Page 1

Roofvoëls kry nodige steun van boere

Granaat —

bloedrooi

pêrelskatkis Pioniers van ouds pronk in Settlersmuseum

Eksotiese wild laat beleggers kopkrap

n GENETIKA n WILDBEDRYF n LANDBOU n NATUURBEWARING n GEWASSE


52

JAAR IN DIENS VAN DIE VEEBOER

ONS SPESIALISEER OOK IN STOETVEILINGS/SPESIALE VEILINGS KLEINVEE-VEILINGS, LOSGOED VEILINGS EN EIENDOMME. BALTIMORE

WARMBAD

www.akock.co.za

Email: andrekocklimpopo@sastud.co.za

Paul van Vuuren Fellies Felstead Faan Naudé Roy Komlosy Jan Smit Steve Horn Paul van Vuuren Jnr

083 230 3595 082 653 7455 082 494 3467 (Kleinvee/eiendomme) 082 610 0814 (Veebeheer) 083 230 3596 (Afslaer) 082 680 0864 (Afslaer) 083 658 7318 (Leerling)

: C.F. Ackermann Koos van Wyk ELLISRAS/STEENBOKPAN : At Vermaak Neels Vermaak : Cedric Croft-Jones NORTHAM Magda van Heerden : Marnitz Beukes VAALWATER : Johan Roux ROEDTAN Riaan Frey : Mark Baker ALLDAYS

083 677 4681 079 510 3582 082 578 9615 082 308 3122 082 464 0646 076 575 1800 076 534 3908 084 600 7959 083 635 7444 076 502 4980

Kantoor: Tel: (014) 717 1640 / Faks: 086 559 6647. Jossie Steyn: 083 230 5805. Priscilla Coetzee: 082 940 0763. Rentia Bothma: 082 940 0764. Rodney Marais: 082 656 3885. Rina Smith: 074 208 3030.


inleiding

WATERBERG

AGRI indeks

Waterberg — land van melk en heuning

Voorblad: Willie Nel

Die graansilo's op Vaalwater staan reeds vir jare soos 'n wit olifant en waghou oor die dorp. Die silo's word reeds die afgelope 10 jaar nie meer gebruik nie, maar is steeds 'n simbool vir die groot verskeidenheid boerdery-aktiwiteite wat in die Waterbergomgewing plaasvind.

Roofvoëls kry nodige steun van boere

Granaat —

bloedrooi

pêrelskatkis Pioniers van ouds pronk in Settlersmuseum

Foto: Marlene Vermaak

Eksotiese wild laat beleggers kopkrap

n GENETIKA n WILDBEDRYF n LANDBOU n NATUURBEWARING n GEWASSE

Nicus Prinsloo het sowat twee jaar gelede begin om granate op sy plaas buite Mookgophong te verbou. Meer op bladsy 11.

7 9 11 14 17

Settlers trekkermuseum Tabakoeste spog Hoe rooier... hoe lekkerder! Wild haal hoë prys Embrio-inplanting

Waterberg Agri-span Advertensiewerwing: Beriggewing: Ontwerp en uitleg: Gedruk deur:

Maria Oberholzer Petro Greeff Marlene Vermaak Andries van der Heyde Marietjie Steenkamp Willie Nel Caxton & CTP Publishers & Printers Limited

Navrae en inligting Tel: (014) 736-2723. 082 558 7184 e-pos: dieposmaria@icon.co.za

Die Pos Koerant

Web: diepos.linmedia.co.za

DISCLAIMER: Waterberg Agri is created and distributed by Die Pos/The Post, 7 Minnaar Street, P.O. Box 16, Bela-Bela 0480, Tel: (014) 736-2723, Fax: (014) 736-3428. This publication is free and not for sale. The reproduction, broadcast or storing in a retrieval system without written permission of any material published in Waterberg Agri is forbidden and expressly reserved to Upfront Events Two CC, under section 12(7) of the South African Copyright Act, 1978 and any amendment thereof.

April 2015

D

ie tyd toe landbou-aktiwiteite in die Waterberge hoofsaaklik uit die kweek van mielies bestaan het en waar boere eerder met bees as wild geboer het, is lank reeds verby. Deesdae staan die graansilo's buite dorpe in die Waterberg grootliks nog net as simbool vir landbou-aktiwiteite wat in vervloë dae beoefen is. Andries van der Heyde het juis op Settlers by die landbou-museum gaan inloer om iets van daardie einste “vervloë” dae vir dié bylae vas te vang. Boere in Suid-Afrika, maar by uitstek in die Waterberg-omgewing, is die afgelope dekades vanweë verskeie redes gedwing om na alternatiewe landbou-aktiwiteite te kyk. Hoë insetkoste het hulle gedwing om onder meer na boerdery-gewasse te kyk wat meer by die Waterberg se habitat aard en dus uiteindelik meer volhoubaar is. Die spreekwoord lui nie verniet dat 'n boer 'n plan maak nie, want dit doen die Waterberg-boere deeglik. Toe sommige boere in die laat 80's begin het met die aanplant van druiwe-priële in die omgewing, het sommiges die wenkbroue gelig. Vandag is die suksesverhaal van druiweboere in die Waterberg alombekend. Suid-Afrika se spogwyn mag uit die Kaap kom, maar die grootste tafeldruiwe-uitvoere kom uit die vrugbare valleie van Limpopo. En dit is die soetste wingerdvrug op aarde. Maar dit het nie by druiwe gestop nie. Een van die nuweling vrugte in die Waterberg-omgewing is appels. Ronel van Jaarsveld skryf waarom die warmer Bosveldweer die ideale klimaat is om met appels te boer. Dan sal 'n mens ver moet gaan soek om meer suksesvolle tabakboere as in die Vaalwater-omgewing te vind. Boere van die

WATERBERG AGRI

Waterberg-distrik het juis einde 2014 stof in die oë van ander distrikte se boere geskop tydens die Limpopo Tabacco Processors (LTP) se direkteursdinee waar hulle met verskeie toekennings vereer is. Marlene Vermaak het die mooiste foto's van tabaklande en ander landbou-aktiwiteite in die Vaalwateromgewing vir die Agri-bylae geneem. Die tabakplante staan nou heuphoogte en die boere het al “sandblare” begin oes. En dan het die astronomiese groei in die plaaslike wildbedryf die land behoorlik aan die gons — en boere in die Waterberg-distrik staan nie 'n enkele tree terug nie. Weens die unieke klimaat- en habitatsituasie in Limpopo het dié provinsie 'n groot voordeel ten opsigte van wildboerdery. Die Waterberg het van die voorste wild-safari-bestemmings ter wêreld en bemark hulleself juis as die belangrikste eko-toerismebestemming in die land. Dié boerdery het die afgelope paar jaar ook 'n ekstra “been” bygekry in die vorm van eksotiese wild. Charl Diener het gaan kyk na die voor- én nadele in dié bedryf. Wie het gedink granate word net uit Israel ingevoer? Dié rooi pitjies is deesdae 'n gonswoord in kookkuns. Dit is eksoties, baie duur en dit is ironies dat die meeste Suid-Afrikaners met 'n granaatbos in die agterplaas grootgeword het. Min wetende dat dit eendag rooi goud vir 'n kos-connoisseur sou wees. Marietjie Steenkamp het by 'n boer in die Mookgophongarea gaan aanklop waar hy met dié einste rooi goud boer. Die Pos se redaksiespan het baie hard gewerk aan dié bylae. Hulle het interessante boere gaan uitsnuffel en die kameralense behoorlik laat kliek om van die mooiste foto's vir die bylae se lesers te bied. Sit terug, gooi 'n koppie boeretroos in en geniet Die Pos se Waterberg Agri-bylae 2015.

