Die Pos 21 September 2012

Page 1

G E L I S E N S I E Ë R D

KONTAK

(014) 717-4114 Nelson Mandela Rylaan, Nylstroom (Tussen Nyl Uitlate en Brent Oil)

®

www.buildersdiscount.co.za Hoofnuus

R5.00

21 September 2012

diepos.linmedia.co.za

Man in huis aangerand

BLADSY 2 Mnr. Jan Koelewyn

BLADSY 3

Eer vir oudWarrie Vlermuis na oudleerder vernoem BLADSY 4

WORD

AANBEVEEL!

Ena Boshoff

Inwoners steier onder rekeninge

Groot verliese ná reën, hael en wind

BESPREKINGS

Vrou skuil onder bed vir inbrekers

Skok oor tariewe

Storm bring skade

ONS SPESIALISEER IN: • Italiaanse geregte • Seekos geregte • Alle braai geregte • Oxtail • Pizza

Een van die polisiebeamptes besig om die blou Toyota Hilux-bakkie van mnr. Jan Koelewyn te ondersoek vir vingerafdrukke. Danie Visser ’n Sakeman van Modimolle is in sy eie huis aangeval nadat hy by die huis aangekom en opgemerk het dat ’n vreemde voertuig in sy oprit staan en luier. Mnr. Jan Koelewyn het op Dinsdagmiddag, 18 September, omstreeks 12:00 sy huis verlaat en dorp toe gery. Met sy terugkoms het hy ’n onbekende BMW 3-reeks by sy inry gekry. Die hek het oopgestaan. Koelewyn het sy voertuig afgeskakel en by die huis ingestap, waar hy oorrompel is deur twee mans, waarvan een ’n skroewedraaier in sy hand gehad het. Koelewyn het met die twee boewe gestoei, waarna hulle gevlug het. In die tyd wat die drie mans op die mat gestoei het, het Koelewyn se beursie en sy voertuigsleutels uit sy sakke geval. Een van die boewe het die Toyota-bakkie se sleutels gegryp en uitgehardloop. Hy het die bakkie weggetrek, maar toe net so in die straat gelos. Nog ’n boef het in die BMW gespring en die ander een in

die straat opgelaai, waarna hulle van die toneel gevlug het. Koelewyn het geen beserings opgedoen nie. Daar is wel items soos televisiestelle en juwele uit die huis gesteel, asook ’n onbekende bedrag kontant. Een van die polisiebeamptes het op die toneel gesê die gemeenskap moet wakker wees. Indien iets nie reg lyk nie, bel die polisie of iemand anders om te kom help. Daar is nog niemand aangekeer nie. Die polisie vra die gemeenskap om op die uitkyk te wees vir ’n donkerblou BMW 3-reeks. Indien enigiemand kennis dra van die voorval of die BMW, bel ao. James Findlay by tel. 082 414 3218. Findley het aan Die Pos gesê hierdie is die vierde soortgelyke voorval op die dorp. Hy het inwoners gewaarsku om op die uitkyk te wees vir twee netjiesgeklede mans met ’n duur motor. Hulle ry selde met dieselfde voertuig. In al die gevalle is televisiestelle gesteel. Die publiek moet asseblief die polisie laat weet indien hulle agterdogtig is oor enige transaksies waar televisiestelle betrokke is.

Bendes inbrekers is weer druk besig op Mookgophong en het op Woensdag, 5 September, vroegoggend by minstens vyf huise in Agtstestraat probeer inbreek. Me. Winsome Vosloo vertel dat sy alleen woon en dat haar huishulp ook by haar in die huis slaap. Dié oggend net na 3:00 het die huishulp gehoor hoe mense die kombuisdeur se slot oopbreek. Sy het vir Vosloo gebel en haar gewaarsku. Sy het kort daarna weer gebel en vir Vosloo gesê sy sien flitsligte in die huis. Vosloo het toe onder haar bed ingekruip en van daar die sekuriteitsfirma geskakel, wat weer op hulle beurt die polisie geskakel het. Terwyl sy nog in vrees onder die bed gelê het, het sy gehoor hoe iemand skote skiet buite haar venster. Die polisie en sekuriteit was reeds op die toneel. Mnr. Anton Potgieter van Scorpion Sekuriteit het twee mans uit die huis sien hardloop. Die een het teen ’n muur vasgehardloop, waarna hy in hegtenis geneem is. Vosloo het aan Die Pos gesê dat sy nie die vrees kan beskryf wat sy deurgemaak het terwyl sy onder die bed gelê het nie. Volgens die inwoners lyk dit asof daar meer as een groep inbrekers was en dat elke groep verskillende huise naby mekaar geteiken het. Hierdie diewe het ook deur die erf van Vosloo se bure — ’n bejaarde egpaar — beweeg waar hulle ’n heining geknip het om toegang tot die volgende erf te verkry. Die volgende huis was dié van mnr. Japie en me. Elsa van der Merwe. Hulle het wakker geword toe hulle die skote hoor. Eers toe hulle die volgende oggend opstaan, het hulle gesien dat die slotte van hul veiligheidsdeure op die stoep afgebreek is. Daar is niks gesteel nie en hulle het aan Die Pos gesê hulle vermoed die booswigte het gevlug toe hulle die skote twee huise verder gehoor het. Booswigte het ook by die huis van ’n onderwyser in Sewendestraat probeer inbreek.

DIESEL

? Tel (014) 717 4000

Ladies & Gents Hairstylists

Pick ’n Pay sentrum, Winkel 6, Nelson Mandela straat,

Nylstroom

HEAD OFFICE — BELA-BELA: (014) 736 2723 FAX: (014) 736 3428 ADV: 082 461 4011

MODIMOLLE— NEWS: (014) 717 1776 ADV: (014) 717 1774/082 421 4429 FAX: (014) 717 2191

NABOOM: 083 928 5933/(014) 743 1879 VAALWATER: 076 032 9661

ADS: diepos@icon.co.za. NUUS: dieposnuus@icon.co.za diepos-nylstroom@icon.co.za. WEBSITE: diepos.linmedia.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.