Die Pos 29 Januarie 2016

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015

Watervlakke bly daal

4

Kommer oor vuil spuitnaald

6

Terase McDonald (42) van Perth, Australië, is verlede week by die Mabalingwenatuurreservaat deur ’n spoegkobra gebyt. Sy is na die St. Vincent-hospitaal op Bela-Bela geneem en is later na die Montana-hospitaal in Pretoria oorgeplaas. Sy is reeds terug in Australië.

Laaste eerbetoon

5

®

29 Januarie 2016

R6.00

Slang byt vrou in reservaat se badkamer Andries van der Heyde ’n Vrou van Australië is op Woensdag, 20 Januarie, by die Mabalingwe-natuurreservaat buite Bela-Bela deur ’n Mosambiekse spoegkobra gebyt toe sy toilet toe wou gaan. Die slang het haar ma kort daarna in die gesig gespoeg. Terase McDonald (42) en haar ouers, Jean en Robert Marshall van Modimolle, het die week saam op Mabalingwe deurgebring om Robert se 70ste verjaardag te vier, het Jean gesê. McDonald, wat reeds 14 jaar saam met haar gesin oorsee woon, het alleen van Australië gevlieg om haar pa se verjaardag by te woon. Hulle was op die dag van die voorval by die Kalahari Oasis-kroeg in die reservaat waar dié toilet ook is. “Ek het haar (Terase) hoor skree waarna my man nader gehardloop en haar weggeneem het. Ek was nie seker wat gebeur het nie en het ingegaan om die toilet te spoel. Die volgende

So het die slang gelyk wat McDonald gebyt het.

WEN!

oomblik het iets my gespoeg,” het Jean aan Die Pos gesê. Hulle het later gehoor die oomblik toe McDonald nader aan die toilet gekom het, het die slang glo regop gekom en haar op haar regterhand gebyt. Die slang is in die toilet gevind waar hy onder die rand weggekruip het. Jean het gelukkig haar bril op gehad toe die slang haar gespoeg het en die gif kon nie in haar oë kom nie. McDonald is deur Tromar-ambulansdienste na die St. Vincent-hospitaal op Bela-Bela geneem. Lifemed het haar later na die Montana-hospitaal in Pretoria geneem. Matie Barnard, bestuurder op Mabalingwe, het aan Die Pos gesê slange beweeg in gebiede rond waar min mense kom en mense moet veral daar waaksaam wees. “’n Slang is soos enige ander dier. Hulle vlug sodra mense nader kom en reageer wanneer hulle bedreig voel. Mense moet baie versigtig wees in bosareas waar dit gewoonlik stil is,” het hy gesê. McDonald het vinnig ná die slangbyt herstel en het op Maandag, 25 Januarie, teruggevlieg Australië toe, het Jean gesê. Sy sê haar dogter sal vir die volgende paar weke nie kan werk nie, aangesien haar hand nog geswel is. McDonald is ’n assistentonderwyser vir gestremde kinders in Perth. Sy het voorts gesê hoewel dit ’n baie groot skok vir haar was, was sy veral beïndruk met Lifemed se diens en dat die gesin, voor die slang vir McDonald gebyt het, hul tydjie by die reservaat baie geniet het. Die Marshallegpaar woon al elf jaar in Bosveldsig op Modimolle. Die slang is gevang en weer vrygelaat, het Barnard gesê.

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie. HOU DIE POS DOP VIR INLIGTING.

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.