Bladsy 3


sagtevrugte — appels

Appels

maak hulself tuis in die Waterberge

n Samestelling en foto's: Ronél van Jaarsveld

Twinting jaar gelede sou gesoute boere gesê het hiér, in die Waterberge, plant jy druiwe en lemoene as jy met vrugte wil boer. Hulle sou hul wenkbroue gelig het vir dié wat gepraat het van appels, pruime en 'n eksotiese vrug soos olywe. Nuwe tye bring egter nuwe dinge en deesdae word 'n wye verskeidenheid vrugte in dié streek verbou. Op Alma staan die perskebome kiertsregop langs die Vaalwater-pad, neutbome is 'n al meer bekende gesig en olyfboorde loer hier en daar tussen die Bosveldbome deur. In die Mookgophong-omgewing word pruime op grootskaal verbou. Daar is ook boere wat eksperimenteer met bloubessies. Een van die nuwelinge in die omgewing is appels en dié vrugtebome toon groot belofte in die warmer Bosveldweer. Die appels kan so vroeg as einde Desember in Mookgophong geoes word en kan as vars appels bemark word. In dié tyd is daar meestal opgebergde of duur ingevoerde appels op die mark. Die bekende kommersi¸le appelkultivars soos Golden Delicious, Granny Smith, Cripp's Pink en Gala verkies gebiede waar die wintermaande kouer is en appelverbouing was tradisioneel tot die Wes- en Oos-Kaap en Oos-Vrystaat beperk.

Nuutontwikkelde kultivars gee boere in die Modimolle- en Mookgophong-omgewing die geleentheid om appels te verbou. Dié kultivars word vanaf einde Desember geoes, in 'n tyd wanneer daar meestal net opgebergde of duur ingevoerde appels op die mark is.

Bladsy 4

WATERBERG AGRI

Wat het dan verander? Die landbounavorsingsraad (LNR) het die afgelope twee dekades hard daaraan gewerk om appelkultivars te ontwikkel wat by die bre¸r Suid-Afrikaanse klimaatstoestande aangepas is en in warmer weerstoestande sal floreer. Ná proefaanplantings en indiepte evaluasie oor minstens tien jaar is die Mookgophong-omgewing geïdentifiseer. Daar is vyf appelkultivars wat volgens die navorsing suksesvol in dié streek verbou sal kan word. LNR Infruitec-Nietvoorbij se suksesvolle sagtevrugte teelprogramme is al vir etlike dekades besig om beter kultivars appels, pere, tafel- en droogdruiwe, perskes, nektariens, pruim en appelkose te kweek. Ongeveer 60% van alle steenvrugte wat uitgevoer word (insluitende die vrugte uit Limpopo) is afkomstig van die die

April 2015


sagtevrugte — appels LNR Infruitec-Nietvoorbij-teelprogramme. Culdevco is die eksklusiewe lisensiehouer van alle LNR-gekweekde sagtevrugte kultivars. Dié maatskappy, waarvan die steenvrugte produsentevereniging van Suid-Afrika, die appel- en peerprodusentevereniging van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse tafeldruifprodusentevereniging en die dro¸vrugte tegniese dienste en inmaakprodusentevereniging van Suid-Afrika aandeelhouers is, is verantwoordelik vir die bemarking en kommersialisering van alle LNR-gekweekde sagtevrugte kultivars wêreldwyd. “Daar is reeds proefaanplantings in die Modimolle-omgewing gedoen wat in dié vroeë stadium baie belofte toon,” sê dr. Leon von Mollendorf, hoofbestuurder van Culdevco. “Wat die vyf appelkultivars so uniek maak, is dat dit nou vir die eerste keer moontlik is om appels in nie-tradisionele appelgebiede te verbou. Ander unieke eienskappe van dié appelkultivars is dat dit sowat ses weke vóór die Kaapse kommersiële appels ryp word (afhangende van die streek). Die kultivars is baie vrugbaar, en die vyf kultivars het verskillende kleure en is oor die algemeen relatief soet appels met 'n goeie vruggrootte,” sê hy. “Daar word reeds verskeie dekades lank steenvrugte, veral perskes en nektariens, in Limpopo geplant, veral in die Mookgophong- en Modimolle-omgewing. Wat die streek uniek maak, is dat die vrugte heelwat vroe¸r ryp is as in die meeste streke in die Wes-Kaap, waar perskes en nektariens verbou word. “Een groot nadeel van die Limpopostreek is dat dit somerreënval kry en hael

'n groot uitdaging bied. Haelnette is bykans 'n vereiste vir die suksesvolle en winsgewende verbouing van steenvrugte en appels in die provinsie,” verduidelik hy. Hy sê dat die appels wat reeds in die omgewing geplant is, besondere belofte toon. Die produksie, vruggrootte, kleurontwikkeling, eetgehalte en vrugkwaliteit is in die algemeen besonder indrukwekkend. Hy waarsku hoewel die potensiaal beslis daar is, belangstellende produsente

hul huiswerk deeglik moet doen voordat hulle aanplantings oorweeg sodat hulle struikelblokke uit die weg kan ruim. “'n Deeglike kennis van appelverbouing is nodig om winsgewend met die nuwe appelkultivars te boer. Daarmee saam kan die omvangryke vestigingskostes van 'n hektaar appels ook nie buite rekening gelaat word nie. As 'n voornemende produsent nie oor die nodige kundigheid beskik nie, behoort hy van kundige tegniese adviseurs gebruik te maak om hom behulpsaam te wees,” sê Von Mollendorf.

Die eerste opedag vir die nuwe variteite appels wat suksesvol in Limpopo verbou kan word, is vroeg in Januarie op Paul Roos van die boerdery Pro-Plum naby Mookgophong gehou. Die dag is in samewerking met Infruitec-Nietvoorbij en Culdevco gehou.

‘So by my kool...’

Prikkelnuus Kool is 'n geharde plant en kan koue wintertemperature goed hanteer. Hierdie koolland is op Rosaly Boerdery in die Vaalwater-omgewing afgeneem. Foto's: Marlene Vermaak

April 2015

WATERBERG AGRI

Bladsy 5


WARMBAD Verskaffers van: • Landini Trekkers • McCormick trekkers • Kongskilde implemente • Monosem Planters • Fella tolsnyers & kneusers • Gallignani balers • Nuwe & gebruikte sleepwaens • Gebruikte trekkers altyd beskikbaar

• TOEGERUSTE WERKSWINKEL MET OPGELEIDE PERSONEEL Tel: (014) 736-5937. (014) 736 6558, Faks: 086 577 7126 Vir verkope kontak: Dirk Becker 083 228 8687, Vir parte kontak: Magdarie 083 608 7158 Email : wbdlandini@pcwireless.co.za, 25 Industriaweg Bela-Bela

FULRO LANDBOUPARTE

TEL: 014 736 6632 / 6239 SEL: 082 457 9484 INDUSTRIA WEG NO 25 (LANGS WARMBAD LANDINI)

• ALLE LANDBOU PARTE VAN FIAT, FORD, CASE & MASSEY FERGUSON • LAERS, BATTERYE, OLIE, V-BANDE ENS • KONGSKILDE ONDERDELE • FALCON SLASHER PARTE Na-ure • MNANI SLASHERS & PARTE Pieter van Rooyen: • KVERNELAND PARTE • MAAK NOU OOK HIDROLIESE PYPE 082 457 9484 Bladsy 6

WATERBERG AGRI

April 2015


geskiedenis/restourasie — trekkers

Die Springbokvlakte se

n Samestelling en foto's: Andries van der Heyde

pioniertrekkers

Die Settlers-veteraneklub het die Settlers-trekkermuseum in 2002 op die been gebring. Robbie Weir is die voorsitter van die klub en glimlag breed oor die meer as 24 ou trekkers in dié musuem.

Dit het begin met nege trekkers en 'n uitnodiging om 'n wêreldrekord te breek. Robbie Weir en sy broer Craig het saam met 'n paar boere van die Springbokvlakte verwaarloosde trekkers uit die jare toet gerestoureer en in Januarie 2002 Ficksburg in die Vrystaat toe vertrek om deel te neem aan die Great 400 Working-byeenkoms. Daar het hulle probeer om die meeste trekkers nóg op een landery te kry en almal op dieselfde tyd te laat ploeg. Daar het 797 verskillende trekkers van regoor die land opgedaag en 'n nuwe wêreldrekord is opgestel. Die Iere het die rekord daarna gebreek met meer as 2 000 trekkers. Weir en sy span het ná hul rekordpoging trots teruggekeer na die Springbokvlakte en gewonder wat om toe met al die trekkers te doen wat hulle gerestoureer het. Hulle het koppe bymekaar gesit en besluit om saam met die boere-vereniging op Settlers 'n museum te stig om die geskiedenis van landbou in die gebied te bewaar. Weir is aangewys as voorsitter en die Settlers-veteraneklub is gestig om ou trekkers te restoureer. Volgens Weir het hulle sedertdien nóg 'n hele paar geskiedkundige enjins en trekkers bygekry. Met die hulp van die nodige April 2015

kundiges en baie tyd, staan daar vandag meer as 24 trekkers, 'n klomp ou enjins en verskillende geskiedkundige toerusting in dié museum op Settlers. “In Europa is daar 'n slagspreuk: First smoke, open the Champagne wanneer jy 'n

Hierdie Farmall-trekker is in 1929 gebruik en is gerestoureer deur Settlers-veteraneklublid, Brian Stone. Stone is 'n pionierboer van die Springbokvlakte en woon tans op Bela-Bela. WATERBERG AGRI

enjin aan die gang kry. Hier op die Springbokvlakte sê ons: First smoke, have a Brandy and Coke,” vertel Weir laggend. Omdat meeste van die trekkers en enjins van so vroeg as die 1900's dateer, is dit 'n uitdaging om die dinamika van elke enjin te verstaan en te restoureer. Al die werk word uit die mense se eie sakke gedoen. Die meeste van die modelle en hul handelsname bestaan nie meer vandag nie. Maar Weir sê die manier waarop elke enjin werk, is eintlik maar dieselfde. “Ons is 'n lekker groep en ondersteun mekaar op ons oudag. Die mense wat destyds trekkers gebou het, het ander maniere gebruik om dit te laat werk. Soms sit ons hier met 'n stokou enjin en wonder hoe op aarde het daardie ingenieur die ding maak werk?” Weir sê hulle kan nie altyd staatmaak op nuwe tegnologie of onderdele om die ou enjins te restoureer nie, omdat nuwe petroleum 'n hoër oktaanvlak het of ander elemente wat die enjins skade kan aandoen. Tog het hulle dit reggekry om elke enjin in die museum te laat werk. “Mense hou mos nie van 'n dooie ding wat net daar staan nie. Ek kan nou brandstof in elkeen van die enjins gooi en dit sal werk,” het Weir gesê. Die mense wat hul kundigheid ingespan het om die museum 'n werklikheid te maak, sluit in Brian Stone, Craig Weir, Joost Pretorius, Robbie Weir, Marthinus van der Walt, Hendrik Groothof, Jan Groothof, Hannes van Heerden, Pieter Prinsloo, Peter John Weir, Willem Viljoen, Hardus Pretorius, Dries Fourie, André Pretorius, Willem Groothof, Joost Pretorius jnr, Wally Kayser, Gerrit Fourie, Eddie Wagenhauser en Fred Bernardo. “Elke trekker in die museum is op die Springbokvlakte gevind, want dit is deelvan die geskiedenis van hierdie gebied. Die trekkers is óf geskenk óf dit behoort nog aan die oorspronklike eienaar, maar die museum behoort aan ons gemeenskap. Wier nooi mense uit om 'n draai by die museum te maak en self te sien hoe hard die boere gewerk het om dié droom waar te maak. Besoeke moet vooraf gereël word met die veteraneklub. Vir meer inligting bel vir Robbie Weir by tel. 073 339 5872, Gerrit Fourie by tel. 082 387 5008 of Hannes van Heerden by tel. 082 651 2885. Bladsy 7


natuurbewaring — afrika-bromvoël

Boer en bewaring gaan hand aan hand Roofvoëls se getalle is besig om drasties in die Waterberge af te neem weens nalatigheid van mense en natuurlike oorsake. Die Afrika-bromvoël is een van die spesies wat die ergste geraak word. Die Mabula-natuurreservaat het op Saterdag, 21 Maart, 'n inligtingsessie aangebied oor die bromvoël-projek waarmee hulle al geruime tyd besig is. Lucy Kemp, bewaringskenner wat besig is met haar doktorsgraad in dierkunde, het tydens die inligtingsessie gesê die bromvoël is nou as bedreigde spesie geregistreer. “Mense is meestal die grootste struikelblok in die voëls se kans om voort te bestaan. In dele waar daar min mense is, kan dié voël weer floreer,” het sy gesê. Volgens haar het Swaziland sover bekend net drie bromvoëls oor. Kemp en haar span is betrokke by die Mabula-roofvoëlprojek, in samewerking met die Leeupoort-roofvoëlbewarea en talle ander organisasies. Arnaud le Roux, voorsitter van Kleinwildtelers SA en Charles Trennery, bewaringsbestuurder van die Sondela-natuurreservaat, is ook by die projek betrokke.

Kemp sê bromvoëls se lewenspeil daal omdat hulle deur boere vergiftig word. “Bromvoëls beweeg in groepe en daar is net sowat 430 broeipare in Suid-Afrika oor. Indien een in die groep doodgaan, is die res in die moeilikheid want hulle is afhanklik van mekaar,” het sy gesê. Die probleem met bromvoëls is dat hulle eers seksuele volwassenheid op agt jaar bereik. Dié voëls word egter baie oud en navorsing wys daarop dat hulle gemiddeld 40-50 jaar kan leef. Kemp sê die oudste bromvoël waarvan die mens weet, het 66 jaar oud geword. “Indien hul natuurlike habitat nie groot genoeg is nie, sterf hulle uit. Ontbossing, vergiftiging, elektriese drade, asook loodvergiftiging kan hul getalle beïnvloed,” het sy gesê. Loodvergiftiging vind plaas wanneer hulle diere eet wat gejag is, en lood op dié manier inkry. Bromvoëls is baie territoriaal. Daar is gevalle in die noorde van Limpopo aangeteken waar van die voëls vensters gebreek het omdat hulle hul weer-

n Samestelling: Andries van der Heyde

kaatsing in vensters gesien het en gedink het dat dit teenstaanders is. Skole wat in die bromvoëls se habitat opgerig word, het ook deurgeloop. “Wat doen mense as diere skade veroorsaak? Hulle maak hulle dood. Ons probeer egter keer dat dit gebeur,” het sy gesê. Kemp en haar span het grondeienaars in Thabazimbi en ander dele van die Waterberge gevra om die bewaring van dié voëls te steun deur neste op plase met genoeg ruimte te bou. Daar is ook broeiprogramme begin waar die kuikens hans grootgemaak en vrygelaat word. “Hoewel ons suksesse behaal het, word die voëls steeds vergiftig, gevang, doodgeskok of deur roofdiere gevang,” het sy gesê. Grondeienaars kan groot boetes opgelê word indien bedreigde diere of voëls op hul eiendom doodgemaak word. Kemp sê boetes kan tot meer as R30 000 beloop. Sy het boere en grondeienaars aangeraai om versigtig te wees om nie bedreigde spesies ook dood te maak wanneer hulle van ander probleemdiere wil ontslae raak nie. Boere moet wettige maniere gebruik om van dié diere ontslae te raak en bewus wees van bedreigde spesies wat in hul omgewing voorkom.

