Die Pos 1 Desember 2017

Page 24

Rolbalsepelers blink uit in Polokwane A

Inviting all athletes for final fun run of 2017 The Warmbaths marathon club will be hosting their last fun run of 2017 with the theme Come run with Santa on Tuesday, 5 December. Athletes and regular runners are invited to get together in front of Laerskool Warmbad’s hostel gate in Robbertson Street, where they can choose to run the 10 km or the 5 km.

The theme for the day in which people can dress up as are the colours of Christmas. The event will start at 17:15 and water points will be positioned along the way. Medals and cool drinks will be handed out to all finishers. The organizers hope for a massive turnout for the last fun run of the year.

Kom maak vriende op die rolbalbaan Die Warmbad-rolbalklub nooi alle belangstellendes wat nuwe vriende wil maak en terselfdertyd aktief wil wees, om by die klub in Van Stadenstraat op Bela-Bela ’n draai te maak. Die klub is met goeie geriewe toegerus en beskik oor bekwame veteraanspelers wat dié sport aan ander kan oordra. Die rolbalklub se sakeliga is reeds ses maande aan die gang en 26 spanne — 104 spelers — ding teen mekaar mee. ’n Gesellige braai word ná

elke wedstryd gehou. Die klublede neem elke Maandag-, Woensdag- en Vrydagmiddag aan sosiale kompetisies deel. Die spel is vir oud en jonk aangesien daar reeds talle laerskoolleerders is wat die sport beoefen en daarin presteer. Belangstellendes wat aan dié sport wil deelneem kan op Dinsdae en Donderdae ná 14:00 by die klub opdaag vir oefening. Vir meer inligting bel vir Koos van der Merwe by tel. 082 955 2350.

TaalPOS Dit is die UNIEGEBOU, nie die uniegeboue nie. So ook Eskom se KANTOOR op die dorp, nie kantore nie.

Twee ywerige rolbalspelers van die Warmbad-rolbalklub het tydens die onlangse Limpopo-gemengde parerolbaltoernooi in Polokwane as wenners uitgetree. Op die foto is Wally Duncan (president van Limpopo-rolbal) saam met Leon Raath en Annatjie Oelofse van die Warmbad-klub.

Sportbrokkies (014) 736-2723 & 717-1774

Weet u van sportklubs of sportlui wat buitengewoon goed presteer het? Skole, klubvoorsitters en sportorganiseerders is welkom om Die Pos te laat weet van buitengewone prestasies. Vir skoolprestasies kan u deur u skoolverteenwoordiger werk, en klubvoorsitters kan ons verslaggewers op die onderskeie dorpe kontak.

ADVERTISE


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.