Mooiriviermengsel die beste keuse Smutsvingergras (Digitaria eriantha) is vandag alombekend is een van die beste meerjarige somergras spesies beskikbaar. Daar is vandag ook verskeie suksesvolle aanplantings oor die somerreenvalstreek wat van die spesie se sukses kan getuig. Maar dit is ook 'n alombekende feit dat dit 'n spesie is wat ongelukkig baie lank (tot 3 jaar) kan neem om suksesvol te vestig agv inherente saad dormansie (rustende sade). Dit kan 'n probleem wees veral wanneer die area van vestiging besmet is met onkruidsade en daarom sien baie boere die vestiging van Smutsvinger as riskant.Om hierdie frustrasie van stadige vestiging te oorkom en onkruidgroei te onderdruk met vestiging kombineer boere verkeerdelik Smutsvingersaad met Eragrostis Tef.Hoewel hierdie mengsel 'n oplossing oor die korttermyn kan wees, kan dit ook rampspoedige gevolge oor die langer termyn hê. Wanneer Smutsvingergras (meerjarige soetgras) met Tef (eenjarige suurgras) gekombineer word is die slotsom 'n ongewenste mengsel van soet- en suurgrasse wat lei tot 'n onsmaaklike weiding en selektiewe benutting deur diere. Die Tef komponent kan verder ook die bron van ongewenste meerjarige Eragrostis spesies soos Oulandsgras (Eragrostis curvula) en Taaipol (Eragrostis plana) wees. Laasgenoemde twee spesies is dan ook een van die vernaamste redes waarom 'n Smutsvingeraanplanting vervuil met suurgrasse en later omgewerk en hervestig moet word. Dit is dus baie belangrik om die regte spesies te kombineer om 'n suksesvolle Smutsvinger aanplanting te verseker en vir hierdie rede word die eksklusiewe Mooirivier Mengsel van Agricol sterk aanbeveel. Die spesie samestelling van die mengsel is as volg:
• 64% Digitaria eriantha (Smutsvingergras) • 29% Chloris gayana (Rhodesgras) • 7% Panicum coloratum (Kleinbuffelsgras). Voordele van die Mooirivier Mengsel: • Al drie spesies in hierdie mengsel is meerjarige soetgrasse wat baie smaaklik is, met baie goeie verteerbaarheid en wat buiten beweiding uitstekend hooi en ook as staande hooi benut kan word. • Die spesies komplimenteer mekaar goed aangesien Rhodes-en Kleinbuffelsgras reeds vanaf plant, vinnige sterk vestigers is wat onkruidgroei kan onderdruk en aan die Smutsvingergras 'n onkruidvrye basis te bied om oor tyd te vestig. • Die mengsel is geskik vir die meeste grondtipes en groei uitstekend in gebiede met 'n jaarlikse reenval van 500mm en hoër in die Somerreenvalstreke. • DM produsie kan so hoog wees as 18 ton per hektaar onder besproeiing met die regte bestuurspraktyke. • Die bestuur van die gevestigde Mooirivier mengsel is eenvoudig, aangesien bestuurspraktyke geskoei is volgens normale Smutsvinger bestuurspraktyke. • Hierdie mengsel kombineer verder ook goed met peulgewasse soos onder andere Melilotus alba (Soet witblomklawer)-sien verdere voordele onder uiteengesit. • Die drie grasspesies is vir gerief reeds vermeng in die regte verhouding en in een enkele houer verpak.
daarop dat meer kg'e geplant moet word om te kompenseer vir die gewig van die chemiese middels en daarom beveel ons 10kg/ha in rye en 15-18kg/ha indien die saad gesaai word. Die saad word verpak in 10kg verpakkings vir die onverpilde saad en 25kg verpakkings vir die verpilde alternatief. Voordele van peulgewasse in kombinasie met die Mooirivier mengsel: • Peulgewasse is Stikstofbinders (N) wat voor die handliggende voordele inhou vir droe material produksie. • Verhoogde verteerbaarheid en smaaklikheid van grasaanplantings en kan selfs die gemiddelde persentasie ru-protien verhoog wanneer die weiding as staande hooi benut word in die winter. Peulgewasse wat aanbeveel word vir die Mooirivier mengsel sal van reenval areas verskil nl: • vir 500-650mm reenval area's sal die geharde tipe peulgewasse (penwortelstelsels tipes) soos byvoorbeeld Melilotus alba sterk aanbeveel word. • vir 650mm+ reenval area's kan daar na ander tipe peulgewasse soos Assegaaiklawer (bywortelstelsel) gekyk word vir oostelike areas Vir verdere navrae skakel Nylverspreiders by 014 717 2204, Sarel Smit 082 824 7110.
Die aanbevole saaidigtheid vir onverpilde saad is 6kg/ha. Indien in rye gevestig word, word saaidigtheide van 8-10kg/ha aanbeveel. Die saad is ook in bestrykte vorm beskikbaar. Let egter
MATERIAAL VERKOPE Tel: 014 755 3669
Wild- en elektriese materiaal verkope e-pos : swanevelder@telkomsa.net www.swanevelderfencing.co.za
Bladsy 10
WATERBERG AGRI
April 2015