Die Pos 27 Februarie 2015

Page 1

Inwoners raak moedeloos oor geen krag, water

2

Verkeersman sterf ná fratsongeluk

3

Atlete skud vere reg vir Bosveldinterhoër ®

R6.00

27 Februarie 2015

32

Bela-Bela se paaie word omgedolwe Só lyk die beplanning om die strate op Bela-Bela se sentrale sakegebied binne die volgende vier maande op te knap.

Wiets Botes (83) van Modimolle is op Maandagaand, 23 Februarie, oorlede. Hier is hy saam met sy vrou, Hester, met wie hy 60 jaar lank getroud was.

Modimolle groet groot gees Charl Diener

Andries van der Heyde Die sentrale-sakegebied op Bela-Bela se paaie gaan eersdaags opgeknap word. Die Bela-Bela-munisipaliteit het die kontrakteur, MSW-ingenieurs, aangestel om dié taak te verrig. Die Pos verneem die projek beloop ongeveer R12 miljoen. Die strate wat herstel gaan word, is Potgieter-, Ritchie-, Sutter-, Marx-, Corckery- en Pretoriaweg. Potgieterstraat se opgradering sal strek vanaf Ritchieweg tot by Van der Merwestraat. Tydens ’n vergadering by Hoogland Spa het Vleis van Zyl, wat die munisipaliteit bystaan in die projek, met sakelui gesels oor die projek. Slegs enkele verteenwoordigers van sake-ondernemings wat in dié strate geleë is, het die vergadering bygewoon. Die projek sal na verwagting drie maande duur. Van Zyl het gesê die bouwerk kan sakelui raak omdat paaie gesluit en verkeer herlei gaan word. Sake-ondernemings soos

vulstasies en die Bosveld Pick n Pay-sentrum se verkeer kan belemmer word. Tydens die besige Paasnaweek behoort dit ook druk te gaan omdat daar in dié tyd aan die paaie gewerk sal word, het Van Zyl gesê. Hy het gesê strate sal heeltemal herbou word en kruisings sal geplavei word. Daar sal ook tye wees wanneer dit lyk “asof daar niks op daardie paaie aangaan nie”. “Mense moet verstaan dat daar tye sal wees wat daar nie aan dele van die pad gewerk kan word nie. “Nadat die paaie geteer is, moet dit vir drie dae staan om te set. Mense kan verkeerdelik dink daar is probleme met die bouwerk of die werkers,” het Van Zyl gesê. Die werk het reeds in sekere gedeeltes afgeskop waar die pad vir konstruksie voorberei word. Potgieterstraat kry ook nuwe stormwaterkanale en die randstene sal herstel word. Van Zyl sê die kontrakteurs sal oorgangspaaie vir verkeer skep, maar daar sal steeds met tye vertragings wees.

Wiets Botes (83), bekende sakeman, geliefde gesinsman en groot gees van Modimolle, is op Maandagaand, 23 Februarie, skielik aan ’n hartaanval in die Kokanje-aftreeoord buite dié dorp oorlede. Botes, wat op 30 November 1931 naby Loubad in die Waterberg-distrik gebore is, het diep spore in die harte van die gemeenskap getrap. Hy was vir meer as 30 jaar die koster van die NG Waterberggemeente op Modimolle, het vir 25 jaar as raadslid op dié dorp se destydse stadsraad gedien en was ook lank voorsitter en organiseerder van die Nasionale Party in die Waterberg-distrik. As sakeman was Botes onder meer betrokke by die stigting van talle vulstasies op Modimolle en onder sy leiding is verskeie werkwinkels en motorvertoonlokale opgerig. Hy het ook Wiets Botes Agentskap en Afslaers gestig en sodoende talle veilings en waardasies hanteer. “Maar hy sal veral vir sy liefde vir mense en sy gemeenskap onthou word,”

WEN!

het Albert Viljoen, Botes se skoonseun, aan Die Pos gesê. “Baie mense het na oom Wiets, soos hy bekend gestaan het, gegaan vir raad en leiding. Hy was ’n man van baie wysheid en het altyd ’n oop hart en ’n oop hand vir die swakkes en armes gehad. Hy was ’n uitstekende leiersfiguur.” Botes en sy vrou, Hester (82), het die afgelope 45 jaar van hulle 60 jaar saam op Modimolle gewoon. Die egpaar het die afgelope 23 jaar op Kokanje gewoon. Botes word oorleef deur sy vrou, sy seuns Lourin en Wiets en sy dogters Hesti en Annelie, 12 kleinkinders en nege agterkleinkinders. Wiets jnr. volg in sy pa se groot voetspore deur tans ook op die munisipale raad te dien en die familie-onderneming te bestuur. Die begrafnisdiens vind op Vrydag, 27 Februarie, om 11:00 vanuit die NG Waterberg-gemeente (Witkerk) plaas en ds. Wollie Wolhuter sal die diens lei. Die familie wil graag vir dr. Cas Breedt, die mediese personeel van Kokanje, Bafa-begrafnisondernemers en die gemeenskap bedank vir hulle bystand en boodskappe.

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

18

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Pos 27 Februarie 2015 by Die Pos koerant/newspaper - Issuu