FORUM MAKELAARS (FSP 17660)

WILDVERSEKERING Unieke oplossings vir individuele behoeftes Ons spesialiseer in verskeidenheid van versekeringsopsies om aan die uiteenlopende behoeftes van die wildboer te voorsien.

SUZETTE 082 466 2130 Shop 2, Zeederberg Shopping Complex, Vaalwater nolimitoutdoor@gmail.com

Kontakbesonderhede: Gert Botha 082 901 6763 Corrie J v Vuuren 083 625 1896 Christo Jonker 083 626 4223

WEN ’N 1-DAG JAGPAKKET SAAM MET ’N PROFESSIONELE JAGTER

Kantore: Bela-Bela, Brits, Modimolle, Phalaborwa en Tzaneen

TROTS DIE MIDDELMAN Bladsy 8

Jag sluit in: 1 Koedoekoei, 1 Vlakvark, 1 geskenkpak + verversings Om te kwalifiseer kom besoek No Limits Outdoor Shop in Vaalwater by die Spar @ Zeederberg's Sakesentrum 23 Maart - 30 Mei 2015 BEDERF JOUSELF! Een inskrywing vir elke R1000 se aankope. Trekking sal op 1 Junie plaasvind. Reëls en voorwaardes geld. Navrae: Suzette 082 466 2130 of Annie 060 974 7482

WATERBERG AGRI

April 2015


gewasse — tabakboerdery

Twak praat net kapitaal Hannes Van Staden, bemarker vir Obaro Vaalwater, stap rustig deur Joe Klopper se tabakland tydens 'n studiegroepvergadering vir tabakboere op Vaalwater. Foto: Marlene Vermaak

Tabakboere op Vaalwater se oeste lyk hierdie seisoen sommer spoggerig en die boere het al begin sandblare oes. Foto: Marlene Vermaak

April 2015

WATERBERG AGRI

Bladsy 9


Mooiriviermengsel die beste keuse Smutsvingergras (Digitaria eriantha) is vandag alombekend is een van die beste meerjarige somergras spesies beskikbaar. Daar is vandag ook verskeie suksesvolle aanplantings oor die somerreenvalstreek wat van die spesie se sukses kan getuig. Maar dit is ook 'n alombekende feit dat dit 'n spesie is wat ongelukkig baie lank (tot 3 jaar) kan neem om suksesvol te vestig agv inherente saad dormansie (rustende sade). Dit kan 'n probleem wees veral wanneer die area van vestiging besmet is met onkruidsade en daarom sien baie boere die vestiging van Smutsvinger as riskant.Om hierdie frustrasie van stadige vestiging te oorkom en onkruidgroei te onderdruk met vestiging kombineer boere verkeerdelik Smutsvingersaad met Eragrostis Tef.Hoewel hierdie mengsel 'n oplossing oor die korttermyn kan wees, kan dit ook rampspoedige gevolge oor die langer termyn hê. Wanneer Smutsvingergras (meerjarige soetgras) met Tef (eenjarige suurgras) gekombineer word is die slotsom 'n ongewenste mengsel van soet- en suurgrasse wat lei tot 'n onsmaaklike weiding en selektiewe benutting deur diere. Die Tef komponent kan verder ook die bron van ongewenste meerjarige Eragrostis spesies soos Oulandsgras (Eragrostis curvula) en Taaipol (Eragrostis plana) wees. Laasgenoemde twee spesies is dan ook een van die vernaamste redes waarom 'n Smutsvingeraanplanting vervuil met suurgrasse en later omgewerk en hervestig moet word. Dit is dus baie belangrik om die regte spesies te kombineer om 'n suksesvolle Smutsvinger aanplanting te verseker en vir hierdie rede word die eksklusiewe Mooirivier Mengsel van Agricol sterk aanbeveel. Die spesie samestelling van die mengsel is as volg:

• 64% Digitaria eriantha (Smutsvingergras) • 29% Chloris gayana (Rhodesgras) • 7% Panicum coloratum (Kleinbuffelsgras). Voordele van die Mooirivier Mengsel: • Al drie spesies in hierdie mengsel is meerjarige soetgrasse wat baie smaaklik is, met baie goeie verteerbaarheid en wat buiten beweiding uitstekend hooi en ook as staande hooi benut kan word. • Die spesies komplimenteer mekaar goed aangesien Rhodes-en Kleinbuffelsgras reeds vanaf plant, vinnige sterk vestigers is wat onkruidgroei kan onderdruk en aan die Smutsvingergras 'n onkruidvrye basis te bied om oor tyd te vestig. • Die mengsel is geskik vir die meeste grondtipes en groei uitstekend in gebiede met 'n jaarlikse reenval van 500mm en hoër in die Somerreenvalstreke. • DM produsie kan so hoog wees as 18 ton per hektaar onder besproeiing met die regte bestuurspraktyke. • Die bestuur van die gevestigde Mooirivier mengsel is eenvoudig, aangesien bestuurspraktyke geskoei is volgens normale Smutsvinger bestuurspraktyke. • Hierdie mengsel kombineer verder ook goed met peulgewasse soos onder andere Melilotus alba (Soet witblomklawer)-sien verdere voordele onder uiteengesit. • Die drie grasspesies is vir gerief reeds vermeng in die regte verhouding en in een enkele houer verpak.

daarop dat meer kg'e geplant moet word om te kompenseer vir die gewig van die chemiese middels en daarom beveel ons 10kg/ha in rye en 15-18kg/ha indien die saad gesaai word. Die saad word verpak in 10kg verpakkings vir die onverpilde saad en 25kg verpakkings vir die verpilde alternatief. Voordele van peulgewasse in kombinasie met die Mooirivier mengsel: • Peulgewasse is Stikstofbinders (N) wat voor die handliggende voordele inhou vir droe material produksie. • Verhoogde verteerbaarheid en smaaklikheid van grasaanplantings en kan selfs die gemiddelde persentasie ru-protien verhoog wanneer die weiding as staande hooi benut word in die winter. Peulgewasse wat aanbeveel word vir die Mooirivier mengsel sal van reenval areas verskil nl: • vir 500-650mm reenval area's sal die geharde tipe peulgewasse (penwortelstelsels tipes) soos byvoorbeeld Melilotus alba sterk aanbeveel word. • vir 650mm+ reenval area's kan daar na ander tipe peulgewasse soos Assegaaiklawer (bywortelstelsel) gekyk word vir oostelike areas Vir verdere navrae skakel Nylverspreiders by 014 717 2204, Sarel Smit 082 824 7110.

