
1 minute read
editorial
from 2 August 2023
by DieMatie2
Die geniepsige koue van ’n Kaapse winter maak weer sy opwagting. Sommige (meeste) studente strompel dronk en deurmekaar uit semi-donker kuierplekke wat dreun van musiek (en natuurlik, die tipe musiek hang af van wat jou watergat se adres is). Ander het al hul les geleer en hou maar die blink kant bo deur golden week te verruil vir ’n fliek onder die komberse, of ’n stil trip na die GUS of enige iets wat nie ‘n drink special en ’n trop eerstejaars insluit nie. Ons is nie spesiaal of iets nuut nie. As jy blaai deur die 82 jaar van
Die Matie sal jy swart en wit foto’s sien van meisies in three quarter rokke wat sokkie met ouens wat (koshuis) dasse dra. As jy verder blaai sal jy sien hoe die rokkies korter raak en die kerksale verruil word vir die houtvloere van Akker. Na dit kry jy cool film foto’s van jool (oor doop is daar net stilswye) en aan die ander kant van Y2K is daar die moody digital foto’s van ons voorgangers in Bohemia en/of Aandklas. De Lapa en sy soort (drink tot jy dood) is eintlik ’n nuwe verskynsel. Deesdae is glitter die in-ding en die kinders kry nie koud nie (kan iemand asb
Advertisement