2 minute read

EN DIE BEWIND VAN KUNSMATIGE INTELLEGENSIE

Next Article
Dickson

Dickson

2023 het ’n era van ongeëwenaarde ontwikkeling in die veld van kunsmatige intelligensie (KI), oftewel artificial intelligence (AI), ingelui. Die virtuele vloed van verwikkelinge rakende ChatGPT, die KIkletsprogram op almal se lippe, kan verstaanbaar oorweldigend begin voel vanaf die leek se perspektief. Die gemiddelde US-student ontvang wat voel soos daaglikse opdaterings oor hierdie nuwe toebehoor vanaf dosente, medestudente, en sosiale media. Die betroubaarheid van al hierdie inligting voel egter dikwels twyfelagtig, ten minste gedeelteliks op grond van die akademiese paniek wat klaarblyklik die KIgesprek volg waar ook al dit gaan. Hoe lyk die toekoms vir universiteitsgrade waar die skryf van opstelle en intellektuele eiendom van belang is? Kan die plagiaat

’n opstel gebruik word en is daardie verslae betroubaar?

Advertisement

Soos sake tans staan, wil dit blyk dat die antwoord op die laasgenoemde vraag ʼn tentatiewe “nee” is. Havana Dauncey, ’n derdejaar-BAtaal-en-kultuur-student, vertel hoe ’n onlangse opstel wat sy vir Filosofie 314 ingedien het, haarself en haar klasmaats onkant gevang het. Die ironiese reeks gebeurtenisse het begin met ’n opdrag waarin studente vorbeeldopstelle wat hul dosent deur ChatGPT gegenereer het, moes analiseer en kritiseer. Die doel van hierdie opdrag was juis om die tekortkominge van die KI se skryfvaardighede te beklemtoon, maar die uiteindelike gevolg was nie so eenvoudig nie.

“Die oggend wat ons, ons punte teruggekry het, het ons klas gehad

Dauncey was uiters ontsteld toe sy haar Turnitin verslag oopgemaak het om te sien dat sy ’n KI-plagiaatsyfer van 60% toegeken is. “Ongelukkig het die KI-kontroleerder gesê dat dit nie my eie werk is nie, en 30% is dus van my oorspronklike opstelpunt afgetrek. Ek was geskok, want ek het nog nooit KI gebruik nie. Dit is iets wat ek nooit sou doen nie; ek neem my akademie baie ernstig op.” Dauncey was nie die enigste student in die klas wat volgehou het dat die beskuldigings uitdruklik onwaar is nie. Hulle het dus die Filosofie 314 dosent en tutors gekontak, maar is met ’n mate van onsekerheid ontmoet. Diegene wat opstelle moet merk bevind hulself ook in onbetrede terrein sonder ’n dat studente ChatGPT nie slegs as ’n hulpmiddel gebruik nie, maar eerder dit as n “get-out-of-jailfree” kaartjie gebruik om opstelle in te dien sonder om regtig die werk hoef te doen of te verstaan. Mamoepa voorspel dat hoewel daar tans probleme met Turnitin se kontroleringsvaardighede is, sal die program mettertyd leer en verbeter. Nóg dosente, nóg studente beskik oor ’n verwysingsraamwerk wat kan soos die tegnologie verder ontwikkel.

Dauncey en haar medestudente het eindelik wel die punte wat afgetrek is, teruggekry as gevolg van die onsekerheid van die situasie. Hulle is egter nie die enigste studente in Universiteit Stellenbosch (en moontlik wêreldwyd) wat sukkel om sin te maak van kontroleerder, Turnitin, optel wanneer ChatGPT in en ons dosent het vir ons gewys dat daar mense was wat KI gebruik het om hierdie opdrag oor KI te skryf. Ek het ook gelag, want wie sou so dom wees?” betroubare plagiaatkontrolleerder. Bee Mamoepa is tans besig met haar meestersgraad in Politieke Wetenskappe en werk ook as tutor vir die vak. As iemand wat gereeld voorgraadse opstelle moet merk, is sy van die mening verduidelik hoe om akademies voort te gaan in ’n era waar hierdie transformerende tegnologiese gereedskap aan almal beskikbaar is. Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe het onlangs ’n stel riglyne vir die gebruik van kunsmatige intelligensiegereedskap in assesserings vrygestel, met die voorwaarde dat die riglyne slegs vir die interim geld en op enige oomblik hersien kan word hierdie nuwe KI-landskap nie. Is ons besig om die sistematiese verbrokkeling van akademiese vertroue en intellektuele eiendom waar te neem? Hierdie artikel het hoofsaaklik op die akademiese implikasies van ChatGPT en soortgelyke toebehore gefokus, veral in die konteks van ’n tersiêre graad waar individuele skryfwerk gewigtig is. Daar is egter iets te sê oor die toepassing van hierdie tegnologie in ander akademiese fakulteite, asook die nagevolge van oortuigende KI-genereerde nuusartikels en selfs beelde wat misinformasie met skrikwekkende spoed kan versprei. Dit wil blyk dat die sogenoemde KIgesprek nog vêr van verby is.

This article is from: