók! Ek ervaar dit in my man en kinders. Die fokus hier is meer in die nóú en die moontlikhede van more. My huisie het geen antieke erfstukke of foto-albums van my kleintyd nie, en tog is dit waar ek tuis voel en myself uitleef in my tuin en die mooimaak van ons plekkie. Ek leef hier tussen mense met verskillende agtergronde, geskiedenisse en denkraamwerke. Al staan ek nie uit in ‘n groep nie, voel ek baie keer uniek deur die

38


Lewer ‘n bydrae vir die Granaat • Indien jy nie self die foto’s geneem het nie, maak seker dat jy die toestemming van die fotograaf verkry en gee erkenning vir die gebruik daarvan. • Die foto’s moet ten minste 2MB groot wees. Hoe weet mens? Regs kliek op die foto en kliek dan op ‘properties’, wat vir jou die grootte sal aandui. Selfoonfoto’s is ook welkom, maak asb net weereens seker dat die kwaliteit van ‘n hoë standaard is en stuur dit asb as die “actual size” of “original size”. • Maak asseblief seker wanneer jy die foto’s per e-pos stuur, dat jou program dit nie outomaties verklein nie – kies die “original size” foto en e-pos dit. Let daarop dat meeste e-pos adresse net 3MB aanhangsels kan ontvang. Dit sal dus beter wees om slegs een foto per e-pos te stuur.

Liewe DK-vriendin

I

ndien jy graag enige bydrae vir ons tydskrif “Granaat” wil instuur, let asseblief daarop dat dit aan sekere vereistes moet voldoen en dat die Tydskrifkomitee die reg voorbehou om die bydrae te plaas (dadelik of in ‘n latere uitgawe). Skryfstukke wat uit eie ervaring/ belewenis spruit, sal voorkeur geniet. Die komitee behou ook die reg om die artikel te verkort en die nodige taalversorging daarvan te doen. Plagiaat is strafbaar in Suid-Afrika, daarom is dit noodsaaklik dat die vrywaringsklousule ingesluit is. Bydraes vir die Granaat moet in ‘n spesiale formaat aangebied word. Die dokument hiervoor kan afgelaai word van die webblad by www.dameskring.co.za (onder die dokumente afdeling) of u kan direk met my skakel by mccampher@mtnloaded.co.za om dit via e-pos te ontvang.

Ek sal ontvangs erken van alle bydraes. Indien u dus geen reaksie van my ontvang nie, e-pos asb weer. E-pos asseblief die voltooide Granaatbydrae, sowel as jou foto’s aan: mccampher@mtnloaded.co.za

Foto’s: • ‘n Maksimum van 3 x hoë resolusie foto’s (300dpi) JPEGS kan die berig vergesel (indien nodig, bv. by Takprojekte of – funksies, ens.) Vir die middelbladprojekte kan meer foto’s gestuur word, of ‘dropbox’ kan gebruik word.

Belinda Campher

Groete

Belinda Campher Redakteur vir die Uitgawe

Alita Rose

Annelize Kay

Taalversorging gedoen deur Karen Hauman en Marda Oosthuysen

39

DIE SPAN


Westfalia RESEP

D

ie neutrale geur van avokado-olie kombineer baie goed met ‘n verskeidenheid van ander bestanddele. Hierdie besondere kombinasie van vars kruie, avokado-olie en papawersaad bied ‘n nuwe smaaksensasie aan enige basiese slaai.

PAPAWERSAAD-EN-AVOKADO OLIE SLAAISOUS (100 ml slaaisous) BESTANDDELE 60 ml (1/4 k) ongegeurde Westfalia Avokado-Olie 30 ml (2 e) wit wynasyn 10 ml (2 t) heuning

15 ml (1 e) fyngekapte kruisementblare 15 ml (1 e) fyngekapte Italiaanse pietersielieblare 5 ml (1 t) papawersaad Sout en peper na smaak

METODE • Meng al die bestanddele en geur met sout en peper na smaak. • Dit kan tot 7 dae in ‘n lugdigte houer in die yskas smaak behou. • Bedien dit as ‘n slaaisous oor ‘n slaai van jong slaaiblare, vars roketblare met kruie en snytjies avokado, Pecorinokaas en eetbare blommetjies. WENKE • Ongegeurde Westfalia Avokado-Olie is in Woolworths in 250ml sowel as 500 ml bottels verkrygbaar. • Die slaaisous kan oor enige slaai gebruik word. Dit is ook heerlik om geblansjeerde groente daarmee te bedruip. • Gebruik die slaaisous as ‘n marinade vir hoender- en beesfilette. • Gebruik Westfalia se Suurlemoengegeurde- of Knoffelgegeurde Avokado-olie as ‘n afwisseling saam met die ander slaaisousbestanddele. • Vervang die kruisement- of pietersielieblare met fyngekapte vars dille en gebruik die slaaisous oor aartappels, vis of hoender. RESEP: Ontwikkel deur Heleen Meyer • Vertaal deur Magdie de Kock


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.