Die aanbevole saaidigtheid vir onverpilde saad is 6kg/ha. Indien in rye gevestig word, word saaidigtheide van 8-10kg/ha aanbeveel. Die saad is ook in bestrykte vorm beskikbaar. Let egter

MATERIAAL VERKOPE Tel: 014 755 3669

Wild- en elektriese materiaal verkope e-pos : swanevelder@telkomsa.net www.swanevelderfencing.co.za

Bladsy 10

WATERBERG AGRI

April 2015


gewasse — granaatboerdery Bloedrooi roep die ryp granaat wat oor die heining hang en met soetrooi tande lag in sy gesplete wang. — Freda Linde

B loedrooi roep die ryp granaat n Samestelling en foto's: Marietjie Steenkamp

Punica granatum is die botaniese naam vir die alombekende granaatboom. Dit beteken saadagtige appel. Dié struikagtige boom kom natuurlik voor so wyd as van Iran tot in die noorde van Indië en granaatboere is reeds van antieke tye af bedrywig. Die Bybel en ander ou geskrifte besing reeds honderde jare voor Christus se geboorte die granaat se lof. 'n Granaatboom is eintlik 'n struikagtige plant wat ongeveer 3-5 m hoog word. Dit dra helderrooi blomme en robynrooi vrugte. Die skarlakenrooi blomme pryk van die lente tot die somer en daarna volg die pragtige bolvormige, gelerige vrugte met bloesende donkerpienk tot rooi wange in Januarie en Februarie. Nicus en Karin Prinsloo, wat net buite Mookgophong woon, het 20 jaar gelede van Vryheid in KwaZulu-Natal na Mookgophong verhuis. Nicus het 'n familieplaas by sy pa gekoop en het in 2012 granate begin verbou. Hy het vier hektaar van dié boomstruike onder drupbesproeiing. Daar is 700 bome per hektaar. Daar is ongeveer 1 500 ha granaatboorde in Suid-Afrika, waarvan die meeste in Wellington, Porterville en Citrusdal in die Wes-Kaap is. Elke volgroeide boom wat in volle produksie is, kan ongeveer honderd van dié robynrooi vrugte dra. “Omdat ek nog jong bome het, dra hulle net so 20 vrugte per boom,” het Prinsloo gesê. Die plae en siektes soos motte, blaaspootjie en bolwurm is soortgelyk aan dié wat ander sagtevrugte en sitrus teister. Prinsloo het hoofsaaklik die wonderfulvariteit geplant, wat 'n groter vrug met langer raklewe het. Die vrug het kleiner pitjies in die granaatpêrels. Die verbouing van granate is baie arbeidsintensief en die vrugte moet met die hand gepluk en versigtig hanteer word sodat die kroon nie beskadig word nie. Die vrugte word in kratte gepak en dan weer in kartondose vir die vars-

April 2015

produktemarkte in Pretoria en Johannesburg. Die raklewe van 'n granaat is ongeveer drie maande en dit moet verkieslik teen 7ºC bewaar word. Granate groei oral, maar verkies droë of halfdroë klimaatstreke met koel winters en warm somers. Hulle is bestand teen koue van tot -10ºC. Hoewel die plante gevoelig is vir kwaai ryp, veral in die laatherfs en vroeë lente, kan hulle tog taamlike koue en ryp in hul dormante fase deurstaan, omdat hulle bladwisselend is. Volgens Prinsloo moet die grondvog nie baie wissel nie en daarom is sy boord onder besproeiing. In die noordelike halfrond, veral in Europa, het die vrug baie gewild geword, hoofsaaklik weens sy goeie gesondheidseienskappe. In Suid-Afrika is die eerste aanplantings in 2005 in die Kaap gedoen. Granate is in Suid-Amerika en Kalifornia in 1769 deur Spaanse setlaars bekend gestel en vandag is daar groot aanplantings, veral in Asië, die Midde Ooste, Israel, Noord-Afrika, Kalifornië en Arizona. “Ek het opgelees oor die gesondheidseienskappe van granate en tot die besef gekom dat daar in die toekoms ook 'n oplewing in die vraag na hierdie besondere vrug sal ontstaan. Dit het my gemotiveer om navorsing daaroor te doen en uiteindelik te begin plant. Omdat mense onkundig is oor granate se voedingseienskappe (soos dat dit 'n uitstekende antioksidant is en die vrugte ryk aan vitamiene is, wat selfs hoë cholesterolvlakke kan help teenwerk), is die plaaslike aanvraag nog redelik beperk. Ek doen navorsing daaroor om die meeste van die vrugte wat ons produseer te verwerk,” het Prinsloo gesê. Karin het reeds unieke produkte soos 'n slaaisous, roomysstroop en ingelegde granate gemaak en verkoop dit by hul onderneming op Mookgophong. Die Prinsloo's onderhandel met 'n kettinggroep om hul verwerkte produkte te verkoop.

WATERBERG AGRI

Daar is ongeveer 1 500 ha granaatboorde in SuidAfrika, waarvan die meeste in Wellington, Porterville en Sitrusdal in die Wes-Kaap is.

Die Prinsloo's het unieke produkte soos 'n slaaisous, roomysstroop en ingelegde granate gemaak en verkoop dit by hul onderneming op Mookgophong.

Nicus Prinsloo het hoofsaaklik die wonderful-variteit geplant, wat 'n groter vrug met 'n langer raklewe het. Die vrug het kleiner pitjies in die granaatpêrels.

Bladsy 11


Bladsy 12

WATERBERG AGRI

April 2015


April 2015

WATERBERG AGRI

Bladsy 13


wildbedryf — eksotiese wild

Eksotiese wildbedryf: Die debat duur voort

Die goue wildebeesbul, King Arthur, wat vir 'n rekordprys van R3,4 miljoen op 'n veiling verkoop is.

Sekere wildsoorte was nog altyd duur om aan te skaf, soos leeus, buffels en renosters, maar dis veral boksoorte met skaars kleure wat deesdae astronomiese pryse behaal en kommentaar ontlok. In Die Pos se lesersgebied en omliggende gebiede is daar die afgelope paar jaar juis talle rekordpryse op wildveilings behaal. Hardus de Beer van Roedtan het einde 2013 'n jong koningswildebeesbul teen 'n rekordprys van R2,5 miljoen tydens 'n Vleissentraal Bosveld-veiling buite Thabazimbi gekoop. In Mei 2014 het 'n veiling wat deur Vleissentraal Bosveld en die Pilanesberg Game Breeders-groep behartig is, met nie minder nie as 24 rekordpryse gespog. Volgens berigte het die totale omset dié dag sowat R145 miljoen beloop. Die indrukwekkende Castle de Wildtveilingskompleks net buite Modimolle, het in Julie verlede jaar, in samewerking met Vleissentraal Bosveld, 'n veiling aangebied waar agt nuwe rekordpryse behaal is. Dit was duidelik dat die 1 800 sitplekke in dié kompleks heeltemal te min was nadat 'n verstommende 552 kopers geregistreer het en byna 4 000 nuuskierige toeskouers ook opgedaag het.

Bladsy 14

Die goue wildebeesbul, King Arthur, wat 'n rekordprys van R3,4 miljoen behaal het, het beslis die kollig op dié veiling gesteel. Met 'n horinglengte van 28⅛ duim en in top-kondisie, het kopers bont gestaan. Werner Olivier van Fednet Investments het met dié bul weggestap. Op die Mahathi-wildplaas buite Vaalwater word daar voorberei vir 'n groot wildveiling wat op Woensdag, 5 Augustus, plaasvind. Hannes Gouws, eienaar van Mahathi, se kommentaar aan die media oor die weghol-pryse wat skaarswild behaal, is dat kwaliteit voorkeur kry bo kwantiteit. Hy het gesê dat kleurvariasies van skaarswild tans ongelooflik gewild is omdat dit maklik vir boere is om in kampe aan te hou. Volgens Gouws moet 'n mens nie spekuleer oor waarheen hierdie pryse gaan nie, want niemand kan voorspel waar vraag en aanbod mekaar gaan ontmoet en stabiliseer nie. Hy waarsku beleggers egter om nie al hul eiers in een mandjie te sit nie. Dit is nie net potensiële beleggers wat vrae oor dié bedryf het nie. Jagters wonder hoe hierdie verstommende veilingpryse hulle gaan beïnvloed en natuurbewaarders is bekommerd oor die invloed

WATERBERG AGRI

n Samestelling: Charl Diener

wat die telery van eksotiese wild op biodiversiteit het. Dr. Peter Oberem, president van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA), het aan die media gesê dat 'n mens al hoe meer sien hoe twee markte binne dié bedryf ontwikkel. “Aan die een kant is daar die kopers van wild vir ekotoerisme en jagdoeleindes en aan die ander kant is daar die telers van skaarswild wat voortdurend beter teeldiere wil koop.” Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het in Februarie vanjaar 'n beroep op die regering gedoen om die teel van diere met kleurvariasies te verbied. Ainsley Hay van die NDBV se wildbeskermingseenheid het aan die media gesê dis oneties, bloot winsgedrewe en 'n ramp vir wildbewaring. Volgens Hay lei dié teling tot “onnatuurlike diere”, wat dikwels kort gesigstrukture, 'n gesplete verhemelte, misvormde sterte en pote, asook oog- en neurologiese probleme het. “Swart diere, soos die swart rooibok, kry bitter swaar in warm gebiede,” aldus Hay. Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het óók in Februarie 'n beroep op Edna Molewa, minister van omgewingsake, gedoen om die teling van diere met kleurvariante te reguleer. Daar is egter instansies, soos die Professionele Jagtersvereniging van SuidAfrika (PJSA), wat voel dat telery van buitengewone kleur by wild geen bedreiging vir Suid-Afrika se biodiversiteit inhou nie. Die PJSA steun die wetenskaplike standpunt van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (Sanbi), wat meen dit is hoogs onwaarskynlik dat diere wat selektief vir hul skaars velkleur geteel word enige noemenswaardige uitwerking op natuurlike bevolkings sal hê as hulle uit hul kampe sou kom. Luidens berigte het Wildlife Ranching South Africa (WRSA) op die NDBV en SAJWV se beroep geantwoord en gesê dat die lawaai oor eksotiese wild hoofsaaklik van mense is wat nie die bedryf ken nie. “Ons gaan wetenskaplik te werk om met kleurvariasies te teel.” Die sterk mark vir kleurvariante vuur ook die pryse vir algemene wildsoorte aan.

April 2015


wildbedryf — eksotiese wild Dippies Dippenaar, voorsitter van die Bosveld Jagtersvereniging, sê sy organisasie is soos die SAJWV bekommerd oor die hoë pryse wat gewone diere, soos rooibok- en blesbokooie en blouwildebeeskoeie, op veilings behaal. Fred Camphor, hoofuitvoerende beampte van die SAJWV, het in die media verwys na 'n wildveiling wat in Februarie vanjaar plaasgevind het, waar gewone rooibokooie teen R30 000 elk aangebied is. Vir jagdoeleindes sal 'n rooibokooi tussen R800 en R1 000 kos. Camphor sê die duur pryse jaag die koste vir biltongjagters tot onaanvaarbare vlakke op. “Dié jagters dra altesaam 74% by tot die inkomste in die plaaslike wildbedryf.” Dippenaar gee egter toe dat niemand wat hy ken hom tot dusver in sulke jagpryse vasgeloop het nie. “Dis nog vroeg. Boere het nog nie vanjaar se jagtariewe en wildspryse begin adverteer nie, maar ons verwag om meer vir ons biltong te betaal,” het hy aan Landbou.com gesê. Intussen sê Phlippie Cloete van die eenheid vir omgewingswetenskap en ontwikkeling aan die Noordwes-universiteit, die vooruitsigte op mediumtermyn vir die

April 2015

teel van duur wild gunstig is. Cloete het vroeër vanjaar in Absa se landbouvooruitskouing vir 2015 gesê die vraag na skaarswild en kleurvariasies sal waarskynlik aanhou groei vanweë die verbetering van die finansiële prestasie van wildboerderypraktyke. “Die wildbedryf, in finansiële terme uitgedruk, verkeer in 'n middel-laatbulmark.” Met hiérdie voorspellings is dit geen wonder dat talle bees- en graanboere nou diversifisering oorweeg en 'n wildvertakking by hul boerdery voeg nie. 'n Ondersoek wat in 2014 deur Senwes gedoen is, het onomwonde bewys dat die produksiekoste van 'n wildboerdery laer is as dié van 'n tradisionele boerdery. Volgens Senwes het die inkomste uit wildverkope oor die afgelope 12 jaar van R52 miljoen tot R857 miljoen toegeneem, en maak dit baie sin vir tradisionele boere om in die wildvertakking te belê, mits dit reg bestuur word. Volgens Oberem van WRSA het die wildsbedryf die afgelope dekade vinniger as enige ander vertakking in die landbou gegroei — tot soveel as 20% per jaar. “Ons skat dat ongeveer 10 000 produ-

WATERBERG AGRI

sente oor die afgelope tien jaar hul plase in wild- of 'n kombinasie-wildsplase omskep het, veral in die Vrystaat waar graanprodusente hul weiding, saam met hul mielies of ander gewasse op die lande, vir wild gebruik,” het Oberem aan Graan SA gesê. Die debat oor die lewensvatbaarheid van die Suid-Afrikaanse wildbedryf duur egter voort. Volgens berigte glo dr. Johann Rupert, wat 'n allemintige R40 miljoen vir 'n buffel genaamd Mystery betaal het, dat die wildbedryf se groeitempo nie gehandhaaf kan word nie. Rupert, die rykste man in Suid-Afrika, wat in September 2013 saam met vennote 'n rekordbedrag vir wat beskou word as Suid-Afrika se beste buffelbul, opgedok het, het aan die media gesê dit was meer 'n skenking aan die natuur as vir 'n belegging. Hy glo dat die enigste mense wat uit die wildbedryf gaan geld maak, diegene is wat eerste toegetree het en weer eerste gaan uitklim. “Die hoë pryse wat skaarswild behaal is moontlik 'n teken om te verkoop, pleks van om te koop,” sê Rupert.

Bladsy 15


commercial farming — piggery

MYBURGH

FINANSIËLE DIENSTE

n Composed by Marlene Vermaak

Pig slurry –

Verteenwoordiger van Momentum Groep, ’n gemagtigde Finansiële Dienste- en Geregistreerde Kredietverskaffer. (FSP 6406) A Representative of Momentum Group, an Authorised Financial Services & Registered Credit Provider. (FSP 6406) Kry professionele advies / gemoedsrus t.o.v: • Boedelbeplanning • Testamente • Lewensversekering • Aftreebeplanning • Korttermynversekering • Beleggings (Momentum Wealth platform)

BOEDELBELASTING / VERERWING VAN PLASE? - OPLOSSING: MOMENTUM se LANGSLEWENDE POLIS - PREMIETARIEF @ 25% NORMALE POLIS

DIENS IS ’N LEWENSWYSE !! Skakel ons of kom besoek ons kantoor by Oosthuizenstraat 18(2), Bela Bela. Tienie Myburgh: 082 801 7452. tienie@zkf.co.za (Sertifikaat in Finansiële Beplanning; FIA; Momentum Elite "Diamant") Vinkie Storbeck (Admin-assistent): 014 004 0040. admin@myburghsteyn.co.za

Bladsy 16

make sure grass is greener on other side Commercial pig farmers will continue facing challenges to apply improved slurry management practices, ensuring a responsible way of disposing slurry to their fields. Anton Mecchi is the owner of Vus'ithemba piggery in Vaalwater. “It is an environmental legal requirement for all commercial pig farmers to have an appropriate water use license to irrigate pig slurry to their fields. Continued monitoring requirements form part of the licence conditions, which will be unique to each farm and will be regulated by the authorities,” he said. The agricultural use of pig slurry is seen as an appropriate cost-effective management option in South Africa, for both the agricultural and wastewater industries. Pig slurry assists in increasing the organic content of soil. “Generally, cultivated soils in South Africa are low in organic matter due to its rapid decomposition in our climate. Subsistence and small-scale farmers can particularly benefit from the agricultural use of slurry, since they will benefit financially due to savings on commercial inorganic fertilisers,” Mecchi explained. Vus'ithemba piggery is based 3 km outside Vaalwater. It puts its slurry through a 12 week treatment process prior to application to land. “Deodorase is an extract from the plant Yucca schidigera. It is added to pigs' feed under the watchful eye of the vet at Vus'ithemba piggery. There are a number of benefits to this feed supplement. One of them is that it lowers gastrointestinal ammonia. Another benefit is that during the during the twelveweek treatment process approximately 5 000 effective micro-organisms (EM) are added to the slurry,” said Mecchi. “Breakdown-All is a supplementary product used by

WATERBERG AGRI

the piggery to accelerate the breakdown process for composting purposes. Solids are separated through an opti press and the liquid slurry, held in a lined dam, is further enriched with oxygen through an air blower. “EM is a multi-functional medium that consist of natural and beneficial micro-organisms such as photosynthetic bacteria, lactic acid bacteria, yeast, fungi and actinomycetes. EM is not a chemical but a microbial inoculant that functions as a biological control measure in suppressing or controlling pests through the introduction of beneficial microorganisms into the environment,” he said. “This means pests and pathogens are suppressed or controlled through natural processes by increasing the competitive and antagonistic activities of the microorganisms in EM inoculants. Due to the working of EM in the soil, harmful gasses are broken down and nutrients are supplied more effectively to other organisms,” Mecchi said. Vus'ithemba piggery is in the process of establishing star grass pastures, irrigated with treated slurry. Star grass (aethiopicus and C. nlemfuenisis) is currently widely used in central and Southern Africa where it is used as permanent pastures and for controlling erosion. It is intolerant of cold and grows well under treated slurry irrigation. “Star grass can stand heavy and protracted, continuous grazing and mowing. It is therefore a first class permanently irrigated and dryland pasture, which can be intensively grazed if it is wellcared for. Because the crown is deep underground, it cannot easily be eradicated and is therefore not suitable for agricultural rotation. Star grass adapts well to hot areas as well as areas with a rainfall of 650mm or more,” he said.

April 2015


genetika — embrio-inplanting

Embrio-inplanting n Samestelling en foto: Marlene Vermaak

'n langtermynplan Christo Pistorius van die plaas Taaibos in Vaalwater doen baanbrekerswerk op die gebied van Boranboerdery deur middel van embriooorplantings.

As beesboerdery eers in jou bloed is, is dit daar om te bly, sê Christo Pistorius (61) van Vaalwater. Pistorius het in 1972 saam met sy pa op die plaas Taaibos, tussen Vaalwater en Lephalale, begin boer. Sedert 1980 boer hy op sy eie en vandag is hy 'n suksesvolle en gerespekteerde lid van die boerderygemeenskap van Vaalwater. “Ek het in 2002 'n boeredag op die plaas Keta in die Marken-distrik bygewoon en vir die eerste keer met die Boran-beesras te doen gekry. Ek het dadelik van die ras gehou. Ek dink dis omdat dit 'n Afrika-bees is en miskien ook omdat ek voorheen 'n Brahman-boer was. Die twee rasse het soortgelyke visuele kenmerke. Die Boran het, nes die Brahman, uitstekende vleiseienskappe,” sê Pistorius. Pistorius en sy vrou, Charmaine, het in 2003 na Kenia getoer om die Boran in sy natuurlike habitat te gaan bekyk. Hulle het begin navorsing doen oor of dit moontlik sou wees om genetika van dié diere na Suid-Afrika te bring. Embrio Plus in Brits het die antwoorde op Pistorius se vrae gehad. Hulle het 'n spoelstasie vir Boran-beeste in Kenia en kon bevrore embrio's na Suid-Afrika invoer. Embrio Plus hanteer ook die inplanting in surrogaatkoeie op die boer se plaas. Pistorius het hulle dadelik gekontak en in 2004 is sy April 2015

eerste Boran-embriokalfie op die plaas gebore. “Ek het deur die jare meer sukses met vars embrio's gehad as met bevrore embrio's. Met daardie heel eerste embrio's het ek slegs 'n 10% suksespersentasie gehad. Ek het besluit dat ek gaan aanhou probeer omdat ek embrio-inplanting as 'n langtermynstrategie op my plaas beskou het. Dit was op daardie stadium die beste oplossing om genetika van top Boranbulle en –koeie te kry.” Pistorius verduidelik dat die inplantingsproses soos 'n ketting is. As daar net een skakeltjie losgaan, sal die hele proses misluk. Een van die belangrikste skakels is natuurlik die “ontvanger” of die surrogaatkoei. Pistorius beskryf die eienskappe van 'n goeie surrogaatkoei so: “Eerstens moet die koei geheel en al aangepas wees op die plaas en in die omgewing. Sy moet gemaklik wees en moet die kamp waarin sy ná die inplanting gaan wei, ken. Die koei moet 'n rustige temperament hê, veral in 'n kraal of drukgang. Sy moenie enige geslagsiektes of abnormaliteite hê nie.” Die embrio's wat uit die skenkerkoeie gespoel word, is sewe dae oud. Die embrio is reeds gevorm en selverdeling het begin, maar die embrio het nog nie aan die baarmoederwand geheg nie. Dit is nodig dat koeie heelwat hormone ontvang om hulle in 'n super-ovulasietoestand te plaas en te verWATERBERG AGRI

seker dat hulle meer as een embrio afskei. “Daar is heelwat risiko's aan die proses verbonde en dit is nie noodwendig voordelig vir die skenkerkoei nie,” sê Pistorius. Die surrogaatkoei moet in dieselfde stadium van haar siklus wees as die skenkerkoei. Sy moet dus ook op dag sewe van haar siklus wees. Al die surrogaatkoeie op die plaas se siklusse moet gesinchroniseer word. Die surrogaatkoei moet versigtig hanteer word. Sy moet vir minstens agt weke ná die inplanting kalm en rustig gehou word. Die surrogaatkoei mag in dié tyd geen entstowwe ontvang nie. “Vir boere wat embrio-inplanting oorweeg, sal ek die volgende aanraai: dink mooi daaroor of jy kans sien vir die proses, want dit is koste-intensief. 'n Bevrore embrio kos ongeveer R7 000. Daar is baie administrasie en papierwerk en mikrobestuur moet deurgaans toegepas word. Dit is 'n tydrowende proses en daar is natuurlik risiko's betrokke.” Die afgelope tien jaar het hy 50% sukses met vars embrio's behaal. “Boere moet die indirekte koste in ag neem. In die tydperk wat jy die surrogaatkoeie regkry vir die proses, bly sy weg van die bul af en haar interkalf-periode verleng aansienlik. Boere moet van die begin af weet dat dit 'n langtermynproses is en dat 'n mens mettertyd foute sal uitskakel en goeie surrogaat- en skenkerkoeie sal kan identifiseer,” sê Pistorius. Is dit die moeite werd om embrio's oor te plant? “Soms is dit die enigste manier om sekere genetika in die hande te kry. 'n Boer kan sy kudde vinniger só vermeerder. 'n Mens kan top-genetika uitsoek en embrio's kry. Dit is 'n selektiewe proses. 'n Top teelkoei sou dalk in haar leeftyd tien kalwers gegee het, maar deur die super-ovulasieproses en herhaaldelike spoelings kan sy tot 100 embrio's produseer,” sê Pistorius. Sy eie top surrogaatkoei het in sewe jaar vyf embrio-kalwers en twee gewone kalwers gelewer. Sy top skenkerkoei het al soveel as 36 embrio's tydens een spoeling produseer. Van die 36 embrio's is 14 in surrogaatkoeie ingeplant. Altesame 13 van dié kalwers is gesond gebore en loop nou op die plaas rond. Bladsy 17


