
3 minute read
LADY MARY JANE STARS ONCE MORE IN BAKED SHAKESPEARE’S AS YOU LIKE IT
from Die Matie - May 2023
by Die Matie
weed at all, the cast’s phenomenal acting abilities emerge amongst giggling fits and forgotten lines. The actors remaining sober throughout the show are required to stare in earnest, without an inkling of indication that anything is amiss, as their fellow castmate does a dance break in an attempt to recall his words.
Beyond humbling displays of the very high actor behind the character, the production of the show exceeds expectations — whether there be weed or no weed. Every member’s dedication to fulfilling the height of entertainment is shown in their complete submission to the theatrics required to pull off the Shakespeare play. With enrapturing chemistry between the cast that clearly displays their bond, and musical numbers using the melody of hits by Taylor Swift, One Direction, ABBA, George Michael, and The Beatles, it is undeniable that they bring something to the table far beyond the dramatic exhale of smoke mid-performance.
Advertisement
Rose-Innes explains, “A whole lot of annoying intellectual culture made people think that Shakespeare isn’t consumable and fun and for everyone, and I think we make it fun and consumable and for everyone.”
Een van my heel eerste musiek-herineringe is die musiekvideos van Afrikaanse pop-punk ensemble, Glaskas. Hul distorted kitare en selfversekerde houding het my danen-daar iets baie belangrik geleer:
Kuns is cool! Glaskas bestaan uit Deon Meiring (voorsanger), Lolke-Louis Claasen (tromme), Francois Kleynhans (kitaar), en Johan Viljoen (baskitaar).
Tans is dit meer as ’n dekade later en my bewondering vir Afrikaanse kuns is so lewendig soos altyd. Natuurlik was ek baie opgewonde toe Deon en die res van Glaskas ingestem het om met my te klets in die oploop na hul Aandklas-opvoering op 15 April.
Die Matie (DM): Ná byna twee dekades in die musiekbedryf, hoe hou julle dit vars en interessant vir julself?
Deon: Ek was baie jonk toe ek begin het. Ek was sewentien toe die eerste album uitgekom het. Ek was toe baie onervare en het ’n baie vooropgestelde idee gehad van wat ek wou doen, maar die gawe daarvan is dat ek nog baie tyd gehad het om te groei. In daai eerste paar jaar moes ek nog universiteit toe gaan en klomp groot lewensfases deurgaan. Ek dink dit het my geleer hoe om te groei as mens en as musikant.
Dit is wel al sewentien jaar, maar daar was ook onderbrekings tussenin. Ons het in 2012 ons laaste album uitgebring.
DM: Soos wat julle vroeër gesê het, is dit al tien jaar sedert julle nuwe musiek vrygestel het. Is daar enige iets nuut in the works?
Deon: Ons bring ’n nuwe single die vyfde Mei uit, so dis nou amper om die draai. Jis, ons het hoe lank record aan daai single?
Lolke-Louis: Drie Maande!
Deon: Die ding is, omdat ons nie almal in dieselfde dorp is nie, is dit moeilik om almal saam tyd te kry om in die studio te wees. Ons het ’n lekker workflow create en wil eintlik nog twee singles uitgee.
DM: Wat is van julle invloede vir hierdie nuwe Glaskas era wat nou voorlê?
Deon: Ek dink die eerste invloed is ons ou musiek. Ek het nou vir lank vir myself en my ander projekte geskryf, toe moes ek weer dink hoe klink Glaskas. Ek wil nie net skryf soos wat al my ander goed klink nie, ek wil skryf hoe Glaskas klink. So ek het gegaan vir daai band-vibe, pop-punk. Ons is maar ’n pop-punk band grootendeels.

Ek het bietjie 80s invloede ook gehad toe ek geskryf het. Ek dink net dit is ’n uitsonderlike era van musiek gewees.
DM: Ek love lyrics, dit is vir my baie belangrik. Waarvan trek julle inspirasie?
Deon: Dit kom maar altyd uit my eie lewe uit. Ek het so bietjie meer digkuns begin lees die laaste [paar] jare. Ek sou nie sê my lirieke is digkuns nie, maar ek hou daarvan om geïnspireer te word deur digkuns. En dan ook dinge soos die koerant of die bybel, goeters soos dit. Dit is mooi tekste.
DM: Hierdie is ’n baie general vraag, maar wat dink julle is die stand van Afrikaanse musiek op die oomblik?
Francois: Ek dink tot ’n [sekere mate], dis vrek gesond. Dit is só accessible om jou eie stuff te doen deesdae, dat almal kan net goed uitbring. Ons het vandag geluister na Zoé [se musiek]. Ek love dit. Dis Paramour-ish, dis in Afrikaans, ek dink dit is amazing.
Deon: Ek werk met die ATKV by Cresendo, wat ’n liedjie-skryfontwikkelingsprogram is. Wat amazing is om daar te sien, is die diverse klanke wat daar was. [Dit is opwindend om te hoor] hoe mense net klink soos hulle self.