®
www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus
Kliënte pak mekaar Geveg in kettingwinkel op kamera vasgelê
R6.00
28 Junie 2013
diepos.linmedia.co.za
— Beste plaaslike koerant
NYLIE DOOD
ná motorfietsongeluk
BLADSY 2
Is dit maar reg so? Inwoners boos ná ongeluk op Modimolle BLADSY 3
Dorp snak na asem Mis en rook só erg dat motoriste nie kan ry
Denise van Bergen Arno Röntgen (16), ’n Nylie, het op Dinsdagmiddag, 25 Junie, op Modimolle verongeluk. Arno en sy meisie, Shanni Britz (15), ook ’n leerder van Hoërskool Nylstroom, het dié middag net ná 14:00 van Vaalwater se kant af met sy motorfiets in die dorp ingery en op die draai voor die departement van korrektiewe dienste met ’n Nylstene-trok gebots. Die trokbestuurder het ongeskonde daarvan afgekom, maar albei die Nylies is ernstig beseer. ’n Ooggetuie, wat anoniem wou bly, het glo gesien hoe die ongeluk gebeur het. Dié persoon het aan Die Pos vertel dat dit gelyk het asof die motorfiets regs in Kroepstraat wou indraai, want hulle het glo uit hul baan geswaai en binne-in die trok vasgery. Arno is eerste deur die nooddienspersoneel van die toneel verwyder en na die FH Odendaalhospitaal op die dorp vervoer met ’n gedeeltelike geamputeerde regterarm en linkerbeen, asook erge hoofbeserings. Hy is net ná 16:00 dieselfde middag dood, vermoedelik weens erge bloedverlies. Shanni is ook na die FH Odendaal-hospitaal geneem met inwendige bloeding weens ’n pelvisfraktuur wat glo haar lewer beskadig het. Sy is laatmiddag deur ’n Netcare 911-helikopter na die Montana-hospitaal in Pretoria oorgeplaas, waar sy ’n noodoperasie ondergaan het. Arno se pa, Riaan de Beer, se 15 maande oue dogtertjie, Alucia, sterk nog aan by haar ouma, Alta du Plessis, ná die ongeluk twee weke gelede waarin sy en haar ma, Ankia Smal, was. Ankia is dood in die ongeluk. Arno se begrafnis word gereël vir Maandag, 1 Julie, om 10:00 in die Hervormde Kerk op Modimolle. Leerders van Hoërskool Nylstroom en vriende van Arno het teen druktyd aan Die Pos gesê dat hulle hom verskriklik gaan mis. Die ongelukstoneel kort nadat twee leerders van Hoërskool Nylstroom, Arno Röntgen en Shanni Britz, op Dinsdagmiddag, 25 Junie, met hul motorfiets teen ’n trok op Modimolle gebots het. Arno is later die middag dood.
BLADSY 4
DIESEL
? Stewing Beef
TEL: (014) 717-5552 28 June - 4 July 2013
SPECIALS HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011
3995 Shoulder Bacon 5950 2750 KG
Tel (014) 717 4000
Ladies & Gents Hairstylists
KG
2kg French Polony
MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191
Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,
Nylstroom
EACH
NABOOM: 076 035 9082 VAALWATER: 076 032 9661
ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za / www.diepos.co.za