Die Pos 13 Oktober 2017

Page 1

Groot kommer oor talle plaasaanvalle

3

FOKUSDie Pos blaas BLAAIE 35 kersies dood BINNE

®

13 Oktober 2017

R6.00

Vreugde én trane ná reën

Hierdie leerders van Hoërskool Warmbad het die afgelope week in die plasse reënwater op die feesterrein oorkant Forever Resorts baljaar. Thristan Maritz, Kyle Senekal, Christian Heuer, Jude Schabort en Sesheng Phokane was waternat ná al die pret. Foto: Herman Steyn Andries van der Heyde Die eerste reën het ná ’n lang en droë winter uiteindelik in die Waterberge uitgesak. Volgens die Waterberg Distrikslandbouunie het die Leeupoort-omgewing tussen 25-70 mm, die Mabula-omgewing 70 mm, Bela-Bela 30-40 mm, Loubad 80-100 mm en die Lehau-omgewing 70 mm reën gehad. Swaar wolke het verlede naweek oor groot

dele van die land gehang wat rampspoedige gevolge op Maandag, 10 Oktober, gehad het. Hewige donderstorms, swaar reën en sterk winde het amok gemaak in dele van Gauteng, die oostelike dele van Noordwes, die Oos-Vrystaat, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Twee tornado’s het verwoesting in Ruimsig, Roodepoort, Bethulie in die Vrystaat en naby Eloff in die Delmas-omgewing gesaai. Hael so groot soos gholfballe het in die Krugersdorp-omgewing geval.

Skade is regoor die land aangerig en honderde mense is dakloos gelaat — meestal in die Krugersdorp- en Roodepoort-omgewings. Talle openbare en nasionale paaie was ook onder water, veral in Gauteng en KwaZuluNatal, en gerugte van sterftes weens die storms het teen druktyd ook die ronde gedoen. Die weerdiens waarsku dat donderstorms teen Saterdag, 14 Oktober, weer in dele van die land kan uitsak.

Die burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, Marlene van Staden.

Kwaai werkers sluit burgemeester en ander hoës toe Ronél van Jaarsveld Sowat 200 ontstelde lede van die munisipale werkersunie (Samwu) het op Woensdag, 4 Oktober, die burgemeester, hoofsweep en munisipale bestuurder van die ModimolleMookgophong-munisipaliteit by die munisipale gebou op Mookgophong vir langer as drie uur toegesluit. Die werkers het glo daarop aangedring dat hul posvlakke verhoog word tot graad drie en hul salarisse aangepas word. Vóór die samesmelting van die twee dorpe, was Modimolle ’n graad 3-munisipaliteit en Mookgophong ’n graad 2-munisipaliteit. Die salarisvlakke vir die verskillende graderings verskil. Marlene van Staden (burgemeester), Dingaan Motshwene (hoofsweep), OP Sebola (munisipale bestuurder) en raadslede Klaas Mabunda en Hercules Louw is saam met talle ander munisipale werkers in die gebou toegesluit nadat die stakers die hekke toegemaak en geweier het dat iemand die terrein verlaat. “Ons is nie by magte om dié veranderings te maak nie,” het Van Staden aan Die Pos gesê. “Die onderhandelinge vind op nasionale vlak plaas. Volgens die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) en die bedingingsraad is die proses reeds aan die gang, maar die inwerkingstelling daarvan sal eers vanaf 1 Julie 2018 begin,” het sy gesê. Van Staden het ’n brief aan die werkers oorhandig waarin sy onderneem dat die probleem voor die volgende raadsvergadering op Woensdag, 25 Oktober, bespreek sal word.

8


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.