Die Pos 20 Maart 2014

Page 1

BESTE PLAASLIKE KOERANT - LiN Media-toekennings vir 2015 Bejaarde (75) veg om haar lewe teen aanvaller

3

Pad na Radiumposkantoor is onbegaanbaar

4

15 ®

20 Maart 2015

R6.00

Boer se ‘hart gebreek’ ná stroping

vermoor

Jong pa grusaam voor gesin Andries van der Heyde

Die reuk van bloed het swaar in die huis gehang waar Jacobus “Jakes” van Deventer (35), ’n professionele jagter van Bela-Bela, op Maandag, 17 Maart, vermoor is. Dié jong pa en sy gesin is volgens die polisie om 01:00 die oggend in hul huis in die Roodepoort-omgewing aangeval nadat drie rowers toegang deur ’n venster verkry het. Volgens Monique De Souza (28), Van Deventer se verloofde, is hulle in hul slaapkamer oorval terwyl hulle geslaap het. Van Deventer is herhaaldelik met ’n mes in die bors en maag gesteek. Hy het onmiddellik hard op die aanvallers geskree, waarna die res van die huishouding wakker geword het. Vyf kinders en De Souza se ma, Lynnette Louw, was ook ten tyde van die aanval by die huis. Louw is ’n bekende haarkapper by die sakesentrum by die sirkel in Rooibergweg op Bela-Bela. De Souza bedryf ook haar naelsalon daar. Van Deventer was ’n oudleerder van Hoërskool Nylstroom. Van Deventer en De Souza se vier maande oue seuntjie en Van Deventer se dogtertjie (4) was by die paartjie in hul kamer. De Souza se dogtertjie (4) en suster (15) was by haar ma (Louw) in ’n ander kamer en Van Deventer se seun (6) was in sy eie kamer. Die aanvallers, wat volgens De Souza Engels én Afrikaans gepraat het, het glo ’n mes teen die erg beseerde Van Deventer se

Jakes van Deventer (35) se liggaam word uit sy huis op Roodepoort, Bela-Bela, gedra nadat hy deur booswigte vermoor is. Inlas: Jakes van Deventer en sy verloofde, Monique De Souza.

vervolg op bladsy 2...

WEN!

Staan ’n kans om GRATIS boeke te wen in ons sms-kompetisie

16

Besoek Die Pos se webwerf: diepos.linmedia.co.za DIE POS NOU OOK OP FACEBOOK EN TWITTER


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.