BOREHOLE e Th

SPECIALISTS

J.H. KONSTRUKSIE

BK 94/04257/23

Ons is een van die grootste vervaardigers van ingenieurs-ontwerpte tenkstaanders sedert 1994.

PREVIOUSLY WARMBAD POMPJOGGIES

• Testing & repair of borehole equipment • Installations • Camera inspections • Water allocation and drilling • Water capacity and purity testing • Issuing of certificates for bank and bond • Sale of all borehole related equipment • Insurance accredited • Borehole computer analysis • Tanks & tank stands • Call out and assessment • Filters • Irrigation

Cell: 082 299 0048 / 082 954 6824 / 083 654 6104 ADRI E-mail: mahala.shop@yahoo.com Facebook: http://www.facebook.com/adritaljaard2 (view my pics of work done) Skype: pisces.pumps Whatsapp: 082 299 0048

BOREHOLE WATER ASSOCIATION OF SOUTHERN AFRICA

BOORGATWATER ASSOSIASIE VAN SUIDELIKE AFRIKA

• Herstel en Diens op alle Petrol- en Dieselvoertuie asook vragmotors. • Invoer en installering van Petrol / Diesel enjins. • Diagnoseringsentrum vir alle nuwe voertuie. • Alle werk word gewaarborg.

• Toets van boorgate met toegeruste toetswa. • Lid van BWA. • Herstel en installering van alle tipes waterpompe. • Ingenieurs-ontwerpte tenkstaanders en hoë kwaliteit water- en septic tenks, teen die beste pryse. • Waterkrippe, voerbakke en selfvoerders ook beskikbaar (groot voorraad).

ONS LEWER REEDS MEER AS 21 JAAR KWALITEIT DIENS! Vir professionele diens en ’n gratis kwotasie, kontak Kosie Geyser: 082-492-6469 Kobus Geyser: 084-580-6499 Kantoor: 082 321 8167

PIETER CLAASSENS Lillian Ngoyistraat 75, Modimolle 0510 Tel: 014 718 4004/3. Faks: 086 543 2379 Sel : 082 928 1088

www

TheSunPays

Hartelief KWEKERY & PETSHOP KWEKERY

co.za

Laedruk GEISER vanaf

R2595

1km vanaf sirkel op die Thabazimbipad Helene-Marié: 082 418 5229, Magda: 072 214 2797

• BOME • PLANTE • POTTE • KOMPOS • DIERE • VISSE en nog baie meer

r w k K e e y

10% AFSLAG OP ALLE PLANTE! Bladsy 18

100 liter in tenk, 125 liter buise ingesluit • 26 modules beskikbaar • Volledige prys op webblad

012 734 0915 082 515 1655 Tel: sunpays@hotmail.com

Pavecon MANUFACTURERS OF CEMENT PRODUCTS 087 940 3631

E-mail: sales@pavecon.co.za Web: www.pavecon.co.za. Nylstroom

WATERBERG AGRI

April 2015


WARMBAD ALGEMENE INGENIEURSWERKE

Paul Oosthuizen

VAALWATER-AREA

Cell: +27 (0) 82 940 4579 Kantoor nommer: 014 755 3550 Fax: 086 244 5939 Epos: poosthuizen@nulandisagent.com

Vir alle Ingenieurs- en Staalwerke

Verskaffers van Landbou Chemikalieë

Algemene herstel Masjinering Sweiswerk Trekker en TLB aste en penne Ingenieursbenodigdhede

Tel: 014 736 3289 Sel: 082 923 8010 Faks: 086 605 1377 E-Pos: wai@telkomsa.net Industriaweg 7, Bus 703, Bela Bela 0480

SKAKEL MY GERUS VIR ADVIES

PEET SE PADSTAL 014 740 0053

5 Km op Thabazimbipad (R516) vanaf sirkel (Warmbad)

BILTONG & DROËWORS BROOD & KOEKIES CURIO'S EN DRAADKUNS ALLERLEI GESKENKE DEKOR & MEUBELS EN VELE MEER!

Klein, vierkantige Rhodes/Smutsvinger

GRASBALE TE KOOP (onder besproeiing)

R1000/ton

Alma-omgewing

Kontak Alex - 083 557 7820

Besigheidsure: Maand - Vry: 08:00 - 18:00 Saterdae: 08:00 - 16:00. Sondae: 09:00 - 14:00

Skakel 014 740 0053/082 928 4913

Besoek ook die webtuiste @ www.peetsepadstal.co.za/

BUSH POWER Serves ALL your power needs! NYLSTROOM - 014 717 2721/2. VAALWATER - 071 436 9929 info@bush-power.co.za

...the BEST!...

Come visit us in store for top QUALITY Brand Names at affordable prices PLUS free EXPERT ADVICE!

AUTHORISED DEALER

April 2015

AUTHORISED DEALER

WATERBERG AGRI

Bladsy 19


Bladsy 20

WATERBERG AGRI

April 2015


April 2015

WATERBERG AGRI

Bladsy 21


Tel: 014 743 0304. Fax: 014 743 3641. Email: manager@builditnaboomspruit.co.za / floormanager@builditnaboomspruit.co.za

OMHEININGSMATERIAAL POST 3050 x 114 x 2mm POST 3050 x 114 x 3-6mm POST 3050 x 127 x 3-6mm WIRE HIGH STRAIN 2.24mm x 50kg F/G WIRE BIND 1.6mm x 50kg F/G WIRE BIND 1.6mm x 50kg L/G Y STANDARDS 3050mm DROPPERS 2450mm MITTAL WIRE NETTING PIG 1200mm X 50m F/G WIRE NETTING PIG 1200mm X 50m L/G MZANZI STAY 3000 x 50 x 2mm STAY 3000 x 60 x 3mm WIRE HIGH STRAIN 2.24mm L/G AUCTION GATE WITH FLATBAR 4.2 x 2.4

R 225.00 R 387.00 R 379.00 R 695.00 R 972.00 R 934.50 R 82.60 R 17.50 R 905.90 R 550.00 R 124.00 R 172.00 R 666.50 R2 487.00

Belasting ingesluit. Vervoer uitgesluit. Terwyl voorraad hou. BUILD-IT NABOOMSPRUIT

Bladsy 22

WATERBERG AGRI

April 2015


April 2015

WATERBERG AGRI

Bladsy 23


/

MODIMOLLE

Thabo Mbeki Avenue 89, Tel: (014) 717-2581/2 Besoek www.supaquick.co.za vir meer inligting en bepalings en voorwaardes.

Waterberg Agri - April 2015  

Waterberg Agri April 2015: Gratis boere-bylae tot Die Pos.

Advertisement